Terug Weskus toe

22/02/2012 in Sonder kategorie

Maandagmiddag het ons gasvrou ons “Malkop-vlei” gaan wys, ‘n dam in ‘n riviertjie minstens 300 meter lank en 50-100 meter wyd, omring met riete en menshoogte bosse. Alhoewel dit steeds betrokke was – die oggend op pad en terug van Kleinmond was daar ligte reen – was die kontras tussen die temperature van die lug en water klein, wat lekker was vir swem. Mens moes ook nie so kort-kort omdraai soos in ‘n swembad nie.

Dinsdag na ontbyt was ons weer op pad terug Kaap se kant toe. Die eerste halfuur van Bettiesbaai na Gordonsbaai was al langs die berghang met die see ondertoe. Die see in Valsbaai was kalm en die berge van die Skiereiland aan die oorkant het skerp uitgestaan. Die volgende halfuur was op die N2 verby die lughawe stad toe. Tafelberg mag miskien die meeste stemme gekry het as natuurwonder, maar Kaapstad kry nie my stem as mooiste stad nie, nie met die gopse wat die besoeker van die lughawe af begroet nie.

Daar is in die stadsgebied weggedraai op die M5 na Milnerton, waar daar tans padwerke is. Uiteindelik was ons op die kuspad vanaf Bloubergstrand af verby Melkbosstrand en Ysterfontein na Langebaan, waar ons teen elfuur reeds ingeboek was. Gister was sonnig met min wind en ons was twee keer by Mykonos se hoof-swembad. Die vroegmiddag se swem was daar ander ‘swemmers’ (‘plassers’ is meer korrek) en ek moes wag tot byna sononder om ‘n behoorlike swem in te kry. Intussen het ons op die strand aan die suidekant gaan stap, met ons kaalvoete in die seewater. Gisteraand het ons ‘n komedie op TV gesien – ‘King Kong’. Ek het na ‘n tyd liewers verder gelees oor Genghis Kahn.

Vanoggend is die bakkie by die werkswinkel in Langebaan gelos vir ‘n ‘major service’, die eerste in ‘n lang tyd. In Pofadder word net olie en filters vervang. Ons twee het die tyd verwyl deur eers by ‘Kontiki’ restaurant in Breestraat ‘n ligte ontbyt met koffie te geniet. Daarvandaan kyk mens uit oor die strandmeer na Schaapen-eiland, skaars 200 meter ver. Saldanha (dorp en hawe) lyk nader hiervandaan as van Klub Mykonos af. Die res van die oggend, betrokke maar windstil,  is ‘window shopping’ gedoen, wat ook eiendomsagentskappe ingesluit het. Na elfuur het ons by ‘n ou kennis uit Alexanderbaai se dae gaan tee drink. Soos baie van ons ou huisvriende ook nou ‘n weduwee. Teen eenuur is ons terug werkswinkel toe om die bakkie op te tel.

Na ‘n middagslapie is ons weer na die hoofswembad, waar ek in my spore omgedraai het. Vier seuns het net op daardie oomblik met ‘n bal in die water begin speel en van ernstig swem was daar geen sprake nie. Die swembad teen Aegian Heights was egter verlate en daarom meer geskik vir my doeleindes. Terug in die eenheid het ons ‘n skemerkelkie op die balkon van ons eenheid geniet, onderskeidelik ‘n ‘Windhoek Light’ en ‘n ‘Brutal Fruit’. ‘n Pakkie van dit wat van Francois Pienaar ‘n “no more Mr. Nice Guy’ gemaak het, is saam ingeneem.

Op my epos was ‘n pas gepubliseerde wetenskaplike artikel (“Peer Reviewed”) oor klimaatsverandering op ‘n geologiese tydskaal. Ek sal more die ‘link’ daarvoor verskaf.

11 antwoorde op Terug Weskus toe

  1. saam met julle gery so al om die berghang

    Ons het vriende wat letterlik aan die voet van Hangklip bly ry daardie pad dus dikwels as ons in die Kaap is

  2. loudavisi het gesê op 23/02/2012

    Alles is so bekend, Deon.
    Bly julle geniet die vakansie.

  3. Deon se Ozzie gekots in perpektief:
    Cape Town has received yet another prestigious international travel award – it has been named the Best World City in the 2008 Telegraph Travel Awards.

    The British daily newspaper conducted the poll among 40 000 of its readers.
    South Africa also came in the top three in the Best Non-European Country category at the awards.

    South African Tourism UK Country Manager Lebohang Mokhesi said Cape Town is one of the world’s most beautiful cities.
    She said that word-of-mouth advertising is important in spreading the good word about South Africa in the UK, and that it is nearly impossible for anyone to visit South Africa and not share their experiences with friends and family on their return.
    Cape Town has already received a long list of tourism accolades.

