Ironie

November 4, 2010 in Sonder kategorie

Soms moet ‘n mens maar net jou kop skud,

kyk hoe die ou wêreld sy gang gaan

en saam met Alanis sing…

 

Ek gaan nie moan of te kere gaan nie, maar ek wil net sê…

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek is nou al net mooi gatvol vir die Kaap se weer!

Dis al amper November.

Word wakker & get on with it already!!! 

Weet iemand dalk wie ons somer verloor het?

As iemand hom iewers in die hande kry laat weet my asseblief.

Ek sal hom persoonlik kom haal.

Dankie

DK


 

Die perfekte paar

Oktober 25, 2010 in Sonder kategorie

As ‘n groot Gershwin aanhanger het ek heelwat van die man se musiek in my versameling. Maar daar was nog altyd één stuk musiek wat ek met moeite dwars deur kon luister: die vol lengte weergawe van An American in Paris. Noem my nou maar ‘n pleb, maar wees darem eerlik daaroor en erken dat hierdié spesifieke stuk musiek nie naastenby so sensueel op die oor is as Rhapsody in Blue, of so lekker sing-a-long is soos I’ve got rythm of They can’t take that away from me, nie. Dit begin heel opgewek, maar die kakofonie van klank raak nogal oordonderend en word dit uiteindelik vir my die langste agtien minute wat jy jouself kan voorstel.

Die probleem met daardie een het ek uiteindelik ontrafel die dag wat ek die eerste keer die film met dieselfde naam gekyk het. In daardie laaste tonele, met An American in Paris as klankbaan, wanneer Gene Kelly saam met Leslie Caron daardie sestien minute droom ballet dans, dan kom daardie stuk musiek ten volle tot sy reg. (*Sug* ek wens daar was nog mans soos Gene Kelly! En Fred Astaire. Dit sou nogal help as ek Cyd Charisse ook kon wees…)

En dis dan wanneer ek weer daaraan herinner word dat sekere dinge eenvoudig net beter werk as dit nie alleen staan nie – soos Gershwin en Kelly word die een geïnspireer en tot nuwe hoogtes gevoer deur die ander.


Iemand het besluit om die embedding kode van die video te de-aktiveer, maar gaan kyk gerus daarna:

http://www.youtube.com/watch?v=wlvzGT1Ta2w&feature=related


 

Onwaarskynlike literêre wenners

Oktober 16, 2010 in Sonder kategorie

It was a dark and stormy night…

Hierdie inleiding word oor die algemeen beskou as seker een van die grootste clichés in die geskiedenis van die Engelse letterkunde. Maar, glo dit of nie, daar was ‘n tyd toe hierdie frase ‘n leser dieper onder sy duvet kon laat inkruip het.

Die eerste skrywer wat hierdie frase gebruik het, was die Victoriaanse Gotiese skrywer Baron Edward Bulwer-Lytton in sy 1830 roman Paul Clifford. Maar, hierdie was slegs die begin van Bulwer-Lytton se misdryf met die geskrewe woord. Die res van die sin is net so erg:

It was a dark and stormy night; the rain fell in torrents — except at occasional intervals, when it was checked by a violent gust of wind which swept up the streets (for it is in London that our scene lies), rattling along the housetops, and fiercely agitating the scanty flame of the lamps that struggled against the darkness. 

En ek is nie die enigste een wat so dink nie!

Sedert 1982 bied die Universiteit van San Jose die jaarlikse Bulwer-Lytton Fiction Contest aan. Die tong-in-die-kies uitdaging? Om die eerste sin van die swakste roman denkbaar te skryf. Van die vorige wenners is nogal indrukwekkend swak:

The corpse exuded the irresistible aroma of a piquant, ancho chili glaze enticingly enhanced with a hint of fresh cilantro as it lay before him, coyly garnished by a garland of variegated radicchio and caramelized onions, and impishly drizzled with glistening rivulets of vintage balsamic vinegar and roasted garlic oil; yes, as he surveyed the body of the slain food critic slumped on the floor of the cozy, but nearly empty, bistro, a quick inventory of his senses told corpulent Inspector Moreau that this was, in all likelihood, an inside job. 

