Wegbreek (vervolg)

20/02/2012 in Sonder kategorie

Van Vrydagoggend tot Sondagoggend het ons by ‘Goue Seun’ teen die noordoostelike hang van Tygerberg gekuier. Saterdag se ontbyt was by Ziggis in die Tygerberg Winkelsentrum. Dis ‘n nuwerige kompleks en ander eetplekke rondom ‘n soort binneplein word tans opgerig. As die bouwerk klaar is sal dit vergelyk kan word met ‘n plek in Melbourne, Au…… (daai plek wat ou Fra… sulke stuiptrekkings gee). Die roosterbrood was nie net ‘off-whi… ‘ (nog so ‘n woord) soos gewone bruin brood nie , maar sjokoladebruin en van rog gemaak.

Gister is ons verby Gordonsbaai na Bettiesbaai, waar ons ook laasjaar in April gekuier het. Die oggend is sulke 60 meter-lengtes geswem in die Palmietrivier stroomop van die damwal. Namiddag is weer in die branders baljaar met surfplanke. Die weer was ideaal en mens kon nie genoeg van die see kry nie. Die berghang is besaai met groot rotsblikke wat reeds afgerol het. Enigiemand wat bergkant van die pad laat bou het speel Russiese roulet.

Ons het ons laat oorreed om ‘n dag langer te kuier en sal eers more weer terugkeer Langebaan toe. Vanoggend is ons Kleinmond toe in betrokke weer, maar dit sal ons nie verhinder om nou weer te gaan swem nie.

12 antwoorde op Wegbreek (vervolg)

  1. lora2me het gesê op 20/02/2012

    Dit klink so luilekker. Geniet dit. Ek hou van die Pol… Korrekt… van jou woorde.

  2. TS het gesê op 20/02/2012

    Klink alles goed en lekker

  3. Tygervallei was ‘n groot gemors toe ek daar weg is. Het gedink die opknapping sou teen die tyd darem al klaar wees

  4. Jaaa…jy het baie om op trots te wees ou gatgabba…al probeer hoe om dit weg te steek huh!!!

    On Friday, just a day after Qantas announced 500 job cuts, news broke that the Brisbane-based budget airline, had entered into voluntary administration after just four months of operation.

    Administrator Mark Korda has suspended Air Australia’s ticket sales and called for immediate expressions of interest in the sale of the business.Reports are now emerging that people in the industry knew the company wasn’t going to survive.

    In the same week, Qantas chief executive Alan Joyce announced Qantas would a review of its catering and maintenance operations, amid a staggering 83 per cent fall in profits in first-half net profit.

    Qantas announced losses of $194 million over the year-long industrial battle, including $70 million lost over the well-documented debacle when it grounded its entire fleet.

  5. toe jy fokkof toe was die opknapping al klaar klaar…

  6. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    ‘n Rukkie gelede teruggekom van ‘n lekker lang swem deur ‘n dam/vlei in die dorp.

  7. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    Ek probeer maar bedagsaam wees teenoor die outjie.

  8. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    Qantas kan seker by S.A.L. en Transnet kom leer oor bekwame bestuur?

  9. Ek hoop jy vlieg met die rederye waarop jy so TROTS is:

    Talle Australiese vakansiegangers en sakereisigers probeer desperaat terugkeer huis toe ná hulle gestrand gelaat is weens die bankrotskap van die Air Australia-lugredery.

    Duisende reisigers in onder meer Hawaii en Thailand betaal soveel as Aus $3 500 (sowat R29 000) om plek op vlugte te bespreek ná die lugredery, met sy hoofkwartier in Brisbane, Donderdag in duie gestort het.

    Sowat 100 000 kaartjiehouers word deur die skielike vlugkansellasies geraak, met talle wat sukkel om die kaartjiegeld terug te eis omdat hulle kontant daarvoor betaal het.

    Sommige versekeringsmaatskappye weier om reisigers se verliese te dek omdat hulle bewus was van die maatskappy se finansiële probleme.

  10. wees net jouself…dan sal jy ook somme beter inskakel by die kriminele van oz…het jy al jou tattoes, en watter dwelms is jy op?

  11. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    Ek wonder hoekom jy so manies oor Australie is. Het hulle jou dalk uitgeskop?

  12. deonleroux het gesê op 21/02/2012

    Ek het geen ‘tattoes’, ringe of enigiets van die aard nie en rook nie eens nie. Aan jou woordgebruik moet daar ‘tattoes’ op jou tong wees. Jy kan jouself skenk vir mediese navorsing, dat hul kan uitvind hoe hallusineer mens sonder om dwelms te gebruik.