Die week se nuus

12/02/2012 in Sonder kategorie

Maandag (Die Burger)

Die 18e jaarlikse Mynbou-indaba begin in Kaapstad. Die hoofrede word gelewer deur dr. David Evans, bekende klimaatskeptikus. Hy is ‘n wiskundige met ‘n string doktorsgrade en het voorheen as klimaatswetenskaplike vir die Australiese regering gewerk. “Koolstofbelasting is ‘n geldmaak-foefie”

Dinsdag (Die Burger)

Die uiterste koue in Europa veroorsaak dat Duitsland tans op die grens van sy kragopwekkingsvermoe is en dat beurtkrag sy voorland mag wees. Die belangrikste oorsaak is dat die regering ‘n aantal ouer kernkragstasies summier gesluit het ‘n jaar gelede na aanleiding van die Foekoesjima ‘kernramp’ in Japan. Sonkrag lewer tans ‘n bydrae solank die lug bokant Duitsland onbetrokke is. Windmeulparke lewer weinig krag omdat dit meestal windstil is.

Dis waarom ek die afgelope jaar reeds na ‘tannie’ Merckel verwys.

 

Dr.Peter Johnston (Universiteit Kaapstad) en Prof.Stefan Rahmsdorf (Potsdam,Duitsland) blameer aardverwarming vir onderskeidelik ‘n hittegolf in Wes-Kaapland en die ongewoon koue winter in Europa.

Wonderlike gas (CO2) wat die atmosfeer warmer of kouer kan maak.

 

Vrydag (Die Burger)

President Christina Kirchner het aangekondig dat Argentinie die onwettige besetting van die Malvinas (Falkland-eilande) by die Verenigde Nasies aanhangig gaan maak.

Zuma se toespraak: ‘n Ambisieuse program van infra-strukturele ontwikkeling van honderde miljarde rande word aangekondig.

Die beplande ontwikkeling is lofwaardig, maar waar die EKSTRA geld vandaan gaan kom? Buitelandse lenings? Koolstofbelasting ? Papier en drukkersink is darem redelik beskikbaar.

 

Saterdag (Die Burger)

Malema ‘maak reg vir tronk’

Nog hoeveel slapies?

(Aljazeera)

‘Bitter cold still grips Europe with no let-up in sight. Heavy snowfalls continue to disrupt traffic in Western Japan.’

Die dodetal in Europa sedert die koue front inbeweeg het is op pad na 500 en in Japan net duskant 100.

‘Demonstrations in Athens over new austerity measures bill. Trade unions staging a 60 hour strike in Greece’.

Die wetgewing is ‘n voorwaarde vir ‘n $170 biljoen hulp-pakket deur die Europese Unie.

Griekeland het ‘n bodemlose put geraak. Die beginsel “do not throw good money after bad money” behoort oorweeg te word.

 

 

 

 

 

52 antwoorde op Die week se nuus

  1. loudavisi het gesê op 12/02/2012

    Sondag: RSG Nuus
    Whitney Houston dood in ‘n hotelkamer gevind

  2. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Net ‘n moroonlewer sulke kommentaar oor klimaatsverandering.

  3. shlwanjan het gesê op 12/02/2012

    Sou hier ‘n deurlopende tema wees? Nee, seker nie, aangesien klimaatsverandering mos ‘n mite is…

  4. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    M.Sc. En jy?

  5. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Klimaatsverandering is ‘n feit. Dit gebeur al vir langer as wat daar lewe op aarde was (>400 miljoen jaar). Die mite is dat dit deur die mens veroorsaak word.

  6. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Jammer om dit te hoor. Is die oorsaak bekend?

  7. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Ha ha ha ha ha. Dan sal jy sekerlik die belang van portuurbeoordeelde artikels in betroubare vakjoernale verstaan. Wys asb. vir my die artikels waarin daar met gesag beweer word dat die mens nie ‘n invloed op klimaatsverandering het nie. So terloops, waarin het jy jou M.Sc verwerf?

