die vrou in die spieël

November 20, 2009 in Sonder kategorie


Daar bly vanaand ‘n vreemdeling in my huis

Ék bly vanaand in ‘n vreemdeling se lyf
en dwaal deur ‘n vreemdeling se kop

Ek sukkel om in ‘n spieël te kyk
daardie gesig kan mos nie myne wees nie…

Iets is missing.

Meer as die helfte van my hare, om presies te wees.

Die rooibruin vag wat twee uur nog
tussen my blaaie gehang het
het binne drie ure gekrimp

tot lagies wat net-net
bo my skouers hang
in skakerings van koper,
roesbruin en rooi.

Vroeër die week
het ek met ‘n vriendin gesels
oor impuls beheer…

Net om vandag
totaal en al beheer te verloor
oor daardie selfde impulsiewe streep

Wat my laat oë toeknyp het
en vir ‘n vrou met ‘n skêr in haar hand
– altyd ‘n gevaarlike ding –
vertel het om te knip.

Ek voel ligter…bevry…bang…

Dis die eerste keer in vyf jaar
wat my hare só kort is
Sê nou net ek kry dit
nooit weer lank nie?
Dis nou as ek sou wou…

Want eintlik is die nuwe styl nogal sassy
Beweeglik en vol volume
Maar ek kan dit nie meer vas maak nie
Nie eens ‘n bokstert nie

My vingers bly hark deur die nuwe dos
soek outomaties na die
phantom lengte
en gly deur wind

Wat het my besiel?

Ek het nie eens so getwyfel
na ek my tatoo gekry het nie.
En dit was
‘n veel meer permanente besluit

Die een of ander tyd
sal ek seker gewoond raak
aan die vrou in die spieël


8 antwoorde op die vrou in die spieël

  1. Berwick het gesê op November 20, 2009

    Kort voor lank.

    🙂

  2. Gaan weer groei! :-)En dalk as dit gebeur, verkies jy die nuwe manier.

  3. liefde het gesê op November 20, 2009

    Ek dink ons vrouens het nog altyd ernstige issues met ons hare wat ons self nie eers kan oplos nie, maar hoe dan anders… Martin Luther het dan gesê

    The hair is the richest ornament of women. ~Martin Luther

  4. Ek is seker dit lyk pragtig!

  5. Dit voel snaaks, maar mens raak gou gewoond.
    Ek kan my nogal voorstel hoe jy lyk en die prentjie in my kop is goed.

  6. Sjoe, nou wonder hoe moet ek voel wat elke derde, vierde week my hare afskeer. hehe
    Change is as good as a holiday. More, oormore is jy weer gewoond aan die nuwe styl. Kyk maar.

  7. jannel1 het gesê op November 21, 2009

    Ek sal ‘n foto van myself vir jou stuur, dan plak jy dit op die spieël. Die beeld op die spieël sal dan uitsonderlik sag op die oog val.

  8. veralda het gesê op November 23, 2009

    dit is bevrydend. in 2001 het my hare in my middel gehang – lank en rooi. en toe eendag het ek ‘n onderonsie met vier gewapende mans. vir dae het ek geworstel met die vrees, die nagmerries vir maande. die sielkundige se raad: raak ontslae van iets wat vir hulle ‘mooi’was. toe waai die hare. en nou, jare later, sien ek weer kans om dit lank te laat groei omdat dit vir my mooi is.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.