Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

HIT PARADE 28 AUGUSTUS 1965

25/08/2012 in Sonder kategorie

  1. Mr. Tambourine-man – Byrds (3)
  2. Help – Beatles (8)
  3. Baby, the rain must fall – Glen Yarborough (7)
  4. Ciao – Gene Rockwell (5)
  5. Crying in the chapel – Elvis (1)
  6. Woolly boolly – Sam the Sham (2)
  7. World of our own – Seekers (4)
  8. Satisfaction – Rolling Stones (nuut)

 

Na 3 weke bo het Elvis hard geval. Met die Stones se toetrede is 3 van die groot vier weer tegelyk op die hit parade, toevallig die 6de hits vir Elvis, Stones en Beatles. Ek was nooit juis mal oor die Stones nie en ‘Satisfaction’ was myns insiens hul laagtepunt. Maar, daar is mense wat van geraas hou.

Die liedjie hieronder is in 1895 deur Banjo Paterson geskryf, naby waar ons ons tans bevind en so bekend soos ‘My Sarie Marais”(opgedra aan my goeie vriend, Francois W. – Hy is mal oor hierdie wereld en sal ekstaties wees):

Walzing Matilda

Once a jolly swagman(1) camped by a billabong(2)              

Under the shade of a coolibah(3) tree.                                              

And he sang as he watched and waited till his billy(4) boiled:

“You’ll come a-waltzing(5) Matilda(6) with me.

Waltzing Matilda, waltzing Matilda

You’ll come a-waltzing Matilda with me.”

And he sang as he watched and waited till his billy boiled:

“You’ll come a-waltzing Matilda with me.”

Down came a jumbuck(7) to drink at that billabong.

Up jumped the swagman and grabbed him with glee.

And he sang as he shoved that jumbuck in his tucker(8) bag:

“You’ll come a-waltzing Matilda with me.

Waltzing Matilda, waltzing Matilda

You’ll come a-waltzing Matilda with me.”

And he sang as he shoved that jumbuck in his tucker bag:

“You’ll come a-waltzing Matilda with me.”

Up rode the squatter(9), mounted on his thoroughbred.

Down came the troopers(10), one, two, three.

“Whose that jolly jumbuck you’ve got in your tucker bag?

You’ll come a-waltzing Matilda with me.”

Up jumped the swagman and sprang into the billabong.

“You’ll never catch me alive,: said he.

And his ghost may be heard as you pass by that billabong:

“You’ll come a-waltzing Matilda with me.

Waltzing Matilda, waltzing Matilda.

You’ll come a-waltzing Matilda with me.”

And his ghost may be heard as you pass by that billabong:

“You’ll come a-waltzing Matilda with me.”

(1) swerwende werksoeker     (2) poel afgesny van rivierloop

(3) sort eucalyptus-boom        (4) ketel/blik

(5) stap/swerf                          (6) besitting toegevou in kombersrol

(7) skaap                                  (8) padkos

(9) grondbesetter/boer             (10) polisie

 


Min tyd

18/08/2012 in Sonder kategorie

Die ander lede van die reisgroep vanaf Kaapstad nader nou die O.R.-lughawe. Oor ‘n rukkie sal dit amper ‘n familie-reunie wees, met al die kinders, skoonkinders en kleinkinders bymekaar, buiten vir die waar ons Donderdagaand oorgebly het.

Die tyd het aangebreek om die laptop af te skakel en te bere vir die volgende twee weke. (Die ‘Hit Parade’-poste sal wel oor die naweke geplaas word.)

