Jy blaai in die argief vir 2009 Desember.

Once in a Blue Moon

Desember 31, 2009 in Sonder kategorie

Dié gesegde het natuurlik niks te doen met die kleur van die maan nie, maar wel met die rare verskynsel van twee vol mane in een kalender maand.  Die volgende keer wat dit gaan gebeur is eers in Augustus 2012. 


Wat vanaand se volmaan so spesiaal maak is natuurlik die feit dat dit ook die laaste aand van die jaar is.  So laat die Blue Moon gees jou oorval en doen iets raars en besonder om 2010 mee af te skop. Ek het vroeg reeds begin en is vas van plan om die vibe vol te hou tot in die nuwe jaar.


Ek het sommer 3:30 vanoggend begin met ‘n foto van die sakkende maan oor die weskus waters.

(As dit nie was vir die tweede pap wiel in een week nie – hopenlik ook ‘n once in a blue moon insident – het ek langer gebly om fotos te neem.) Hierdie is die beste een van die lot.


Mag julle almal ‘n baie besondere oujaarsaand geniet en ek hoop dat 2010 vir alle bloggers net baie voorspoed en vreugde sal inhou!


Groete

DK

Tough cookies en sagkante

Desember 28, 2009 in Sonder kategorie


Ten spyte van sommige mense se wan persepsies, is ek in der waarheid ‘n tough cookie. En my vriendinne is ook. In die meeste gevalle is dit nie omdat ons so gemaak en so laat staan is nie, maar omdat die lewe dit van ons vereis. 


Enige vrou wat in ‘n beroep staan sal vir jou kan vertel dat, ten spyte van die vormdrag wat verbrand is en die lib/dem/fem houding wat bestaan, is die glas plafon van it’s a man’s world nog baie stewig in plek en baklei sekere faksies baie hard om dit steeds in plek te hou. 

Gevolglik moes ons maar ons tough cookie houdings bou en bou en bou om mededingend te kan wees en die manne op hul gewaande private speelveld aan te vat en te wys dat die vrou met waarde ver bo korale ook in die werkplek met haar sexy Louboutins die plek van ‘n paar Grasshoppers kan volstaan.

Die gevaar bestaan egter dat die tough cookie act later ‘n leefwyse raak en ons soms vergeet om haar saam met ons aktetasse en professionele doedie-pakkies by die werk te los.  Want binne elke vrou is daar nog steeds die sensuele softy wat haar korsette met satyn en kant en valletjies onder die doedie-pakkies dra.

In sy bundel, Byna Liefde, het Izak ‘n kortverhaal geskryf oor die sagkant van ‘n vrou. En alhoewel die konteks nie dieselfde is nie, is dit so raak beskrywend van dit waarna ek hier verwys dat ek dit gaan leen.

Want elke vrou het haar sagkant.  Sommige onderdruk dit net baie harder as ander. En die sagkant kom net werklik navore wanneer ‘n vrou veilig genoeg voel om daaraan uiting te gee. Daardie sekuriteit word gewoonlik gevind wanneer die kantoordeur toegetrek word.  Hetsy dit is omdat jou privaatheid jou veilige hawe is of omdat jy jouself in ‘n verhouding bevind waarin jy jou sagkant sonder verweer kan openbaar.  Maar ek glo steeds dat dit brood nodig is vir enige vrou om haar sagkant die ruimte te gun om navore te kom.

Die sagkant, juis as gevolg van die inherente kenmerke daarvan, is maar ‘n fragile aspek van jou lewe. En daarom moet dit met sorg hanteer word.  Soms is dit ook nodig om hierdie sagkant te vertroetel.

Nee, dit is nie ‘n indulgent pity party nie.  Dis eenvoudig dat ‘n tough cookie soms besef dat haar sagkant ‘n bietjie meer fragile as gewoonlik is, wanneer dit voel asof jou nerf dunner as gewoonlik raak. En in plaas daarvan om dan net eenvoudig weer jou tough cookie houding oor te gooi, neem jy ‘n uur of twee time-out (maar net ‘n uur of twee, dit verseker dat dit nié ‘n pity party word nie) en gee jy so bietjie meer aandag aan hierdie sagkant.

Die vertroeteling van jou sagkant verskil van vrou tot vrou. Ek weet net wanneer die lewe regtig begin druk is die beste ding wat ek vir myself kan doen om ‘n diep skuimbad in te tap op die maat van Beethoven, die kerse aan te steek, ‘n glas wyn, my gunsteling sjokolade en ‘n digbundel langs die bad staan te maak en daarin te gaan lê tot die water koud raak.

