Jy blaai in die argief vir 2009 November.

Om ‘n hart te ken

November 30, 2009 in Sonder kategorie


How do you dare to think you know my heart, when you don’t even understand your own?


Sigurðr Sigurðsson

The Gargoyle – Andrew Davidson

 


Ek het die boek al ‘n geruime tyd gelede gelees. Die aanhaling is toe reeds neergeskryf aangesien dit my ongelooflik getref het. Dis die waarheid daarvan wat ek met moeite in my eie lewe interpreteer en gevolglik nogal gesukkel het om oor te skryf.


Want die motiewe van die hart kan so dikwels duister wees. Soms is dit eers lank na die aksies gedane sake is wat ‘n mens met oop oë die ware motief kan identifiseer wat daar agter skuil. Dalk het dit te doen met die feit dat my eie Cleopatra – Queen of denial – met tye nog heelhartig oorvat in my lewe en ek óf nalaat om te reageer óf so impulsief reageer dat ek nie altyd logies besef hoekom ek doen wat ek op ‘n spesifieke oomblik doen nie. Dis sulke tye wanneer ek my gut-instinct volg en blindelings glo dat ek op daardie oomblik die regte ding doen.

Neem byvoorbeeld die ‘gier’ wat my soms oorval om iets radikaals met my hare aan te vang. (Hare, terloops, is by uitstek ‘n extension van my emosionele toestand – as jy my goed genoeg ken kan jy die veranderinge wat ek aan my hare aanbring later begin ‘lees’.) Dis gewoonlik ‘n spur-of-the-moment gebeurtenis. Nou nie die gereelde knip en kleur nie. Die drastiese veranderinge het nog altyd impulsief plaasgevind.

Soos die keer toe ek op hoërskool my hare kort-kort afgesny het op die dag toe my kêrel uit ons grootword dorp getrek het. Dieselfde ding het gebeur kort (no pun intended) voor ek my laaste matriek eksamen vraestel geskryf het. Ek is oortuig daarvan dat die patroon in daardie posgevat het. Sedertdien kan ek terugkyk op elke verandering – die blond, die rooi, die kort knip – en elkeen koppel aan ‘n spesifieke gebeurtenis of verandering in my mindset, gemoeds toestand of change of heart. En tog, op die oomblik wat die impuls my getref het, het ek nog nooit stil gaan staan om te wonder hoekom ek weereens myself wend tot radikale verandering nie. Ek doen dit net eenvoudig omdat ek weet dit is wat ek op daardie oomblik nodig het.

En dis maar net een voorbeeld…

Daar is ook baie ander dinge wat ek al in my lewe gedoen het – impulsief en onnadenkend – wat voortgespruit het uit die een of ander omwenteling in my lewe. Waarvan die motief eers heelwat later duidelik geword het.

Dan wonder ek soms, as dit vir my so moeilik is om my eie hart te leer ken en verstaan, waar kom die audacity vandaan om te dink dat ek daartoe in staat is om vir ander die sluier van hul eie harte te lig? Dalk omdat ek uit eie ondervinding al gevind het dat dit dikwels diegene is wat nie direk deur die situasie geraak word nie wat juis daartoe instaat is om die mees logiese interpretasies van my aksies aan my uit te spel? Dat ‘buitestaanders’ (in aanhalingstekens, want die buitestaanders was nog altyd mense wat baie na aan my hart en deel van die binnekring is) met minder emosionele betrokkenheid my aksies beter kan lees as ek self.

En tog, tog bly die woorde steeds by my spook… hoe kan jy ‘n ander se hart werklik ken as jy nie eens jou eie kan deurgrond nie?


Waarskuwing: Sit asseblief diep in jou stoel voor jy hierdie blog lees!

November 30, 2009 in Sonder kategorie


Want ek wil nie verantwoordelik voel vir enige hartaanvalle wat as gevolg van dié inskrywing mag voorkom nie.


Dis erg genoeg dat ek op die oomblik in ‘n toestand van skok verkeer en waarskynlik binne die volgende 24 uur ‘n hartaanval van my eie gaan hê!

Die afgelope paar jaar is oefening in die DK huishouding gedefiniëer as couch surfing, surfer spotting en lig ‘n wynglas. En ek was dood gelukkig daarmee.

Tot die Heathrow inspuiting sy nare verskyning gemaak het.

Hierdie jaar het die inspuiting geleidelik gekrimp, maar terwyl die eerste helfte met redelike gemak en sonder veel inspanning verdwyn het, klou die ander helfte hardnekkig om my heupe en die res van my lyf vas.  En ek weet al lankal dat daar net een manier is waarop ek daarvan ontslae gaan raak.

Maar die kombinasie van apatie en my natuurlike aversie tot sweet het dit moeilik gemaak om die moed van die oortuiging te vind om my tekkies weer af te stof.

Tot die afgelope week.

Danksy die aanhoudende, liefdevolle aanmoediging van goeie pelle wat uiters simpatiek omgegaan het met hierdie wroeging van my (en geduldig bly luister het terwyl ek kla en kerm) het hulle boodskap uiteindelik ingesink – daar is veel meer pro’s as con’s wat gereelde oefening meebring.

En uiteindelik het ek ook vir ‘n slag begin luister. Soveel so dat ek vanmiddag – okay, nou is die tyd om aan ‘n tafel of armleunings vas te hou – by ‘n gym aangesluit het.

