Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

24/02/2012 in Sonder kategorie

1. Downtown – Petula Clark (2)

2. Roustabout – Elvis (3)

3. Rock and roll music – Beatles (1)

4. All day and all of the night – Kinks (5)

5. I could easily fall (in love with you) – Cliff (6)

6. Mr. Lonely – Bobby Vinton (7)

7. Heart – Gene Rockwell ( nuut)

8 I wouldn’t trade you for the world – Bachelors (4)

Na 4 weke is ‘Rock and roll music’ onttroon deur Petula Clark se liedjie.

Gene Rockwell (alias Gert Smit of so iets) was ‘n Suid-Afrikaanse sanger. Dis al of ek wil onthou dat hy kreupel was, maar dalk verwar ek hom met iemand anders. Hy het daardie tyd egter baie vroulike aanhangers gehad . Op inbel-versoekprogramme het die meisies pal sy liedjies aangevra.

Die liriek vir hierdie naweek is nog een van Cliff Richard, ‘The twelfth of never’

You ask how much I need you, must I explain

I need you, oh my darling

Like roses needs rain

You ask how long I’ll love you

I’ll tell you true

Until the twelfth of never

I’ll still be loving you

Hold me close, never let me go

Hold me close, melt my heart like April snow

I’ll love you  ’till the bluebells forget to bloom

I’ll love you ’till the clover has lost its perfume

I’ll love you ’till the poets run out of rhyme

Until the twelfth of never, and that’s a long long time

Untill the twelfth of never, and that’s a long long time

A long long time

Ons is op pad huis toe, waar ons teen Maandag sal aankom. Op pad bly ons op plekke oor waar seine waarskynlik afwesig sal wees.

Climate Change: The real science world

23/02/2012 in Sonder kategorie

As promised, herewith the links to a recently published ‘peer reviewed’ article re climate change during geological times:

Elsevier.com

Sitemap

Journals

S

Sedimentary Geology

Type in  “A review of Tertiary climate changes in southern South America and the Antarctic Peninsula” in the Advanced Product Search (top of page) and again on Scirus (right).

Click on J.P. le Roux Part 1 and Part 2.

Terug Weskus toe

22/02/2012 in Sonder kategorie

Maandagmiddag het ons gasvrou ons “Malkop-vlei” gaan wys, ‘n dam in ‘n riviertjie minstens 300 meter lank en 50-100 meter wyd, omring met riete en menshoogte bosse. Alhoewel dit steeds betrokke was – die oggend op pad en terug van Kleinmond was daar ligte reen – was die kontras tussen die temperature van die lug en water klein, wat lekker was vir swem. Mens moes ook nie so kort-kort omdraai soos in ‘n swembad nie.

Dinsdag na ontbyt was ons weer op pad terug Kaap se kant toe. Die eerste halfuur van Bettiesbaai na Gordonsbaai was al langs die berghang met die see ondertoe. Die see in Valsbaai was kalm en die berge van die Skiereiland aan die oorkant het skerp uitgestaan. Die volgende halfuur was op die N2 verby die lughawe stad toe. Tafelberg mag miskien die meeste stemme gekry het as natuurwonder, maar Kaapstad kry nie my stem as mooiste stad nie, nie met die gopse wat die besoeker van die lughawe af begroet nie.

Daar is in die stadsgebied weggedraai op die M5 na Milnerton, waar daar tans padwerke is. Uiteindelik was ons op die kuspad vanaf Bloubergstrand af verby Melkbosstrand en Ysterfontein na Langebaan, waar ons teen elfuur reeds ingeboek was. Gister was sonnig met min wind en ons was twee keer by Mykonos se hoof-swembad. Die vroegmiddag se swem was daar ander ‘swemmers’ (‘plassers’ is meer korrek) en ek moes wag tot byna sononder om ‘n behoorlike swem in te kry. Intussen het ons op die strand aan die suidekant gaan stap, met ons kaalvoete in die seewater. Gisteraand het ons ‘n komedie op TV gesien – ‘King Kong’. Ek het na ‘n tyd liewers verder gelees oor Genghis Kahn.

