You are browsing the archive for 2019 October.

Renosterstropers en Blinde Gode

October 27, 2019 in Uncategorized

Blinde gode is ’n lekkerleesriller gebaseer op baie goeie navorsing oor renosterstropers, ook oor die eenhede wat die stropers jag. Wat meer is, Dibi Breytenbach, die skrywer, is self ’n regsgeleerde, so wanneer sy van binne die regstelsel oor die regstelsel skryf, moet ons weet: Hier kom dinge.

Blinde gode speel oor drie verhaallyne af en dit is eers as die leser, danksy Breytenbach se slim manier om leidrade te los, begin agterkom hoe die drade knoop, dat ons skielik begin insig kry in die komplot. Die polisie moet egter self eers al die drade knoop, so die leser weet so ’n paar bladsye voor die polisie waar die volgende koeël moontlik vandaan kan kom. Dis slim. Baie, baie slim.

Wat meer is, Breytenbach spreek nie bloot stropery aan nie, sy werk ook lekker maniere uit om die land se politieke situasie te verstorie. Soos Sally Andrew gemaak het in Death on the Limpopo, skep Breytenbach ’n fiktiewe, maar herkenbare, president, wat skynbaar daarop uit is om korrupsie uit die weg te ruim. Is al sy kornuite egter ewe betroubaar?

Ek het van Breytenbach se informant al raakgeloop, oor ander nog net gelees. Dit is haar puik navorsing, ook oor polisieprosedures, wat maak dat sy, soos Deon Meyer, Martin Steyn en Irna van Zyl, geloofwaardige, menslike polisielede kan skep wat hulle werk rég doen. Voeg hierby haar vermoë om die regstelsel van binne te beskryf, dan weet jy: Dis hoekom sy wenners skryf.

As jy een van die min mense is wat nog Dibi Breytenbach ontdek het nie, verander dit.

***

Dibi Breytenbach verjaar vandag. Dis hoekom ek besluit het om van my renosterfoto’s met haar te deel.

Dibi, ek stuur vir jou ’n renoster. Sommer ’n klompie van hulle, wat ek oor die jare geneem het. Lekker verjaar.

***

Net om die relevansie van Blinde gode te onderstreep, hier is ’n artikel in die National Geographic oor ’n joernalis, Ami Vitale, se reis met renosterbewaring.

Blinde Gode verskyn by LAPA Uitgewers.

Can Bosasa carry the blame for the DA’s demise?

October 26, 2019 in Uncategorized

On Friday 25 October Sihle Mavuso wrote: “The downfall of former DA leader Mmusi Maimane has been traced back to the time he ruffled some feathers high up in the party on the Bosasa donation.” (The Star, 25 October 2019, p6)

According to the report Prof Sipho Seepe says Maimane’s digging into CR17 triggered the public protector’s investigation into donors to political parties. “This led to the exposure of donors, who had also donated to the DA.” (ibid)

The Bosasa Billions, by James-Brent Styan and Paul Vecchiatto, explains in easy language just how wide the web was that Gavin Watson and his team had created to wiggle their way into the pockets, and influence, of various high-powered politicians and civil servants.

It is an easy read by the same author who had also blown open the Steinhoff saga.

The book is available at Bargain Books, Exclusive Books, The Book Lounge, Graffiti Books, Loot.co.za, Takealot, Uppercase, CNA, PNA and many other book stores.

It reads like a thriller. Had it not been true, one would never be able to believe the vaults full of cash and the handbags stuffed with money.

Read it.

The book is by LAPA publishers.

Zola is ’n storie vir die nuwe Suid-Afrika

October 18, 2019 in Uncategorized

Dis ‘n goeie Zola hierdie, klim maar in.

Johan Jack Smith se debuut is besonder knap; dit is ’n Afrikaanse roman wat trots die nuwe Suid-Afrika omarm.

Zola is ’n baie goeie speurverhaal met ‘n deeglik insig in die polisie se doen en late, maar dit het ook ’n sterk aktuele en politieke diepgang.

Moenie ooit in dié Zola klim nie! (Maar lees die boek!)

Wat my dadelik opgeval het, is verteenwoordigende karakters. Té gereeld gebeur dit nog in Afrikaanse romans dat almal wit is. Jy lees dit en dink: Hel, in watter tyd speel dié storie af? Erger nog: In watter historiese tydgreep leef die outeur? Soms, asof ’n toegewing, is daar darem ’n bediende in die boek. Eish.

Zola is veelrassig en veelkleurig. Daar is selfs ’n moewiese groot brandweerman wat lief is daarvoor om ’n rok te dra.

Dit is beslis nie die enigste Afrikaanse roman met ’n verteenwoordigende karakterverdeling nie, glad nie, maar dit is lekker Johan hiermee geluk te wens.

’n Slim krimi

Zola is in die eerste plek ’n krimi. Soos met Martin Steyn se debuut (Swartval, LAPA Uitgewers), word die eerste deurbraak gemaak wanneer iemand besef die wonde op ’n slagoffer is soortgelyk aan ander gevalle wat al aangemeld is. Dan begin die span lêers trek en gevalle vergelyk. Dit neem nie lank om die modus operandi te identifiseer nie, maar die polisie sukkel om ’n vastrapplek te kry.

Die uiteinde gaan ek nie weggee nie. Lees self.

Dis baie slim.

Wat die boek verdere diepgang gee, is dat die speurders menslik is en dat daar soomloos tussen die stories van die ou en die nuwe Suid-Afrika gespring word. Die boosheid van die ou Suid-Afrika word erken, maar die menslikheid van daardie polisiemanne wat kon martel, word nooit ontken nie. Dit is geen spoiler nie om te sê dat een van die ouens wat vroeg-vroeg ingeroep word om te help met die saak, in ’n ander lewe en tyd ’n berugte martelaar was.