En die jong man wat my konsultant was – bogsnuiter wou my mevrou noem can you imagine! – het teen die einde van die admin verklaar dat ek nie sommer net enige trainer sal kry om ‘n ogie oor my te hou nie. O nee…

Hy het sommer gou-gou agtergekom dat DK ‘n erge hardegat houding het en het my toe aan die skrikwekkendste hardcore trainer in die hele gym voorgestel. Die man het glo ‘n reputasie dat hy nie tyd het vir sissies nie – van die groot manne in die gym het simpatiek oor sy skouer vir my kop geskud – en hy mag dalk net daartoe instaat wees om DK op die regte pad te hou.

My eerste sessie is môre middag vier uur.  Ek hoop ek oorleef dit.

(Mental note aan myself: Ek wonder of Louboutin tekkies ontwerp… 😉

Wanneer ‘n prins jou onthaal

November 29, 2009 in Sonder kategorie

…is jy vroeg reeds opgewonde, want jy weet jy word op die hande gedra en tot in die afgrond bederf. (It’s tough life behaving like a princess, but somebody’s got to do it 🙂 En jy geniet elke oomblik met oorgawe…

Soos die middag slapie op die stoep se bank onder die streling van die koel bries wat donderwolke saam laat rol om laataand ‘n simfoniese storm met ‘n blitsing vertoning oor die geselskap te laat los breek.

Die heerlike bottels wyn wat tot hul reg kom in goeie geselskap, met baie gelag en gesels en ongelooflike kos waar memories met strikke aan jou onthou geknoop word. (Die identiese tweeling van Diemersfontein het, terloops, hulself uitstekend gedra en ‘n geweldige goeie indruk gemaak.)

Wanneer jy dan later weer jou tasse moet leeg maak, die tiara in die kas pak en weer in jou eie huis staan doen jy dit met ‘n tikkie spyt, maar met ‘n lied in jou hart – dankbaar dat jy wonderlike vriende het wat saam met jou op die paaie loop wat werklik in die lewe saak maak. 

 

What would you do to track down ‘the one’?

November 25, 2009 in Sonder kategorie


Ek het hom die eerste keer raakgesien in ‘n restaurant en was onmiddellik versot op hom gewees. Soveel so dat ek toe reeds geweet het dat hy dié naweek moes saam gaan.

Vandag, ‘n dag voor die vlug, het ek toe na hom begin soek. (Tipies DK het ek natuurlik weer sy naam vergeet 😉


Eers bel ek die restaurant. Beskryf hom in detail aan die behulpsame jong man wat die foon antwoord. Ja, hy weet van wie ek praat. Dis sy naam. Hy is hier in die Kaap, maar die jong man is nie seker waar ek hom in die hande sal kry nie.  Maar hy is vriendelik genoeg om sy grootwordplek se telefoon nommer vir my te gee.

Vir die eerste keer is ek nie senuweeagtig om ‘die een’ se huis te bel nie. Hel, as ‘n girl so seker van haar saak is soos ek, is sulke goed mos minors.

Bel toe huis toe en ‘n vriendelike tannie antwoord die foon. Sy werk daar en sal my gou-gou help om hom in die hande te kry. Waar bly ek? Beskryf waar ek is agter die boereworsgordyn en die tannie laat weet dat hy sommer hier by my te vinde is. Sy noem ‘n paar plekke waar ek na hom dalk in die hande sal kan kry.

Na werk ry ek toe om hom te gaan soek. Ja waaragtig, die eerste plek waar ek instap staan hy sowaar. Ek doen nie eens die moeite om myself aan hom voor te stel nie – gryp hom sommer net om die nek en sê: kom saam!

En glo my, as jy weet wat ek weet sal jy jou bes probeer om dié een in die hande te kry…

Die Kroonprins van Diemersfontein…

  

‘n Fantastiese koffie & sjokolade Pinotage. Drie van my gunsteling goed in een bottel te kry…


Ek gaan hom die naweek aan ‘n paar spesiale vriende voorstel 🙂


Daar IS toe iets erger as kamp!

November 23, 2009 in Sonder kategorie

Teen dié tyd is dit al algemene kennis dat ek nie die rough it tipe is nie.

Ek het al jare gelede ‘n staande reëling met my huisgesin getref dat ek nêrens heen gaan sonder my haardroeër nie. Dit klink dalk na ‘n simpel vereiste, maar glo my, daar ís wel method to this madness. As ek my haardroeër kan gebruik is daar krag. En as daar krag is kan ‘n mens ‘n plan maak met warm water.

Die eerste is blote ydelheid – ek is nie geseën met drip-dry hare nie – en die tweede is suiwer gemaksug. Dis eers na jy gedwing is om koue storte te neem, of in ‘n dam moes water trap en probeer was en tande borsel sonder dat jou tone in die slykerige bodem versink en die water so troebel is dat jy nie weet wat jou daar onder mag beloer en oorweeg as moontlike snack nie (met my super-wit velletjie wat floresent skyn in die troebelste water is ek mos ‘n maklike teiken) dat jy besef dat ‘n lang warm stort of bad eintlik die toppunt van luukse is (veral as jy die water eerste kan deps – oudste sus kry natuurlik voorkeur hier ;).

Ek is nou al wel ‘n keer of twee onverhoeds gevang deur minimum vereistes waaraan voldoen is, maar dat die verdere geriewe nie die method to the madness vervul nie, maar dit gebeur selde.

Vir diegene wat tongklap oor my gemaksug… ek weier om daarvoor om verskoning te vra. As ek met vakansie gaan wil ek ontspan, nie oorleef nie!