Vanoggend is die bakkie by die werkswinkel in Langebaan gelos vir ‘n ‘major service’, die eerste in ‘n lang tyd. In Pofadder word net olie en filters vervang. Ons twee het die tyd verwyl deur eers by ‘Kontiki’ restaurant in Breestraat ‘n ligte ontbyt met koffie te geniet. Daarvandaan kyk mens uit oor die strandmeer na Schaapen-eiland, skaars 200 meter ver. Saldanha (dorp en hawe) lyk nader hiervandaan as van Klub Mykonos af. Die res van die oggend, betrokke maar windstil,  is ‘window shopping’ gedoen, wat ook eiendomsagentskappe ingesluit het. Na elfuur het ons by ‘n ou kennis uit Alexanderbaai se dae gaan tee drink. Soos baie van ons ou huisvriende ook nou ‘n weduwee. Teen eenuur is ons terug werkswinkel toe om die bakkie op te tel.

Na ‘n middagslapie is ons weer na die hoofswembad, waar ek in my spore omgedraai het. Vier seuns het net op daardie oomblik met ‘n bal in die water begin speel en van ernstig swem was daar geen sprake nie. Die swembad teen Aegian Heights was egter verlate en daarom meer geskik vir my doeleindes. Terug in die eenheid het ons ‘n skemerkelkie op die balkon van ons eenheid geniet, onderskeidelik ‘n ‘Windhoek Light’ en ‘n ‘Brutal Fruit’. ‘n Pakkie van dit wat van Francois Pienaar ‘n “no more Mr. Nice Guy’ gemaak het, is saam ingeneem.

Op my epos was ‘n pas gepubliseerde wetenskaplike artikel (“Peer Reviewed”) oor klimaatsverandering op ‘n geologiese tydskaal. Ek sal more die ‘link’ daarvoor verskaf.

Wegbreek (vervolg)

20/02/2012 in Sonder kategorie

Van Vrydagoggend tot Sondagoggend het ons by ‘Goue Seun’ teen die noordoostelike hang van Tygerberg gekuier. Saterdag se ontbyt was by Ziggis in die Tygerberg Winkelsentrum. Dis ‘n nuwerige kompleks en ander eetplekke rondom ‘n soort binneplein word tans opgerig. As die bouwerk klaar is sal dit vergelyk kan word met ‘n plek in Melbourne, Au…… (daai plek wat ou Fra… sulke stuiptrekkings gee). Die roosterbrood was nie net ‘off-whi… ‘ (nog so ‘n woord) soos gewone bruin brood nie , maar sjokoladebruin en van rog gemaak.

Gister is ons verby Gordonsbaai na Bettiesbaai, waar ons ook laasjaar in April gekuier het. Die oggend is sulke 60 meter-lengtes geswem in die Palmietrivier stroomop van die damwal. Namiddag is weer in die branders baljaar met surfplanke. Die weer was ideaal en mens kon nie genoeg van die see kry nie. Die berghang is besaai met groot rotsblikke wat reeds afgerol het. Enigiemand wat bergkant van die pad laat bou het speel Russiese roulet.

Ons het ons laat oorreed om ‘n dag langer te kuier en sal eers more weer terugkeer Langebaan toe. Vanoggend is ons Kleinmond toe in betrokke weer, maar dit sal ons nie verhinder om nou weer te gaan swem nie.

Maatskappy-aflos

18/02/2012 in Sonder kategorie

Tiende maal is skynbaar skeepsreg hier teen Tygerberg. Dis hoeveel keer ek nou probeer inteken het. Vanoggend het dit amper net so lank geneem. Ek moet skuldig pleit, dat ek die week die nuus net met ‘n halwe oor en oog gevolg het. Daarom moet ek i.p.v. “Die week se nuus” terugval op ‘n ou foto.