Tot dan

Hit Parade: 21 Augustus 1965

17/08/2012 in Sonder kategorie

1. Crying in the chapel – Elvis (1)

2. Woolly boolly – Sam the Sham (4)

3. Mr. Tambourine-man – Byrds (7)

4. World of our own – Seekers (3)

5. Ciao – Gene Rockwell (8)

6. Long live love – Sandie Shaw (2)

7. Baby, the rain must fall – Glen Yarborough (nuut)

8. Help – Beatles (nuut)

‘Crying’ was nou al 3 weke bo. No.7 se liriek is voorheen verskaf. ‘Help’ was die Beatles se 6de hit sedert die begin van die reeks. Die liedjie hieronder van Rolf Harris dink ek dateer uit die 1970s. Ek weet nie of dit op die Hit Parade was nie, maar dit was vir my ‘n uitsonderlike liedjie.

Two little boys had two little toys

Each had a wooden horse.

Gaily they played each summer’s day

Warriors both of course.

One little chap then had a mishap

Broke off his horses head.

Wept for his toy, then cried with joy

As his young playmate said:

“Did you think I would leave you crying

When there’s room on my horse for two.

Climb up here Jack and don’t be crying

I can go just as fast with two.

When we grow up we’ll both be soldiers

And our horses will not be toys.

And I wonder if we’ll remember

When we were two little boys.”

Long years passed, war came so fast

Bravely they marched away.

Cannons roared loud and in the mad crowd

Wounded and dying lay.

Up goes a shout, a horse dashes out

Out from the ranks of blue.

Gallops away to where Joe lay

Then came a voice he knew:

“Did you think I would leave you dying

When there’s room on my horse for two.

Climb up here Joe, we’d soon be flying

Back to the ranks of blue.

Can you feel Joe I’m all a tremble

Perhaps it’s the battle’s noise

But I think it’s that I remember

When we were two little boys.”

Die reis begin

16/08/2012 in Sonder kategorie

“Hoe koud is die windjie en skraal

En blink in die doflig en kaal

So wyd as die Heer se genade

Le die velde in sterlig ……..”

Was dit N.P. van Wyk Louw, Totius of ‘n ander digter se woorde van ‘n eeu gelede? Die woorde het van iewers in my skooljare by my opgekom vanoggend dou-voor-dag toe die ‘berge’ van Pofadder agtergelaat is en die 30 km reguit pad dwarsoor die Kaboepriviervallei voor ons uitstrek.

‘n Rukkie gelede het ek ons skatkat voor my bors in my arms gehou en telepaties (sy is goed daarmee!) aan haar vertel dat ons vir ‘n tyd gaan weg wees, maar weer terugkom. Sy en die honde bly agter maar daar is gereel dat hul daagliks versorg sal word. Sy moet liefs nie straat toe gaan nie. Daar is allerhande nare goed soos honde en karre wat haar kan seermaak. Net gisteraand het sy haar eerste voeltjie, ‘n jong tortelduif, gevang en ewe groots huis toe gebring om vir ons te wys. Nadat ek haar met duif en al by die deur uitgesit het om buite daarmee te speel, moes daar eers vere in die gang bymekaar gevee word.

Omtrent 5 weke gelede, met die liriek van Max Bigraves se ‘Remember when we made those memories’, is daar terloops genoem dat daar vir ons ook so ‘n reis in die vooruitsig is. Vandag het ons tot in Klerksdorp gekom, met kort onderbrekings by ‘Die Werf’, Keimoes vir ontbyt, Kathu vir petrol en Vryburg vir ‘n wegneemete by ‘Fishaway’. In Keimoes was dit al lig genoeg dat ek kon seker maak die vliegkaartjies en paspoorte/visums het nie tuisgebly nie. More verder tot in Johannesburg, (Die ‘gumboots’ is vergeet! Vir die suur mynwater in die strate!) waarvandaan Saterdagaand ‘n vlug na Perth gehaal word.

