Jy blaai in die argief vir 2009 Junie.

My dear Lady Disdain

Junie 30, 2009 in Sonder kategorie

 

§  Beatrice. I wonder that you will still be talking, Signior
Benedick: nobody marks you.
105

§  Benedick. What, my dear Lady Disdain! are you yet living?

§  Beatrice. Is it possible disdain should die while she hath
such meet food to feed it as Signior Benedick?
Courtesy itself must convert to disdain, if you come
in her presence.
110

§  Benedick. Then is courtesy a turncoat. But it is certain I
am loved of all ladies, only you excepted: and I
would I could find in my heart that I had not a hard
heart; for, truly, I love none.

§  Beatrice. A dear happiness to women: they would else have 115
been troubled with a pernicious suitor. I thank God
and my cold blood, I am of your humour for that: I
had rather hear my dog bark at a crow than a man
swear he loves me.

§  Benedick. God keep your ladyship still in that mind! so some 120
gentleman or other shall ‘scape a predestinate
scratched face.

§  Beatrice. Scratching could not make it worse, an ’twere such
a face as yours were.

§  Benedick. Well, you are a rare parrot-teacher. 125

§  Beatrice. A bird of my tongue is better than a beast of yours.

§  Benedick. I would my horse had the speed of your tongue, and
so good a continuer. But keep your way, i’ God’s
name; I have done.

§  Beatrice. You always end with a jade’s trick: I know you of old. 130

William Shakespeare Much Ado About Nothing Act I Scene 1

Ek het pas weer die wonderlike film weergawe van my gunsteling Shakespeare werk gekyk. Ek twyfel of daar sedert Sir Lawrence Olivier iemand was wat die gees van The Bard’s werk met soveel flair kon vasvang as hierdie film-weergawe van Kenneth Branagh.

En die spanning wat hy en Emma Thompson geskep het tussen die karakters van Beatrice en Benedick was voorwaar onverbeterlik. Beide so koel en afsydig… die Italiaanse somer het waarskynlik tydens hierdie gesprek ‘n hele paar grade koeler geraak J

Die Boerpot vraag

Junie 30, 2009 in Sonder kategorie

Toe ek hierdié vraag op die vraestel gesien het, het ek gewág vir dié antwoord!
(En was heimlik verlig dat ék nie die vraestel opgestel het nie.)

Q: Say in your own words what a ‘honeymoon’ is.

A ticking time bomb is ever there was one…

Die meeste van die goetertjies kon wel sê: It is a holiday  which a couple take after they got married.
(Of iets soortgelyks.)

Maar dié jong man weet duidelik van beter…

A: When you go away after your wedding and sleep together for the first time, but they are not really sleeping, if you know what I mean.

Ja, boet, ek weet presies wat jy bedoel. Ek kan net nie glo dat jý, van alle mense, dit so delikaat kon verwoord nie!

Vakansie sport(s)

Junie 30, 2009 in Sonder kategorie

Ek het net begin dink dat ek hierdie vakansie géén oefening sou kry nie.

But the boys are back in town! YAY!


Nou kan ek weer op die balkon gaan sit
(en dit is juis so ‘n heerlike Indian Summer’s day hier aan die Weskus)
en my gunsteling vakansie sport(s) beoefen
deur die surfer-striptease hier voor die huis te beloer…

Ter inligting van die twyfelaars:
My GP sê enigiets wat jou hart vinniger laat klop
en jou kort-asem laat voel is oefening!

En net om dóód seker te maak dat ek
alle moontlike voordeel
uit hierdie oefening put

Hou ek ‘n lieflike glas rooiwyn in my hand
(bloot medisinaal natuurlik 😉

Wimbledon under cover…

Junie 29, 2009 in Sonder kategorie

Ek is eintlik te moeg om hierdie blog te skryf. As dit dus met tye totaal en al onsamehangend is – vergewe my asseblief. 

