US Woordfees: Kiekies van Kô lat ons sing
March 14, 2016 in Uncategorized
Adam Small as struggledigter: dit was die tema van Kô lat ons sing wat op Donderdagaand 10 Maart by die US Woordfees opgevoer is deur werkers van Solms Delta, wat bekend staan as die Delta Soetstemme (die koor) en Delta Langbroeke (die koperblasers).
Die Delta Soetstemme
Die Delta Langbroeke
Adriaan Brand, toenmalige trompetspeler vir die Springbok Nude Girls, was aan die stuur van sake.
Saam met die werkers van Solms Delta het ’n groep professionele musikante en akteurs opgetree. Wessel Pretorius, June van Merch, Frazer Barry, Sandy Gertse, Hemelbesem, Koos Kombuis en Zenobia Kloppers het gedigte voorgedra en gesing. Op tromme was Carlo Fabe, Nicholas Turner was op kitaar en Craig Potgieter het die baskitaar gespeel.
Hemelbesem en Wessel Pretorius
June van Merch, Zenobia Kloppers, Frazer Barry en Sandy Gertse
Koos Kombuis
Carlo Fabe op tromme en Craig Potgieter op die baskitaar
Nicholas Turner op akoestiese kitaar
Die hoogtepunt van die aand was toe Adam Small self op die verhoog verskyn en ’n gedig voorgelees het.
Solms Delta was ook verantwoordelik vir die puik opvoering van Philida van de Delta by die US Woordfees, klik die skakel vir foto’s.
0 responses to US Woordfees: Kiekies van Kô lat ons sing