Tussen die klippe bekendgestel op Stellenbosch
April 17, 2016 in Uncategorized
Hans du Plessis se nuwe roman, Tussen die klippe, is op Saterdag, 16 April, by die Protea Boekwinkel op Stellenbosch bekendgestel.
Susanna word voor die hof gedaag vir “sonde”. Lees gerus self! Dit is ’n spannende storie.
Die koerantman, Hennie van Deventer, was daar. Hy en Hans het mekaar in Harvard ontmoet toe albei daar klasgegee het.
Die Van Deventers en die Van Veldens.
Hier word Hans omring deur twee lede van Pen Afrikaans se bestuur, Bernard Odendaal en Naomi Bruwer.
Bernard het die gesprek gelei. Dit was baie interessant, maar ook baie humoristies.
Hans teken boeke.
Jan Odendaal knoop ’n geselsie aan en laat sy boek teken.
Hans se broer André het ook die geleentheid bygewoon.
Leopard’s Leap was soos gewoonlik byderhand om die kele te olie.
Tussen die klippe, deur Hans du Plessis, word deur LAPA Uitgewers uitgegee.
Uit Melkbos said on April 20, 2016
Aangename Saterdagoggend gewees. Hans was op sy stukke. Maar ek en hy sal nie meer in een motor kan sla
ap soos in 1976 nie!