In elkgeval… so het ek dit op die een of ander manier reg gekry om die pak antwoordstelle wat ek vanaand van plan was om te merk by die skool te vergeet – Freudian slip… wie weet – en ‘n paar ekstra vrye ure tot my beskikking het. Aangesien ek nie vir sulke voorvalle voorsorg getref het nie (ek moet eintlik spoed kry vir hierdie kort week) is daar nie eens ‘n boek om te lees in my huis nie. Dus kyk ek vir ‘n verandering toe maar televisie.

‘n Program oor twee mans (Sibusiso Vilane en Alex Harris) wat geskiedenis boeke herskryf het deur die eerste Suid-Afrikaners te word wat, op hul eie, die pad na die Suidpool aangedurf het.

65 dae. 1 200 kilometer in temprature van –8 tot –40 grade Celsius. Sonder enige bystand. Vir my die ekwivalent om na ‘n grootskaalse operasie te sit en kyk… ek sidder permanent.

Daardie klein tentjie wat maar iffy lyk te midde van die wind en weer en oneindige wit… Die dae wat die twee daarin vasgekeer sit… Die skoon olyfolie wat daagliks gedown word om genoeg energie te hê vir die stappery en sleë trekkery oor die wit ysvelde… Skielik besef ek daar is toe wel groter nagmerries as kamp…

En toe, die ultimate deal breaker

Na vyf-en-dertig dae, halfpad deur die ekspidisie, trek hulle vir die eerste keer skoon onderklere en sokkies aan!

Ek raak amper flou van skok.

Want ek besef toe ook – hoe dit my tot op daardie oomblik ontgaan het weet ek nie – dat hulle ook nog nooit gebad het nie. En hulle is nog net halfpad!

Sorry, jammer, aikona! Daar is geen, geen, géén manier waarop ek dit ooit sou kon doen nie! (Vergeet gerieflikheidshalwe nou ook asseblief van die feit dat ek ook nie vir agt ure ‘n dag teen die guurste weersomstandighede in die wêreld sou kon battle om 15 kilometer ‘n dag te kan stap nie.)

Ek voel sommer weer klaar ‘n rilling teen my ruggraat af hardloop. Daar is toe wél iets erger as om te oorleef sonder my haardroeër… meer as ‘n maand in een stel onderklere. Dankie, maar nee dankie. Dit sal NOOIT gebeur nie.

Selfs al sal ek dan nou nooit famous raak omdat ek Suidpool toe gestap het nie.

Verskoon my…Ek dink ek moet gaan bad….

 

(As julle meer wil lees oor Sibu en Alex se reis, ek het hierdie artikel gevind asook Alex se joernaal van hul ervaring.)

The most ridiculously unfair exam paper

November 23, 2009 in Sonder kategorie

 

For millions of poor, the bill of rights means nothing

Sol Makgabutlane

Pretoria News, 23 May 2008

It is fortuitous – but not inopportune – that Human Rights Day should have coincided with Good Friday on March 21. The two days have a connecting theme: protection of and compassion for the poor, the sick and the old. Leaving aside the theological connotations of Good Friday, Christ’s message was concerned with the rights and dignity of the less fortunate, or what the Russian novelist Dostoevsky referred to as “the insulted and injured”. Of course, not all human rights activists are religious, but their cause is that of Christ’s.

South Africa has come a long way from the dark days of colonialism and apartheid. From being a pariah of the world because of its discriminatory laws aimed at denying black citizens the most elementary of rights – including the right to elect representatives – South Africans today live under one of the world’s most liberal, and liberating constitutions.

The most important chapter in the constitution is the one containing an extensive bill of rights.

It embraces what are loosely referred to as fundamental or first-generation rights. They include the right to life, liberty and equality, as well as freedom of religion, expression and association. But the bill of rights does not stop there; it extends to what are labelled socio-economic or second-generation rights.

….

The right to life, however, implies adequate protection of citizens from murderous criminals. Without it, the right to life becomes an empty cliché.

Government leaders need to ponder that axiom and act on it decisively….


 

This is an extract from one of the sources used in today’s Grade 9 English Home Language Common Tasks for Assessment. (Don’t worry, the paper has already been written, I’m not leaking anything online!)

After reading the article, the learners (hate that word!) had to answer the following questions:


1. Give the meaning of the following words:

1.1. fortuitous
1.2. bankruptcy
1.3. axiom
1.4. Constitution

2. In your own words describe in a paragraph what the main idea of the text is. Use appropriate expressions from the text to substantiate your answer.
 

3. Describe in your own words “first generation rights” and “second generation rights”
 

4. Identify the specific position the author takes on this issue.

This section accounted for 18 of the total 80 marks.

Which might have been fine if it did not reflect the exact standard of the rest of the paper.

As a teacher I was horrified. To be honest, I became quite nauseous as I read through the paper and the source material, imagining the panic stricken thoughts of the poor children that had suddenly had to come to grips with social concepts and language that are way out of their league. If your average adult and even the most knowledgeable ones sitting in the Constitutional Court, have problems wadding through these concepts, how much more of a struggle must it be for a child who has rarely, if ever, been confronted by them? And then to have to do so based on an article that uses language that most of them have never used before?

How many children, even 18 year olds, would be able to blindly define words such as axiom, vociferous, retrogressive or indisputable? (Also found in the passage.)

This paper, that is suppose to test the outcomes of the set syllabi, is of a higher level than the paper written by the Grade 12 Home Language kids earlier this month! How could this possibly be a fair test of a 14/15 year old child’s language skills?

