Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

11/02/2012 in Sonder kategorie

1. Rock and roll music – Beatles (1)

2. I wouldn’t trade you for the world – Bachelors (3)

3. Downtown – Petula Clark (5)

4. Roustabout – Elvis (4)

5. The wedding – Julie Rogers (2)

6. All day and all of the night – Kinks (nuut)

7. I feel fine – Beatles (7)

8. She’s not there – Zombies (6)

Vir die derde week is ‘Rock and roll music’ bo en reeds vir 5 weke het die Beatles 2 nommers tegelyk op die Hit Parade.

 ‘n Ander treffer van die Kinks was ‘A well-respected man’, maar of dit vroeer of later was kan ek nie meer onthou nie. Hul begeleiding was nogal ‘weird’.

Die liriek vir die week is ‘n liedjie van ‘n sangeres wie se naam my ontgaan het. Die titel mag “Those were the days’ wees of  dalk nie. Een van die lesers kan my hier reghelp. Ek tik die woorde soos dit deur my kop maal, nie sonder ‘n tikkie weemoed nie.

Once upon a time there was a tavern

Where we used to raise a glass or two

Remember how we laughed away the hours

Think of all the great things we would do

Those were the days my friend

We thought they’d never end

We’d sing and dance for ever and a day

We’d live the life we choose

We’d fight and never lose

Those were the days

Oh yes, those were the days

La la la la la la

La la la la la la

Those were the days

Oh yes, those were the days

Then the busy years went whashing by us

We’ve lost our starry notions on the way

If by chance I’d see you in the tavern

We’d smile at one another, and we’d say

Those were the days

Just tonight I stood before the tavern

Nothing seemed the way it used to be

In the glass I saw a strange reflection

Was that lonely person really me

Through the door there came familiar laughter

I saw your face and heared you call my name

Oh my friend, we’re older but no wiser

For in our hearts the dreams are still the same

Those were the days …

Ice

10/02/2012 in Sonder kategorie

Ships frozen in on the Elbe river, shipping stopped on the Lower Danube due to drift ice, Vriesland canals frozen, Venetian waterways iced up, snow in the Sahara – all part of the current ‘cold snap’ in Europe, as well as various parts of Asia and North America. A chilly morning here in Pofadder, the first so far this year.

It all reminded me of this book about the sudden beginning of a new ice age. In a similar vein but covering a longer run-up period was “The Third Winter” (Can’t find it, must have lended it out). Only fiction of course, such an event is highly unlikely. After all, climate scientists maintain that the Earth is warming due to CO2-emissions. Seeing that they earn their salaries from ‘Global Warming’, that makes them professionals on that subject. There is consensus amongst them (apart from the odd Nobel Prize winner, and a few thousand other scientists who are openly sceptical).

Terra australis: 14. Cook se tweede reis (vervolg)

09/02/2012 in Sonder kategorie

Gedurende April en Mei 1773 het die Resolution en die Adventure in ‘Queen Charlotte Sound’, N.Z., vertoef terwyl hul bemanning van skeurbuik herstel het. Op 7 Junie word die ekspedisie hervat.Nadat hulle deur die Cook-seestraat tussen Noord- en Suid-eiland  die Stille Oseaan bereik het, word eers suidoos gedraai tot in die laer 40 breedtes en dan oos gehou. Geen land is op daardie roete gevind nie en by 133 grade wes word noord geswaai na Tahiti, wat op 16 Augustus bereik word. Oor die volgende maand of wat word verskeie eilande in die Society-groep besoek, daarvandaan wes na Tonga, wat deur Tasman ontdek is, maar deur Cook na die ‘Friendly Islands’ herdoop is. Op pad terug na Cook-seestraat word die skepe gedurende ‘n storm geskei. Cook op die Resolution het by hul afgesproke rendezvous, Queen Charlotte Sound, vir Furneaux en die Adventure gewag, maar op 25 November besluit om alleen na die Antarktiese gebied te vaar.

Furneax het ‘n paar dae later by Q.C.S. opgedaag. Nadat een van sy bemanning deur Maori’s doodgemaak en gedeeltelik geeet is, het die Adventure koers gekry Kaapstad toe oor Kaap Hoorn. Deur op hoe breedtes te hou kon hy bevestig dat ‘Cape Circumcision’, wat en waar dit ook al was, nie deel van ‘n Suidelike Kontinent kon wees nie. Hy het Engeland in Julie 1774, ‘n jaar voor Cook, bereik en was die eerste om van wes na oos om die wereld te vaar.

