Jy blaai in die argief vir 2011 September.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

30/09/2011 in Sonder kategorie

Eerstens dankie vir almal wat opinies en advies verskaf het t.o.v. die verkeersprobleem. Ek gaan wag vir ‘n dagvaardiging.

Die ‘hits’ van die ooreenstemmende week, met die vorige week se posisies tussen hakies:

1. A hard day’s night – Beatles (1)

2. Do wah diddy diddy – Manfred Mann (2)

3. I don’t care what the people say – June Muscat (4)

4. Have I the right – Honeycombs (7)

5. Kissin’ cousins – Elvis (3)

6. Do you want me too – Four Pennies (5)

7. Wishing and hoping – Dusty Springfield (nuut)

8. It’s all over now – Rolling Stones (nuut)

Dusty Springfield was op ‘n manier met die Beatles geassosieer, hulle het haar musiek gekomponeer of so iets.

“All you got to do is wishing and hoping

Show him that you care”

Dit was onafwendbaar dat die Rolling Stones een of ander tyd op in hierdie reeks verskyn. Hulle is bekendgestel met ‘n wereldwye reklame-veldtog. In elke platewinkel is ‘n paar ronde klippe uitgestal. Die voorsanger Mick Jagger alias ‘Mick Dagger’ of ‘Old Thick Lips’ het nie juis gesing nie, meer gepraat en geskree. In hierdie nommer is die koor-gedeelte darem gesing:

“Because I used to love her, but it’s all over now”.

Sommige liedjies kan herken word aan die inleidende note, o.a. ‘A hard day’s night’ met 3 stygende musieknote voor die sang begin.

Wie onthou hierdie een van Bobby Bare (leidraad: inleiding en afsluiting was ghitaarklanke wat jou hartsnare geroer het).

Ghitaar-klanke

I want to go home, I want to go home

Oh Lord, I want to go home.

Last night I went to sleep in Detroit City

And I dreamed about those cotton fields and home.

I dreamed about my mother

Dear old papa, sister and brother

And I dreamed about that girl

Whose been waiting for so long.

I want to go home, I want to go home

Oh Lord, I want to go home.

Home folks think I’m big in Detroit City

From the letters that I write they think I’m fine.

But by day I make the cars

By night I make the bars

If only they could read between the lines.

I want to go home, I want to  go home

Oh Lord, I want to go home.

(pratend)

I rode a freight train north to Detroit City

And all these years I’ve been wasting my time

I’ll take my foolish pride

On a southbound freight and ride

Go on back to the ones

I’ve left waitin’ so far behind

I want to go home, I want to go home

Oh Lord, I want to go home.

Ghitaar-klanke

Ongrondwetlike optrede deur verkeersdepartement?

29/09/2011 in Sonder kategorie

Kry vanmiddag die volgende SMS:

“Cederberg Traffic Department records show outstanding fines against D.le Roux I.D….. To prevent prosecution payment can be made online with www….. To view offense vehicle photo sms PHOTO to ….”

waarop ek terug sms:

“I am unaware of such offenses or fines and have nor received a summons to appear in court. Until found guilty the fines are not valid. Please inform amounts of fines, dates of offenses and all other relevant details.”

Myns insiens is hierdie tipe optrede van die verkeersdepartement strydig met artikel 35 (3) van die Grondwet. (reg op verhoor, verwittiging van aanklag,genoeg tyd toegelaat om klagte te bestudeer, teenwoordig te wees by verhoor, getuienis aan te hoor en te betwis en onskuldig geag tot skuldig bewys is). Lyk my die mense wil nou kortpaaie vat.

Die laaste keer dat ek daar verby gery het was gedurende April op pad Kaap toe en geen kommunikasie is van enige verkeersdepartement ontvang nie. Ek verneem graag bloglesers se opinies oor die aangeleentheid.

Drakoniese wette

29/09/2011 in Sonder kategorie

Onlangse koerantberigte het my laat wonder of 1 April verskuif is. Eers die spoedgrens op oop paaie wat na 100kpu verminder word. Daarna die beoogde verbod op alles wat vir wapens kan deurgaan. ‘n Dame kan gearresteer word as sy met pepersproei in haar handsak betrap word. Nou ja, mens moet seker simpatie he met die arme misdadigers wat gedurig in spanning verkeer omdat die slagoffers hulle mag teesit.

Die jongste gekheid is om die toelaatbare alkoholvlak vir motoriste te verminder na nul en skuldiges se bestuurderslisensies summier af te vat. Die minister is seker onthuts oor die klomp aanklagte wat onlangs uitgegooi is weens die onbetroubaarheid van die toetsapparaat, met gepaardgaande verlies aan boetes. Nou speel hy veilig. As jy nou ‘n drankie iewers geniet het moet jy seker huis toe stap en hoop jy kry nie ‘n wapen nodig op pad huis toe nie. Restaurante sal nie meer kan bestaan nie, tensy hulle vervoer aan hul kliente verskaf.

