Jy blaai in die argief vir 2013 Oktober.

Gou inloer

27/10/2013 in Uncategorized

‘n Bywerking van Tina het my laat besef ek moet rapporteer dat ek nog leef.

Die onaktiwiteit op hierdie blog sedert end Junie is deels te wyte aan frustrasies met knaende sein-onderbrekings (skaars ‘n minuut op internet op ‘n slag). Daar was ook ‘n projek waarvoor afsnydatums in September en Oktober gehaal moes word. Dikwels snags gewerk, die beste skeppende tyd.

Tussen dit alles was Anna en ek die eerste week van September Mauritius toe (net na die eerste afsnydatum) om my batterye te laai. Ek gym en draf nog redelik gereeld, vanoggend voor ontbyt 13.4 km op die N14 in die rigting van Pella. Die mikpunt van 1000 km vir die jaar is binne bereik (nou 814km). Oor ‘n maand kan mens weer begin swem.

Terwyl ek hier skryf was daar alweer drie onderbrekings gevolg  deur elke moontlike boodskappie op Atlantic se repertoire.

Na middel Maart (laaste afsnydatum) behoort daar weer tyd te wees vir blogs. Groete aan almal.