To expect them to be able to not only understand a text that is written in language more appropriate to university level than intermediate level, but to be able to interpret it, is absurd.

When compared to the home language papers written in other languages it becomes clear that somebody in this country has a completely distorted view as to the linguistic skills the average 14/15 year old should have mastered.

I am at a loss for words. I have no idea how to explain this. Nor how I will be able to comfort and reassure a group of kids who had to write this paper….

But this I do know: to call it a fair test of grade 9 children’s home language skills is a disgrace.


Visioen van die vermyde

November 22, 2009 in Sonder kategorie


Die selfoon langs haar vibreer kennisgewing van die boodskap in haar inbox. ‘n Foto van vêr gestuur…


 

(Foto geplaas met toestemming van LvM)

 


***

“Mammie! Mammieee!”


Die versoeking om Carmen harder te laat Habanera is onkeerbaar. Sy druk sommer die repeat knoppie ook sodat sy keer op keer dieselfde klanke deur die kamer laat refrein.

Quand je vous aimerai?

Ma foi, je ne sais pas,

Peut-être jamais, peut-être demain.

Mais pas aujourd’hui, c’est certain

 

Vandag is sy verseker nié lief vir die man wat gestewel en gespoor van die voordeur af roep nie. Sy is, om die waarheid te sê, ook nie baie lief vir haarself as sy dink aan die lot waarmee sy willens en wetens deur die lewe gaan nie. Maar wie sou kon dink dat die fasade van volmaaktheid so vinnig sou verkrummel?

Dalk lê die probleem juis by die gewaande ‘volmaaktheid’ van weleer. Dat sy, wat jonk-jonk reeds sinies genoeg was om te verklaar dat die volmaakte man ‘n illusie is, waaragtig blindelings in daardie slagyster kon trap.

L’amour est un oiseau rebelle

que nul ne peut apprivoiser,

et c’est bien en vain qu’on l’appelle,

s’il lui convient de refuser.

 

Hierdie kampery is maar net die heel, heel, héél boonste tippie van die ysberg van verskille wat na die troubeloftes te voorskyn gekom het. Wie sou kon dink dat die man wat haar tydens hul hofmaak-fase na elegante gastehuise en vakansieplase geneem het vir wegbreek tye saam, sou ontpop in ‘n oor-gretige bundu-basher wat met so min as moontlik luukses, selfs noodsaaklikhede, wou oorleef?

Die eerste keer was suiwer hel. ‘n Tweeman tent naby ‘n rivier waarin sy – tot haar skok en afgryse – moes was! En slegs ‘n vuur waarop kos gemaak sou word. Geen elektrisiteit, geen warm water…met ‘n dubbelslaapsak op die grondseil van die tent.

Intussen het sy darem al ‘n paar veranderinge aangebring aan hierdie ritueel. ‘n Groter tent, koningsgrote opblaas matras vir hulle, ‘n gasstoof kombuiseenheid as verpligte ekstra met die aankoop van die nuwe waentjie, met ‘n tent bo-op waarin die seuns kan slaap. (Die tent is groot genoeg om vier seuns te huisves, maar daar sal verseker ‘n aparte een gekoop moet word as hulle ‘n meisiekind tot die gesin toevoeg!) ‘n Sonverhitte watereenheid en opslaan stort sowel as ‘n koelkas eenheid wat aan die Land Rover Range Rover Sport 5.0 Super 4X4 AT MY10 se V8 enjin gekoppel kan word.

‘n Versigtige kloppie aan die kamerdeur laat haar die klank sagter stel en positief antwoord.

‘n Skugter seunsgesig loer deur ‘n skreef om die water te toets, voor daar ingekom word en sy arms styf om haar heupe klem; kop teen haar maag – waar die tekens van nuwe lewe nog slegs aan haar sigbaar is – word daar versigtig gepraat: “Pa vra of Mamma se tasse gereed is. Hy wil die trailer pak.”

Sy weet haar oudste het pas sy pa se kortaf bevel heelwat sagter aan haar kom oordra. Sy vou haar arms gerustellend om die jong seunslyf en kyk na die chaos wat steeds in die kamer heers. Pa en Ouboet en die tweeling se tasse is eerste gepak, die voorraad vir die ‘vakansie’ staan in die kombuis gereed in koelhouers en bokse. Soos gewoonlik is haar tas die laaste prioriteit.

“Vat maar solank die res van julle tasse af” antwoord sy haar oudste en vryf gemaak-gemoedlik oor sy donker kop “ek sal nou-nou klaar wees.”

Sy bly vir ‘n oomblik na die toe deur kyk…drie seuns…eers Ouboet en toe die semi-histeriese skok van die tweeling. Al drie lank en skraal met donker hare, nes hul ouers. (Haar hare neig deesdae meer na blond as na bruin, maar op die een of ander manier moes die tell-tale signs van haar vroeë grys versteek word.)

Gelukkig geseën met hul pa se sterk sonweerbare velle en nie hul ma se spierwit terugslaan-na-haar-Duitse-voorsate-vel wat so maklik verbrand nie (sy moet dubbel seker maak dat die sonskerm met teen-verouderings formule in haar vanity gepak is). Hulle is tog almal so lief vir die buitelug. As dit nié was vir die uitbundige genot wat hulle put uit hierdie gereelde kampery nie sou sy sweerlik lankal haar voet neergesit het. Net één maal sou sy graag in ‘n gerieflike self-sorg eenheid wou vakansie hou. Dalk, as hulle eers ouer is, sal sy hulle alleen saam met hul pa laat gaan.

