Uitgewers, skrywers en lesers word bevoordeel deur die nuwe onderwys planne

November 19, 2009 in Sonder kategorie

Izak se blog van vanoggend, wat ek vroeg reeds gelees het, het gelei tot my dag lange musing oor boeke en my latere kommentaar daar by hom. (Ure se op en af stap tussen eksamen skrywende kinders is geneig om mens se gedagtes te laat dwaal.)

Vandag het ek spesifiek geloop en dink aan die nuwe tendense in opvoedkunde en die moontlike implikasies wat dit inhou, nie net vir die opvoedkunde insigself nie, maar ook vir die wyer boekpubliek.

Ek, en ek is seker ook die meeste ander onderwysers, is baie opgewonde oor die Minister vir Basiese Opvoedkunde, Angie Motshekga se visie vir die toekoms van skole. Na haar aanstelling het die Minister ‘n taakspan saamgestel wat die huidige onderwys praktyke ondersoek het en voorstelle gemaak het om die Nasionale Kurrikulum te streamline.

Die span het die volgende veranderinge aanbeveel (ek haal direk aan van die regering se inligtingswerf):

  • Develop syllabi for implementation in 2011 
  • Discontinue the use of portfolios from 2010 
  • Reduce the number of learning areas in Intermediate Phase 
  • Emphasise the use of English from as early as possible for the majority of our learners that use English as language of learning 
  • Require only one file for administrative purposes from teachers 
  • Clarify the role of subject advisers 
  • Reduce the number of projects required by learners

Een van die grootste veranderinge wat deur haar en die taakspan voorgestel is, is die terugkeer na die gebruik van handboeke in die klaskamer. To support the above, the Department of Basic Education will: Plan for all learners from grade 4-12 to receive their own textbooks for every learning area/subject. The Department will issue guidelines for textbook acquisition and distribution and retrieval to all schools. 

Hier in die Wes Kaap is ons gelukkig dat Penny Vinjevold, die nuwe hoof van die Wes Kaap se Onderwys Departement, hierdie besluit heelhartig ondersteun. “What we now need to do is provide clear and simple documentation for teachers, ensure there are textbooks for each child for each subject and begin targeted teacher training.” sê sy in ‘n onderhoud in die Financial Mail van 23 Oktober.

Glo my, die meeste onderwysers slaak ‘n sug van verligting as hulle so iets hoor. (Veral noudat dit blyk dat al die voorstelle onvoorwaardelik aanvaar is!) Net die idee dat ons nie meer werk van iewers af sal hoef op te tower nie is genoeg rede om ‘n mens aan die einde van ‘n jaar te laat riel. Veral aangesien dit wil-wil lyk asof hierdie en vele ander veranderinge wat die administratiewe las ligter gaan maak reeds van volgende jaar af implementeer sal word.

Maar, ons is nie die enigstes wat juig nie. En, om eerlik te wees, dink ek ons moet eintlik almal juig. En nie net omdat dit lyk asof kinders van nou af weer ordentlike opvoeding in hierdie land gaan ontvang nie!


Hierdie ommekeer in die onderwys impliseer ‘n geweldige rippel-effek wat vir uitgewers, skrywers en lesers positiewe gevolge inhou.

Enige persoon wat nou betrokke was/is by dié land se uitgewersbedryf in die afgelope tien plus jaar sal vir jou kan vertel van die chaos wat veroorsaak is deur die implementering van OBE (Outcomes Based Education) in die boekebedryf.

Alhoewel veroudered, bly die DACS verslag van 1998 steeds een van die mees gesaghebbende bronne waarin die krises in die boekebedryf van die laat Negentigs uitgespel word.

Ek gaan nou nie al die ou koeie gaan uitgrawe nie, maar die kort weergawe van die slegte nuus is (was) die volgende:

  • 58% van die boeke-industrie het bestaan uit opvoedkundige boeke.
  • Alle uitgewers in die land was tot ‘n mindere of meerdere mate hierby betrokke.
  • Opvoedkundige boeke was die ruggraat van die Suid-Afrikaanse boekeberyf.
  • 80% van uitgewers met ‘n jaarlikse inkomste hoër as R20 miljoen het uitsluitlik handboeke vervaardig.
  • Tussen 1995 en 1997, met die implementering van OBE word die Onderwys Departement se spending op handboeke met 49% gesny, want [t]he Department of Education has embarked on a shift towards Outcomes Based Education in the form of Curriculum 2005 which among other ideas “envisages a gradual shift from the use of textbooks in classrooms to modern high-tech systems such as the Internet, compact diskettes and computers.

Die gevolg? Die langtermyn lewensvatbaarheid van uitgewers in Suid-Afrika word bedreig. Waarom dan? het baie mense gevra. Die antwoord was eenvoudig: Most educational publishers cross-subsidise marginal projects with profits generated by large print runs associated with textbooks. The fall-out from the textbook crisis will therefore impact on the viability of producing South African literature, which is often characterised by low margins.”

Die rippel-effek van die handboek krises het ons almal negatief beïnvloed, of ons dit nou besef het of nie.

En nou?

Wat kan ons verwag nou dat die Onderwys Departement besluit het om handboeke terug te bring na die klaskamer?

Bo en behalwe die feit dat ek hoop dat ons weer werklike kwaliteit opvoeding in die klaskamer sal kan bied, voorsien ek dat die volgende op die langeduur sal plaasvind…

*touch wood*

*hou duime vas*

*stuur ‘n skietgebed na bo*


  1. Die verbetering in kinders se lees en skryf vaardighede sal lei tot die ontstaan van ‘n nuwe leesmark en groter aanvraag na leesmateriaal.
  2. Die inkomste wat genereer word uit handboeke sal uitgewers toelaat om minder ‘ekonomies verweerbare’ boeke te subsidieer.
  3. Nismark boeke – in alle landstale – sal meer geredelik beskikbaar raak.
  4. Die prys van hierdie nismark boeke (insluitend letterkunde, storie boeke en poësie) sal daal aangesien uitgewers meer geld tot hul beskikking sal hê om in dié boeke te belê.
  5. Meer skrywers sal die geleentheid kry om hulle boeke te publiseer aangesien daar nie net die finansiële ondersteuning beskikbaar is nie, maar ook ‘n mark geskep word waar daar ‘n vraag is na goeie boeke in alle tale wat in ons land gepraat en gelees word.

Ja, ek weet dit lees soos ‘n feëverhaal. ‘n Utopiese ideaal.

Maar ek glo dat dit moontlik is. Ek hoop van harte dat dit wel sal realiseer. Selfs al weet ek dat dit nie binne ‘n kwessie van vyf, tien of selfs twintig jaar sal wees nie.

Ek dink egter dat ons nou aan die begin staan van die pad wat wel tot die verwesenliking van hierdie visie kan lei.

Selfs al was dit nie deel van die oorspronklike visie van die taakspan wat, onwetend, die klippie in die poel gegooi het wat sal lei tot die rippel-effek wat dit moontlik sal maak nie.

Maar hierdie veranderinge gee my hoop…hoop dat ons land ook uiteindelik ‘n positiewe, finansiëel onderhoubare leeskultuur sal kan vestig wat nuwe geleenthede vir uitgewers en skrywers sal bied.


En dít maak my geweldig opgewonde oor die toekoms van boeke, lees en skryf in hierdie mooi land waarin ons woon…

 

 

19 antwoorde op Uitgewers, skrywers en lesers word bevoordeel deur die nuwe onderwys planne

  1. Bravo!
    Jippeeeee vir inhoude uit handboeke.

    Hoe kon die departement ooit dink dat onnies bevoeg is om leermateriaal uit te dink?

    Hou duimvas vir handboeke..

