Hit Parade – 1 Julie 1966

04/07/2014 in Uncategorized

Die “Springbok Radio Hit Parade” was gebaseer op plate-verkope (‘seven singles’) en ek het tussen 1964 en 1972 dit weekliks aangeteken. Hierdie is ‘n hervatting van die weeklikse poste na ‘n jaarlange onderbreking. Die vorige week se posisie tussen hakies.

1. Strangers in the night – Frank Sinatra (1)

2. Pretty Flamingo – Manfred Mann (2)

3. Sloop John B – Beach Boys (4)

4. Pied Piper – Chrispian St. Peters (3)

5. I’m a rock – John E. Sharp (5)

6. Monday-Monday – Mamas and Papas (nuut)

7. Hold tight – Dave,Dee, Dozy,Dicky, Beaky, Mick and Tich (7)

8. Where did we go wrong – Petula Clark (nuut)

Van die vorige week het no. 3 en 4 plek geruil, terwyl die Mamas en Papas hul debuut op die Hit Parade maak. Die ander nuwe treffer was Petula Clark se derde. Down-town, haar eerste treffer was drie weke op no.1. Sy het die vroulike hoofrol gespeel in die fliek, “Goodbye Mr. Chips” .

Strangers in the night

Strangers in the night, exchanging glances

Wondering in the night, what were the chances

We’d be sharing love before the night was through.

Something in your eyes was so inviting

Something in your smile was so exciting

Something in my heart told me I must have you

Strangers in the night

Two lonely people, we were strangers in the night

Until that moment when we said our first “hallo”

Little did we know

Love was just a glance away

A warm, embracing dance away.

Ever since that night we’ve been together

Lovers at first sight, in love forever

It turned out so right

For strangers in the night.

 

4 antwoorde op Hit Parade – 1 Julie 1966

  1. tina10 het gesê op 05/07/2014

    aha dis al te lekker Dankie ek kan almal onthou

  2. tlr het gesê op 05/07/2014

    Hierdie blog van jou was nog altyd interessant.
    Ek onthou die later/laaste jare van Springbok Radio se Hitparade.
    Ek het natuurlik net in die 80s geluister. Het jy alles sommer in notaboeke opgeteken? Is/was die musiek net ‘n stokperdjie?
    Diit is nou nog fassinerend om te sien hoe albums en singles ge “chart” het.
    “And charting today we have a brand new entry by…” en veral om te sien watter singles net in ons land sukses behaal het.
    Manfred Mann was mos van SA oorsprong? Nie waar nie?

    • deonleroux het gesê op 11/07/2014

      Alles was in ‘n dik A3-grootte skryfboek met harde, swart buiteblaaie aangeteken as ‘n stokperdjie. Daardie jare het ek ook noukeurig rekords gehou van provinsiale krieket in S.A., maar die het intussen verlore geraak. Manfred Mann was S.A. van geboorte, maar het in Engeland sy merk gemaak in musiek, o.a. een jaar ‘n liedjie, “Ha ha said the clown” op die Eurovision gehad, dieselfde tyd as Sandy Shaw se “M’seur Du Pont”.

  3. perdebytjie het gesê op 07/07/2014

    Jy laat my skoon nostalgies voel!