Haar hande vou beskermend oor die effense bulting van haar buik.  Dalk is hierdié een ‘n dogtertjie wat ma-en-dogter-dinge saam met haar sal doen. Dan kan hulle eendag spa toe gaan terwyl die manne gaan kamp.

Daar is egter nie nou tyd om te dagdroom nie. Sy moet haar arsenaal gereed kry vir die ekspedisie wat wag.

Sy stap na die eerste kragpunt toe. Drie battery herlaaiers staan in gelid om krag te voorsien vir haar nood voorraad. Teen dié tyd het sy ook al slimmer geraak met die bundu-bashing waaraan haar man en seuns so verknog is. ‘n Vars stel batterye word in die koordlose haardroeër gedruk, nog ‘n klomp gaan in die kamera en die flitsligte in.


Uit die tweede krageenheid haal sy die ekstra battery eenhede wat ingepak word vir die los staande, kompakte waaier/verwarmer eenheid wat reeds iewers ingelaai is, haar selfoon en laptop. Die kanse dat daar enige sein beskikbaar sal wees vir haar wireless network is skraal, maar ten minste sal sy aan haar nuutste projek kan werk of na musiek luister terwyl ‘die manne gaan jag’ of op die een of ander verkenningstog is.


As back-up plan word ‘n Moleskin en stapel boeke ingepak – Byatt se The Children’s Book, Barry se The Secret Scripture, Atwood se The Year of the Flood en Nemirovsky se The Dogs and the Wolves. Boeke wat niemand in haar gesin sal probeer ‘leen’ nie – vir hulle is daar reeds in hul tasse leesstof gepak vir die lang donker aande sonder televisie en Wii – maar wat sy al lankal wou lees en net eenvoudig nog nie die geleentheid gehad het om by uit te kom nie.


Dis nou waneer sy tyd kry om te lees so tussen die kamp in orde kry, kos maak, help met die verwerking van die bokke wat die manne geskiet het en skottelgoed was. Gelukkig het sy die mans in haar lewe al redelik goed opgelei om met dié takies behulpsaam te wees. Dit was óf help óf sy doen niks. Hulle, pa inkluis, het nie juis veel van ‘n keuse gehad nie – veral nie na die aand toe sy die eerste keer geweier het om bykosse te maak vir die braaivleis wat op die kole gesels het en vroeg gaan slaap het nie…


Tasse klaar gepak loer sy in die spieël en sug terwyl sy die soom van die karamel
jerseyknit slooprok net so effens lig om haar verskuilde indulgence te beloer. Bitter min mense besef dat, op enige gegewe dag, ten minste sewe tot twaalf sentimenter van haar lengte danksy haar skoene toegevoeg word. Die ultra-lang some van haar rokke, rompe en broekpakke versteek immers doelbewus die grootste deel van die hakke en platforms waaraan sy haar amazone lengte te danke het. Haar man se eie twee plus meter lengte maak dit moontlik vir haar om hierdie passie vir stilettos te bevredig sonder om ‘n Katie Holmes Cruise op hom te trek. Maar sy twyfel sterk of hy die Clichy nude Louboutins sou kon identifiseer, hul rooi sole ten spyt.

Sy treë versigtig uit die stilettos, verpak hulle met sorg in ‘n fluweel sakkie en skoenboks voor sy – met geligte roksoom – na die instap kas loop om hulle te bêre. Terwyl sy die rok van haar lyf af stroop om te verklee, in ‘n dienlike denimbroek en handgebreide klawer-groen Ierse fisherman’s woltrui, oorweeg sy dit vir ‘n oomblik om die uitrusting af te rond met ‘n paar Manolo Blahnik cammo Mary Janes, maar die feit dat niemand anders die bootcamp ironie sal snap nie laat haar maar eerder ‘n paar stewige, dienlike leerstewels aantrek.

Resistance is futile

Sy sug, scan vir oulaas die kamer om seker te maak dat alles wat gepak moes word wél gepak is en tel haar skouersak en ‘nood voorraad’ tas op. Die seuns kan die res van die bagasie kom haal wat nog iewers in die Offroader trailer gepak moet word.

 

***

Sy staar gelate na die foto van ‘n eensame tent wat in die middel van nêrens op ‘n vlak aan die voet van ‘n berg staan. Die meegaande boodskap is kort en, tipies, op die man af:

“Wens jy was hier. Ek mis jou.”

Sy kyk weer na die foto en onthou weer die kamp-episode wat haar finaal laat besef het dat hulle, ten spyte van al die raakpunte, die romanse en laatnag gesprekke langs ‘n vuur, heeltemal té verskillend was om ‘n toekoms saam te beplan.

“Geniet jou naweek” antwoord sy bondig en voel verlig dat sy nie tien jaar in die toekoms die visioen sal leef wat voor haar afgespeel het die oomblik toe sy die foto gesien het nie.

Carmen se lied vul die vertrek:


L’oiseau que tu croyais surprendre

battit de l’aile et s’envola … 

Sy lig haar glas robynrooi wyn in saluut en slaak verlig dat hierdié voëltjie weggevlieg het voor die deur van die goue kou om haar kon sluit.