Op 21 Desember was die Resolution weer in los ys op 67S/144E, waar tussen ysberge deur maneuver moes word. Dit was mistig en stormagtig. “Our ropes were like wires. Sails like boards of metal and the sheaves frozen fast in the blocks so that it required our utmost effort to get a topsail down”. Op 24 Desember word noord gedraai tot op 47S/122W, waar hulle sowat 600 myl van die roete van 1769 na Tahiti was. Op 30 Januarie 1774 kry hulle nogmaals koers suidwaarts tot op 71S/107W, waar hulle deur ‘n uitgestrekte ysveld in die Amundsen-see gestuit word. George Vancouver,wat ‘n beroemde ontdekker in eie reg geword het, was op die punt van die boegspriet die verste suid toe Cook opdrag gegee het om om te draai.

Die volgende landing was by Easter-eiland met sy reuse standbeelde. Terug by Tahiti was hulle net betyds om ‘n armada van kano’s, met 8,000 Tahitiaanse mans, vergader te sien vir ‘n aanval op die nabygelee Moorea-eiland. (Tahitiane maak dus behalwe liefde ook oorlog!) Op 5 Junie vaar Cook deur die New Hebrides-eilande, Quiros se Austrialia del Spiritu Santo wat hy vir die Suidelike Kontinent aangesien het, terug na Q.C.S. verby Norfolk-eiland. Op pad huis toe vaar hulle om Kaap Hoorn en oos daarvan annekseer Cook ‘South Georgia’ en ontdek die Sandwich-eilande.

Op 29 Junie 1775 is die Resolution terug in Plymouth, na ‘n reis van 3 jaar oor 70,000 myl. Slegs 4 van Cook se bemanning is verloor en nie een weens skeurbuik nie. Deur die Suidelike Oseaan te deurkruis kon bewys word dat daar geen ander Suidelike Kontinent behalwe ‘New Holland’ (Australie) was nie, tensy dit suid van die ysvelde gelee is (Antarktika), waar dit van weinig nut vir Engeland sou wees.

Tussenin

08/02/2012 in Sonder kategorie

Na laasnag se hemelse vuurwerkvertoning waartydens 20 mm geval het, is ek vanoggend 6 uur op om ‘Terra australis’ 14 in te tik. ‘n Uur later vind ek dat daar intussen kontak verloor is met die ‘distant modem’ en na nog ‘n uur se gesukkel strip my moer en skakel ek die laptop af. More sal ek weer probeer, maar vir intussen hierdie antieke koerant-uitknipsel.

Terra australis: 13. Cook se tweede reis (vervolg)

07/02/2012 in Sonder kategorie

Op 22 November 1772 vertrek die Resolution en die Adventure vanaf Kaap van Goeie Hoop suidooswaarts op die eerste been van die ekspedisie, op soek na ‘Point Circumcision’, ontdek in 1739 deur Pierre Bouvet, wat dit beskou het as deel van die Suidelike Kontinent. Op 12 Desember op 52 grade suid gewaar hulle die eerste ysberge, “..six islands this 24 hours, some of which were near two miles long and about 200 feet high, on the Weather side of them the Sea broke very high..” By 55 grade suid “… we were stopped by an immense field of Ice, to which we could see no end … We now bore away SSE and SE as the Ice trended, keeping close by the edge of it, where we saw many Penguins and Whales and many of the Ice Birds..”

Dit was bitter koud met sneeu, maar op 18 Desember het sterk wind hulle in ‘n noordoostelike rigting weg van die ysveld gevoer. Op 25 Desember is met ‘n skeepsboot probeer om vars water van ‘n ysberg te kry, maar sonder sukses. Die soektog na ‘Point Circumcision’ het hulle 1,000 myl oos van Bouvet-eiland geneem. Bouvet se meridiaan daarvoor is bereik op 3 Januarie 1773, maar in ideale weerstoestande was daar niks te sien nie. Cook het afgelei dat Bouvet ‘n ysberg vir land aangesien het en besluit om eerder die Kontinent verder suid te soek. Op 17 Januarie is die Antarktiese Sirkel oorgesteek (“undoubtedly the first and only ship(s) that ever crossed that line”). Op 66.36Suid en 39.35Oos was die vasteland Antarktika 300 myl verder oos.