Maar vanaand het ek die voorreg gehad om te sien hoe tennis geskiedenis voor my oë op die groen gras van SW19 gespeel word.

Nie net is die dak vir die eerste keer, sedert dit voltooi is, oor Centre Court getrek nie, maar die rekord vir die laatste tyd wat daar wedstryde tydens die Britse Ope gespeel is het ook in die stof gebyt. (Ja ouboet, ek weet ek het al ten minste drie ure gelede vir jou gesê dat ek vroeg sou gaan slaap, maar hierdie was die once in a life-time event wat géén tennis fan sou wou mis nie.)

Kyk, dit maak nie saak wie wat gesê het oor die veranderinge wat by die All England Lawn Tennis Club aangebring is nie – durf ek die naam van ‘n ene meneer John ‘You can not be serious’ McEnroe noem? (Wat, terloops, vanaand een van die kommentators was tydens hierdie epiese, historiese tennis wedstryd.) Daar is verseker na vanaand geen twyfel dat die dak en spreiligte wat nou deel geword het van die hoofbaan van Wimbledon ‘n uitsonderlike nuwe dimensie tot hierdie uiters spesiale toernooi toegevoeg het nie.

En, sentimentalis wat ek soms kan wees – veral so laat in die aand – hoe gepas is dit nie dat hierdie epiese wedstryd die groot Britse Hoop, Andy Murray, involve het nie… Dit voel eintlik reg dat die grootste verandering in die Britse grasbaan spel verpersonifiseer word deur Brittanje se enigste oorblewende hoop in die mansenkelspel.

By gesê ek vermoed die Koningin se belofte dat sy, vir die eerste keer in 38 jaar, die Wimbledon mans finaal sal bywoon indien Andy speel, die vrees van chop off his head in Stanislav laat eggo het en Murray – alhoewel hy ‘n uitgesproke Skot eerder as ‘n Brit is – aangepor het om, ter wille van volk en vaderland, sy heel héél beste tennis na vore te bring. Wie wil dan nou die Queen offend?

Hoe dit ookal sy… Wimbledon under cover het vanaand die wildste van alle wilde drome oortref!

Klere kaskanades

Junie 29, 2009 in Sonder kategorie

So word die merkery vandag onderbreek deur ‘n oproep van ‘n hoogs ontstelde kollega/vriendin. Nes ek is sy steeds heel hard aan die merk en kom maar laterig in die bed.

Vertel sy my vandag dat haar man gisteraand hier teen tien-uur se kant van die hospitaal af kom. En sy herken dadelik daardie gejaagde kyk in sy oë – dinge het al weer nie na wense gegaan by die hospitaal nie en manlief het dringend ‘n behoefte om ten minste iewers in sy lewe weer orde uit chaos te skep. So sien sy in die verbygaan na die eetkamer tafel waar sy sit en merk dat manlief besig is om sy kaste uit en oor te pak.  En sy sê vir hom, nee dis reg, hy kan sommer die kinders se kaste ook regpak, maar haar kaste los hy asseblief net so.

So gaan sy in die vroeë ure van die nag uiteindelik kamer toe en voel-voel maar so in die donker rond sodat sy nou nie vir manlief wakker maak wat weer vanoggend moet werk nie.  Maar, toe sy vanoggend wakker word sien sy dat die helfte van haar kas se inhoud in sulke netjiese stapeltjies op die vloer rondstaan.  Manlief stap uit die badkamer en noem net so terloops dat sy maar deur die hopies moet kyk, maar hy dink dis die goed waarvan sy nou maar ontslae kan raak…

Kyk, vir vriendin het ek nog nooit só woedend gehoor nie… haar stem bewe skoon en ek wéét dat sy op die grens is van ontplof as gevolg van die ingehoue woede – het glo die heel oggend  vir manlief ignoreer totdat hy uiteindelik werk toe is.

Nou, vra sy my, wat kan sy doen om van hierdie opgekropte woede ontslae te raak en vir manlief die boodskap oor te dra dat hy nie in die vervolg sommer net haar wense moet ignoreer nie.

