Die wengroepe: Eerste kiekies van die ATKV-Rieldansfinaal
December 8, 2015 in Uncategorized
Op Saterdag, 5 Desember het die tiende ATKV-Rieldansfinaal by die Liqui-fruit Amfiteater in die Paarl plaasgevind. Hier is ‘n eerste kykie na die wengroepe.
Kliek op die foto’s om hulle groter te maak.
***
Die ATKV-Rieldanskampioene: onder 12
Die Griekwa Hiënas is die Rielkampioene onder 12.
Die ATKV-Rieldanskampioene: Senior Afdeling
Die Calvinia Sitstappers is gekroon as die Senior ATKV-Rieldanskampioen.
***
Die ATKV-Rieldanskampioene: Junior Kategorie
Die huidige Wêreldkampioene, Die Nuwe Graskoue Trappers, was goed genoeg om weer gekroon te word as die Junior ATKV-Rieldanskampioene.
Hier gee hulle die beker terug voor die begin van die kompetisie, maar Floris Smith, hulle bestuurder, het belowe hulle gaan hom weer losdans. En hulle het.
En hier kry hulle weer die beker terug.
* * *
Daar is ‘n hele aantal pryse toegeken op 5 Desember.
Die Rieldanspersoonlikhede
Me. Rieldanspersoonlikheid seniors vir 2015: Susanna Watermeyer van Loeriesfontein
Mnr. Rieldanspersoonlikheid seniors vir 2015: Bernard Fisher van Calvinia Sitstappers
Me. Rieldanspersoonlikheid juniors vir 2015: Garcia Oliphant van Betjies van Betjiesfontein
Mnr. Rieldanspersoonlikheid juniors vir 2015: Cheslin Claase van Betjies van Betjiesfontein
Beste dansers
Beste danser: vroue in die senior afdeling: Paul-Marie de Bruyn van Korbeel (Carnarvon)
Beste danser: mans in die senior afdeling: Shaun Schaffers van Calvinia Sitstappers
Beste danser: vroue in die junior afdeling: Charné Jansen van Wupperthal
Beste danser: mans in die junior afdeling: Jadrian Jooste van Calvinia Sitstappers
Die seniors
Grietjie van Garies trofee vir die beste vordering: senior afdeling: Boesmanland Bitterbessies
Derde plek: Korbeel van Carnarvon
Tweede plek: Suurrug Suurtrappers van Wupperthal
Eerste plek: Calvinia Sitstappers
Die Juniiors
Grietjie van Garies trofee vir die beste vordering: junior afdeling: Griekwa Knersvlakte van Vredendal
Derde plek: Calvinia Sitstappers
Tweede plek: Betjies van Betjiesfontein
Eerste plek: Die Nuwe Graskoue Trappers van Wupperthal
Ander toekennings
Tien jaar ononderbroke deelname: Brandvlei en Griekwa Knersvlakte
Pieter van der Westhuizen-trofee vir beste Rielkitaarspeler: Alfred Basson van Betjies van Betjiesfontein
Dinamiese leier: Junior afdeling: Floris Smith van Wupperthal
Dinamiese leier: Senior afdeling: Bobby Kock van Calvinia Sitstappers
David Kramer-trofee vir beste Rieldansliedjie: Orkes van Betjies van Betjiesfontein
Belinda Fisher-gedenktrofee vir aktiefste Rielgemeenskap: Carnarvon
Leave a reply