Smith maak die eertydse monster menslik, maar hy gee ook vir die hedendaagse helde voete van klei.

In Zola is daar geen resepmatige goeie en slegte ouens nie. Ek het dit baie waardeer.

Die enigste waarskuwing kom uit my swak maag: Die goed wat aan die vroumense gedoen word, is nie mooi nie. Ek is oud en lelik, maar hel, selfs ek het soms geril. Wanneer die ware moordenaar ontbloot word (woordspeling opsetlik), dan word die geweld duidelik en storiematig geregverdig. Mense met swak mae moet egter weet: Die boek kan ontstel.

Ek beveel Zola sonder enige ander voorbehoud aan. Dit is ’n besonder knap debuut en Penguin se span mag trots wees.

Zola verdien om gekoop en gelees te word. Hier is ‘n uittreksel wat op die ATKV se webruimte gelaai is.

’n Engelse vertaling is ook beskikbaar. Ek het die Afrikaanse boek gelees.

Die Engelse en Afrikaanse boeke is beskikbaar by Bargain Books, Exclusives Books, Graffiti, Loot, Takealot, Uppercase en baie ander goeie boekwinkels.

Karre en kinders | Cars and Kids

October 12, 2019 in Uncategorized

This not a post about cars really, it is much more a post about being taught by my son how wonderful it is to have him. It may even be a book review.

Kinders maak jou weerloos. | Kids make you vulnerable.

Karre laat jou dink. | Cars make you think.

Vir baie meer foto’s, klik hier. | For many more photographs, click here.

***

Vir die Afrikaanse teks, rol asseblief af. Hier praat ek eers gou oor Máire Fisher se The Enumerations – ‘n wonderlike boek.

***

I am busy reading Máire Fisher’s achingly beautiful novel The Enumerations. It is a tour de force and says so much about parenting.

Somehow, in the midst of this, my son dragged me out of bed on a cold, windy morning to go and see fast cars. I wrote about it and posted many more pictures in LitNet, click here for the post.

Then a friend, Elra Diedericks, made a small comment that meant so much to me. She is a devoted mother and understands the sacrifices of parenting. Yet, she also embraces the joys coming with it.

Off late my son has become a friend, a teacher even. Yes, he has lots to learn, but even so, he teaches me how much I have to learn. Erla has a similar friendship with her son, which is so beautiful to see and to learn from.

A book like The Enumerations, on the other hand, teaches me just how much there is to be thankful for.

I do not want to say too much about the story in The Enumerations, except that is a wonderfully crafted work about the challenges parents face, about love, about a sister’s love for her brother, and essentially about two teenagers who has to break down walls that their parents have created to protect themselves from the world, and hence to their children at a safe distance.

The Enumerations, by Máire Fisher, is published by Umuzi. All good stores like, Bargain Books, Exclusive Books, Loot, Takealot, Graffiti and many more will help you get it.

This not a post about cars really, it is much more a post about being taught by my son how wonderful it is to have him.

It is also a post about two authors who, each in their own way, have made me see parenting and the joys it brings in a new light, without ever taking away the heartache and vulnerability that children inadvertently place in one’s path.

Thank you to the Zen masters of the world!

By the way: Many, many years ago my son and I went to see Cars in the cinema. I never saw the end, because he had to go and poo.

Never mind. We did buy the DVD. Then I saw the entire movie fifteen times, if not more.

***

Verlede Sondag het die knaap my gevra om op ’n koue Sondagoggend net ná sewe in ’n winderige parkeerplek na karre te gaan kyk. Ek het. As julle die foto’s wil sien, LitNet het hulle geplaas. Klik hier.

Kinders is die groot avontuur het Etienne van Heerden by geleentheid gesê.

Kinders is Zenmeesters het iemand anders ’n slag gesê.

Nou het Erla Diedericks ’n opmerking gemaak oor hierdie karre wat my weer laat dink het. Kinders maak ’n mens weerloos. Hulle leer jou so baie. Hulle werk so hard daaraan om hulle ouers op te voed.

Erla weet. Sy is lank reeds ’n enkelma en skryf, opsetlik, nie veel oor haar seun nie. Maar as jy haar effens ken, sal jy weet hoe kosbaar daardie vriendskap tussen hulle is. Ek is bevoorreg om hulle albei te ken. Tydens die bemarking van Erla se rou, eerlike, snaakse en baie slim boek Seks leuens en die internet was dit baie goed om hom van nader te leer ken. Ek kan nie te veel oor hom praat nie, want dis my plek nie. Dit is egter nie ’n geheim dat hy en my knaap ongeveer ewe oud is nie. En dat Erla ’n wonderlike ma is vir hom.

So, kom ons praat liewer oor my seun. Hy is nou op die ouderdom waar ons kan begin vriende raak. Dit is fantasties. Die gesprekke is deesdae filosofies. Die uitdagings is anders. Die opofferings steeds groot. En tog, ’n mens leer so baie.

Ek sou nooit op ’n Sondagoggend die bed verlaat het om te gaan karre kyk nie. As ek dit nie gedoen het nie, sou ek iets minder van ’n ander wêreld geleer het.

In die verlede was daar al koue oggende en warm middae langs ’n sokkerveld, ’n swembad, by kinderpartytjies.

Nou raak die uitdagings anders, maar ek leer elke keer meer. En dan is daar Zenmeesters soos Erla wat haar wysheid nou en dan in my rigting kaats; dan verstaan ek nog beter hoeveel my knaap het om my te leer.

Seks leuens en die internet is ’n Wenkbrou-boek. Wenkbrou is ’n druknaam van LAPA Uitgewers. Bargain Books, Exclusive Books, Loot, Takealot, Graffiti en baie ander winkels het dit.