Cook het hiervandaan ‘n oostelike rigting ingeslaan, maar op 9 Februarie het die twee skepe in digte mis kontak met mekaar verloor. Daar is vooraf ooreengekom dat in so ‘n geval albei skepe vir 3 dae in die omgewing moet bly en daarna Nieu Zeeland toe vaar vir ‘n rendevouz. Cook op die Resolution het na 2 dae sy reis hervat in ‘n suidoostelike rigting tot by 60 grade suid, steeds op soek na land in ‘n stormagtige see. Indien hy verder gegaan het sou hulle ‘Wilke’s Land’ op Antarktika bereik het.

Op 27 Maart anker die Resolution in ‘Dusky Bay’ aan die suidooskus van Nieu Zeeland, na 117 dae op see en 11,000 seemyl buite sig van enige land. Die Adventure is gevind in Queen Charlotte Sound. Kaptein Furneaux het Tasmanie op 11 Maart bereik en noordwaarts langs die ooskus gevaar. Hy het die eilande by die oostelike ingang van ‘BassStrait’ (tussen Tasmanie en Australie) gesien, maar nie die seestraat binne gevaar nie. Furneaux het nie Cook se maatreels teen skeurbuik nougeset gevolg nie en die bemanning van die Adventure was slegter daaraan toe as die van die Resolution. Cook het egter met wilde seldery en ‘scurvy grass’  almal weer laat herstel.  

Terra australis: 12. Cook se tweede reis

06/02/2012 in Sonder kategorie

“Amid the tumult of publicity that greeted the safe return of the ship (Endeavour) and her crew to England in July 1771, it was clear that only one place ravished the public imagination: Tahiti, languid isle of the Golden Age, Cytherea of the Pacific. New Zealand was next in order of interest, while Australia (New Holland) ran a poor third. Naturally there was professional curiosity among scientists as to the plants and fauna of the new continent. But no kangaroo, even when painted by George Stubbs, could possibly compete with Tahitian princesses as an object of fantasy. There was something, if not exactly dull, at least ungraspable about that flat hot fringe of a blank continent, sown about with deadly reefs.” ‘The Fatal Shore’, Robert Hughes.

Die hoofrede vir Cook se tweede wereldreis was om eens en vir altyd vas te stel of  daar regtig ‘n kontinentale landmassa in die Suidelike Oseaan bestaan. Sy doel was om deur die loop van twee suidelike somers om die aarde te vaar suid van 40 grade  suiderbreedte; vanaf Kaap van Goeie Hoop ooswaarts na Queen Charlotte Sound, New Zealand, dan na Kaap Hoorn voordat dit winter raak en steeds oos totdat die lengtegraad bereik is waar die reis begin is. As geen land in die suidelike Indiese of Stille Oseaan gevind word nie, moes hy in die Stille Oseaan noord vaar na Tahiti vir die winter, waar hul voedselvoorraad aangevul kan word. Daarvandaan moes daar wes gevaar word om Quiro se Austrialia del Espiritu Santo te probeer herontdek. “n Ander, politieke, doel vir die reis was om die Franse voor te spring om ontdekkings in die omstreke te maak.

Cook, nou ‘n kommandeur, vertrek van Plymouth in Julie 1772 met twee omgeboude steenkoolskepe – die Resolution, 460 ton as sy vlagskip en die Adventure, 330 ton onder kaptein Tobias Furneaux. Joseph Banks was nie die keer saam nie. Onder die wetenskaplikes was twee astronome, nog ‘n Sweedse botanis en twee kunstenaars. By die Kaap (Kaapstad) is hulle ingelig van twee Franse ekspedisies, een onder bevel van Yves Kergeulen-Tremarec, wat vroeer die jaar die Kergeulen-eilandgroep ontdek het. Die ander Franse kommandeur was Marion-Dufresne wat saam met Luitenant Crozet vanaf Mauritius gevaar en Marion en Crozet eilande in die Indiese Oseaan ontdek het, voordat hulle in New Zealand omgekom het.

Die week se nuus

05/02/2012 in Sonder kategorie

Van die gebeure die afgelope week is oor die hele tydperk volgehou en deur feitlik alle nuusmedia gedek.

Republikeinse Presidentswedloop, VSA. (Dinsdag, Die Burger en Aljazeera)

Romney wen ook in Florida met 46% stemme teenoor Gingrich se 32%, Santorum 13% en Paul 7%. Peilings wys dat Gingrich landwyd in Romney se nek blaas. Indien Santorum en Paul hul onttrek en hul konserwatiewe ondersteuners by Gingrich s’n gevoeg word, kan Gingrich die knoop deurhaak. Die volgende voorverkiesing is in Nevada volgende Saterdag.

