Jy blaai in die argief vir 2011 Oktober.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

29/10/2011 in Sonder kategorie

1. Have I the right – Honeycombs (1)

2. It’s all over now – Rolling Stones (4)

3. All I got – Bats (7)

4. Everybody loves somebody – Dean Martin (5)

5. Wishin’ and hopin’ – Dusty Springfeld (2)

6. It’s for you – Cilla Black (6)

7. I guess I’m crazy – Jim Reeves (8)

8. A hard day’s night – Beatles (3)

Vandag se liriek, ‘Conversations’ – Cilla Black, soos ‘n paar weke gelede beloof:

Do you come here often? Have we met before?

Tell me your impression now, could you like me more?

Could you even love me here? Is it too early to tell?

Who am I fooling when I know too well

chorus

That it’s only conversation here in my mind

Great expectation, the loving kind

I’m losing my patience learning my lines

I’ve still got to meet him, mm mm

I’ve still got to meet him, mm

La la la la la la la la la la

Do you like music? Funny we should meet by chance

Maybe we’ll dance later, have another dance

Suddenly I know you, yes, I know you well

Could it really happen, only tonight will tell

chorus

If it’s only conversations here in my mind

Great expectations, the loving kind

I’m losing my patience learning the lines

I’ve still got to meet him, mm mm

I’ve still got to meet him, mm

La la la la la la

 But when we meet, will I act like I’ve done before

Try to speak, make a move, raise my eyes from the floor

Say “hallo”, nothing more

Cause it’s only conversations ……….

Meevaller?

27/10/2011 in Sonder kategorie

Kry gisteraand die volgende epos:

Congratulations!! Congratulations!!

We happily announce to you the draw (No.1398) of the UK INTERNATIONAL LOTTERY, on line Sweepstakes promotion held in London on Thursday 25th October 2011. Your active e-mail address attached to the World Wide Web computer generated ticket number …

This subsequently won you the lottery in the 1st category, i.e. matches 6 lucky numbers Plus Bonus. You have therefore been allocated to claim a total sum of 1,316,462.00 British Pounds in cash. ….

‘n Soektog op Google wys dat daar nie so ‘n lotery bestaan nie. Daar is ook ‘n aantal ‘Fraud Consultants’ wat teen ‘n stywe fooi bereid is om vas te stel of enige sodanige kennisgewings deel is van ‘n ‘scam’. Die het ek egter van die hand gewys. Wonder of die ouens wat die kennisgewings uitstuur kop in een mus is met die konsultante.

Ai. Dit kon lekker gewees het!

Vanoggend was dit weer onder 10 grade Celsius met ‘n skraal windjie uit die suide. Hopelik is dit nou die laaste stuiptrekking van die winter. Volgens die internet het die eerste sneeu van die noordelike winter reeds in Ierland begin val.

WB-nabetragting

24/10/2011 in Sonder kategorie

Sportskrywers, wat die Hane vooraf beskryf het as die swakste span om tot die finaal deur te dring, het Sondag op hul neuse gekyk. Met ‘n pak voorspelers 50 kg ligter as die All Blacks s’n het ek verwag dat hul wiele later gaan afval, maar inderwaarheid het die Franse die tweede helfte gewen (7-3) en in die geheel met eer uit die stryd getree. ‘n Waardige silwermedalje-wenner. Dat die All Blacks weer ‘n slag die beker gewen het kan hul nie misgun word nie. Behalwe die Franse het geen ander span hul laat sukkel nie. Alhoewel Frankryk ‘n stamland is, is N.S. al tot ‘n mate deur ons landgenote gekoloniseer.

Die losskrumreel verwar my steeds. Wanneer ek ‘n strafskop verwag teen verdedigers wat nie wegbeweeg na ‘n duikslag nie en sodoende terugplasing van die bal verhinder, word ‘n strafskop toegeken vir bal vashou. Dit lyk my daar is ‘n dun lyn en wie met ‘n strafskop bevoordeel word hang alles af van die ref. se interpretasie, wat selektief toegepas kan word.

Vir die tweede agtereenvolgende WB is die finaal beslis tussen twee spanne wat in dieselfde groep gespeel het. Die organiseerders moet dalk die Switserse stelsel, wat in skaaktoernooie gebruik word, oorweeg. Dan is dit onnodig om rondomtalies in groepe en uitkloprondtes te gebruik. Teoreties kan jy na net 6 rondtes ‘n wenner uit 64 deelnemers aanwys. In die praktyk kan jy met 100 deelnemers begin en nog  steeds ‘n alleenwenner kry weens gelykopspelle. Na die eerste twee rondtes, waar sterk teen swak spanne speel, raak dit met elke verdere rondte toenemend krag teen krag, met ‘n finale rondte waar die twee sterkste opponente dit teen mekaar moet uitspook. Daar is ook geleentheid om terug in die toernooi te kom na ‘n vroee glips omdat deelnemers nooit uitgeskakel word nie. Baie meer spanne kan deelneem. Dekades gelede het ek in ‘n brief aan Danie Craven voorgestel dat die stelsel in S.A. gebruik kan word, wat promosie-relegasie wedstryde onnodig sou maak. Almal neem deel aan dieselfde kompetisie. Alhoewel dit niks ingewikkelds inhou nie was dit egter bo rugby-administreerders se begrip en was daar geen reaksie op my voorstel nie.