  8. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Shlwanjan die feit dat ons CO2 die atmosfeer inpomp op vlakke vergelykbaar met vulkaniese uitbarstings soos die op Krokatoa beteken mos niks nie. Dat die uitbarstings klimaatsveranderings veroorsaak het was ook nie waar nie, dit was alles toevallig.

  9. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Vulkaniese uitbarstings beinvloed wel die klimaat. Ten spyte van groot hoeveelhede ‘kweekhuisgasse’ wat vrygestel is, het groot uitbarstings histories AFKOELING veroorsaak.

  10. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Ja Deon die aanvanklike effek was afkoeling vanwee as in die atmosfeer, maar verhoogde CO2 in die atmosfeer het nog altyd gepaard gegaan met vergoogde GEMIDDELDE temperature. Jou stelling was dat dit ‘n mite is dat mense die klimaat beinvloed. So jy erken dat vulkane dit doen, maar as mense dieselfde doen dan is dit ‘n mite. Sien jou hoe bankrot jou argument is.

  11. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Verskaf jou kwalifikasies, dan vertel ek meer oor myne.

  12. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    So jy kan nie enige protuur beoordeelde artikels kry nie?

  13. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Kry jy ‘betroubare vakjoernale’ oor pseudo-wetenskap?

  14. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    En wees gerus – ek het geen kwalifikasies in klimatologie nie, daarom beroep ek my op die aanvaarde resultate van wetenskaplikes in die veld. Ek vermoed jou M.Sc plaas jou in presies dieselfde posisie as ek behalwe dat jy dink gerugte en hipotese tel as feite.

  15. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Ah pseudo-wetenskap. Goedkoop beledigings. Jy kan dus nie een geloofwaardige portuur beoordeeelde artikel vind nie. En dan is jy te lui of te veel van ‘n lafaard om die navorsing te doen en ‘n artikel te skryf en voor te lê wat die “pseudo-wetenskaplikes” verkeerd te bewys. Dis vir my glad nie verbasend dat die sg. global warming deniers en die Intelligent design ouens beide dieselfde taktiek volg nie.

  16. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Is jy skaam vir jou kwalifikasies?

  17. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Klimatologie is pseudo-wetenskap. Waarin is jy gekwalifiseer?

  18. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Hoe weet ek klimaatsverandering is natuurlik? Geskiedenis is een van my stokperdjies. O.a. die Middeleeuse Warm Tydperk en die Klein Ystyd is in geskiedenisrekords. My klimaats-literatuur verskaf inligting oor klimaatsverandering die afgelope 150 jaar sedert weerrekords gehou is. My geologiese handboeke verskaf inligting oor die Pleistoseen (Ystyd) met sy groot klimaatskommeling, waarvan ons huidige tydperk net ‘n klein onderafdeling is.

  19. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Op watter gronde berus jou stellings dat klimatologie ‘n pseudo-wetenskap is? Nee ek is nie skaam vri my kwalifikasies nie. DIt het niks met die gesprek te doen nie en jy gebruik dit net om vrae te vermy.

  20. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    SO jou stelling dat die klimaatsverandering natuurlik is berus op feit dat voriges natuurlik was. Sonder inagneming van enige ander faktore. M.Sc in Landbou as ek moet raai.

  21. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    “The Changing Climate:Selected Papers”,H.H.Lamb,1968. Dit is uitgegee voor Al Gore se tyd. Daar was geen agenda nie, data word onpartydig verstrek. Daaruit blyk duidelik natuurlike siklusse. Het jy al gehoor van die Middeleeuse Warm Tydperk en die Klein Ystyd? Jy sal dit ook in geskiedenisboeke kry (ek het talle op my rakke). Het jy geweet dat daar globale afkoeling was van 1938 tot 1977, terwyl CO2 gestyg het? En dat ons al vir meer as ‘n dekade in ‘n afkoelfase is, terwyl CO2 steeds styg?