Wat ‘n vraag….

En dit vir iemand soos ek wat juis op die oomblik ‘n oormaat van kreatiewe idees het waarvan ek nie ontslae kan raak nie!

Die volgende moontlikhede het ek so rukkie terug aan haar deur ge-epos:

1.       Gooi die helfte van sy kas se inhoud in die tuin en, as dit nie reën nie, sit die spreiers aan.

2.       Alternatiewelik… maak sy kas heel leeg – los dalk één sokkie in die middelste rak – en gaan gee die res vir die Salvation Army.

3.       Maak vanaand sy dokterstas of aktetas leeg en maak dit tjok en blok vol met fyn vroulike ondergoedjies.

4.       Die leë tas kan ook met tampons en sanitêre doekkies gevul word.
(Daardie een danksy Lettie se blog van vroeër vandag.)

5.       As die man nou daarop aandring dat die helfte van jou klere weggegee moet word beteken dit, by default, dat dit vervang moet word… gebruik môre sommer sy kredietkaart daarvoor.

Kyk, ek weet nie of ek braaf genoeg sou wees om self hierdie voorstelle uit te voer nie, maar daar is ‘n sekere satisfaksie net aan die gedagte daaraan.  Wat klaarblyklik dieselfde effek by vriendin se huis gehad het.

Het vyf minute terug ‘n SMS van daar af gekry… My man sê hy’s baie bly hy’s nie met jou getroud nie!

Hehehe…

If

Junie 29, 2009 in Sonder kategorie

So sit ek en merk, gesus deur die klanke van die branders wat deur die oop skuifdeur breek en die sagte musiek van die tv se musiek kanaal… Ek probeer my bes om net te fokus op die opgelegde taak en die gewone wonder en wroeg wat daar gewoonlik deur my kop maal – par for the course – te ignoreer.

In een van daardie kortstondige oomblikke van afgeleide aandag, skakel die tv outomaties oor na die tennis en daardie wonderlike uittreksel van verlede jaar se mans finaal word weer vertoon. En ek luister aandagtig na die wonderlike wysheid van Rudyard Kipling…

IF you can keep your head when all about you
Are losing theirs and blaming it on you,
If you can trust yourself when all men doubt you,
But make allowance for their doubting too;
If you can wait and not be tired by waiting,
Or being lied about, don’t deal in lies,
Or being hated, don’t give way to hating,
And yet don’t look too good, nor talk too wise:

If you can dream – and not make dreams your master;
If you can think – and not make thoughts your aim;
If you can meet with Triumph and Disaster
And treat those two impostors just the same;
If you can bear to hear the truth you’ve spoken
Twisted by knaves to make a trap for fools,
Or watch the things you gave your life to, broken,
And stoop and build ’em up with worn-out tools:

If you can make one heap of all your winnings
And risk it on one turn of pitch-and-toss,
And lose, and start again at your beginnings
And never breathe a word about your loss;
If you can force your heart and nerve and sinew
To serve your turn long after they are gone,
And so hold on when there is nothing in you
Except the Will which says to them: ‘Hold on!’

If you can talk with crowds and keep your virtue,
‘ Or walk with Kings – nor lose the common touch,
if neither foes nor loving friends can hurt you,
If all men count with you, but none too much;
If you can fill the unforgiving minute
With sixty seconds’ worth of distance run,
Yours is the Earth and everything that’s in it,
And – which is more – you’ll be a Man, my son! 

Man of vrou, Kipling se waarheid bly ‘n konstante inspirasie… ek moet dit net meer gereeld onthou! 

Baby makes her blue jeans talk

Junie 28, 2009 in Sonder kategorie

Die feit dat ek ‘n probleem met jeans het, het ek nou al ‘n wyle gelede openlik erken. So asof die ses pare jeans in my kas nie belydenis genoeg is nie!

Die naweek het ek weereens onthou waar hierdie passie/probleem sy oorsprong gehad het… in my oudste neef se klerekas….