Met die rugby-seisoen iets van die verlede verdien krieket weer aandag. Die kapteinskap rus swaar op Hashim Amla se skouers. Gister het hy weereens vanjaar met die kolf geflop en ook ‘n reguit vangskoot van Lobsy se boulwerk laat val. Tsotsobe het nogmaals gewys dat hy ons beste bouler is en sou in die WB ‘n verskil gemaak het. Dale Steyn is deurlopend gestraf en sy twee paaltjies teen stertkantkolwers maak nie op vir die baie lopies wat hy afstaan nie. Graham Smith, Kallis, Miller en Duminy kan tevrede wees met hul kolfvertonings, terwyl al die boulers wat ingespan was, met uitsondering van Steyn, hul kant gebring het. Boucher moes nie vir die vorige WB tuisgebly het nie.  

Kenners aan die woord

23/10/2011 in Sonder kategorie

Volgens ‘n voorblad-artikel in gister se Burger was Charl Marais (voormalige WP-haker) van mening dat die WP net 45 % hoef in te span teen die Leeus om gisteraand ‘n skuimkop of twee te verdien. “Daar is net te veel uitstekende spelers in hierdie WP-span. Ek dink ons gaan die Curriebeker wen”. Hoeveel % het hulle dan ingespan?

In dieselfde uitgawe beweer Brendan Venter (voormalige Springbok-senter en skrywer van die Sport 24-rubriek Steelkant) dat nie Francois Hougaard nie maar Ruan Pienaar die Springbok-skrumskakel moet wees.

 Een van Pieter Div. se ‘has been’ gunstelinge van voor Morne Steyn se tyd al (“form is temporary, class eternal”). Myns insiens moes hy op verdienste nie in die WB-groep gewees het nie.

 

 “..daar nie verder as (Allister) Coetzee gekyk hoef te word in die soeke na ‘n Bok-breier nie. My eerlike opinie is dat hy by verre ons beste afrigter is.”

Dieselfde afrigter wie se onoordeelkundige speler-wisseling die WP al ‘n Super 15- en Curriebeker-finaal laat verloor het, o.a. weens daai Fidjiaan, Sireli wat meestal ontydig op die veld was. Asseblief! Ons moes ‘n aantal Drie-nasies en die WB opoffer om van Pieter Div. ontslae te raak. Nie volgende ‘n Div.’light’ nie!

 

 

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

22/10/2011 in Sonder kategorie

1. Have I the right – Honeycombs (2)

2. Wishing and hoping – Dusty Springfield (3)

3. A hard day’s night – Beatles (1)

4. It’s all over now – Rolling Stones (4)

5. Everybody loves somebody – Dean Martin (6)

6. It’s for you – Cilla Black (7)

7. All I got – Bats (8)

8. I guess I’m crazy – Jim Reeves (nuut)

Na 5 weke heelbo is ‘A hard day’s night’ onttroon deur die Honeycombs.

Die nuwe toetreder, ook bekend as ‘Gentleman Jim’, het ‘n besonderse warm stem gehad en voor hierdie liedjie was daar verskeie groot treffers. ‘Adios Amigo’, ‘Guilty’, ‘Don’t let me cross over’ het almal No.1 gehaal. ‘Adios Amigo’, laat beelde van twee ‘cowboys’, of dalk twee Mexikaanse vaqueros (Spaanse ekwivalent van ‘cowboys’) in jou geestesoog verskyn. Lekker sing!

(inleiding: gefluit)

Adios amigo, adios my friend

The road we have travelled has come to an end

When two love the same love, one love has to lose

And it’s you who she longs for, it’s you she will choose

Adios compadre, let us shed no tears

May all your mananos bring joy through the years

Away from these memories my life I will spend

Adios amigo, adios my friend

Adios amigo, what must be must be

Remember to name one little ‘chacha for me

I’ll ride to the Rio, where my life I will spend

Adios amigo, adios my friend

(afsluiting: gefluit)

Spaanse terme

 

adios – ‘n seengroet (A Dios – tot God, mag God met jou wees)

 amigo – vriend

compadre – kameraad (‘partner’)

manana – more

‘chacha – kort vir muchacha (seuntjie, ‘laitie’)