Bob Perry, Milton, Massachusetts (1998 Winner)

 

Through the gathering gloom of a late-October afternoon, along the greasy, cracked paving-stones slick from the sputum of the sky, Stanley Ruddlethorp wearily trudged up the hill from the cemetery where his wife, sister, brother, and three children were all buried, and forced open the door of his decaying house, blissfully unaware of the catastrophe that was soon to devastate his life. 

–Dr. David Chuter, Kingston, Surrey, England (1999 Winner)

They had but one last remaining night together, so they embraced each other as tightly as that two-flavor entwined string cheese that is orange and yellowish-white, the orange probably being a bland Cheddar and the white . . . Mozzarella, although it could possibly be Provolone or just plain American, as it really doesn’t taste distinctly dissimilar from the orange, yet they would have you believe it does by coloring it differently. 

–Mariann Simms, Wetumpka, Alabama (2003 Winner

Dis egter nie die enigste vreemde literêre toekenning wat ‘n skrywer op sy rak kan kry nie. Die Britse tydskrif Literary Review se jaarlikse toekenning van die Bad Sex in Fiction prys is self nogal indrukwekkend. Die meeste van die vorige wenners is so icky dat ek amper té skaam kry om selfs die makste een uit die stal op my blog te sit. Maar, ter wille van lesersvriendelikheid sal ek dié een vir julle gee:

Her hand is moving away from my knee and heading north. Heading unnervingly and with a steely will towards the pole. And, like Sir Ranulph Fiennes, Pamela will not easily be discouraged. I try twitching, and then shaking my leg, but to no avail. At last, disastrously, I try squeezing her hand painfully between my bony thighs, but this only serves to inflame her ardour the more. Ever northward moves her hand, while she smiles languorously at my right ear. And when she reaches the north pole, I think in wonder and terror…she will surely want to pitch her tent.

2000 Kissing England by Sean Thomas (Flamingo)

Anders as die BLFC, kom die Bad Sex in Fiction nominasies almal uit boeke wat op die boekrakke te vinde is!

Maar, ek wil ook ‘n lansie breek vir die uitgewers, redigeerders en die res van die produksiespan. Ek weet na dese ook dat dit soms nie saak maak hoeveel ‘n stelling, beskrywing of sogenaamde ‘feite’ jou dwars in die krop steek nie, soms het ‘n mens eenvoudig nie ‘n keuse nie en moet jy maar jou oë toeknyp en nog een laat verby gaan. Maar, Sean Thomas, ek wil tog asseblief nooit aan een van jou boeke wil werk nie!

 

Polysemy – my woord vir die dag.

Oktober 14, 2010 in Sonder kategorie

Polysemy (pronounced /p?’l?s?mi/ or /’p?l?si?mi/)[1][2] (from the Greekπολυ-poly-, “many” and σ?μαsêma, “sign”) is the capacity for a sign (e.g., a word, phrase, etc.) or signs to have multiple meanings (sememes), i.e., a large semantic field. This is a pivotal concept within social sciences, such as media studies and linguistics.

En ek het dit by dié girl geleer wat die verstommende vermoeë het om ‘n woordeboek hip, cool en sexy te praat!

Kyk gerus hierna:

Laat aand lysie

Oktober 9, 2010 in Sonder kategorie

Om op ‘n Vrydagaand aan slapeloosheid te lei is nie snaaks nie. Soos dit is het ek die hele week heeltemal te min geslaap. Ek het gebargain op ‘n soliede tien ure vanaand. Lyk nie of dit gaan gebeur nie. Gelukkig is daar ‘n Litnetlysie om in te vul!

 

What is your earliest memory?

Vader Jakob wat in drie verskillende tale in kanon voor in ‘n trektrok gesing word.

What did you enjoy most about school?
Die biblioteek, duh…

Name 1 thing you miss about being a kid.
Tjoklit draairoomys by die Pink Panther restaurant.

When you were a kid, what did you want to be when you grew up?

‘n Juffrou of ‘n skrywer

When was the first time that you had beer?