Ja, ek weet, dis waarskynlik nie die aangewese plek vir ‘n girl se obsessie om te begin nie, maar daar is natuurlik ‘n storie agter die storie.

My oudste neef is ‘n hele paar jaar ouer as ek. En was ‘n tiener in die tagtigs toe Tom Cruise se patched bomber jackets en geskeurde jeans hoogty gevier het.  In sy kas was daar ‘n paar custom made jeans wat my laatlam tannie (nie sy eie ma nie! Haar jongste sus.) vir hom gemaak het. Sommige plekke is daar stukkies kleurvolle lap van binne vasgewerk; op ander plekke was die skeurplekke net só gestik sodat die fraiings nie verder sou los torring nie.

Daardié paar jeans was my ultimate droom. Ek wou met alle mag so ‘n identisie paar besit. Want daar was absoluut niks wat meer cool was as my oudste neef – wat ek terloops verafgod het as ‘n kind – wat met daardie paar jeans in die dorp rondloop nie.

Vir maande en maande het ek knaend by die hele familie daarop aangedring dat ek ook so ‘n paar jeans wou hê. Maar natuurlik wou niemand na my luister nie.  Daar is voet by stuk gehou dat ek eenvoudig nie oud genoeg was om met so ‘n skandalige paar jeans in die openbaar rond te mag loop nie.  En selfs my laatlam tannie is die dood voor die oë gesweer indien sy dit sou waag om haar eie initiatief te neem en vir my selfs ‘n afgewaterde weergawe van hierdie jeans sou maak.

Gelukkig het my liefste neef – ek is nie seker of dit was as gevolg van my alewige klaery of bloot sy eie rebelse streep was wat tot uiting gekom het nie – uiteindelik vir my my sin gegee… Onder die voorwendsel dat hy ‘n skielike growth-spurt ervaar het en nie meer in sy jeans pas nie, het ek die trotse eienaar van my droom jeans geword. 

Nie dat my meisiekind lyf ooit ordentlik in daardie paar jeans gepas het nie… Maar dit was nie die punt nie.  Ek het hulle máák pas… selfs al was dit net in die stilligheid van my eie slaapkamer waar ma en die res van die familie my nooit sou kon sien nie… maar in daardie jeans het ek jonk-jonk al my lyf rock-chick gehou en in the back of my mind gesing….

You know I’m bad, I’m bad-you know it!

It’s MY party… deel II

Junie 28, 2009 in Sonder kategorie

Vanoggend besef ek dat gisteraand se partytjie reëls ook my redding was in vele ander situasies…
Die eerste maande by ‘n nuwe werksplek
By die dansstudio waarvan ek lid was
En ook hier op die blogs…. 

It’s MY party… behave yourself accordingly!

Junie 27, 2009 in Sonder kategorie

 

Na vandag se troue dink ek weer oor partytjies en die sulks…

As ‘n single girl gebeur dit heel dikwels dat ek op my eie genooi word na sosiale funksies. En, aangesien ek op die oomblik nog relatief nuut in die Kaap is, is ek gewoonlik ook nie goed bekend met al die mense wat ek by sulke funksies ontmoet nie. Gelukkig leer ‘n mens mettertyd hoe om sulke situasies te hanteer.

Wanneer ek myself tussen ‘n klomp vreemdelinge bevind, voel ek altyd dat dit wys is om aanvanklik my oë en ore oop te hou en hoofsaaklik te luister na dit wat rondom my aangaan sodat ek agter die kap van die byl kan kom. Sodoende kan jy agterkom wat die gewilde onderwerpe onder bespreking is, wat die algemene gevoel rondom die stand van sake is en indien ek dan ‘n bydrae kan maak wat binne die konteks van die gesprek sinvol is, sal ek dit met graagte maak.

