Dramatiese protes stop Sjef Snoekie (nie)
March 4, 2016 in Uncategorized
Sjef Snoekie se vertoning by die US Woordfees is Vrydagaand onderbreek deur betogende studente wat teen verkragting geprotesteer het. Heel links op die foto word Snoekie van die verhoog geboender. Klik hier vir Media24 se berig.
Marlise Scheepers (ook bekend as Sjef Snoekie) en Mariëtta Kruger was in gesprek oor Marlise se boek Laat die potte sing toe die studente inbars en die twee van die verhoog af jaag.
Volgens die studente het lede van Afriforum snedige opmerkings oor verkragting gemaak, en dat vrouestudente na bewering selfs met verkragting gedreig is tydens ’n vorige betoging. LitNet het gister daaroor berig.
Daar was min geweld tydens gisteraand se betoging, maar wyn is rondgegooi en Marlise se pa was ’n slafoffer. Een meisie het my kamera probeer afvat, maar ek is al deur gevaarlike groepe getakel, so sy het gou bes gegee.
Kampussekuriteit het die groep uiteindelik gevra om te vertrek.
*
Japie Gouws, hoofbestuurder van die ATKV-Groep, het eergister ’n verklaring teen rassisme uitgereik. LitNet het daaroor berig.
*
Marlise het onlangs na Suid-Afrika teruggekeer nadat sy by die grootste hotel in die suide van Amerika haar internskap as sjef onder die Marriott Marquis-hotel in Atlanta, Georgia, se uitvoerende sjef, Alexander Busch, voltooi het. Die gesprek het om Amerika gedraai toe die protes begin het.
Sy het ná die groep vertrek het, nie die gesprek verder gevoer nie, en wou eerder almal kalmeer met haar sang.
*
Voor die dramatiese gebeure het ek ’n aantal foto’s geneem van Marlise en haar ouers met die boek. Klik hier vir ’n meer volledige berig oor Laat die potte sing wat deur LAPA uitgegee word.
*
As jy meer wil weet van LAPA se ander optredes by die US Woordfees, klik hier.
hanno visagie said on March 5, 2016
Die US-Woordfees-reaksie is so polities korrek. Die “betoging” ruik na ‘n US-Woordfees-Open Stellenbosch-EFF-publisiteitsfoefie.