Jy blaai in die argief vir 2012 Mei.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

26/05/2012 in Sonder kategorie

1. Key to your heart – Emile Dene (2)

2. Torture – Gene Rockwell (1)

3. Lovely-lovely – Chubby Checker (3)

4. I need you – Ricky Nelson (7)

5. Do what you do do well – Ned Millar (4)

6. I know a place – Petula Clark (8)

7. Ticket to ride – Beatles (nuut)

8. Under the boardwalk – Rolling Stones (nuut)

 

Na 3 weke bo is ‘Torture’ onttroon deur ‘n (vir my) onbekende sanger met ‘n liedjie wat ek steeds nie kan onthou nie. Die tweestryd tussen die twee gewildste groepe word voortgesit met nuwe ‘hits’ van albei. Negersangers Louis (Satchmo) Armstrong en Chubby Checker het al in hierdie reeks verskyn. Nog ‘n baie gewilde negersanger was Nat (King) Cole, wie se bekende liedjie, ‘Unforgettable’ se liriek hierdie week geplaas word:

Unforgettable, that’s what you are

Unforgettable, though near or far

Like a song that clings to me

How the thought of you do things to me

Never before has someone been more

Unforgettable in every way

And for evermore, that’s how you’ll stay

That’s why darling it’s incredible

That someone so unforgettable

Thinks that I’m unforgettable too

Oh, unforgettable in every way

And for evermore, that’s how you’ll stay

That’s why darling it’s incredible

That someone so unforgettable

Thinks that I’m unforgettable too.

 

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

19/05/2012 in Sonder kategorie

1. Torture – Gene Rockwell (1)

2.Key to your heart – Emile Dene (4)

3. Lovely-lovely – Chubby Checker (5)

4. Do what you do do well – Ned Millar(3)

5. Lemon tree – Trini Lopez (2)

6. Tired of waiting for you – Kinks (6)

7. I need you – Ricky Nelson (nuut)

8 I know a place – Petula Clark (8)

Torture was nou reeds 3 weke op No.1. Selfs gedurende die ‘Goue era van musiek’ was ‘I need you’ iets besonders en tel steeds onder my top tien gunsteling-liedjies:

If you should ever think of leaving me

Don’t let it go to far

The love of a life-time

Darling that’s what you are

I know I could never ever stop loving you

No man is an idol

And I need you, honest I do

Every single day my love for you

Keeps growing more and more

The lips of an angel never kissed me before

Through all of my life-time I’ll be counting on you

To love me forever

Cause I need you, honest I do

It took an awful lot of looking to find you

Oh, what a time I’ve been through

Darling it’s not very easy

Finding an angel like you

Two of us together hand in hand

We’ll stand at heaven’s door

Together forever I’ll be yours evermore

And now that I’ve found you

I’ll be counting on you

To love me for ever

‘Cause I need you, honest I do

I need you, honest I do

Skattebol

12/05/2012 in Sonder kategorie

My vrou en ek voer al vir jare ‘n kat-familie by die huis wat vroeer gehuur is. Nadat ons in ons eie huis in Pofadder ingetrek het is die ritueel voortgesit. Elke dag na die middagslapie neem ons kos en melk en vul die water- en katpillebak aan. Die diere kom haal ons wanneer daar stilgehou word en word beurtelings opgetel. Mens moet versigtig trap want hulle is al rondom mens se voete. Alhoewel daar van tyd tot tyd kleintjies bykom bly die getal weens natuurlike attrisie redelik konstant op sowat tien katte. Daar is tans weer 4 klein katjies (‘n vyfde is reeds geruime tyd vermis).

Een van die vier het kort voor die Paasnaweek ‘n bloederige wond aan die agterbeen opgedoen. Vermoedelik is die been uit die kake van ‘n hond geruk en is ‘n gedeelte van die pels rondom die hak agtergelaat. Anna het daardie tyd in die Kaap gekuier. Ek het min hoop gehad dat die diertjie sou oorleef, omdat hy te stadig by die kosbakke gekom het. Daar is ook gevrees vir gangreen. Een dag het hy so op drie bene na sy ma gehink, asof hy wou se, “Mamma, ek is seer!” Sy het sy koppie gelek, “My arme kind, ek kan jou nie help nie”. Ek het saam met die dingetjie gely, maar was magteloos omdat hy gevlug het as ek nader probeer kom.