Ek het een of twee keer geproe aan ma se beershandy toe ek klein was. Die eerste een van my eie? Ek dink ek was in Matriek.

What is your worst dating experience?
Daar is ‘n hele paar wat aanspraak maak op die eerste plek!

What is the craziest thing you have ever done?

Dit moet die dag wees wat ek ‘n slang om my lyf laat draai het – ek was dertien en vreesloos…

Do you have any hidden talents?

As daar een is word is dit baie diep versteek.


Name one thing that not many people know about you.

Ek is ‘n hoarder

Tell me about a funny family story.

Met my familie? Dit sal verewig vat. Maar my pa se grappe is altyd baie snaaks.

You wouldn’t be caught dead, where?

Marquard 

Was there ever a time when you were frightened for your life?  
Nee, ek besef gewoonlik eers na die tyd hoe na aan die rand ek gespeel het.

What outdoor activities do you like to do?
Hallo! Dis die chick wat nie rough it nie. Of het julle vergeet? Wel, ek hou daarvan om langs die see te stap.

Where is your most favorite place on this earth?
My huis.


Why do you like living in this area?
Dis myne – net myne en dis rede genoeg. 

What do you consider the most important event of your life so far?
Die dag toe ek in die spieël gekyk het en vir myself kon sê: Hallo, ek hou van jou.


What is the one thing for which you would most like to be remembered after your death?
My lojaliteit teenoor die mense wat die naaste aan my is.

Do you have any phobias?  
Nee


Do you feel you have a purpose or calling in life?
Sodra ek weet sal ek laat weet.


Name three exotic countries you would like to visit.
Ek’s nie erg op eksoties nie – hang af wat jy dink eksoties is – maar ek wil nog Rusland toe gaan en die res van Italië en my hartstad Parys.

Do you believe in extraterrestrials or life on other planets?
They walk among us…

Do you believe in ghosts?  
Tel Caspar?

If you were one of two people left on this earth, and the other was the same sex as you; would you go gay?
Het ek nog my verbeelding? Dan kan ek seker straight bly…


What do you think the greatest invention is in your lifetime and why?  
Prozac is ontdek in die dekade van my geboorte. Die sukses daarvan spreek vanself.


What would be your dream job?
Ek dink ek het hom nou, dankie.
(Selfs al beweer party mense dat my droom job is om heeldag oor surfers te perv.)

If you HAD to change your name, what would you change it to?
Difficult. 

If you could go on a road trip with any person (dead or alive), who would you choose and where would you go?

Kan ek ‘n imaginary friend saam vat? Ek sou verskriklik graag saam met Cassanova wou road-trip deur Italië…

 

Kapenaars kom kyk!

Oktober 7, 2010 in Sonder kategorie

Ek het maar pas Izak se blog oor Mike van Graan se nuutste stuk gelees, toe gons my epos deur die lugruim – ek wou beslis hierdie stuk teater beleef en toe nooi ek myself saam. (Wie dus vir wie saam geneem het is dus debatteerbaar 😉

Is it because I’m Jack is ‘n absolute teaterfees en het vele van die elemente bevat wat ek noodsaaklik ag vir ‘n goeie teater ervaring: nie net het ons gekrul van die lag nie, maar sedertdien loop ek ook rond met ‘n paar interessante vra waarmee ek… wel, ek sal nou nie sê worstel nie… oordink en evalueer is dalk meer gepas.

Hoe dit ook al sy, Is it because I’m Jack is verseker ‘n stuk wat ek hoogs aanbeveel.

Die stuk begin om half-nege, so selfs ons ouens van agter die Boereworsgordyn kan betyds daar wees en aangesien jy om-en-by tien-uur weer daar uitstap kan jy lank voor pampoentyd in jou bedjie klim.

So, gaan kyk na wat Izak vanoggend te sê het oor dié stuk.

En dan gaan kyk jy na On Broadway se webtuiste en bespreek jou kaartjies – die speelvlak duur nog tot die 16de Oktober.

Ek voel so effens soos die Nataniël advertensie vir De Kat so ‘n dekade of wat gelede, maar wil koop met kyk omruil:

Gaan KYK net die blerrie ding!