Rio – rivier, hier waarskynlik die Rio Grande (Groot Rivier), grens tussen Mexico en Texas 

Rietskerm

21/10/2011 in Sonder kategorie

Kan dit alweer Vrydag wees? Nog ‘n week staan einde toe. ‘n Paar weke gelede het ek in ‘n pos gemeld dat die muurhorlosie in die slaapkamer se wysers teen half-sewes soggens sigbaar raak. Nou al teen sesuur. Die weer is nou afwisselend somer en winter. Ons kuiergaste is Saterdag hier weg, maar laas Vrydag was hierdie geeloog byna skouerdiep in geel outjies wat op ‘n veld-ekskursie vergesel moes word. Hierdie week het ek weer inspirasie vir geologiese navorsing gehad en moes die blog op die agterste sitplek wag.

Lees gister in die koerant dat daar vandag alweer ‘n opraping gaan plaasvind. Die vorige een was in Mei, maar ons was nie onder die uitverkorenes nie, seker omdat ek op ‘n Sondag oor rugby blog. Maar net vir ingeval het ek en Anna gister teen sononder (vir oulaas?) ‘n skemerkelkie in die rietskerm geniet. Die het ek ‘n paar jaar gelede rondom ‘n ou peperboom in die werf opgerig. Dit is agkantig met twee oop sye en het ‘n deursnee van 8 meter. Die riete is afkomstig van die Oranjerivier by Marchant en is elk met ‘n ystersagie tot die reguitste 1.8 meter ge-‘trim’. Ysterpale van 2.4 meter is op die hoeke van die oktagonaal ingeslaan en draad deur die gaatjies geryg om die raam te vorm waaraan die riete vasgemaak is. Noudat die riete gekrimp het is daar openinge tussenin waardeur jy kan sien as jy stilstaan. Iemand wat op die sypaadjie verbyloop kan egter nie in die skerm sien nie. Daar is ‘n vuurmaakplek op die grond (klippe in ‘n reghoek gepak), ‘n draadtafel en-stoele.

Die boom was 80 % dood toe ons die huis gekoop het, maar nadat die droe hout uitgesaag is en met gereelde natmaak het die boom nuwe lewe gekry en is wat oorgebly het van die stam nou weggesteek agter groen lower. Hoog op, seker so 8 meter, is weer ‘n paar trosse voelent wat aandag sal moet kry. My beste boomklimjare is egter verby en ‘n lang leer sal daarvoor nodig wees. In ‘n mik so 4 meter hoog en skuins bo die draadtafel sit ‘n tortelduif en broei. Hier kom baie voels op die erf, want soms word daar gemengde voelsaad, broodkrummels of vrugte vir hulle uitgesit (iets vir elkeen se smaak). Daar is meer as een voelbad vir hul gerief. Die vrugte of bessies van die peperboom kry veral aftrek van die muisvoels. Hulle is al te koddig met hul harige kuifies en houdings. Op die grond lyk dit of hulle op hul agterente sit. Terwyl hulle aan takkies of die heining hang loer hulle tussen hul voetjies deur.

Ongelukkig het ons eers later gisteraand verneem dat Gaddafi in die stof gebyt het, anders kon ek my glasie daarop gelig het. “One down ….”. Volgens die Aljazeera-kanaal is daar beeldmateriaal wat wys dat hy lewendig was toe hy gevange geneem is (hoe anders?). Die Libiese rebelle het dit skynbaar goed gedink om die beslommernis van ‘n hofsaak uit te skakel. In Suid-Afrika sal vlae seker halfstok hang, ‘n gewyde stilte gehandhaaf word en huldeblyke in die parlement wees vir die ‘struggle-held’.  

Wereldbeker-Rugby

17/10/2011 in Sonder kategorie

Die geskiedenis word herhaal:

2007

Springbokke verniel Engeland in die groepwedstryde (iets soos 36-0).

Engeland en Frankryk, beide 2de in hul groepe skakel onderskeidelik groepwenners Australie en N.S. uit in die kwarteind.

In die halfeind wen Engeland die Hane.

In die finaal is dit weer S.A. en Engeland en ons wen met iets soos 6-3.

2011

Die All Blacks wen Frankryk oortuigend in hul groepwedstryd.

Wallis en Australie, beide 2de in hul groepe skakel onderskeidelik groepwenners Ierland en die Springbokke uit in die kwarteind.

In die halfeind wen die Hane vir Wallis.

As die patroon verder herhaal word gaan die All Blacks net-net teen die Hane wen in die finaal.  

