Kombuis godinne
Mei 31, 2009 in Sonder kategorie
Ek het hierdie jaar besluit dat ek nie nog ‘n winter sou deur maak met afgewaterde verskoning om die koue weg te weer nie. Goed uit pakkies en vinnig in die mikrogolfoond se dae is finaal getel… Die jaar, so het ek myself belowe, gaan ek leer hoe om ordentlik te kook vir die winter. Warm, vullend, gesond (as dit dan nou moet/kan), maar party resepte kom eenvoudig nie tot hul reg sonder ‘n skeutjie room of ‘n bietjie wyn nie…
En, het ek ook besluit, dit beteken eenvoudig dat ek my kombuis repertoire sal moet uitbrei. Na die duiwel met die feit dat die eksamen om die draai is, dat daar eintlik nie genoeg tyd in ‘n dag is om al die werk gedoen te kry nie. Ek weier om myself af te skeep met sop uit pakkies en sulke derglike dinge. Die paar uur ‘n week in die kombuis is nie net goed vir my smaakkliere nie, maar ook vir my spannings vlakke.
Een probleem… my kookboeke lê nog in bokse op die plaas. (Ek kan nie wag om die vakansie huis toe te gaan en met ‘n paar bokse gevul met my goeie vriende terug te ry Kaap toe nie!) Maar die afwesigheid van kookboeke gaan my beslis nie onderkry nie. Daar is mos vele ander hulpbronne tot my beskikking…
Bon Gusto se argiewe, om een te noem (sy Godfather Meatballs is ‘n fees), die huishoudkunde juffrou by die skool wat nie net resepte voorsien nie, maar sommer ook raad oor simpel goedjies soos die beste keuse van aartappels vir herderspastei kors en die WWW.
Ek was absoluut gek oor die UKTV Food kanaal toe ek in Engeland gebly het. Dit was omtrent al waarna ek gekyk het… en die meeste van die tyd het ek net honger geraak. Ek het ‘n paar all time favourite celebrity chefs – Nigella Kitchen Goddess Lawson, wat kos sexy en sensueel kan práát, Ina Barefoot Contessa Garten wat elke resep begin met ‘n halwe pond botter, en my ultimate kombuis fantasie… James Martin. (Give a girl a break, okay… die man kan nie net ongelooflik kook nie, hy het ook geweldig goed gedoen in die Britse Strictly Come Dancing en hy’t ‘n ding vir vinnige en vintage motors… Voeg daarby die mooiste blou oë en cuteste glimlag… hy is eenvoudig net HOT binne EN buite die kombuis!)
Okay, DK, koel af, kalmeer, hou OP hiperventileer…. *phew*
Wat ek eintlik wou sê is dat ek wonderlike resepte raakgeloop het op hul webwerwe wat ek nog almal gaan beproef.
Moving along swiftly…
Die afgelope week het ek vir die eerste keer sop gekook en gisteraand daarin geslaag om te flambe sonder om die hele kombuis aan die brand te steek (as jy my ken sal jy weet dat dit ‘n baie realistiese vrees is)! Ek het gehoor gegee aan Vormpies se raad en vries nou al, heel ingenome met myself, porsies vir die toekomstige hectic dae.
Maar ek soek nog!
So, groot asseblief, stuur of blog julle gunsteling winter resepte vir my? Asseblief!!
Ek wil ook nog eendag ‘n kombuis godin wees J
Onlangse kommentare