Jy blaai in die argief vir 2014 Maart.

Ek lewe nog, net druk program

23/03/2014 in Uncategorized

Die Burger het my brief “Ook Cullinan kon ‘n legende gewees het” op 6 Januarie geplaas, asook ‘n onlangse sms “Obama en EU erken regerings van Egipte (militere staatsgreep) en Oekraine (petrolbom-betogings) maar nie die uitslag van die Krim-referendum nie. Hoe skynheilig!” Ek wag vergeefs vir die plasing van ‘n bydrae oor klimaatsverandering, wat ek hieronder weergee. Die brief was noodgedwonge kripties om dit kort genoeg te hou. [Tussen hakies brei ek hierop uit].

‘Mense is oorsaak van klimaatsverandering’ (Elsabe Brits,DB 28.2) verwys. Die kwasi-wetenskaplike propaganda duur voort.
“Koolstofdioksiedvlakke is nou die hoogste in 800 000 jaar” [nie korrek nie, maar irrelevant]. Die tydperk sluit die grootste deel van die Pleistoseen in, gekenmerk deur ‘glasiale’ (ystye) en ‘interstadiale’ (warmer tussenposes, waarvan die laaste 10 000 jaar net nog een is. [daar was vir jou klimaatsveranderings ten spyte van beweerde lae CO2-vlakke].

 

Moes nou eers die kleinkat, ‘Liefie’, by die deur uitsit. Sy was al oor die laptop. ‘n Ewebeeld van ‘Skattebol’.

“Sedert 1901 het die seevlak met 20cm gestyg” [bloot onwaar]. Groenland se ysbedekking bereik elke winter 100%. Antarktiese ys neem steeds toe. Siberie en Kanada is oudergewoonte sneeubedek. Vanwaar die water wat die seevlak kwansuis laat styg?
“Die see word … suurder.. Omdat die see CO2 absorbeer” Die oplosbaarheid van gasse in water neem AF met stygende temperatuur [as die see warmer word word gasse uitgedryf]. Atmosferiese CO2 is hoofsaaklik afkomstig van oseane en vulkane [die mens se bydrae enkele persent].
Ten spyte van stygende CO2 in die atmosfeer was daar die afgelope 16 jaar geen globale verhitting nie. Arktiese see-ys is aan’t toeneem, so ook die pakys om Antarktika, soos ‘n span klimatoloe in Desember ervaar het, toe helikopters hul moes red van ‘n [Russiese] navorsingskip wat in dik ys vasgeval het. Die Groot Mere in Noord-Amerika is bykans [92%] toegeys, die ergste in 35 jaar.
“The period 1200-1400 A.D. contained some remarkable climatic instability in Western Europe…” (the Changing Climate – A.L. Lamb,1966). Huidige toestande is ‘n herhaling van die tydperk 1200-1400, na die Middeleeuse Warm Periode, waarop ‘n 600-jaar afkoeling gevolg het. Dis nie verbasend dat temperatuurrekords, wat net na die koudste deel van die Klein Ystyd begin het, tot onlangs ‘n stygende tendens gewys het nie.
Die kwasi-wetenskaplikes probeer ons wysmaak dat warmte van ‘n koeler atmosfeer na ‘n warmer aardoppervlak teruggestraal word (‘back radiation’) [lynreg in botsing met termodinamiese wet]. Die kweekhuis effek is beperk tot geslote stelsels, wat die atmosfeer nie is nie.

 

Michael Mann, skepper van die ‘hokkiestok’-grafiek, die hoeksteen van ‘mensgemaakte aardverwarming’ [ook ‘Mann made global warming’ genoem], het onlangs sy rieme styfgeloop in ‘n hofsaak teen ‘n wetenskaplike skeptikus, Dr. Tim Ball, omdat he verseg om sy rou data beskikbaar te stel vir kontrolering. Twee eise van $10 miljoen elk is nou teen Mann ingestel.