Ek en Anna gaan op die voetspore van byna twintig jaar gelede trap. Toe het ons Perth, Albany (in Wes-Australie), Cairns (spreek dit uit soos blikke in Engels), Townsville en Sydney aangedoen. Tussen Cairns en Townsville in Queensland was ons vier dae per boot tussen die koraalriwwe en -eilande. Hierdie keer vlieg ons egter van Perth direk na Brisbane (Quade Cooper se wereld) en daarvandaan na Sydney voordat ons terugkeer teen begin September. Ons word vergesel van ons vriendin van Bettiesbaai, asook oudste seun en gade (hy het als gereel en gaan deels om sake-redes).

Ek sal nog eerskomende naweek die Hit Parade behartig. Die laptop bly in Jhb agter en die volgende twee Hit Parades sal deur Woef namens my geplaas word. Na die tyd behoort daar egter baie blogmateriaal te wees.

Hit Parade: 14 Augustus 1965

11/08/2012 in Sonder kategorie

1. Crying in the chapel – Elvis (1)

2. Long live love – Sandie Shaw (4)

3. World of our own – Seekers (2)

4. Woolly Boollly – Sam the Sham (8)

5. Wonderful world – Herman’s Hermits (5)

6. It’s not unusual – Tom Jones (3)

7. Mr. Tambourine-man – Byrds (nuut)

8. Ciao – Gene Rockwell (nuut)

Ahoewel ‘Hey Mr. Tambourine-man, play a song for me ..’ al is wat ek van die liriek onthou, is die wysie steeds bekend.

Gene Rockwell is terug met sy derde ‘hit’, terwyl Elvis vir die tweede agtereenvolgende week bo is. 

Matt Monroe kon sing. Sy stem kan met Jim Reeves s’n vergelyk word. ‘Born Free’, die titel-wysie van die fliek oor ‘n leeuin, Elsa, sal waarskynlik klokkies laat lui. ‘Walk away’ was een van my groot gunstelinge van destyds:

La la la la la la la la la la la la la

Walk away, please go

Before you throw your life away

A life that I could share for just a day

We should have met some years ago

For your sake I say

Walk away, just go

Walk away and live

A life that’s full, with no regrets

Don’t look back at me

Just try to forget

Why build a dream that cannot come true

So be strong, reach the stars now

Walk away, walk on

If I had a choice

I’d beg you to stay

So don’t say a word

Just run right away

mm, goodbye my love

My tears will fall now that you’re gone

I can’t help but cry, but I must go on

I’m sad [of was dit ‘To think’] that I, after searching so long

Knew I love you, but told you

Walk away, walk on

La la la la la la la la la la la la la

Wa..lk on..

Hit Parade: 07 Augustus 1965

03/08/2012 in Sonder kategorie

(vorige posisie)

1. Crying in the chapel – Elvis Presley (4)

2. World of our own – Seekers (1)

3. It’s not unusual – Tom Jones (2)

4. Long live love – Sandie Shaw (5)

5. Wonderful world – Herman’s Hermits (8)

6. I need you – Rick Nelson (3)

7. Under the boardwalk – Rolling Stones (6)

8. Woolly Boolly – Sam the Sham & The Pharaos (nuut)

Elvis het weereens ‘n toptreffer, met Nos. 2,3,6 en 7 wat almal al bo was. Hellin Suzman, ekskuus Zille, se verhoogliedjie ‘Koekie Loekie'(met sy stywe broekie) is moontlik op ‘Woolly Boolly’ geskoei.

Die liedjie hieronder spook al heel week by my. Dit dateer van voor Elvis se tyd af, nog voordat ek eers geweet het van ‘hit parades’ en popmusiek. Die sangeres, Cathy Kirby is seker ook al lank oorlede:

My secret love

Once I had a secret love

 That lived within the heart of me

All too soon my secret love

Became impatient to be free

So I told a friendly star

The way that dreamers often do

Just how wonderful you are

And why I’m so in love with you

Now I shout it from the highest hill

Even told the golden daffodils

At last my heart’s an open door

And my secret love’s no secret anymore

Now I shout it from the highest hill

…………………………………………….

……………………………………………

And my secret love’s no secret a.ny.mo…..re