Sensus,anargie,betogers

16/10/2011 in Sonder kategorie

Die sensusopnemers was ook in Pofadder. Ek het die vraelys ingevul namens my huishouding en ons kuiergaste en kon niks daarin kry wat die bohaai daaroor regverdig nie. Die inligting wat gevra word is maar soos in die vorige sensus en dit vind in alle beskaafde lande plaas.

Wat wel ‘n bron van kommer is is toenemende globale anargie. Op TV is tonele gewys van betogings in Europa, die VSA, Japan en selfs Australie ter ondersteuning van die ‘Occupy’-beweging. Dit het begin by Wall Street in New York en word beskryf as ‘n “rally against corporate greed and inequality”. Dit lyk vir my meer na ‘individual greed’ onder mense wat op staatswelsyn teer en nie besef dat dit maatskappye en individue se belasting is wat die staat finansier nie.

In Rome word nou betoog teen die Italiaanse regering se noodgedwonge besparings-maatreels. Motors word aan die brand gesteek en by geboue ingebreek, netsoos in Engelse stede ‘n tyd gelede. Jy kry slegte mense. Myns insiens is alle betogings in stryd met demokratiese norme. ‘n Raserige minderheid probeer hul standpunt d.m.v. intimidasie op ‘n regering afdwing, ongeag hoe die stilswyende meerderheid daaroor voel. Wanneer sulke betogings effektief op opstand teen die staatsbestel neerkom (plakkate met die woord ‘revolution’ is gesien) raak dit tyd vir weermagte om die orde met ‘minimum geweld’ te herstel.  

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

14/10/2011 in Sonder kategorie

1. A hard day’s night – Beatles (1)

2. Have I the right – Honeycombs (2)

3. Wishing and hoping – Dusty Springfield (4)

4. It’s all over now – Rolling Stones (7)

5. Do wah diddy diddy – Manfred Mann (3)

6. Everybody loves somebody – Dean Martin (8)

7. It’s for you – Cilla Black (nuut)

8. All I got – Bats (nuut)

‘A hard day’s night se 5 weke op No.1 is die meeste nog sedert met hierdie reeks begin is.

Cilla Black se ‘Conversations’ onthou ek beter as hierdie een. Die ‘Bats’ was ‘n Suid-Afrikaanse groep en het later ook met  Afrikaanse liedjies soos ‘Weltevrede Stasie’ en ‘Groen en Goud’ (“Vat hom Dawie, vat hom laag”) die Hit Parade gehaal. Ek wou vanaand ‘Conversations’ se liriek geplaas het, maar onthou dit net gedeeltelik. In plaas daarvan nog ‘n Cliff-gunsteling (Cliff en Jim Reeves se liedjies onthou ek die beste omdat dit so lekker sing):

When the girl in your arms

Is the girl in your heart

Then you’ve got everything

When you’re holding a dream

You’ve been dreaming to hold

You’re as rich as a king

So hold her tight

And never let her go

Day and night

Let her know you love her so

With the love of your life

Spend a life-time of love

Make her yours for evermore

So hold her tight …………

……………………..for evermore

Skemeraande

12/10/2011 in Sonder kategorie

‘n Rukkie gelede het ek wakker geword met die tema-wysie van “Die meisie van Avignon”. ‘Da da da, da da da-da-da-da-da’. Dit dateer uit dieselfde tyd as die TV-reeks “Petrocelli”.

Ons gaste sedert Saterdag is ‘Langjan’ Mostert, oud ‘Namakwalander’ en sy gade. Hy is ‘n bekende in boeremusiek-kringe en neem nog deel aan kompetisies. Vir die geleentheid is ‘n bottel KWV 5 jaar uit die wynrak afgestof. Dis nie iets wat algemeen beskikbaar is nie en iemand met ‘n ‘kwota’ het dit lank gelede vir ons gegee. Na 4 aande wat die sonsondergang vanaf die agterstoep gemonitor is (heerlike somersaande die afgelope tyd) begin  die bottel se boom al sigbaar word. Gisteraand het ek Jan uitgevra oor sy jare as hoofinstrukteur by die skool vir vakleerlinge te Alexanderbaai. Ek was ‘n ‘geeloog’ daar vir ‘n aantal jare. Dit was later donker en die maan, nou ‘n gelerige volmaan, het al oor buurvrou se dak aan die westekant geskyn voordat ons by die vrouens gaan aansluit het vir aandete. Dit het my aan die volgende liedjie laat dink, een op ‘n langspeler van die Ray Connif Singers (ook bekend vir ‘Somewhere my love’, die bewoording vir die tema-wysie in ‘Dr. Zivago’):

Mariana

 

Mariana, there’s a moon above

And you know what I am thinking of

Yet, when I begin to speak of love

Mariana, how you laugh

What is there to make you laugh

Won’t you tell me why you laugh.

Marianina, sad am I

When you laugh I want to cry

Marianina can’t you see

You’re the only girl for me.