NS: Ek het ook baie lekker na Clyde Berning gekyk. Sjoe, dit bly ‘n aantreklike man 🙂

Ironie

Oktober 3, 2010 in Sonder kategorie



I want love, but it’s impossible 
A man like me, so irresponsible 
A man like me is dead in places 
Other men feel liberated 

I can’t love, shot full of holes 
Don’t feel nothing, I just feel cold 
Don’t feel nothing, just old scars 
Toughening up around my heart 

But I want love, just a different kind 
I want love, won’t break me down 
Won’t brick me up, won’t fence me in 
I want a love, that don’t mean a thing 
That’s the love I want, I want love 

I want love on my own terms 
After everything I’ve ever learned 
Me, I carry too much baggage 
Oh man I’ve seen so much traffic 

So bring it on, I’ve been bruised 
Don’t give me love that’s clean and smooth 
I’m ready for the rougher stuff 
No sweet romance, I’ve had enough 

Downey was let out of rehab for one day specifically to shoot the video

(which was filmed in one long continuous take at Greystone Manor in Beverley Hills.) 

Swart nommertjie…I don’t think so!

September 27, 2010 in Sonder kategorie

Swart is immers nié my beste kleur nie…

As ek my beste voet(jie)
– die verkleinwoord is seker onvanpas as jy ‘n nr 8 vol staan –
moet voor sit is dit in technicolour Wink

 

 

Die Matriekafskeid was baie lekker – ek het nog steeds blase op my voete van die dansery!

Ballspende – ‘n Danskaart vir die Matriekafskeid 2010

September 20, 2010 in Sonder kategorie

A dance card (also known by its German-language name, Ballspende, plural Ballspenden) is used by a woman to record the names of the gentlemen with whom she intends to dance each successive dance at a formal ball. They appear to have originated in 18th century, but their use first became widespread in 19th century Vienna, especially at the massive balls during Fasching before Lent.


Dis seer sekerlik nie ‘n Weense bal nie, maar die meeste Matriekafskeide is waarskynlik die naaste wat die meeste jong Suid-Afrikaners ooit aan hierdie ervaring sal kom.

En, tot my groot skok, verbasing en vreugde het die Matriekklas van 2010 sonder dat hulle bewus was van die herkoms of geskiedenis van die dans kaart hierdie tradisie laat herleef…

Verlede week kry ek ‘n FB private boodskap van die huidige hoofseun af. Die grapevine is klaarblyklik steeds heel aktief in my ou skool en hulle het iewers uitgevind dat ek en een van die rugbyafrigters reeds ons danse vir dié week se Matriekafskeid bespreek het. Ja, ek is na die matriekafskeid toe genooi – heel waarskynlik my laaste een, maar aangesien ek benewens my eie Matriekafskeid reeds ‘n paar ander bygewoon het beskou ek dit as voldoende.

Klaarblyklik was die rugbyafrigter egter nie die enigste aanspraakmaker op my danse vir die aand nie…

En om seker te maak dat al my oudskoliere wat graag ‘n kans wil waag met hulle ‘juffrou’ op die dansbaan, is daar ‘n lys gemaak met die name van die jong manne wat die aand met my wil dans – in die volgorde waarin ek met hulle moet dans…net om seker te maak dat hulle almal ‘n kans kry om ‘n paar draaie met my op die dansvloer te maak.

Ek wonder of hierdie kreatiewe jong manne besef dat hulle pas die wiel herontwerp het… want, as jy ‘n oomblik daaroor dink het hulle in der waarheid die outydse Ballspende herontwerp. En ten spyte van die feit dat hierdie dans kaart elektronies versend is bly dit, in beginsel, presies dieselfde as die agtiende en negentiende eeuse dans kaart wat jong dames (verseker heelwat jonger as dié juffrou!) heel dainty om hul gewrigte gedra het tydens ‘n bal en waarop jong mans hul danse met haar kon bespreek.

Wys jou net…die ou gesegde bly steeds waar…the more things change…

Al wat ek weet is dat ek verseker my dancing shoes uit die kas sal moet haal, want, Baby, dans gaan jy dans dié week!