 

 

Vatikaan erg korrup, toon briewe (Die Burger,Dinsdag)

“Die Vatikaan is ‘n katnes van korrupsie en nepotisme”, blyk uit ‘n reeks briewe wat Aartsbiskop Carlo Maria Vigano, sekretaris-generaal van die Vatikaanse regering aan die Pous geskryf het en wat uitgelek het. Toe Vigano in 2009 aangestel is het hy gevind dat die finansies van die Vatikaan in die hande van ‘n komitee is, wat eerder na hul eie belange omsien as na die van die Vatikaan. Alhoewel Vigano se aanstelling tot 2014 sou geld, is hy op 22 Maart 2011 deur Pous Benedictus XV1 uit sy pos verwyder en as ambassadeur na Washington gepos.

‘A Trembling upon Rome’ is ‘n goed-nagevorste historiese roman deur Richard Condon. Die boek handel oor Baldassara Cossa, gebore in ‘n familie van seerowers, wat in 1410 Pous Johannes XV111 geword het, sonder dat hy ooit ‘n kerklike loopbaan gevolg het. Hy was gemanipuleer deur die skatryk Cosimo di Medici – ‘n verhaal van gierigheid, moord en intrige!

 

Impala Platinum dank 26,000 werkers af (e-TV)

Impala het by twee geleenthede die week elke keer 13,000 werkers afgedank wat aan ‘n onwettige staking deelgeneem het. Die werkers kon weer aansoek doen om betrekkings, mits hulle dadelik weer begin werk.

Ek beskou vakunies as die kanker in kapitalisme. As meer maatskappye Impala se voorbeeld wil volg, kan vakunies se mag dalk gebreek word. In ‘n werklike vrye mark staan dit enige werker vry om sy posisie te verbeter deur uit te kyk vir ‘n beter pos by ander maatskappye. Sy eie werkgewer sal hom wil behou as hy ‘n goeie werker is. Die vakunies beskerm die swak werkers.

 

Ysige winter in Noordelike Halfrond

Ongewone swaar sneeuvalle en lae temperature het reeds talle lewens geeis en ontwrigting veroorsaak.

Ukraine – 122 lewens; Pole – 29 lewens; Serbie – noodtoestand; U.K.-vlugte gekanselleer; Italie – swaarste sneeuval in 25 jaar; Japan – al weke onder ‘n sneeu-kombers, minstens 60 lewens; aflewering van Russiese aardgas na Europa weens koue weer met 30% verminder; Alaska – temperature so laag as minus 60 grade Celsius; Finland – Maandag ‘n nuwe koue rekord toe -35C aangeteken is; Korea – waterpype bars, vervoer ontwrig,  -17C in Seoul ‘n 55 jaar rekord vir Februarie, dele van die land die laagste temperature op rekord; Indie – in die noordelike state het dodetal reeds tot 135 gestyg sedert die koue op 16 Desember toegeslaan het; Turkye – swaar sneeuval in Istanboel, die laagste temperatuur in 33 jaar op 2 Februarie; Australie – Sydney bereik 30 grade C eers na 60 dae op 30 Januarie, die koelste somer in 15 jaar.

As ons nou nie aardverwarming weens stygende CO2 gehad het nie, hoe koud sou dit dan nie gewees het nie?

 

Zuma se doktorsgrade (Die Burger,Vrydag)

Ons prez. het al 7 eredoktorsgrade.( xX?)

 

Malema se skorsing gehandhaaf (CCTV, Saterdag)

Nou wag ons om te sien wat Binnelandse Sake, die Valke en die O.B. gaan doen. Gaan sy finansiele naelstring met Limpopo afgesny word? Hoe lank sal hy nog sy lyfwag kan bekostig?

 

VSA se goeie arbeidsyfers laat rand verstewig (Die Burger,Saterdag)

Die Rand het verstewig tot sy hoogste vlak teenoor die dollar in meer as 4 maande na bekend gemaak is dat die VSA se werkloosheid tot die laagste vlak in 3 jaar gedaal het.

Die ekonomie maak nie vir my sin nie. Minder werkloosheid is tog goeie nuus en behoort die dollar te laat verstewig, of hoe? 

