Die US Woordfees BLY
November 21, 2015 in Uncategorized
Saartjie Botha en haar Woordfeesspan het op Maandag 16 November weer eens bewys waarom ‘n mens hulle moet koester.
Op 13 November het die US bestuur mense kwaad gemaak met aankondigings oor ‘n nuwe taalbeleid. Onder die moeilikste moontlike omstandighede het die Woordfeesspan op 16 November, sonder om veel te sê, gewoon bewys dat saamstaan, veeltaligheid en die omarming van gedeelde waardes baie doen vir Afrikaans.
Die boodskap was nie subtiel nie. Die sentrale tema van die aand was duidelik: BLY. In ‘n persverklaring sê die span:
Woordfees 2016 se tema is Bly. En of dit beteken jy is gelukkig, verheug of vrolik, of dalk verwys na die fees wat voortgaan om te wees – die tema bly, wel, bly.
In die woorde van die feesdirekteur, Saartjie Botha:
“Die Woordfees – en ons by die Woordfees – is bly om hier te wees. En ons wil hier bly,” sê Saartjie Botha, Woordfees-direkteur. “Ons wil ook hê die feesgangers moet hierdie gevoel met ons deel. Maar bly kan ook verwys na huis, blyplek, skuilte – ‘n belangrike kwessie in Suid-Afrika, maar ook wêreldwyd.”
Lees die volledige verklaring hier.
Japie Gouws, Besturende direkteur van die ATKV-groep, het by ‘n vorige Woordfeesgeleentheid gesê hy teken nie juis petisies en goed nie, as ons saam feesvier, dan is daar hoop vir Afrikaans. Saartjie en haar span het hierdie filosofie uitgeleef.
Saartjie het ook met trots aangekondig die US Woordfees brei uit na Kayamandi. Saam met InZync leef die US Woordfees veeltaligheid; klas begin ook vervaag as daar saam gekuier word in die township.
Terloops: Die US Woordfees kort net R2 miljoen om vir elke kind in die groter Stellenbosch gebied ‘n Woordfees-ervaring te gee. Komaan mense, as 20 000 van ons R100 gee, dan maak ons dit moontlik! Daar is baie gesinne om Stellenbosch wat nooit self sal kan betaal vir ‘n enkele kaartjie nie. Laat ons saam feesvier!
Fiona van Kerwel, die WOW-prokekbestuur, was die seremoniemeester. Die WOW doen ontsettend baie vir die gemeenskap.
Jana Hattingh, die US Woordfees-projekbestuurder
Prof Rudolf Gouws, hy is een van die mense wat die fees adviseer.
Die program
Die US Woordfees 2016 se program is op 16 November bekendgestel. Kliek hier en bespreek solank. Verlede jaar was talle produksies reeds maande voor die fees uitverkoop.
Kliek hier vir die Skrywersfees.
Kliek hier vir die US Woordfees se leefstylprogram.
Kliek hier vir die Beiteltjie: Klankbeelde in die US-Museum (sjj… dis gratis!)
Hier is ‘n PDF-weergawe van die program.
Borge
Praat van geld, die US Woordfees bestaan danksy groot borge.
SANLAM: Charl Rootman, van Sanlam. Hy het verBLYdend baie moeite gedoen om die die woord bly in praatjie in te werk. Baie pittig. SANLAM is baie betrokke by die WOW se spelfees.
Naspers: Ton Vosloo, het self Naspers verteenwoordig by dié geleentheid. Sy opmerkings oor transformasie was baie interessant. Hy het dit duidelik gemaak dat Naspers nie vandag so sterk sou wees hulle nie getransformeer het nie. Min woorde, groot uitdaging…
kykNet: Karen Meiring van kykNet was trots op hulle nuwe sepie, Suid-Ooster, wat daardie aand afgeskop het.
Dr. Theuns Eloff, van die Dagbreek Trust. Hy het kaalvuis en openlik verwys na die gebeure van 13 November en was glad nie ten gunste daarvan dat Afrikaans gewoon eenkant toe geskuif word nie. Die Dagbreek Trust het ook geld geskenk vir dramas wat na verskillende feeste toe kan gaan.
Prof. Niel Krige, van die Het Jan Marais Nationale Fonds. Hierdie fonds is ook ‘n groot borg van die fees.
Die ATKV is ook ‘n borg. Hier is Gerrie Lemmer, Hoofbestuurder: ATKV-Kultuurprojekte.
Nita Cronjé, Bestuurder: Produksies en Feeste, by die ATKV.
Frank Louw, van Sanlam se borgskapbestuur
Prof. Nico Koopman, van die Stellenbosch Universiteit
Pret met die borge
Wie het opgetree?
Verskeie kunstenaars het die aand van 16 November ‘n voorsmakie gegee van wat kom.
Zorada Temmingh
Elna van der Merwe
Adam Small
Die media neem Small af
Miss Mandy, of te wel Amanda Strydom
Mark Banks
Riku Lätti
Churchill Naudé
Schalk Joubert
Anton Goosen
Sibanye. Veeltalig. Multikultureel en oor genres heen. Wonderlik.
Die klankmanne
Wie is gesien?
Strijdom van der Merwe en Erhardt Thiel
Gert en Madri van der Walt (beter bekend as Madri Victor)
Riana Barnard (Tafelberg Uitgewers)
Betsie Klopper (Pearson) en Marieta Nel (LAPA Uitgewers)
Martin Steyn
Gerard Scholtz
Dorothea van Zyl
Jan Odendaal
Malene Breytenbach
Whaden Johannes
June van Merch
Eloise Wessels (NB Uitgewers)
Marga Stoffer (NB Uitgewers)
Johan Bakkes
Die man van The Oyster King was indrukwekkend
Karen Meiring
Saartjie Botha
Theo Kemp
Ronel Foster
Elsa Silke
Jacques Ensink, die amptelike feesfotograaf
Imke van Heerden, wat namens LitNet foto’s geneem het. Hier is haar fotobeelde:
Naomi Meyer van LitNet
Leave a reply