Die eerste dag wat Anna terug was, het sy besluit dat die katjie moet saamgaan huis toe om daar te herstel. Toe ek weer sien was hy onder haar trui en het ewe gedwee saam huis toe gery. Daar is die wond skoongemaak en die toegeboude voorstoep ingerig vir die pasient, met ‘n snoesige slaapplek, sandboks en bakkies kos, melk, water en ander lekkernye. Saans voor die TV steek net sy koppie by Anna se japon uit. Wanneer sy hom vir my bring kon ek hom vashou, maar andersins het hy op ‘n afstand van my gebly. Onder die T.L.C.- behandeling kon hy nie anders as om te herstel nie en die wond is bykans weer met pels bedek. Hy loop nou op al vier bene en hink nog net effens. Vroulief het hom geleer speel met opgevrommelde stukkies papier, wol wat soos ‘n vislyn oor die mat getrek word en enigiets anders wat hy kan laat beweeg. 

Die katjie is oorwegend swart, met ‘n wit magie, kennetjie en om die neusie. Die pootjies het wit sokkies van verskillende lengtes. Hy kan nog in my skoen pas. Vir Anna is hy ‘ma-se-kat’, terwyl ek hom sommer ‘skattebol’ noem. Nadat ek ‘n paar keer my middagslapie op die divan op die voorstoep geniet het, word ek nou aanvaar as een van die meubels. Vroeer in die week, terwyl Anna in die kombuis doenig was, het die katjie hom op my bors tuisgemaak, waar ek voor die TV gesit/le het. Na  ‘n rukkie is my hand met ‘n poot nadergetrek, asof hy wou se, “Jy mag my maar streel”. Terwyl ek netnou TV-rugby gekyk het was hy uitgestrek op sy rug oor my bors, met sy koppie op die waai van my elmboog, terwyl die voorpootjies soos ‘n pikkewyn se vlerke langs die sye gehang het.

Slaaptye word afgewissel met speeltye. Gedurende die Stormers-Cheetahs wedstryd vanaand het ek nie veel notisie van die katjie geneem nie, was net vaagweg bewus van stampgeluidjies onder die stoele, soos hy iets rondklap. Dit het later geblyk ‘n rol toiletpapier te wees wat afgerol en al om die stoelpote gevleg geraak het. Dan kyk hy jou aan met ogies vol onskuld!

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

11/05/2012 in Sonder kategorie

1. Torture – Gene Rockwell (1)

2. Lemon tree – Trini Lopez (3)

3. Do what you do do well – Ned Millar (2)

4. Key to your heart – Emile Dene (6)

5. Lovely-lovely – Chubby Checker (7)

6. Tired of waiti’ for you – Kinks (4)

7. Come tomorrow – Manfred Mann (5)

8. I know a place – Petula Clark (nuut)

Petula Clark se debuut ‘Down-town’ was 2 weke lank die No.1. Skaars drie maande later is sy terug met ‘I know a place’. Hierdie week se liriek is Ned Millar se ‘hit’ hierbo (onderhewig aan korreksies):

He couldn’t move a mountain

Nor pull down a big oak tree

But my daddy became a mighty big man

With a simple philosophy:

Do what you do do well, boy

Do what you do do well

Give your love and all your heart

And do what you do do well.

Sometimes he kissed my mother

And held her tender lips

Then he looked across her head

With a wink to me, and this is what he said:

Do what you do do well,boy

…………………………………….

He was a man of laughter

But when tragedy came by

The tears ran free, and he said to me

Never be afraid to cry

Do what you do do well, boy

……………………………………..

Sometimes I still remember

Just like yesterday

Of a mighty big man, with a mighty big heart

And his simple philosophy

Do what you do do well,boy

Do what you do do well

Give your love and all your heart

And do what you do do well.