 

 

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

04/02/2012 in Sonder kategorie

1. Rock and roll music – Beatles (1)

2. The wedding – Julie Rogers (2)

3. I wouldn’t trade you for the world – Bachelors (7)

4. Roustabout – Elvis (8)

5. Down town – Petula Clark (nuut)

6. She’s not there – Zombies (3)

7. I feel fine – Beatles (5)

8. When you walk in a room – Searchers (4)

Die tweede week op No.1 vir ‘Rock and roll music’.

Petula Clark maak haar eerste verskyning op die ‘Hit Parade’, die eerste van talle treffers. Sy het ook ‘n mede-hoofrol gespeel in die fliek ‘Goodbye Mr. Chips’, wat ek in die laat 1960s gesien het. Die term ‘Mr.Chips’ word vandag nog gebruik vir iemand wat sy hele lewe op een plek deurgebring het. Petula was Mr. Chips se vrou wat tydens ‘n Duitse lug-aanval gesneuwel het.

Down-town

 

When you’re alone and life is making you lonely

You can always go down-town

When you’ve got worries

All the noise and the hurry

Seems to help I know down-town

Just listen to the music of the traffic in the city

Linger on the side-walks where the neon signs are pretty

How can you lose

The lights are much brighter there

You can forget all your troubles

Forget all your cares and go down-town

Things will be great when you’re down-town

No finer place for sure, down-town

Everything’s waiting for you

Don’t hang around and let your problems surround you

There are movie-shows down-town

Maybe you know some little places to go

Where they never close down-town

Just listen to the rhythm of a gentle Bossa Nova

You’ll be dancing with them too before the night is over

Happy again

The lights are much brighter there

You can forget all your troubles

Forget all your cares and go down-town

Where all the lights are bright down-town

Waiting for you tonight down-town

You’re gonna be alright now

 

And you may find somebody kind to help and understand you

Someone who is just like you

And needs a gentle hand to guide them along.

So maybe I’ll see you there

We can forget all our troubles, forget all our cares

So go down-town

Things will be great when you’re down-town

Don’t wait a minute more, down-town

Everything’s waiting for you

 

  

Terra australis: 11. James Cook – Ooskus van Australie

03/02/2012 in Sonder kategorie

Op 19 April 1770 bereik die Endeavour die kus van Victoria, wat Cook ‘New South Wales’ genoem het. Hulle vaar eers oos tot by ‘Cape Howe’, dan noord, op soek na ‘n veilige ankerplek.  Soms is daar rook op land gewaar en op 22 April sien hulle die eerste Australiers op ‘n strand. Op 29 April word ‘n wye hawe gesien en die volgende dag binnegevaar, waar hulle ook die eerste ‘aborigines’ van nader te sien kry. Toe hulle met ‘n bootjie probeer land het die ‘aborigines’ met hul spiese dit probeer verhinder, maar is verdryf met ‘n paar waarskuwende geweerskote. Hulle vertoef 8 dae in ‘Botany Bay’, so genoem omdat die botaniste duisende monsters daar versamel het. Gedurende die hele reis is 1,600 nuwe plantspesies ontdek.

Toe die reis verder noord hervat is het hulle 15 myl verder verby nog ‘n baai gevaar, maar dit nie van nader ondersoek nie. Cook noem dit ‘Port Jackson’, min wetende dat dit die grootste en veiligste hawe aan die hele Australiese ooskus is. Die volgende vyf weke word die kuslyn verder noord gekarteer. Hulle mis egter die mond van die Brisbane-rivier. Op 20 Mei vaar hulle verby ‘Sandy Cape’ aan die kus van Queensland en vyf dae later ‘Cape Capricorn’ in die Trope, waar een van die gevaarlikste kusstroke in die wereld vir skeepvaart binnegevaar word, die ‘Great Barrier Reef’. Elfuur die nag van 11 Junie tref die Endeavour ‘n koraalrif noord van ‘Cape Tribulation’, waar al hul probleme begin het. Hulle slaag egter daarin om die lekkende skip van die rif af te kry, deur onder andere al hul kanonne oorboord te gooi. In ‘Cook Harbour’ aan die mond van die ‘Endeavour-rivier’ kon hulle die eerste keer die skade ondersoek en herstel. Van vier gate in die romp was een nog gestop met ‘n groot stuk koraal wat afgebreek het, anders sou die skip gesink het. Gedurende die sewe weke wat daar vertoef is is skeurbuik afgeweer met die vleis van see-skilpaaie wat tot 15 myl van die kus gevang is, asook ‘n soort boontjie en spinasie wat op land aangetref is.