Die Wet van Jante

November 21, 2009 in Sonder kategorie

‘Why do you think the critics are so hard on your work?’
….
I had abandoned my automatic pilot again, knowing full well that the journalist was unlikely to publish my response.
  ‘Have you ever heard of the Law of Jante?’
‘No, I haven’t,’ he said.
  ‘Well, it’s been in existence since the beginning of civilisation, but it was only officially set down in 1933 by a Danish writer. In the small town of Jante, the powers-that-be came up with ten commandments telling people how they should behave, and it seems to exist not only in Jante, but everywhere else too. If I had to sum it up in one sentence, I’d say: “Mediocrity and anonymity are the safest choice. If you opt for them, you’ll never face any major problems in life. But if you try to be different…”’
  ‘I’d like to know what these Jante commandments are,’ said the journalist, who seemed genuinely interested.
  ‘I don’t have them here, but I can summarise if you like.’
I went over to my computer and printed out a condensed and edited version.
  ‘You are nobody, never even dare to think that you know more than we do. You are of no importance, you can do nothing right, your work is of no significance, but as long as you never challenge us, you will live a happy life. Always take what we say seriously and never laugh at our opinions.’
  The journalist folded up the piece of paper and put it in his pocket.
‘You’re right. If you’re a nobody, if your work has no impact, then it deserves to be praised. If, however, you climb out of that state of mediocrity and are a success, then you’re defying the law and deserve to be punished.’
  I was so pleased that he had reached this conclusion on his own.
‘And it isn’t only the critics who say that,’ I added. ‘More people, far more people than you might think, say exactly the same thing.’

Paulo Coelho – The Zahir (A Novel of Obsession)
HarperCollins
Publishers 2005

Hierdie gedeelte van Paulo Coelho se boek, The Zahir, verskyn feitlik aan die einde van die boek. En tog, ten spyte van al die dele wat ek in die boek onderstreep of ge-highlight het of notas by gemaak het, bly hierdie spesifieke konsep steeds by my spook.

Soos hy, feitlik korrek noem in die aanhaling, is hierdie konsep van The Law of Jante die eerste keer omskryf in Aksel Sandemose se roman A fugitive crosses his tracks (En flyktning krysser sitt spor, 1933). En omdat die konsep my onmiddellik gefassineer het, het ek dit gaan google.

In Sandemose se boek word die tien gebooie van Jante as volg uiteengesit:

  1. Don’t think that you are special.
  2. Don’t think that you are of the same standing as us.
  3. Don’t think that you are smarter than us.
  4. Don’t fancy yourself as being better than us.
  5. Don’t think that you know more than us.
  6. Don’t think that you are more important than us.
  7. Don’t think that you are good at anything.
  8. Don’t laugh at us.
  9. Don’t think that anyone of us cares about you.
  10. Don’t think that you can teach us anything.

Daar is, verder in die boek, ook ‘n elfde reël: Don’t think that there is something we don’t know about you.

In Afrikaans het ons ‘n gesegde wat al hierdie gebooie nogal goed saamvat: Die hoogste bome vang (kry?) die meeste wind (of so iets).

Dink so bietjie daaroor… Sodra iemand net ‘n bietjie roem verwerf – hetsy dit ‘n famous persoon is, die suksesvolle sakeman, of die kaptein van die eerste rugbyspan, word die persoon skielik onder die vergrootglas geplaas. Elke beweging, elke besluit, elke oomblik word dopgehou en geweeg. En indien dit nie aan die status quo voldoen of aan die verwagtinge van die massas voldoen nie, word dit gekritiseer, gepubliseer en blootgestel aan die oordeel van diegene wat self nie in staat is om hierdie hoogtes te bereik nie.

Soms skryf ons dit af as occupational jealousy, maar in die meeste gevalle is dit blote afguns wat ons aanhits om hiper-krities te wees oor ander se prestasies. Die feit dat die persoon of persone die meeste van die tyd geweldig hard gewerk het en ysere dissipline aan die dag gelê het om die hoogste sport te bereik word nie eens in ag geneem nie.

Ek weet, want ek is ook self skuldig. Dit grief my wanneer jonger kollegas my korrigeer – en boonop reg is – of skrywers opgang maak wat saam met my in die klas gesit het of saam met my ‘n skryfskool bygewoon het. Want ek werk mos ook hard. Ek beoefen my passie getrou; ek sit nie net en wag vir die een of ander goeie feë, jinni of lotto uitbetaling om my drome te verwesenlik nie.

Hoekom dan bereik ander mense sukses terwyl ek steeds voortploeter en toekyk hoe my drome verpoeier tot stof en as?

Die heel ergste is daardie jong atlete – mense soos Maria Sharapova en Michelle Wie – wat miljoene in die bank het en meer geld verdien het voor hulle mondig is as wat ek in ‘n leeftyd sal verdien (en boonop DDG – drop dead gorgeous – ook is!). En dan raak ek sommer van voor af suur as ek besef dat geen skrywer of aspirerende skrywer ooit dieselfde inkomste sal verdien as sport- of popsterre nie.

It’s unfair, but such is life.

En daardie groen monster wat neig om dan kop uit te steek is een van die grootste aanhitsers van die kritiek wat ons die Jante gebooie laat toepas. Want dit is mos soveel makliker om almal tot ons eie vlak te reduseer as wat dit is om na ‘n hoër vlak van self-verwesenliking te streef.