Do what you do do well. 

Russe en hul dinge

11/05/2012 in Sonder kategorie

Twee nuusflitse op Aljazeera (kanaal 406) gedurende die week het my oog gevang:

“The Russian president, Vladimir Putin, announced $770 billion to be spent on military during annual victory day parade”

Sjoe! En ons ‘moan’ oor die paar miljoen rand se drank gedurende die jaarlikse polisie-dag wat deur Cele ingestel is.

“Brand-new Russian plane with 40 passengers on board goes missing during demonstration flight in Indonesia”

‘Test flight’ word seker bedoel.

Sowat twee-derdes van die boormonsters is reeds geprosesseer. Gedurende die afgelope tyd is blogs (die lees en skryf daarvan) afgeskeep. My normale aktiwiteite soos ‘gym’ en draffies het ook tydelik in die slag gebly. Na ‘n ton of wat se materiaal daagliks gehanteer is (eintlik 3 keer in die proses) makeer die entoesiasme vir verder fisiese aktiwiteite. Die fisiese tamheid affekteer ook mens se geestelike/intellektuele stamina, vandaar die gebrek aan blog-aktiwiteit. Teen Sondag hoop ek om weer ‘n bydrae te maak, hierdie een oor ‘n klein katjie wat by ons kom aansterk het na ‘n besering. 

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

04/05/2012 in Sonder kategorie

1. Torture – Gene Rockwell (2)

2. Do what you do do well – Ned Millar (4)

3. Lemon tree – Trini Lopez (6)

4. Tired of waiting – Kinks (1)

5. Come tomorrow – Manfred Mann (3)

6. Key to your heart – Emile Dene (nuut)

7. Lovely-loveley – Chubby Checker (nuut)

8. I could easily fall – Cliff Richard (7)

Na twee weke op No.1 het ‘Tired of waiting’ se plate-verkope momentum verloor en haal Gene Rockwell met sy tweede treffer die eerste keer die top-posisie. Hierdie was ‘I could easily fall’ se laaste week op die Hit Parade – na 9 weke, waarvan 4 weke op No.1.

Emile Dene as sanger onthou ek net vaagweg en kan sy liedjie glad nie onthou nie. Chubby Checker was die verhoognaam van ‘n Amerikaanse neger-sanger en ‘Lovely-lovely’ onthou ek so op ‘n manier. Daar was daardie tyd ook ‘n ‘Fats Domino’, netsoos ‘Koos Kombuis’ en ‘Worsie Visser’ vir ‘Johannes Kerkorrel’ nageaap het met ‘n plat verhoognaam.

Soos laasweek belowe, hier is ‘Lemon tree’ se liriek, soos ek dit onthou:

When I was just a little boy

My father said to me

Come here and take a lesson

From the lovely lemon tree.

Don’t put your faith to love, my boy

My father said to me.

You’ll learn, my son, that love is like

The lovely lemon tree.

Lemon tree very pretty, and the lemon flower is sweet

But the fruit of the lemon is impossible to eat.

Lemon tree very pretty, and the lemon flower is sweet.

But the fruit of love or lemon is impossible to eat.

One day beneath the lemon tree

My love and I did lie

Girl so sweet that when she smiled

The stars rose in the sky.

We spend that summer lost in love

Beneath the lemon tree.

The music of her laughter

Hid my fathers words from me:

Lemon tree very pretty and the lemon flower is sweet

But the fruit of the lemon is impossible to eat.

Lemon tree very pretty, and the lemon flower is sweet.

But the fruit of love or lemon is impossible to eat.

One day she left without a word

She took away the sun.

And in that dark she left behind

I knew what she had done.

She left me for another

A common tale but true.

A sadder man but wiser now

I’ll sing this song to you.

Lemon tree very pretty, and the lemon flower is sweet

But the fruit of the lemon is impossible to eat.

Lemon tree very pretty and the lemon flower is sweet

But the fruit of love or lemon is impossible to eat.