  22. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Weereens Deon. Daardie data is verouderd. Niemand ontken die data dat daar voorheen klimaatsverandering was nie. Die beteken nie dat die een natuurlik is nie en die algemeen aanvaarde wetenskaplike opinie (gevorm deur portuurbeoordeelde navorsing) is dat menslike aktiwiteit die huidige verandering in klimaatsomstandighede dryf of ten minste versnel. Die huidige verander ing vind plaas op ‘n voorheen onbekende skaal. Elke kommentator – gewoonlik nie-wetenskaplike wat elke orkaan of tifoon summier aan menslike aktiwiteit toeskryf is net so verkeerd soos jy wat sommer menslike aktiwiteit as bron heeltemal afskryf.

    Selfs binne die ystydperke was daar warmer en kouer periodes. Die algemene tendens is egter opwaarts of dink jy die ysbedekking in die pole het sommer besluit om te begin smelt. Hoe dit ookal sy. Selfs al is CO2 nie te blameer nie, en al die aanvaarde getuienis is daarteen, dink jy nie om besoedelingsvlakke te verminder is ‘n goeie idee nie. Of moet ons weereens soos soveel keer tevore heeltemal te laat optree om die planeet te beskerm.

  23. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Statistiek? En onthou die effek van Krakatoa was tydelik. Die effek van die mens vind dag na dag plaas.

  24. Unicorn007 het gesê op 12/02/2012

    Johan, ek is geen kundige nie, maar logika dikteer dat indien klimaatsveranderings nog altyd voorgekom het, die idee dat onbenullige mense nou daarvoor verantwoordelik is dalk nie heeltemal korrek is nie. Ten minste waardig van n teenoorgestelde siening.

  25. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Gaan oor die spoed van die verandering Darwinia. En ek het geen probleem met ‘n teenoorgestelde opinie nie, maar as jy die wetenskaplike opinie wil verkeerd bewys doen dit met navorsing en eksperimente binne die raamwerk van portuurbeoordeling, nie met raaiskote en verdagmaking nie.

  26. Unicorn007 het gesê op 12/02/2012

    Ek kan niks reg of verkeerd bewys nie. Nie genoeg kennis nie. Maar ek leun oor na die siening dat mense n onbenullige invloed het. Net n opinie.

  27. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Algemeen aanvaarde wetenskaplike opinie? Slegs onder “klimatoloe”, nie onder regte wetenskaplikes nie. Weerrekords verouderd? O ja, nog nie deur Nasa se Goddard-instituut “hersien” nie. Watter huidige verandering geskied teen ‘n ongekende skaal? Die afkoeling?
    Daar was ‘n algemeen opwaartse tendens sedert die Klein Ystyd, heeltemal siklies. Poolys was op ‘n maksimum in die Klein Ystyd en het daarvandaan geretireer, ook siklies. Die effek het reeds omgeswaai. Gedurende die sowat 70 jaar van CO2-toename was daar skaars 20 jaar van globale verhitting, dus geen positiewe korrelasie nie.

  28. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Met ‘navorsing en eksperimente” word rekenaar-modelle bedoel(garbage in garbage out). Rekenaar-voorspellings oor klimaat het nog altyd geflop.”Postuur”-beoordeling? Lees bietjie oor “climategate”. Dieselfde kliek beoordeel mekaar se publikasies.
    Jy hoef nie meer jou kwalifikasies te verskaf nie. Ek kan my eie afleidings maak. Ons wetenskaplikes raak nie so maklik gebreinspoel nie.

  29. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    Nee. Toenemende CO2 het NIE ‘nog altyd’ verhoogde gemiddelde temperatuur veroorsaak nie. Gedurende 1938 tot 1977 was daar gemiddelde AFKOELING en weer van 1998 tot tans, terwyl CO2 nog pal toeneem.