Vir solank ek aan die Comrades deelgeneem het, het die millennium-wedloop (2000 se ‘op’) die meeste deelnemers gelok – tussen 20 400 en 20 500. Die maatskappy-aflos het in die enigste jaar wat ek deelgeneem het net duskant 3 000 spanne van 8 elk gelok, wat neergekom het op sowat 23 000 atlete op die pad gedurende die dag. Die aflos het ‘n roete deur Johannesburg se heuwelagtige voorstede gevolg en in die suide geeindig.

Ons span het bestaan uit 3 afrikaners, 3 afrikane en 2 ‘poms’ (maar goeie poms). Die eerste twee in ons span, Sylvester en Shadrack het ons span goed laat begin en toe ek met die vierde skof begin was ons nog onder die eerste 100 spanne. Van my af het ons egter sowat 100 posisies teruggesak, maar nog onder die eerste 200 spanne klaargemaak. Ek as die ‘ou man’ in ons span was tevrede met ‘n tyd van onder 30 minute oor 6 km, in ag genome die ongemaklike roete.

Is daar onder die lesers nog iemand wat die jaarlikse wedloop onthou? Ek weet nie eens of dit nog plaasvind nie.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

18/02/2012 in Sonder kategorie

1. Rock and roll music – Beatles (1)

2. Downtown – Petula Clark (3)

3. Roustabout – Elvis (4)

4. I wouldn’t trade you for the world – Bachelors (2)

5. All day and all of the night – Kinks (6)

6. I could easily fall – Cliff Richard (nuut)

7. Mr. Lonely – Bobby Vinton (nuut)

7 The wedding – Julie Rogers


Rock and roll music was op hierdie stadium reeds 4 weke op No.1.

Cliff en sy nuwe treffer het geen bekendstelling nodig nie. Bobby Vinton is moontlik minder bekend. Sy stem het ek met fluweel geassosieer.

‘I could easily fall’ word ingelui met

‘oh-oh-oh-oh

Oh-oh-oh-oh’

If you should tell me that I’ll always be

The one you’ll always love so true

Then I can tell you, oh so easily

I could easily fall in love with you.

It wasn’t long ago I saw you there

But even then I thought I knew

That given half a chance I’d easily

I could easily fall in love with you

I’ve been too long on my one-some now

I’ve been too long all by myself

I couldn’t feel more lonesome now

If I was there on a shelve

Don’t ever change that smile you’re smiling now

And please don’t let me see you blue

Then I can tell you, oh so easily

I could easily fall in love with you,

I’ve been too long  …….

Don’t ever change that smile …..

Verskoon maar enige tikfoute. My leesbril is vanoggend soek.

Dae 1 en 2

15/02/2012 in Sonder kategorie

Dinsdagoggend het ‘n vriendin, nou ‘n weduwee, met wie ons sedert die 1970s bevriend was, by ons aangesluit. Dit was winderig en koel en ons het eers in die namiddag gaan swem. Die swembad se water was egter nie te koud nie en ek kon genoeg lengtes afle om op te maak vir twee dae se fisiese onaktiwiteit. Ons eenheid se braai-area is aan die wind-beskutte kant en ons was gisteraand tot nege-uur buite. Na ete het ek myself verskoon met “Wolf of the Plains” van Conn Iggulden, die verhaal van Genghis Khan, terwyl die dames verder gesels het. Die boek is Maandagmiddag by ‘n boekwinkel naby Club Mykonos raakgeloop.

Vanoggend na ontbyt het ons deur die reservaat gery na die baai met die huisbote. Op die strand oos van die ‘Preekstoel-rots’ het ons ‘n beskutte plek gekry om die sonsambrele te plant. Die oggend is verwyl met swem en in die son le. Daarna is ‘n ‘snack’ geniet by Geelbek. By die aansluiting met die hoofpad op die reservaat het ‘n groot trop gemsbokke net op daardie oomblik verby gekom. Volgens my telling tussen 60 en 70 van hulle.Terwyl die meeste van hulle bruinerig was, ook heelwat jong bokke, was daar een ou grote wat meer vaal as bruin was. Behalwe ‘n paar volstruise het ons nie nog wild gewaar nie.