Wanneer ek weer  geroom en gepoeier in kant en satyn daar uit stap is my sagkant verkwik en gelawe en juis daarom kan ek dan weer met gemak die tough cookie soos ‘n jas oor die softy gooi en die wêreld met houding in die oë staar…want dis juis uit die sagkant wat jy die krag put om die tough cookie aan die gang te hou… 


Perspektief II

Desember 27, 2009 in Sonder kategorie

Soms moet jy jouself maar klein hou om deur ander oë na die wêreld te kan kyk 😉



Groote Post, Darling

Perspektief

Desember 27, 2009 in Sonder kategorie

Alles in die lewe word mos bepaal deur hoe jy daarna kyk. 


Sommiges kan net die obvious dinge raaksien.


Ander kyk bietjie dieper…




boomvrou

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

Ek het haar die eerste keer ontmoet tydens ‘n skryfskool in 2001. Haar eerste digbundel, dimensie, is pas die vorige jaar uitgegee en sy het met ons gesels oor die hele proses waardeur sy is voordat die bundel uiteindelik gepubliseer is.  Daardie dag het sy ook vir ons van haar gedigte voorgelees.


Sedertdien het Christine Barkhuizen le Roux nog ‘n digbundel (Roset, 2006) en ‘n bundel kortverhale (Waar koek en wyn ontbreek, 2006) die lig laat sien en ek het beide geweldig baie geniet. 

Maar van al die werke wat uit haar pen verskyn het, bly hierdie gedig my gunsteling:

bloekoms (vir die boer se vrou)

ons is die bloekoms
wat staan in vreemde grond
geplant vir skaduwee
en nie vir skoonheid nie

ons is die bloekoms
wat hael en ryp trotseer
wat droogte kan verduur
wat ons teen wind verweer

ons is die bloekoms
wat soms onder die bas
die kleur is van ‘n vrou
‘n stam gestroop en rou

Ek het ‘n baie besondere verknogtheid aan hierdie gedig wat my waarskynlik bevooroordeeld maak, maar ek weet dít wel: Ons hoef nie die boer se vrou te wees om aanklank te vind by dié gedig nie. Want tot ‘n mate is alle vrouens immers die bloekoms van hulle samelewing. En soms raak ons so verstrengeld in die funksionele dat ons vergeet om die vrou in ons te koester en te versorg.

Daar is baie van hierdie vroue wat saam met ons blog. Sommige van hulle ken ek al beter as ander. En toe ek vanaand weer die bundel optel en die gedig raak lees het ek aan hulle gedink. Ek hoop dat elkeen van hulle in hierdie tyd ook tyd sal kry om die funksionele van die alledaagse opsy te skuif en vir ‘n wyle hul self sal koester en troetel.

Want elke vrou verdien dit; selfs bloekoms benodig af en toe water, voeding en ‘n deeglike snoei! 


Tuiskoms

Desember 23, 2009 in Sonder kategorie

Sir, the fact that a book is in the public library brings no comfort. Books are the one element in which I am personally and nakedly acquisitive. If it weren’t for the law I would steal them. If it weren’t for my purse I would buy them.


Ek het baie begrip vir Harold Laski en sy probleem. Daar is niks in dié wêreld wat my so siels gelukkig maak soos nog ‘n boek nie.  Party mense sal waarskynlik sê ek het te veel van die goed (ek hoor my pa dié stelling sommer in sy afwesigheid beaam!) maar ek’s jammer, too much of a good thing is fantastic! (Al is ek seker Mae West het nie na boeke verwys nie.)

Tot dusver het my huis nog leeg gevoel.  Dinge begin egter nou beter lyk.  Die eerste drie bokse met boeke het uiteindelik ‘n lift Yzerfontein toe gekry. En nou word hulle so stuk-stuk aangery huis toe.

 

 


Die probleem is nou net dat daar nog nie boekrakke in my huis is nie – daar is niks meer depressing as leë boekrakke nie – so tot tyd en wyl skyline hulle nou op die studeerkamer se vloer.

Dis heel waarskynlik dat ek hierdie jaar min boeke gaan koop. Al die ou gunstelinge wat nou vir drie jaar in bokse gestaan het gaan van voor af deurgelees word.  Soos ou vriende by wie jy na ‘n lang tyd weer kan kuier. 

Die Engelse maak ‘n mooi onderskeid tussen house en home. Noudat my boeke hier rond staan begin dit werklik soos home voel.

En terwyl ek wag vir die res om hier aan te kom, en die boekrakke soek sal ek intussen doen wat Winston Churchill voorgestel het:

If you cannot read all your books, at any rate handle, or a sit with, fondle them – peer into them, let them fall open where they will, read from the first sentence that arrest the eye, set them back on the shelves with your own hands, arrange them on your own plan so that you at least know where they are. Let them be your friends, let them at any rate be your acquaintances.


Lisa se klavier eggo steeds

Desember 20, 2009 in Sonder kategorie

Ek kon vanaand amper Lisa se klavier hoor speel terwyl ek die son gevolg het tydens die laaste paar uur se afwaartse neiging tot die oomblik wat ‘n gulsige oseaan haar ingesluk het.