Ten minste weet ons wat om te verwag op hierdie vlak van – as ons dit dan sou waag om dit so te label – gemiddeldes. ‘n Homogene samelewing waar almal dieselfde is, waar niemand uitstyg of presteer nie. Want dan kan ons mos almal veilig voel. Ongeag die feit dat daar iewers in ons ‘n stemmetjie is wat aanhou nag dat ons tot soveel meer instaat is as bloot wees…

In ‘n blog inskrywing oor sy eerste kennismaking met die Wet van Jantes, beskryf Coelho hoe hierdie beginsel ‘n invloed gehad het op die vergrype van Hitler voor die Tweede Wêreld Oorlog. Wanneer ons kyk na die geskiedenis, sê hy, is dit duidelik dat Hitler se voornemens reeds vroeg manifesteer het. Hoekom het niemand dan ingegryp en iets daaromtrent gedoen nie? Coelho se antwoord is eenvoudig:

Mediocrity may be comfortable, up to the day that tragedy knocks at the door and people start to wonder: “but why did nobody say anything, if everybody could see that this was going to happen?”

Simple: nobody said anything because the others did not say anything either.

Maar dan, aan die einde van sy blog inskrywing maak Coelho ‘n voorstel wat so radikaal is, so eenvoudig in beginsel is dat dit moontlik die antwoord kan wees tot hierdie dilemma waarin ons onself so dikwels bevind:

maybe this is the right moment to write the anti-Law of Jante:

“You are worth far more than you think. Your work and presence on this Earth are important, even though you may not think so. Of course, thinking in this way, you might have many problems because you are breaking the Law of Jante – but don’t feel intimidated by them, go on living without fear and in the end you will win.”

Go on living without fear and in the end you will win. 

Dalk is dit hoog tyd dat ons almal ophou om ons self gering te ag. Dat ons vir ‘n slag die erkenning toe-eïen waarop ons geregtig is en trots sal wees op ons prestasies – ongeag hoe netelig sommige groepe/ elemente/ persone in die samelewing ons bydraes mag skat. Sodat ons almal in staat sal wees om ons prestasie te vier in plaas daarvan om dit as onbenullig af te maak, net ter wille van die feit dat ons moet conform aan die verwagtinge van ‘n samelewing wat, ten spyte van die feit dat dit ons aanmoedig om te presteer, steeds onvergenoegd voel wanneer ons bo verwagting uitstyg.

 

die vrou in die spieël

November 20, 2009 in Sonder kategorie


Daar bly vanaand ‘n vreemdeling in my huis

Ék bly vanaand in ‘n vreemdeling se lyf
en dwaal deur ‘n vreemdeling se kop

Ek sukkel om in ‘n spieël te kyk
daardie gesig kan mos nie myne wees nie…

Iets is missing.

Meer as die helfte van my hare, om presies te wees.

Die rooibruin vag wat twee uur nog
tussen my blaaie gehang het
het binne drie ure gekrimp

tot lagies wat net-net
bo my skouers hang
in skakerings van koper,
roesbruin en rooi.

Vroeër die week
het ek met ‘n vriendin gesels
oor impuls beheer…

Net om vandag
totaal en al beheer te verloor
oor daardie selfde impulsiewe streep

Wat my laat oë toeknyp het
en vir ‘n vrou met ‘n skêr in haar hand
– altyd ‘n gevaarlike ding –
vertel het om te knip.

Ek voel ligter…bevry…bang…

Dis die eerste keer in vyf jaar
wat my hare só kort is
Sê nou net ek kry dit
nooit weer lank nie?
Dis nou as ek sou wou…

Want eintlik is die nuwe styl nogal sassy
Beweeglik en vol volume
Maar ek kan dit nie meer vas maak nie
Nie eens ‘n bokstert nie

My vingers bly hark deur die nuwe dos
soek outomaties na die
phantom lengte
en gly deur wind

Wat het my besiel?

Ek het nie eens so getwyfel
na ek my tatoo gekry het nie.
En dit was
‘n veel meer permanente besluit

Die een of ander tyd
sal ek seker gewoond raak
aan die vrou in die spieël


Uitgewers, skrywers en lesers word bevoordeel deur die nuwe onderwys planne

November 19, 2009 in Sonder kategorie

Izak se blog van vanoggend, wat ek vroeg reeds gelees het, het gelei tot my dag lange musing oor boeke en my latere kommentaar daar by hom. (Ure se op en af stap tussen eksamen skrywende kinders is geneig om mens se gedagtes te laat dwaal.)

Vandag het ek spesifiek geloop en dink aan die nuwe tendense in opvoedkunde en die moontlike implikasies wat dit inhou, nie net vir die opvoedkunde insigself nie, maar ook vir die wyer boekpubliek.

Ek, en ek is seker ook die meeste ander onderwysers, is baie opgewonde oor die Minister vir Basiese Opvoedkunde, Angie Motshekga se visie vir die toekoms van skole. Na haar aanstelling het die Minister ‘n taakspan saamgestel wat die huidige onderwys praktyke ondersoek het en voorstelle gemaak het om die Nasionale Kurrikulum te streamline.

Die span het die volgende veranderinge aanbeveel (ek haal direk aan van die regering se inligtingswerf):

  • Develop syllabi for implementation in 2011 
  • Discontinue the use of portfolios from 2010 
  • Reduce the number of learning areas in Intermediate Phase 
  • Emphasise the use of English from as early as possible for the majority of our learners that use English as language of learning 
  • Require only one file for administrative purposes from teachers 
  • Clarify the role of subject advisers 
  • Reduce the number of projects required by learners

Een van die grootste veranderinge wat deur haar en die taakspan voorgestel is, is die terugkeer na die gebruik van handboeke in die klaskamer. To support the above, the Department of Basic Education will: Plan for all learners from grade 4-12 to receive their own textbooks for every learning area/subject. The Department will issue guidelines for textbook acquisition and distribution and retrieval to all schools. 

