‘n Dag om van te droom
Oktober 31, 2008 in Sonder kategorie
Al die chaos is (binnekort) vergete. Die ure van die dag snel eenvoudig verby en NIKS kan my vooruitsigte belemmer nie.
Daar gebeur heeltemal te veel lekker dinge vanaand…
Ek is mal oor fotos en is ‘n groot fan van Annie Leibovits.
Vanaand se skemerkelk uur gaan by haar uitstalling in die National Portrait Gallery deurgebring word.
Van daar af hoe ek net oor die pad te sweef na die Wyndham teater om na Kenneth Branagh in Ivanov te kyk. (En soos Lorinda se met ‘n glas wyn in ‘n foyer te staan en ernstig die program bekyk 🙂
So, terwyl ek ‘n kultuur oordosis kry wonder ‘n bietjie oor die volgende vraag:
Wat is die vermiste skakel tussen Equus, Oedipus en Ivanov?
(Die feit dat al drie die afgelope twee jaar in die West End opgevoer is en enkel woord titels het is nie die antwoord nie)
Leidraad: Die vraag is besonder gepas vandag….
Die antwoord sal ek blog sodra ek vanaand terug is by die huis 🙂
Onlangse kommentare