Lyke en bloeddiamante; feite of fiksie?
September 30, 2016 in Uncategorized
Offerande het pas verskyn. Die eerste lyk is reeds aangemeld.
Michael Desaedeleer se dood is ’n feit. Is die blou diamant se kragte in Offerande bloot fiksie?
Hoe verklaar jy dat die berig oor Michael Desaedeleer se dood in ’n Belgiese tronk presies 25 uur verskyn ná Chanette Paul se boek oor bloeddiamante amptelik lewendig gegaan het op haar uitgewer (LAPA) se stelsel?
Sommer baie vroeg in Offerande vind ’n moord plaas in ’n Belgiese tronk; en dit alles draai om bloeddiamante.
Nou ja. Diegene wat Offerlam gelees het, sal weet dat Caz met ’n klomp diamante opgesaal sit – wat haar in die moeilikheid laat beland.
In Offerande lek hierdie geheim uit. Die lyke stapel op.
In Anthony Doerr se briljante teks All the light we cannot see, is daar ‘n rooi diamant wat probleme maak – daardie diamant het skynbaar spesiale kragte.
Hmm. Ek gaan niks sê oor die bloupers diamant Offerande nie, want ek vrees, Michael Desaedeleer se dood wil voorkom asof daardie diamant se kragte nie bloot fiktief is nie… Maar nou sê ek NIKS meer nie.
Feite? Fiksie?
Lees die boek. Dit sal van volgende week af in die winkels wees.
Joan Strydom said on October 5, 2016
Dankie vir hierdie interessante pos oor Michael D. Ongelooflike toeval. Dit maak my meer nuuskierig oor Paul se Offerande. Sal beslis op 12de by Menlyn Graffiti wees as dit bekend gestel word. Dink ek moet my Kindle nader trek en Offerlam vir die vierde keer lees.
Izak de Vries said on October 31, 2016
Geniet dit!