  30. en hier is ‘n ongeleerde moron wat net met gesonde verstand besef koolstofbelasting is net nog ‘n manier om ons te melk.

  31. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Climategate is juis die sukses van portuurbeoordeling. Maar ek kan sien dat jy te veel van ‘n intellektuele lafaard is om jou stellings te publiseer en deur kenners te laat beoordeel.

  32. HeavyHenry het gesê op 12/02/2012

    “…maar verhoogde CO2 in die atmosfeer het nog altyd gepaard gegaan met vergoogde GEMIDDELDE temperature.”

    Nog altyd? Bron asseblief – hoe verklaar jy die laaste dekade?

  33. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    Die laaste dekade is ‘n kort periode binne n algemene verhoging. Die tendens is steeds opwaarts. Maar ek sal die statistieke kry herhinner my asb iewers die week. Ek moet net gou iets doen.

  34. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    ‘n 20 jaar styging (1978-1998) met dalings (1938-1977) voor dit en na dit (1998-nou*)lyk vir my soos die teenoorgestelde van wat jy beweer.

  35. deonleroux het gesê op 12/02/2012

    ‘climategate’ gaan oor onderskepte eposse tussen die klimaatspriesters, wat wys hoe met data geknoei word.
    ‘n Bydrae van my sal in volgende maand se ‘Geobulletin’ verskyn.

  36. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    http://www.ncdc.noaa.gov/sotc/global/2011/13

    Die bron wat bewys dat Deon kak praat en ‘n leunaar is. Let wel die is getalle van die Natiional Climactic Data Centre wat geoudit is. Dit verklaar ook hoekom jy binne ‘n verwarmings periode ‘n koue jaar en jare kan he. Vergelyk dit met Deon van Upington wat geen bronne kon aanbied nie.

  37. johanpienaar het gesê op 12/02/2012

    http://www.ncdc.noaa.gov/sotc/global/2011/13

    Die bron wat bewys dat Deon kak praat en ‘n leunaar is. Let wel die is getalle van die Natiional Climactic Data Centre wat geoudit is. Dit verklaar ook hoekom jy binne ‘n verwarmings periode ‘n koue jaar en jare kan he. Vergelyk dit met Deon van Upington wat geen bronne kon aanbied nie.

  38. deonleroux het gesê op 14/02/2012

    Beweer jy dit word steeds warmer. Lees die climategate emails. Phil Jones, een van die AGW voorbokke het erken dat dit sedert 1998 kouer geword het. Dit was in Climategate 1 van 2009. Hy het en kon het nooit die egtheid van die email ontken nie. Indien dit vals data was kon hy ‘n hofsaak daaroor gemaak het, maar hy het nie. Onlangs is weer in koerante berig dat die afkoeling die gevolg is van Chinese steenkool wat verbrand word. Wat die afkoeling 1938-1977 betref, gedurende die 1970’s het alarmiste weer voorspel dat ons op pad na ‘n nuwe ystyd is. Maar dit was of lank voor jou tyd of jy het ‘n swak geheue. My bron, H.H.Lamb se data is nie ge’oudit’ (lees gekook vir oudit) soos joune nie.

  39. deonleroux het gesê op 14/02/2012

    Lees by c3headlines.com/global cooling data evidence trends. Maar ek verwag nie jy sal nie want jy is mos bekeerd tot AGW en glo net jou priesters.

  40. deonleroux het gesê op 14/02/2012

    Eerstens, as jy nie beskaafde taal kan gebruik nie, is jy nie op my blog welkom nie. Lamb se data tot 1968 is nie deur die NCDC ge’oudit’ (lees gekook)nie. Ontken jy dat dit sedert 1998 kouer geword het? Phil Jones, een van die AGW-voorbokke, het dit in ‘n email (sien Climategate 2009) erken. Het jy nie onlangs gelees of gehoor dat Chinese Steenkool verantwoordelik gehou word vir die afgelope aantal jare se afkoeling nie. Verduidelik asb. waarom ‘Climate Change’ die term ‘Global Warming’ vervang het. Michael Mann se hokkiestokgrafiek is ‘n goeie voorbeeld van data wat gekook is. Dit het nie die Middeleeuse Warm Tydperk en die Klein Ystyd gewys nie.

