Maatskappy-aflos

18/02/2012 in Sonder kategorie

Tiende maal is skynbaar skeepsreg hier teen Tygerberg. Dis hoeveel keer ek nou probeer inteken het. Vanoggend het dit amper net so lank geneem. Ek moet skuldig pleit, dat ek die week die nuus net met ‘n halwe oor en oog gevolg het. Daarom moet ek i.p.v. “Die week se nuus” terugval op ‘n ou foto.

Vir solank ek aan die Comrades deelgeneem het, het die millennium-wedloop (2000 se ‘op’) die meeste deelnemers gelok – tussen 20 400 en 20 500. Die maatskappy-aflos het in die enigste jaar wat ek deelgeneem het net duskant 3 000 spanne van 8 elk gelok, wat neergekom het op sowat 23 000 atlete op die pad gedurende die dag. Die aflos het ‘n roete deur Johannesburg se heuwelagtige voorstede gevolg en in die suide geeindig.

Ons span het bestaan uit 3 afrikaners, 3 afrikane en 2 ‘poms’ (maar goeie poms). Die eerste twee in ons span, Sylvester en Shadrack het ons span goed laat begin en toe ek met die vierde skof begin was ons nog onder die eerste 100 spanne. Van my af het ons egter sowat 100 posisies teruggesak, maar nog onder die eerste 200 spanne klaargemaak. Ek as die ‘ou man’ in ons span was tevrede met ‘n tyd van onder 30 minute oor 6 km, in ag genome die ongemaklike roete.

Is daar onder die lesers nog iemand wat die jaarlikse wedloop onthou? Ek weet nie eens of dit nog plaasvind nie.

9 antwoorde op Maatskappy-aflos

  1. Wie hou nou sy oog op die nuus as hy met vakansie is.

  2. johanpienaar het gesê op 19/02/2012

    Rassis

  3. loudavisi het gesê op 19/02/2012

    More,Deon

    Lekker vakansie hou!

  4. frikve het gesê op 19/02/2012

    Lekker om te hardloop! Die lekkerste wedloop vir my was die Vredefort Koepel Bergwedloop. Nie baie ver afstand nie – ±26 km in die Koepel se berge – maar bleddie hard! Geen pad vir meeste van die afstand nie, net klippe en bosse.
    Ek sou graag eendag die Two-Oceans wou doen – maar daar val altyd iets voor.

  5. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    By Rustenburg het ek ook omtrent 1984 aan so ‘n wedloop deelgeneem. Van wes na oos oor die Magaliesberg: op met ‘n 4×4-tipe grondpaadjie, maar van die kruin af deur ‘n natuurreservaat per teerpad af – 25 km.

  6. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    Dankie

  7. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    Ai,boetie. Maar moenie moed opgee nie. Volwassenheid sal wel een of ander tyd kom.

  8. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    My blog-lesery is net so agter, maar sal vorentoe weer ingehaal word.

  9. johanpienaar het gesê op 20/02/2012

    O so dis volwasse en nie rassities om na wit mense in terme van etnisiteit te verwys en sommer alle swart mense as Afrikane saam te gooi.

    So oubaas. Probeer om nie jou vergrote prostaat as ‘n brein te gebruik nie.