Hans du Plessis gooi ‘n Kaapse draai
April 22, 2016 in Uncategorized
Hans du Plessis het sy Kaapse besoek afgeskop met ‘n suksesvolle bekendstelling van Tussen die klippe by Protea Boekwinkel op Stellenbosch, op Saterdag 16 April. Klik hier vir foto’s.
Op Maandag, 18 April, was Hans by ‘n koffiewinkel in Tegnopark. Dit was ‘n heerlike gesprek en baie boeke is verkoop.
Oor koek en koffie is ‘n pittige, humoristiese gesprek gevoer. Rugby, apokriewe boeke en teologiese idees is alles saamgegooi. Hierdie twee gaste kom ook uit Potch en die rugby was vir hulle ‘n minder problematiese punt. (Die Pukke het pas die Maties geklop, indien die geskiedenis dit van ons verwag om te verduidelik.)
Tussen die klippe gaan oor Christenskap, maar dit is nie ’n Christelike boek nie, sê Hans. Die boek gaan oor die apokriewe teks Daniël 13, maar dit is nie ’n teologiese boek nie en eintlik is Daniël 13 nie die fokus nie.
Die boek gaan oor ’n ware gebeurtenis in ons geskiedenis, maar eintlik ook nie, want dit is fiksie. Die boek gaan oor ’n speurtog, maar dit is nie ’n speurverhaal nie.
Dit is gewoon ’n lekker storie, sê Hans.
Met sulke koek stry net ‘n Banter, en daar was nie baie Banters nie.
Dinsdagoggend was Hans in Fine Music Radio (FMR) se ateljee vir ’n opname.
Hier is Hans en sy vrou voor die Kunstekaap. Die FMR-ateljee is in dié gebou.
Daardie aand, op 19 April, het Hans ’n baie goeie gesprek gehad by Bargain Books in die Willowbridge-sentrum. Die bestuurder, Lynne, het twee groot klippe by die deur gesit waardeur ons moes loop. Hier is sy saam met Hans.
Hans se broer en skoonsuster was ook by die geleentheid.
Soos gewoonlik was Leopard’s Leap ook ’n welkome gas.
Tussen die klippe is deur LAPA Uitgewers uitgegee.
Hou LAPA se Facebook-blad dop vir aankondigings rakende Hans se komende toer deur die Gauteng.
Leave a reply