Interessant van die strandmeer suid van die eilande is die groot stukke oer-seebodem wat bo die watervlak uitsteek, almal bedek met riete en ander plantegroei. Dis duidelik bokant die hoogwatermerk wat heel herkenbaar is. Die seevlak was dus ietwat hoer as tans, vermoedelik gedurende die warmste gedeelte van die Holoseen (die geologiese term vir die sowat 10,000 jaar na die laaste glasiaal in die Ystyd). Tydens die vorige interglasiaal, sowat 120,000 jaar gelede, was die seevlak sowat 6 meter hoer as tans, met stormstrand-afsetting tot 8 meter bo die huidige seevlak.

By Langebaan, op pad terug, is vlugtig by ‘n winkel of twee aangedoen, onder andere vir die dag se koerant. Vanaand na aandete het ons eers gaan stap om die kos te laat afsak, voordat ek die eerste keer vandag die laptop aangeskakel het.

Op pad

14/02/2012 in Sonder kategorie

Gisteroggend het die son net opgekom toe die ‘Hardbody’ koers gekry het weswaarts. Die eerste 10 km op die plato staan die groen gras kniehoogte langs die rand van die pad na die onlangse reen en verder van die pad is groen opslag te sien. Wanneer ons begin afdaal na die laaglande verder wes kan Gamsberg 30 km verder gesien word. Die laagland is egter droog en stomp op die grond afgevreet.

Gamsberg lyk van bo-af soos ‘n krater, maar het nie ‘n vulkaniese oorsprong nie. Verwering het aan die binnekant ‘n holte geskep. Vroeer jare was dit ‘n boesman-vesting, wat deur ‘n rivierkloof bereik kon word. Vandag is daar ‘n pad na binne. Van die N14 af kan twee skag-openings sowat 50 meter van mekaar gesien word. Onder die berg is ‘n groot sink-afsetting, wat tans deur die nuwe eienaars, Vedante (Indiese maatskappy) verder ontwikkel word, nadat Anglo American die afsetting vir baie lank net as ‘n reserwe vir die Black Mountain- myn gebruik  het. Die afdraai na Aggeneys, die myndorp vir Black Mountain (koper,lood,sink en silwer word gemyn), is sowat 10 km verder. Hierdie myn behoort ook nou aan Vedante.

Sowat 70 km voor Springbok is ‘n waterskeiding, waarvandaan die berge om Aggeneys vir oulaas in die truspieel gesien word. Vorentoe kom die granietberge (meer soos rante) in sig. Die grasveld verander na bossiesveld, waar die granietgebied binnegegaan word. Ons vertoef tot halftien by Springbok, waar ek ‘n afspraak gehad het. Tussen Springbok en Bitterfontein kry ons tweekeer  ‘n fietsryer, in teenoorgestelde rigtings op pad. Die fietse is swaar gelaai – dis duidelik dat elkeen op ‘n lang reis is. By Bitterfontein vertoef ons kortliks en kry by die vulstasie ‘n motorfietsryer. Hy is op ‘n toer deur Afrika; ons sien hom weer in Klawer, terwyl by die Wimpie ‘n laat ontbyt (na 12 uur) geniet word.

Van Klawer na Clanwilliam, tussen die 26.6 km tot 27 km bordjies is mangaanerts (swart en swaar) te sien in die padsnitte. Van Clanwilliam na Graafwater is padwerke, naby aan klaar, maar ons word twee keer opgehou. Voor Lambertsbaai draai ons weg na Leipoldtville en daarvandaan na Elandsbaai. Van die hoogte suid van Elandsbaai kan die see gesien word. ‘n Bietjie nader kan skepe uitgemaak word – 7 of 8 ertsdraers op pad na Saldanha.

