Kry kos uit die rommel
April 4, 2016 in Uncategorized
Tel die rommel in die straat op. Dis die eerste stap na ’n volhoubare tuin wat vir jou vir vyftien jaar van kos sal voorsien. Motorbande is ’n pes, want ’n mens mag dit nie weggooi nie, so daar lê hope van die goed rond in Atlantis.
Ons het verlede week ‘n groentetuin geskep wat vir vyftien jaar lank sal vrugbaar wees en dit het ons nie ’n sent gekos nie.
Jy kan ook. Volg hierdie stappe en jy kan dit langs jou huis, by ’n skool of by ’n behoeftige organisasie gaan doen. Ons het die tuin gemaak vir die Orion Organisasie wat met erg gestremde mense werk.
Die vorm van die tuin gaan afhang van jou gronde. Ons het besluit om ’n ronde tuin met ’n ingang te maak, volgens die beginsel van ’n sleutelgattuin. Ons s’n se radius was so 1,5 m.
Atlantis se grond is arm, so ons het ’n bietjie uitgegrawe om rommel te kan inbou.
Heel eerste is ’n spul karton in die gat gegooi.
Daarna is verrottende palette wat ons ontdek het, ingegooi. Die wonder van die hout wat vrot, is dat daar reeds erdwurms begin eet het daaraan. Viola. Ons tuin het nou erdwurms. Geen duur wurmplase van die kwekery nie!
Die fassinasie met wurms het ons in klein kinders verander. Selfs die span van SABC News wat daar was om die proses te verfilm, het kom kyk.
Atlantis is ’n brandarm gemeenskap. Die strate is vol werklose mense en die fabrieke maak toe. Daar is ook heelwat rommel. Toe Annie Petersen, die voorsitter van die ATKV-tak op Atlantis, my verlede jaar vra of daar nie boeke is oor tuinmaak nie, het Hendri Warricker my vertel van Wynand wat besig was om sy boek af te rond. Ek bel toe vir Wynand wat baie entoesiasties ja gesê het vir opleiding in Atlantis.
“Wat moet ek koop sodat die mense van Atlantis kan begin tuinmaak?” wou ek weet.
“Verkieslik niks,” was sy antwoord.
Maar hoe berei ’n mens ’n tuin voor sonder om ’n sent te spandeer? Jy gaan maak die strate van Atlantis skoon. Ons het papier en blikkies versamel om in die gat te gooi. Hierdie rommel gaan oor die volgende klompie jaar kos word vir die plante. Glasbottels is later gebruik om die wande te verstewig en die plastiek wat ons versamel het, is gebruik om saadjies in te plant.
Luister self hoe Wynand dit aan die SABC verduidelik.
Die rommel is deeglik met sand bedek.
Toe het ons blare en takke, wat op die sypaadjies lê, bymekaargemaak en op die sand gegooi.
Ons het Port Jackson, wat ’n verklaarde onkruid is, gaan kap en daardie blare is ook in die gat gegooi. Ons het seker gemaak geen sade gaan in die gat nie. (In Afrikaans word dit soms ’n goudwilger genoem.)
Nog sand is oorgegooi.
Ons het ’n middelstuk gebou. Hierin kan tuinvullis en en kombuisafval gegooi word sonder dat dit oonooglik lyk. Dit sal die tuin aanhou voed.
Ons het bande rondom gepak.
Nog rommel en nog Port Jackson is in die gat gegooi. (Die naam Port Jackson kom van ’n plek in Australië, want hierdie indringer kom van daar.)
Groter takke is opgesaag.
Toe het ons dekriet gaan sny. Dekriet is ’n soort gras (in die restio-genus) en groei baie vinnig wanneer dit geoes word.
Orion maak hulle eie kompos van kombuisafval. Ons het toe daarvan oor die dekriet gegooi.
Daarna is die kompos weer met nog dekriet bedek.
Ons het houtstompe gaan optel. Die goed het op ’n hoop gelê ná iemand ’n klompie bome afgesaag het. Ons het dit gebruik om die bande te verstewig, maar die stompe gaan gou begin vrot en weer kompos word.
Die middelstuk is vol rommel, blare en kombuisafval gegooi. Ons tuin is toe deeglik natgegooi. Danksy al die dekriet sal die grond lank klam bly.