Hier in die Wes Kaap is ons gelukkig dat Penny Vinjevold, die nuwe hoof van die Wes Kaap se Onderwys Departement, hierdie besluit heelhartig ondersteun. “What we now need to do is provide clear and simple documentation for teachers, ensure there are textbooks for each child for each subject and begin targeted teacher training.” sê sy in ‘n onderhoud in die Financial Mail van 23 Oktober.

Glo my, die meeste onderwysers slaak ‘n sug van verligting as hulle so iets hoor. (Veral noudat dit blyk dat al die voorstelle onvoorwaardelik aanvaar is!) Net die idee dat ons nie meer werk van iewers af sal hoef op te tower nie is genoeg rede om ‘n mens aan die einde van ‘n jaar te laat riel. Veral aangesien dit wil-wil lyk asof hierdie en vele ander veranderinge wat die administratiewe las ligter gaan maak reeds van volgende jaar af implementeer sal word.

Maar, ons is nie die enigstes wat juig nie. En, om eerlik te wees, dink ek ons moet eintlik almal juig. En nie net omdat dit lyk asof kinders van nou af weer ordentlike opvoeding in hierdie land gaan ontvang nie!


Hierdie ommekeer in die onderwys impliseer ‘n geweldige rippel-effek wat vir uitgewers, skrywers en lesers positiewe gevolge inhou.

Enige persoon wat nou betrokke was/is by dié land se uitgewersbedryf in die afgelope tien plus jaar sal vir jou kan vertel van die chaos wat veroorsaak is deur die implementering van OBE (Outcomes Based Education) in die boekebedryf.

Alhoewel veroudered, bly die DACS verslag van 1998 steeds een van die mees gesaghebbende bronne waarin die krises in die boekebedryf van die laat Negentigs uitgespel word.

Ek gaan nou nie al die ou koeie gaan uitgrawe nie, maar die kort weergawe van die slegte nuus is (was) die volgende:

  • 58% van die boeke-industrie het bestaan uit opvoedkundige boeke.
  • Alle uitgewers in die land was tot ‘n mindere of meerdere mate hierby betrokke.
  • Opvoedkundige boeke was die ruggraat van die Suid-Afrikaanse boekeberyf.
  • 80% van uitgewers met ‘n jaarlikse inkomste hoër as R20 miljoen het uitsluitlik handboeke vervaardig.
  • Tussen 1995 en 1997, met die implementering van OBE word die Onderwys Departement se spending op handboeke met 49% gesny, want [t]he Department of Education has embarked on a shift towards Outcomes Based Education in the form of Curriculum 2005 which among other ideas “envisages a gradual shift from the use of textbooks in classrooms to modern high-tech systems such as the Internet, compact diskettes and computers.

Die gevolg? Die langtermyn lewensvatbaarheid van uitgewers in Suid-Afrika word bedreig. Waarom dan? het baie mense gevra. Die antwoord was eenvoudig: Most educational publishers cross-subsidise marginal projects with profits generated by large print runs associated with textbooks. The fall-out from the textbook crisis will therefore impact on the viability of producing South African literature, which is often characterised by low margins.”

Die rippel-effek van die handboek krises het ons almal negatief beïnvloed, of ons dit nou besef het of nie.

En nou?

Wat kan ons verwag nou dat die Onderwys Departement besluit het om handboeke terug te bring na die klaskamer?

Bo en behalwe die feit dat ek hoop dat ons weer werklike kwaliteit opvoeding in die klaskamer sal kan bied, voorsien ek dat die volgende op die langeduur sal plaasvind…

*touch wood*

*hou duime vas*

*stuur ‘n skietgebed na bo*


  1. Die verbetering in kinders se lees en skryf vaardighede sal lei tot die ontstaan van ‘n nuwe leesmark en groter aanvraag na leesmateriaal.
  2. Die inkomste wat genereer word uit handboeke sal uitgewers toelaat om minder ‘ekonomies verweerbare’ boeke te subsidieer.
  3. Nismark boeke – in alle landstale – sal meer geredelik beskikbaar raak.
  4. Die prys van hierdie nismark boeke (insluitend letterkunde, storie boeke en poësie) sal daal aangesien uitgewers meer geld tot hul beskikking sal hê om in dié boeke te belê.
  5. Meer skrywers sal die geleentheid kry om hulle boeke te publiseer aangesien daar nie net die finansiële ondersteuning beskikbaar is nie, maar ook ‘n mark geskep word waar daar ‘n vraag is na goeie boeke in alle tale wat in ons land gepraat en gelees word.

Ja, ek weet dit lees soos ‘n feëverhaal. ‘n Utopiese ideaal.

Maar ek glo dat dit moontlik is. Ek hoop van harte dat dit wel sal realiseer. Selfs al weet ek dat dit nie binne ‘n kwessie van vyf, tien of selfs twintig jaar sal wees nie.

Ek dink egter dat ons nou aan die begin staan van die pad wat wel tot die verwesenliking van hierdie visie kan lei.

Selfs al was dit nie deel van die oorspronklike visie van die taakspan wat, onwetend, die klippie in die poel gegooi het wat sal lei tot die rippel-effek wat dit moontlik sal maak nie.

Maar hierdie veranderinge gee my hoop…hoop dat ons land ook uiteindelik ‘n positiewe, finansiëel onderhoubare leeskultuur sal kan vestig wat nuwe geleenthede vir uitgewers en skrywers sal bied.


En dít maak my geweldig opgewonde oor die toekoms van boeke, lees en skryf in hierdie mooi land waarin ons woon…