Alweer sulke tyd

12/02/2012 in Sonder kategorie

Ons koffers met o.a. swemdrag is gepak. Nou nog net die ‘laptop’ inpak en nou-nou gaan slaap. More vroeg wil ons op pad wees suidwaarts vir ‘n paar weke se rus langs die Weskus, soos laasjaar hierdie tyd. Hierdie blog sal vir die tydperk sporadies aandag kry.

Terloops, hierdie blog se aantal lese het vandag, soos A.B. de Villiers wat sy honderdtal laas met ‘n seshou gekry het, die 10 000 kerf verbygegaan met sowat 100 lese vir vandag se pos, danksy ‘n lewendige debat oor klimaatsverandering. Dit was nogal lekker dat iemand van die ander kamp ook bygedra het.

Tot Maandag- of Dinsdagaand.

9 antwoorde op Alweer sulke tyd

  1. Julle moet dit geniet

  2. loudavisi het gesê op 12/02/2012

    Jy ry alweer by my voordeur verby terwyl ek in die skool sal wees.

    Geniet die vakansie.

    (Lyk my FW soek aandag :D)

  3. loudavisi het gesê op 13/02/2012

    Jy staan op vir jou land?

    Ha!
    Maar jy hou nie van jou eie velkleur en van jou mede-Suid-Afrikaners nie?

    Ek weet niks van Deon se liefde vir Oz nie…..koebaai en lekker week vir jou.

  4. TS het gesê op 13/02/2012

    Geniet elke oomblik…

  5. HeavyHenry het gesê op 13/02/2012

    Geniet dit!

  6. deonleroux het gesê op 14/02/2012

    Opvoeding en dissipline is nie in sy woordeskat nie.

  7. deonleroux het gesê op 14/02/2012

    Dankie vir die goeie wense!

  8. loudavisi het gesê op 14/02/2012

    Ek sien FW het sy kommentaar verwyder!!
    HA!

  9. deonleroux het gesê op 15/02/2012

    Nee, ek het dit afgevee. Ek wil nie die blog verlaag met sy agterbuurt-taal nie.