  2. Ek hou saam met jou duim vas. Ons het ‘n swak leeskultuur en indien dit die leeskultuur kan bevorder is dit ‘n positiewe stap,afgesien van die ander voordele wat dit vir julle onderwysers inhou. Sterkte en rustige aand vir jou.

  3. Ons bly hoop Oom 🙂

  4. Ek hoor jou Lou!
    Samhur, dis mense soos Lou – wat deur dik en dun deur die onderwys vasbyt – wat die cheerleaders verdien!

    🙂

  5. Dankie DW.
    Ja, ek hoop dat daar wel meer positiewe as negatiewe gevolge sal wees met die veranderinge.

  6. Skaam jou Ghaap!
    Om so op my batterye te kom piepie! 😛
    Ek hoop dat handboeke ten minste sal lei tot standardisering van werk wat gedoen word sodat ons nie meer met ‘n situasie sit waar Gr 9 klasse nasionale eksamens skryf en die helfte van die vraestel baseer moet word op ‘n vae raaiery van die opsteller oor wat kinders behoort te weet nie.
    En dat basiese vaardighede soos ‘reading, writing, ‘rithmetic’ weer die grondslag van onderwys sal vorm.

  7. droomkind vir minister van onderwys!

    nou moet ons net hoop en bid dis nie te laat nie, en sorg dat GOEIE onderwysers GOEIE opleiding kry orals.

  8. jannel1 het gesê op November 20, 2009

    Dankie vir ‘n insiggewende artikel DK.

  9. Ek vind tog die idee dat die handboeke nou op ‘n sentrale plek gedruk gaan word, kommerwekkend. Weet jy iets daarvan? Hoe gaan dit die uitgewersbedryf beinvloed. Slegs enkele mega-uitgewers was op die taakspan van bg.

  10. Insiggewende blogpos. Gaan loer na my bydrae tot die onderwerp. Groete!

  11. Ek hoop saam met jou!
    Gelukkig is dit nie net ministers wat verskille kan maak nie, dis ook moontlik op grondvlak né 🙂

  12. Dankie vir die tone en vingers!
    Ja, ek is ook opgewonde 🙂

  13. Dankie Faansie.

  14. Dankie Jan.

  15. Palomino, nee nog nie. Maar ek is seker daarvan dat ons later wel sal uitvind presies hoe dit sal werk. Die sentrale druk is nie die grootste probleem nie, maar wel dat daar nie ‘n monopolie op die uitgewers sal wees wat hieruit voordeel trek nie.

  16. Ghaap, dit was ongelukkig die realiteit tien jaar terug – miljoene rande se boeke is verpulp agv die feit dat daar nie meer ‘n vraag daarna was nie. En met die voorgestelde veranderinge in die sillabus gaan die huidige boeke ongelukkig nie voldoende wees nie.
    Dis ongelukkig een van die groot risiko’s van dié bedryf – daar is geen wet wat die regering kan verplig om ‘n boek wat reeds voorgeskryf is op die lys te hou nie.
    So ja, daar gaan wel verliese wees, maar hopenlik sal ‘n gedeelte van die skade verlig kan word deur die nuwe voorskrywings.

  17. Annemari, hoe harder ons almal – onderwysers en ouers – hieraan werk hoe gouer sal dit kan gebeur!

  18. Ou-Top het gesê op November 21, 2009

    Droefgeestig dat in vandag se wereld n Suid-Afrikaanse meisie wat sing, n CD gemaak het, 120,000 cds verkoop het, waarskynlik so R25 wins per CD gemaak het Dis drie miljoen Rand. Hierteenoor vrek die meeste digters en skrywers van die honger. Iets is verkeerd.

  19. Dit is so Ou Top. Ek het ook gisteraand daardie sommetjie gemaak.
    In my fantasie wêreld sal plaaslike skrywers eendag die Rock-sterre van die dag wees (met dieselfde tipe inkomste)! 🙂

Los ’n antwoord vir nastergal. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.