    Jaa, dis net jammer dat dit slegs Buitelanders is wat ons wonderlike land besoek wat so vol lof is vir ons wonderlike mense, stede ens, maar die fokkien KKKs, klierkop konte met die wit velle wat hulle kak in afrikaans praat, sal enigiets doen om ons te saboteur en af te breek…FOKKOF OZ toe !!
    Wat soek jy en JULLE nog hier???
    ONS wil julle nie hie rhe nie, en julle wil nie heir wees nie…dus, make like a tree…and MOVE!!!

  4. deonleroux het gesê op 23/02/2012

    Die verwysing na die gopse op die Kaapse Vlakte was spesiaal vir jou bygevoeg. Ek het GEWEET jy gaan daaroor gal braak. Die toekenning wat “pas” in 2008 gemaak is versterk my teorie dat ons in parallelle heelalle en op alternatiewe aardes bly. Joune is dus ‘n paar jaar agter ons s’n. Jy was eers net ‘n pyn in ‘n onnoembare plek, maar ek begin jou te geniet. Ek sal dit egter waardeer as jy meer beskaafde taal wil gebruik.

  5. deonleroux het gesê op 23/02/2012

    Ons sal waarskynlik teen Saterdag daar verbykom. As ek kontakinligting het kan ons dalk nader kennis maak.

  6. loudavisi het gesê op 23/02/2012

    Dis nou net mooitjies die naweek wat ek en Hartman bietjie see toe gaan…sorry, maar dalk in die Jun Vakansie as ons daar verbykom?

  7. 3rd Best City In The World – US Travel And Leisure July 2008
    Best City In Africa & Middle East – US Travel And Leisure July 2008
    4th Top City In The World – Condenast Readers’ Choice October 2008
    Best City In Africa & Middle East – Condenast Readers’ Choice October 2008
    3rd Best City In The Top 10 World Food Cities – Lonely Planet Blue List 200

  8. Best City In Africa & Middle East – US Travel And Leisure July 2008
    4th Top City In The World – Condenast Readers’ Choice October 2008
    Best City In Africa & Middle East – Condenast Readers’ Choice October 2008
    3rd Best City In The Top 10 World Food Cities – Lonely Planet Blue List 2008
    Best Destination, Africa – World Travel Awards May 2008
    Best City To Live In, Africa & Middle East – Mercer Quality Of Living Survey 2008
    One Of The “Places Of A Lifetime” – National Geographic Traveler, July 2008
    One Of The World’s Most Sustainable Cities – Ethisphere Institute, Sept 2008
    Boulder’s Beach: World’s Best Family Beach – UK Telegraph March 2007
    Cleanest City In SA – DEAT Annual Cleanest Metro Awards March 2007
    #1 Uk Long Haul Destination – UK Trends And Spends Survey 2003, 2004, 2005, 2007
    One Of The World’s 5 Bluest Sky Destinations – Expedia.co.uk July 2006
    Favourite Foreign City – UK Telegraph 2004, 2005
    Ideal Travel Destination – Markinor-Sunday Times Top Brands Survey 2005
    27th Best City for Men to Live in – Askmen.com 2009

  9. Moenie jou kop se kak met my praat nie…maar traai dit met jou fokken Ozzie maatjies en familie in Oz…hulle si op daai vlak waar jou kleuterskool kak sin maak…en jou blatante LEUENS!
    Cape Town is considered one of the best places in the world for both residents and tourists, but don’t just take our word for it – see below for a list of the awards and accolades that Cape Town has received:
    TripAdvisor Traveler’s Choice best destination 2011
    One of the World’s Top 20 Cities – Condé Naste Traveller Readers’ Travel Awards September 2010
    Africa’s Leading Destination – World Travel Awards 2010, 2009, 2008, 2006, 2005, 2003
    One of the World’s Top 25 Places to Visit – Trip Advisor 2010 awards
    One of the World’s Most Beautiful Cities – Forbes.com February 2010
    Best holiday destination – Heat magazine reader survey January 2010
    Best destination – Virgin Holidays Responsible Tourism Awards 2009
    One of the world’s top 10 party cities – Lonely Planet’s 1000 Ultimate Experiences 2009
    Second favourite overseas city – Guardian, UK
    World’s Number Two City – Travel+Leisure magazine July 2009
    World’s Best Incentive Destination – Conference & Incentive Travel magazine October 2009
    World’s Best Entertainment/Lifestyle Destination – Luxury Travel Awards April 2009
    Best Tourism Investor City of the Year – AI Tourism Investor Awards 2009

  10. deonleroux het gesê op 23/02/2012

    Reg so!

  11. deonleroux het gesê op 23/02/2012

    Bedaar voor jy ‘n koroner kry.