Jy blaai in die argief vir 2013 Desember.

Graeme’s blunder?

23/12/2013 in Uncategorized

In chess ‘blunder’ refers to a stupid move, like leaving your queen under attack by a minor piece. Yesterday, when A.B. lost his wicket, a chess decision was required from the captain. My move would be to leave Duminy, the only remaining recognized batsman, as last-ditch defense. He is a slow starter and needs time to play himself in. For sloggers like Philander, Steyn and Morkel 55 runs were within reach with some 12 overs remaining. They could bat without inhibitions knowing that Duminy was still there, should it become necessary to close shop. With those three in succession attacking the field, Faf could continue as anchor.

Steyn probably came in with orders to play defensively over the last three overs, which can not be faulted, with only three tail-ending wickets in hand. Rather draw now and still have a chance to win the series with a win in the second test. But after the last ball of the match the Proteas were only 8 runs short of what would have been a record breaking victory. One or two boundaries with a few single runs, instead of protecting wickets over two overs.

Poor Amla was traumatized for a second time. Every time when he held that plank, some vicious b…..rd attacked him or his plank with a cobble!

Lang naweek

17/12/2013 in Uncategorized

Die naweek het Donderdagaand na tienuur begin toe Vroulief die Interkaap gehaal het om vir ons eersgeborene te gaan kuier. Die het onlangs van ‘n sekuriteitskompleks na ‘n huis teen Tygerberg se hang getrek. Ek was drie weke gelede ook daar op ‘n heen-en-weertjie (per bus)  vir ‘n vergadering in die stad.
Vrydagoggend dou-voor-dag ‘n kort draffie (3km) gewaag om te toets of ‘n getrekte kuitspier herstel het. Sondagoggend die roete om die dorp gerek na 5km – so ver so goed. My mikpunt van 1000 km vir vanjaar is danksy die besering neusie verby, maar 900 km is nog haalbaar. Na vanoggend sal daar nog 10 km kort.
Na etlike maande met geen reenval het Desember reeds 7.5 mm opgelewer (hier word desimale van mm opgeteken). Die gemiddelde temperatuur vir die maand staan op 22.6C (min. 17.5, maks. 27.7) i.v.m. 23.5C laasjaar.
Skattebol het gister ‘n lewendige muis huistoe gebring. Ek het dit opgetel en in die bad neergesit, eers later gewonder of ‘n knaagdier ook aan vingers knaag! Skattebol en Skatjie het die muis van die bad se rand af dopgehou en huiwerig ‘n stomp voorpoot na die diertjie uitgesteek. Hierdie was egter ‘n dapper muis, wat hulle in die oe gekyk het met handjies in ‘n boks-houding. (Of was dit ‘n gebed/soebat-houding?) Na ‘n tyd het die katte verveeld geraak met die passiewe muis en elders in die huis gaan slaap. Ek kon dit nie oor my hart kry om die diertjie vankant te maak nie en het dit buite op die werf losgelaat. Mens wonder wat die muis uit die episode geleer het.
Gistermiddag ge “gym”  en die slaansak bietjie gekarnuffel. Gisteraand tot nege-uur gelees en ‘n halfuur later die lig afgesit, was nie lus vir TV nie. Op alle kanale, tot die Arabiese, Russiese en Chinese kanale, was dit die hele naweek dieselfde nuusdekking tot vervelens toe.
Meer interessant was die vyf-uur lange verkeersknoop in Noord-Vietnam weens ‘n raar sneeuval (op die Kreefskeerkring nogal!). Ook dat die Poolse minister van Omgewingsake tydens die onlangse COP-beraad in Warskou in die pad gesteek is en dat die ICPP, asook Greenpeace en ander groen organisasies ‘n afjak van die Poolse regering en inwoners gekry het.  Japan se beplande koolstofbesparing is tot ‘n “token” 4% verminder. Is die klimaat-“lobby” se wiele aan’t afkom?
As ek nou moet kies tussen die mees respekwaardige lewende wereldfigure, kom drie na vore: Ons eie Madonsela, Putin en die huidige Pous. Ons staatshoof en Obama  ding op ‘n ietwat laer vlak mee.

O ja, het intussen ‘n nuwe ‘laptop’ en Telkom-modem aangeskaf. Laasgenoemde lyk soos ‘n “moon/mars rover”, kompleet met antennas maar sonder wieletjies. Te oordeel aan al die liggies werk alles nou behalwe die Internet. Intussen moet daar noodgedwonge nog by @lantic gehou word.