Daar is, na my mening, geen groter sosiale faux pas wat ‘n mens kan begaan as om jouself, binne oomblikke nadat jy by ‘n gesprek betrokke geraak het, jouself van die gesprek te vervreem deur ‘n ondeurdenkde foot-in-mouth kommentaar wat duidelik irrelevant of teenstrydig is met die zeitgeist van die gesprek nie.  Selfs wanneer die onderwerp of die algemene siening van die meerderheid nie stryk met jou eie siening nie word dit soms van jou verwag om sosiaal aanvaarbaar binne die spesifieke omstandighede op te tree.

Don’t get me wrong… ek kan, in beginsel, ‘n hewige debat van enige aard  voer en my vrou staan as dit iets is waarin ek onwrikbaar glo, maar soms, hetsy dit ter wille van jou gasheer/vrou, die ander gaste of jou eie peace of mind is, raak jy nie onmiddellik en sonder enige agtergrondkennis betrokke in so ‘n gesprek as jy die res van die aand deel van die geselskap wil wees nie.  Jy het immers die uitnodiging aanvaar om gemaklik sosiaal te verkeer – nie om Pinky and the Brain te speel nie.

Dis gelykstaande daaraan om met die mees aantreklike man by die partytjie in ‘n kas gevind te word met net jou onderklere aan… en dan uit te vind sy meisie is die land se diskus kampioen…

Hierdie basiese gesonde verstand is blykbaar nie vir almal beskore nie. Sommige mense tree mos soos die spreekwoordelike bull in a chinashop op en breek links en regs waardevolle glasware sonder dat hulle ‘n benul het van wat hulle aanvang.  En alhoewel die omstaanders cringe as hulle die skade aanskou wat so ‘n persoon berokken is daar absoluut niks wat hulle daaraan kan doen nie en moet jy, net soms, eenvoudig die water oor die akker laat loop…

Troue blapse

Junie 27, 2009 in Sonder kategorie

Was vanoggend by ‘n kollega se troue gewees… en dit was regtig pragtig.

Die venue was ongelooflik mooi, die bruid het gestraal, die onthaallokaal was stylvol en keurig versier en die sax-speler was nie net uitsonderlik talentvol nie – hy’t my gunsteling tango so gespeel dat my hart amper gaan staan het – maar hy was iets vir die oog ook!

As gevolg van hierdie troue – nes alle ander troues wat ek bywoon – het die lysie no-no’s vir troues egter ‘n paar ekstra kantaantekeninge gekry…

·         Wie ookal die serimonie behartig word beperk tot twintig minute. Max. Vyftien as ek my sin kan kry en dit sluit die vows in.

·         Tydens die serimonie mag daar onder geen omstandighede na egskeidings van ‘n aard verwys word nie – not even in jest. En ook nie na ‘n slaapkamer deur nie. (Terloops Dooms… jy’t daai couple voor die deur verloor… in their mind’s eye is hulle by daai deur in en het hom in jou gesig toegeslaan sonder dat jy dit eens besef het en die res van jou preek gemis!)

·         Serimoniemeesters.  Need I say more? Tensy hulle wéét wat hulle doen moet dit eerder nie gedoen word nie. Die staaltjies en grappies laat mens net in jou stoel sak en as dit nog ‘n oggendtroue sonder alkohol is, is daar niks wat die leiding kan verlig nie.

·         Daardie Jack-in-a-box op en afspringery vir heildronke maak my ook sommer lam… dis so onnodig.

·         Maar my BIGGIE is dié een:
Jy MAG MAG MAG NIE jou gaste vir twee ure buite in die koue op ‘n patio laat staan en sjerrie drink terwyl jy gaan fotos neem nie.  Somer sou ons dit dalk nog kon vergewe, maar in die winter? EN as jy nou ‘n volledige fashion shoot op die troue wil doen, doen dit tog voor die tyd.

·         En my laaste totale no-no is dit: As jy jou gaste nooi vir ‘n oggendtroue en ontbyt bedien jy nie daardie ontbyt om 12:30 nie.  Dan is dit alreeds middagete!