  41. johanpienaar het gesê op 14/02/2012

    Natuurlik is ek nie op jou blog welkom nie want jy is verkeerd bewys ou liegbek.

  42. deonleroux het gesê op 14/02/2012

    Die rede waarom ek jou kwalifikasies wou weet is om uit te vind of jy bevoeg is om my ‘n moraan te noem. Jy is duidelik nie ‘n Steve Hawking nie, maar ‘n Mickey Mouse matrikulant.

  43. deonleroux het gesê op 15/02/2012

    Jou arme dwaas. Jy sluk die gekookte data vir soetkoek. Phil Jones – ingeval jy nie weet nie, hy is een van die hoepriesters in jou geloof – het in 2005 erken (in ‘n uitgelekte epos) dat dit sedert 1998 afgekoel het (LEES OOR CLIMATEGATE). Laasjaar is weer aangekondig dat daar die afgelope 5 jaar afkoeling was weens die verbranding van Chinese steenkool. Ongeag die vermeende rede was dit amptelik erken dat daar afkoeling was.

    Gaan lees die link wat ek verskaf het oor weerdata.

  44. deonleroux het gesê op 15/02/2012

    ‘n Ou met doktorsgrade, o.a. ‘n klimaatswetenskaplike, is nie juis ongeleer nie, maar Johan sal hom seker ook ‘n moroon noem.

  45. deonleroux het gesê op 15/02/2012

    Ek was verras om te lees dat sy 48 was,het gedink sy was in die dertigs.

  46. deonleroux het gesê op 15/02/2012

    Henry, ek onthou nie meer waar jou laaste verwysing was nie. Verskaf asb. weer daardie ‘link’.

  47. deonleroux het gesê op 16/02/2012

    Die inligting daar is in bree terme aan my bekend, maar dit was goed om my geheue te verfris. Die Melankovic siklusse word o.a. genoem – dit hou verband met ‘n hele aantal soorte ‘wobbles’ wat die Aarde uithaal en sy afstand na die son verander, wat myns insiens die belangrikste rede vir klimaatsverandering op verskeie tydskale is. Wisselende uitstralings van die son speel ook ‘n rol. Dinosaurusse, wat warm toestande nodig het om te kan lewe, kon uitsterf weens ‘n “koue winter” volgend op ‘n groot meteoriese impak. Dieselfde geld ook vir langdurige vulkaniese uitbarstings.

  48. HeavyHenry het gesê op 17/02/2012

    Die hele ding is ‘n oop stelsel met ‘n klomp kompleksiteit en verskeie terugvoerlusse – ek is nie seker of dit moontlik is om ‘n nuttige model van die ding te bou nie.

  49. deonleroux het gesê op 18/02/2012

    Jy het ‘n meer ewewigtige benadering as ek. Ek het die kweekhuis-effek lankal afgeskryf, omdat daar geen opsigtelike verband met historiese klimaatsverandering is nie. Jou opsomming hier is waarskynlik korrek. Die kweekhuis-effek word oorskadu deur ander faktore soos die hitte ontvang van die son weens wisselende afstande en wisselende uitstralings, asook die demp-effek deur wolke, vulkaniese as, stofdeeltjies en roet in die atmosfeer.

  50. HeavyHenry het gesê op 20/02/2012

    En die bleddie waterdamp…

  51. deonleroux het gesê op 20/02/2012

    Presies. Henry, gaan help tog ‘n bietjie daar by vandag se pos om die algebra op te los!