Jy blaai in die argief vir 2014 Junie.

Toets

28/06/2014 in Uncategorized

Dis nou ‘n jaar sedert die ‘Hit Parade’-reeks gestaak is weens ‘n oorvol program. Hierdie is ‘n toets om te sien of die blog nog in werking is. Tensy iets onvoorsiens voorval wil ek volgende naweek hervat met ‘Hit Parade – Die week 48 jaar gelede’.

Vireers ‘n paar opinies:

1. Iewers laasjaar het ek Vladimir Poetin, die huidige Pous en Me. Madonsela genoem as die drie persone wat ek die meeste respekteer. Eersgenoemde het wel  punte verloor omdat die Greenpeace-ouens uit die tronk gelaat is en oor sy negatiewe houding jeens G.M.-gewasse, maar Poetin bly nommer een op my ranglys. Die tweede plek gaan aan die staatshoof van Iran. Met ons landgenote buite rekening gelaa kry die Oostenrykse staatshoof die derde plek. Die laagste drie plekke (S.A. uitgesluit) word ingeneem deur die yanks Braack Aboma, Al Goor en ‘Heilige’ Jan Knoffel.
2. Die Uruguaan, Suares, se 4-maande skorsing, net omdat hy ‘n Italianer onder provokasie gebyt het, is oordrewe. Hulle kan hom met ‘n muilband laat voortspeel.
3. Oscar en ‘Die Monster’ se getjank in die hof kry kompetisie van die Duitse sokkerspeler, Muller, in die wedstryd teen Portugal, waar hy welverdiend stilgemaak is.

Is Francois Williams, wat knaend ‘volhoubare krag’ in “Die Burger” propageer, en die maniese blogpes dieselfde persoon?