Daar was nog twee oponthoude, een voor Dwarskersbos en een tussen Saldanha Staal en Langebaan. Net voor vier daag ons by ons bestemming op. Die eerste dag, of wat oor was daarvan, was winderig. Die hittegolf is ongelukkig reeds verby (Murphy se wet, die le Roux’s is mos by die see).

Vanoggend roer die wind reeds, maar ek wil netnou die water gaan aandurf.

Alweer sulke tyd

12/02/2012 in Sonder kategorie

Ons koffers met o.a. swemdrag is gepak. Nou nog net die ‘laptop’ inpak en nou-nou gaan slaap. More vroeg wil ons op pad wees suidwaarts vir ‘n paar weke se rus langs die Weskus, soos laasjaar hierdie tyd. Hierdie blog sal vir die tydperk sporadies aandag kry.

Terloops, hierdie blog se aantal lese het vandag, soos A.B. de Villiers wat sy honderdtal laas met ‘n seshou gekry het, die 10 000 kerf verbygegaan met sowat 100 lese vir vandag se pos, danksy ‘n lewendige debat oor klimaatsverandering. Dit was nogal lekker dat iemand van die ander kamp ook bygedra het.

Tot Maandag- of Dinsdagaand.

Die week se nuus

12/02/2012 in Sonder kategorie

Maandag (Die Burger)

Die 18e jaarlikse Mynbou-indaba begin in Kaapstad. Die hoofrede word gelewer deur dr. David Evans, bekende klimaatskeptikus. Hy is ‘n wiskundige met ‘n string doktorsgrade en het voorheen as klimaatswetenskaplike vir die Australiese regering gewerk. “Koolstofbelasting is ‘n geldmaak-foefie”

Dinsdag (Die Burger)

Die uiterste koue in Europa veroorsaak dat Duitsland tans op die grens van sy kragopwekkingsvermoe is en dat beurtkrag sy voorland mag wees. Die belangrikste oorsaak is dat die regering ‘n aantal ouer kernkragstasies summier gesluit het ‘n jaar gelede na aanleiding van die Foekoesjima ‘kernramp’ in Japan. Sonkrag lewer tans ‘n bydrae solank die lug bokant Duitsland onbetrokke is. Windmeulparke lewer weinig krag omdat dit meestal windstil is.

Dis waarom ek die afgelope jaar reeds na ‘tannie’ Merckel verwys.

 

Dr.Peter Johnston (Universiteit Kaapstad) en Prof.Stefan Rahmsdorf (Potsdam,Duitsland) blameer aardverwarming vir onderskeidelik ‘n hittegolf in Wes-Kaapland en die ongewoon koue winter in Europa.

Wonderlike gas (CO2) wat die atmosfeer warmer of kouer kan maak.

 

Vrydag (Die Burger)

President Christina Kirchner het aangekondig dat Argentinie die onwettige besetting van die Malvinas (Falkland-eilande) by die Verenigde Nasies aanhangig gaan maak.

Zuma se toespraak: ‘n Ambisieuse program van infra-strukturele ontwikkeling van honderde miljarde rande word aangekondig.

Die beplande ontwikkeling is lofwaardig, maar waar die EKSTRA geld vandaan gaan kom? Buitelandse lenings? Koolstofbelasting ? Papier en drukkersink is darem redelik beskikbaar.

 

Saterdag (Die Burger)

Malema ‘maak reg vir tronk’

Nog hoeveel slapies?

(Aljazeera)

‘Bitter cold still grips Europe with no let-up in sight. Heavy snowfalls continue to disrupt traffic in Western Japan.’

Die dodetal in Europa sedert die koue front inbeweeg het is op pad na 500 en in Japan net duskant 100.

‘Demonstrations in Athens over new austerity measures bill. Trade unions staging a 60 hour strike in Greece’.

Die wetgewing is ‘n voorwaarde vir ‘n $170 biljoen hulp-pakket deur die Europese Unie.

Griekeland het ‘n bodemlose put geraak. Die beginsel “do not throw good money after bad money” behoort oorweeg te word.