Ek weet die son het vanaand gesak soos sy nog altyd doen, maar van die kruin van Tafelberg af lyk dit eenvoudig net anders.


Geen woorde kan dit na regte beskryf nie; geen foto kan die volle asemrowende verhaal vertel nie.


Maar ek kan nie verstaan hoekom ons hier woon en goedsmoeds toelaat dat die buitelanders en toeriste hierdie wonderlike belewenis, wat daagliks op ons eie voorstoep afspeel, ervaar sonder dat ons self die moeite doen om dit te beleef nie.


En, glo my, wanneer jy dit eers een keer gedoen het sal jy dit weer en weer wil beleef (die feit dat kaartjies na 6 saans halfprys is om met die karretjie tot bo en terug te ry is natuurlik ‘n bonus).


As jy dus vakansie hou in die Kaap, of hier woon en iets besonder wil beleef, pak ‘n mandjie of ‘n rugsak, gooi jou kamera oor jou skouer en nooi sommer ‘n paar vriende saam. Gaan staan kort voor ses in die tou – dis soos Wimbledon deel van die ervaring – koop jou kaartjie en begin die ervaring met jou 360 grade uitsig van die stad met die berg op.  Gaan vind ‘n lekker sitplekkie aan die Weste kant van die berg en pak die mandjie uit.  Knibbel en sluk so nou en dan tussen die verwoede fotsessie en gesellige kuier deur en voel hoe jou hart saam met die son sink as jy al daardie skoonheid voor jou indrink.


En as jy baie mooi luister sal jy in die verte Lisa se lied teen die hange van Tafelberg hoor eggo…

http://tablemountain.net/

Die wit stoel

Desember 19, 2009 in Sonder kategorie

‘n Sekere TV kanaal het ‘n bloue

‘n TV reeks het ‘n rooie


DK het ‘n witte

(wel, off-white, nes die eienaar 😉




En dis waar ek nou al die grootste deel van die vakansie sit

Die wind waai vreeslik hier langs die Weskus

Die balkon is nie ‘n moontlikheid nie


(En dis in elkgeval nie heeltemal so lekker om daar te sit
sonder die goeie geselskap waarmee ek in die verlede

en weer mid-Januarie bederf gaan word nie) 


Maar in die wit stoel

kan ek die wêreld bespied

surfers dop hou

en so tussen die lesery deur

dut


‘n Heerlike terug-sit vakansie stoel


365 dae

Desember 17, 2009 in Sonder kategorie

Dis ‘n spesiale herdenking vandag.


365 dae gelede het die beste ding van die hele jaar met my gebeur. 

Ek was uiteindelik weer terug by die huis.


Soos Frankie sing:
It was a very good year
It was a very good year for city girls
Who lived up the stair 


En alhoewel ek nooit regtig ‘n city girl sal wees nie, was dit wel ‘n goeie jaar.


Daar het soveel goeie dinge gebeur, soveel wonderlike mense het deel geword van my lewe, ek het ongelooflike lekker dinge gedoen en ervaar. 


‘n Blogger het nou die dag vir my gesê onthou jy waar was jy verlede jaar dié tyd. Ek onthou en, glo my, ek is baie baie bly dat ek nie nog steeds daar is nie. Fisies en geestelik. 


Ja, it was a very good year.


En vandag pak ek vir Witblits, sluit my huisie se deure vir so twee weke om te gaan uitspan op Yzerfontein saam met my gesin. Dis ‘n heerlike vooruitsig.


Ek hoop dat al my medebloggers die vakansie tyd net so baie sal geniet as wat die DK gesin gaan.

Aannemings aanbod

Desember 16, 2009 in Sonder kategorie

Ek wil van Babyface ontslae raak. ASAP!

Sy is nou amptelik beskikbaar vir aanneming.


Maar, weet sommer nou al, jy kry haar voetstoots en sonder enige moontlike kans om haar terug te bring.


Weet ook dat daar die volgende van jou verwag sal word:

Om die hele dag lank van winkel tot winkel agter haar aan te loop deur Canal Walk terwyl sy ‘n bikini soek

Wees voorbereid dat daar na alles, die moontlikheid sal bestaan dat daar nie eens ‘n enkele bikini aangepas sal word nie


En wanneer jy uiteindelik by die huis kom, gereed om te ontspan, sal sy konstant na Kurt Darren wil luister.

(Ek wonder of ek haar nie maar net vir Tronkie moet gee vir Kersfees nie – nee, netnou gee sy haar terug!)



Sus het ook ‘n ongesonde verhouding met Jack Bauer aan die gang op die oomblik, maar dis glo ‘n one-off ding elke nou en dan so vir 24 uur.


Aan die plus kant…
Sy sal nou en dan die skottelgoed was.

Sy het ‘n besondere goeie sin vir rigting

En sy is die suster wat die bikini dra.


As iemand haar wil hê, laat weet my… ek epos/koerier haar sommer môre al!