Ons het die plastiek wat versamel is, gebruik om saadjies in te plant.
Die volgende dag het ons plantjies geplant tussen die dekriet.
Almal wat deelgeneem het, is beloon met ’n sertifikaat. Die einde van ons paar dae saam, is egter net die begin van groter dinge in Atlantis.
’n Tikkie hoop, ’n tikkie hartseer: Van die deelnemers is glad nie eers op een van die foto’s nie, want hulle word beskerm. Ons het heelwat vroue gehad wat hard saamgewerk het, en daar is mooi planne om ook vir hulle iets te doen. Geweld teen vroue is egter so erg dat geen name van organisasies hier geplaas sal word nie. Daar was dus meer deelnemers, maar die vroue wat die kwesbaarste is, se gesigte verskyn glad nie hier op een van die foto’s nie.
Hansie Jacobs (met die rooi trui) het ingestem om gereeld te gaan uithelp by Orion om seker te maak “ons” en hulle ander tuine word reg bestuur. Hy het ’n voltydse werk by Eskom, maar is lief vir tuinmaak, het ’n baie goeie kennis en wil baie graag die Orion Organisasie help. Links is Annie Petersen, voorsitter van die ATKV-tak en die eintlike dryfkrag agter hierdie hele projek. Langs haar is Hannl Cronje, die hoofuitvoerendebeampte van die Orion Organisasie. Hansie ontvang sy sertifikaat van Wynand Boshoff, die man wat so passievol is oor kos as ’n mensereg.
Luister self hoe Annie haar droom aan E-Nuus verduidelik. Sy gee ook ‘n uitstekende opsomming van die projek en die tuin.
Clarence Goodall is ’n afgetrede onderwyser wat wil teruggaan na die skole van Atlantis om die kinders te leer jy kan tuinmaak uit rommel.
Phillip Appollis wil ’n kollektiewe, landelike boerdery begin. Gesprekke tussen die ATKV, die Orion Organisasie en ’n groot internasionale organisasie (wat tans nie genoem wil word nie) is reeds aan die gang.
Susan Philander werk vir die Orion Organisasie as ’n huismoeder. In haar vrye tyd maak sy tuin. Susan was ook ons gasvrou vir die paar dae wat ons in Atlantis was.
Die Orion Organisasie het ons van kos en vergaderruimte voorsien, LAPA het hulle daarvoor vergoed, maar ons span het ook hulle bestaande tuine help rehabiliteer. Hier kan julle vir Hansie, wat voorgevat het, sien beduie.
Wynand Boshoff, wat die opleiding verskaf het oor die rommeltuin, se boek Groente van tuin tot tafel verskyn oor ongeveer twee weke by LAPA Uitgewers. Boshoff het meestersgraad in Volhoubare Landboutegnieke. Hy het ‘n groot respek vir kommersiële boere, want ons het hulle nodig, maar hy is ’n aktivis vir “stedelike landbou”. Sy boek help mense om te verstaan dat voedselskaarste ’n menseregtekwessie is – maar ook dat dit baie makliker en goedkoper is om jou eie groente te kweek as wat ’n mens dink.
Tel die rommel in die straat op. Dis die eerste stap na ’n volhoubare tuin wat vir jou vir vyftien jaar van kos sal voorsien.
orvofwkk said on May 6, 2022
buy modafinil 100mg online
lcfwgyvo said on May 6, 2022
order modafinil sale
anxhhhrn said on May 12, 2022
buy modafinil generic provigil 100mg pill provigil 100mg uk
agkylcxs said on May 23, 2022
which Country Has Over The Counter Cialis?
njjqjnuy said on May 24, 2022
how Long Does Cialis Last?
qtqxmfyp said on May 24, 2022
Cialis Prescription How To Get?
lwfuesvm said on May 24, 2022
how To Cut 20 Mg Cialis In Half?
gqcrwfip said on May 24, 2022
provigil 100mg generic modafinil order online provigil 100mg ca
gjvfawvo said on May 24, 2022
order modafinil 100mg pill buy generic provigil 200mg
fvqdbujp said on May 25, 2022
what Are The Side Affects Of Cialis?