John Nicholson, met die agterplaasbiblioteek, weer vereer

November 24, 2016 in Uncategorized

z6

John Nicholson, daardie man wat ’n biblioteek in sy agterplaas gebou het, is Vrydagaand weer vereer. Dié keer was dit die Afrikaanse Taalraad wat aan hom en Gail, sy gade, ’n Koker gegee het. Hy is vereer in die kategorie “Bemagtig”. Hier oorhandig Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV-groep, die Koker.

z5

Conrad Steenkamp, die hoof van die Afrikaanse Taalraad, het die foto’s gestuur.

John is ook vroeër vanjaar met ’n ATKV-Woordveertjie vereer, klik hier vir foto’s.

john-video

Hier is ’n video waarin hy vertel oor die werk wat hy doen.

Verskeie uitgewers, soos LAPA Uitgewers en NB Uitgewers, het ook boeke geskenk aan die biblioteek.

LitNet het ’n volledige persverklaring geplaas oor die Afrikaanse Taalraad se toekennings. Lees dit hier.

Anders wenners is:

  • “Bevorder”: Magdaleen Kruger vir haar program “Die Tale wat ons Praat.”
  • “Beskerm”: Kaptein John McNab van die Rehoboth Bastergemeente vir sy internasionale en 
plaaslike bydrae om Afrikaans as moedertaal te beskerm.
  • “Spesiale Koker”: Prof. Jacques van der Elst vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaans en sy 
onbaatsugtige rol in die stigting van die Taalraad.

Erepennings, gemik op jonger mense, is toegeken aan:

  • Refentse Morake vir sy grensverskuiwende werk in Afrikaanse sang en bydrae tot versoening en die herposisionering van Afrikaans.
  • Gershwin Cupido vir sy sterk gemeenskapsbetrokkenheid, onder meer geletterdheidsbevordering en sportontwikkeling in die Hessekwa streek.
  • Daniëlla van Heerder vir haar bydrae tot Afrikaans as nuusleser en verslaggewer by eNuus op KykNet, asook as redakteur van Die Wapad, studentekoerant van die NWU se Potschefstroomkampus.

z4

Hier is ’n foto van al die wenners saam met Anne-Marie Beukes, die voorsitter van die Taalraad. LitNet het meer inligting oor elkeen.

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *