So laaste Glas blog – @tina10

Ek is sentimenteel veral oor Ouma Dirkie  se goeters en natuurlik oor my oorl. ma se glasware.  Ek het grootgeword met hierdie glasware in hulle  huise. Dit was daagliks ingebruik. Dit het, en staan nog bekend, as ‘depression glassware’- die assosiasie met depressie tyd. Ek het nie volledige stelle nie. Ek het gedink dit het geen geldwaarde nie.. kan jy glo google vertel toe ‘n heeltemal ander storie.. Ek het van my ma se ou blompotte (goudkleurig) ge-eien. Vrek lelik vir my .Nietemin hier is paar van my Depressie glasware.

  • Die eerste bord.. is gebruik vir my Ma-hulle se troukoek.
  • Die melkbekertjie ..is vreeslik handig vir een koppie tee se melk .
  • Die koppies met blou kleur , word nie gebruik nie en ek het ook slegs 2 koppies en paar pierings oor van die selfde hoekige puntjies ontwerp van die melkbekertjie – in die selfde skulppienk kleur.

glas depression glas koekbord glas depression glas melkbeker glas depression glass  ouma se koppieEk het nog ‘n Wynkraffie so donkergroen een met druiwetrosse aan buitekante- is op Ma se   troudag gebruik vir  soetwyn as heildronk!

 

14 thoughts on “So laaste Glas blog – @tina10

  1. Pingback: weeklikste tema: GLAS |

  2. Dankie dat jy die blog sommer namens my ook geskryf het. Ek beleef ´n blog droogte. Daardie glasware het ek in my lewe ook raakgeloop en my ook ver terug laat dink. Die juffrou sal nie tevrede wees dat ek nie my plig nagekom het nie, maar dalk gaan dit oor 2 weke beter. Dalk 3 weke. Jou kleurskakering hier loop nie mooi saam met my oë nie, die grys en groen wil nie werk nie.

      • @dirkie Ek was aanvanklik nogal opgetrek met die glas, het gedink aan die pragtige vensters van ´n kerk in Toulouse, waar ek was, maar toe ek nou mooi kyk, toe sien ek daardie kwaliteit van die foto´s is nie goed nie en daar is my lus toe weg. Spoed verloor. My gedagtes is nou elders, ´n uitnodiging gekry om vir my kinders in Dubai te gaan kuier en die reëlings hou my bietjie vas.

Leave a Reply

Your email address will not be published.