Op 4 Augustus, terwyl die skip nog gelek het, het Cook ‘n roete deur die koraalriwwe gevind (‘Cook’s Passage’) en na 8 dae die oop see bereik. Op 17 Augustus het hy die Endeavour weer deur die riwwe geneem en op 21 Augustus om die mees noordelike punt van noordoos-Australie gevaar, wat hy ‘Cape York’ genoem het. Die vaart langs die ooskus van Australie het oor 28 breedtegrade en meer as 2,000 myl gestrek.  By ‘Cape York’ is die hele ooskus van Australie as ‘New South Wales’ vir Koning George die Derde geannekseer met ‘n saluut van kleingeweervuur by gebrek aan kanonne.

‘n Week later is die kus van Nieu Guinea bereik. Nadat Cook deur die Torres-seestraat gevaar het was sy vermoede bevestig dat Nieu Guinea nie aan Australie verbind is nie. Verder wes kon hulle by Timor vars voedsel van die goedgesinde Hollanders kry. Batavia (nou Jakarta) is op 10 Oktober 1770 bereik, waar die Hollanders ook hulpvaardig was. Op Kersdag is die laaste skof huis toe begin en Cook se eerste ekspedisie het op 13 Julie 1771 geeindig. 

Terra australis: 10. James Cook (vervolg)

01/02/2012 in Sonder kategorie

Dit het die Endeavour byna 8 maande geneem om Tahiti via Rio de Janeiro en Tierra del Fuego te bereik. Die eerste koraal-atol, Vahitahi in die Tuamotu-argipel, is op 4 April 1769 gewaar en ‘n week later is daar anker gegooi in Matavai-baai op die eiland, Tahiti. Op 3 Junie het die lank-verwagte Venus-oorgang plaasgevind. Cook het daarmee die lengtegraad van hul waarnemingsstasie binne 3 minute en 45 sekondes (binne 10 km) bereken van wat vandag aanvaar word. Gedurende die volgende maand het Cook die eiland ondersoek en opgemeet, terwyl Banks en Solander plantmonsters versamel het en talle sketse deur die kunstenaars geproduseer is.

Op 13 Julie het die Endeavour vertrek, met twee Tahitiane, ‘n hoofman (Tupaia) en sy kneg aan boord. Tupaia het vrywillig saamgegaan. Hy was ook ‘n navigator en priester, wat by geleenthede sy vermoe gewys het om gunstige winde op te roep !? Gedurende die volgende drie weke is eilande wes van Tahiti besoek, ondersoek en opgemeet. Cook het die hele eilandgroep, wat hy die ‘Society Islands’ genoem het, vir die Britse Kroon geannekseer.

Op 9 Augustus het hulle, in opdrag van die verseelde instruksies, om die mitiese terra australis incognita op te spoor, van die eilandgroep af vertrek. Daar is vir 1,500 myl in ‘n suidwestelike rigting gehou, maar daar was niks behalwe verspreide eilande nie, soos Tupaia hulle ook vooraf ingelig het. Op 6 Oktober 1769 het hulle uiteindelik ‘n landmassa bereik, wat aanvanklik vir die Suidelike kontinent aangesien is. Dit was egter die noordelike eiland van Nieu Zeeland, waar daar in ‘Poverty Bay’ aan die ooskus geland is. Oor die volgende vier maande het Cook beide die noordelike en suidelike eilande van Nieu Zeeland se kuslyne opgemeet. Joseph Banks het die Maori’s so beskryf, “The Tahitians made love, but these men made war. I suppose they live entirely on fish, dogs and enemies”.

Teen einde Maart 1770 was Cook gereed om terug te keer Engeland toe. Met die skip “battered and wormy as she was after two years at sea” het Cook nie kans gesien vir die oostelike stormagtige roete om Kaap Hoorn nie. Hy het Tasman se kaarte gehad en besluit om die se roete in die teenoorgestelde rigting te volg – van Nieu Zeeland na Van Diemens Land (Tasmanie).  Op 31 Maart het hulle vertrek, maar is deur suidelike storms noordwaarts gedryf tot by 38 grade suiderbreedte, te ver noord vir Van Diemens Land. Op19 April is ‘n onbekende kus genader, plat en sanderig, anders as die groen heuwellandskap van Nieu Zeeland. Die Endeavour se eerste landing aan die suidkus van Australie was by Kaap Everard in Victoria.