In een van die Sodom en Gomorra-aflewerings het ek opgemerk dat ‘n slikdam langs die N12 verdwyn het. Volgens ‘n berig in Rapport is daar nou ‘n mega-slikdam 15 km buite Stilfontein vir die prosessering van honderde miljoene ton slikmateriaal. Die myn-eienaars word egter afgepers deur gierige grondeienaars met die medewerking van Mariette Lieferink van “suur mynwater”-faam. Ek is lankal skepties oor die beweerde suurheid van mynwater in ou mynskagte en het nou meer rede om Lieferink se motiewe te bevraagteken. Sonder stawende data t.o.v. die beweerde toksiese- en swaarmetaal-konsentrasies het sy haar ingewurm by naiewe staatsamptenare en misbruik nou haar invloed vir geldelike gewin. Daar is honderde miljoene rande (belastinggeld) bewillig om die mynwater te behandel. Vir die bevoordeelde chemiese maatskappye is ‘n kunsmatige nis geskep en hulle kan al die pad bank toe glimlag.

Ek vermoed dat geldelike oorwegings by die meeste omgewings-aktiviste ‘n rol speel en dat ‘die omgewing’ net ‘n dekmantel is. Jonathan Deale het volgens koerantberigte erken dat hy nie ondersteuning vir sy ‘fracking’ veldtog sou kry onder die ou minerale bedeling nie, aangesien boere dan geldelik sou baat vind. Verder laat hy nie ‘n geleentheid verbygaan om ‘volhoubare’ kragbronne te propageer nie. Goedkoop krag deur gas opgewek sal die vooruitsigte vir peperduur son- en windkrag-produsente ‘n ernstige knou toedien.Dit sal my min verbaas as die instansies tot die Karoo-veldtog bydra.

In ‘n koerantberig in Rapport van ‘n paar maande gelede (‘Koalisie teen wolframmyn kry ‘n dwarsklap’) het ek die beswaardes by Piketberg se disinformasie aan die kaak gestel en hulle het nie gewaag om daarop te reageer nie. Die wolfram-afsetting is miljarde dollars werd en dis meer waarskynlik ‘big bucks’ as Verlorenvlei wat die hoofmotief daar is.

My hand het danksy Reparil-gel en ‘n beskermende handskoen goed herstel en die swelsel weens vloeistowwe om die gewrig is weg. Trouens ek het die week weer begin ‘gym’ met voorlopig ligte gewigte. Een van die dae word die slaansak weer afgestof.

Hit Parade: Bespreking

25/09/2011 in Sonder kategorie

Sedert gister onthou ek ‘Have I the right’ van die Honeycombs beter. Die sanger het so ‘n sandpapier-stem gehad. Die musiekinstrumente was vermoedelik ‘n graaf-teen-sement en ‘n metaalvyl-teen-sinkplaat. Toevallig kom die woorde “sending shivers down my spine” ook daarin voor. Dit was nog voor die tyd van ‘Heavy Metal’-musiek, maar moontlik ‘n proto-tipe daarvan. Dit alles ten spyte was die liedjie tog op ‘n manier musikaal.

Wat meer is as wat gese kan word van ‘n onverklaarbaar- gewilde Afrikaanse sanger wie se van ontleen is van ‘n rivier in Palestina. As sy musiek op radio of TV opkom kon ek altyd badkamer toe gaan of in die tuin gaan stap. Op ons onlangse besoek aan die Transvaal het iemand my vermoedelik ‘n streep getrek deur die gasvrou te vra om ‘n video van T.J. te speel. Daar was geen ontsnapkans nie en ek moes vir goed ‘n halfuur lank dit uitstaan. Daarna het Anna my van my lyding verlos deur ‘n video van Ronel Erasmus te versoek. Haar vertolking van o.a. “Pie Jesus” was soos salf aan my seer ore. Noudat ek noodgedwonge meer kennis van Theuns se sang het, vergelyk ek hom met E.T. van die AWB. Laasgenoemde se optredes was wel sonder ghitaar-begelyding, maar sy boodskappe aan die ‘Boerevolk’ was met meer passie oorgedra.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

24/09/2011 in Sonder kategorie

1. A hard day’s night – Beatles (1)

2. Do wah diddy diddy – Manfred Mann (4)

3. Kissin’ cousins – Elvis (3)

4. I don’t care what the people say – June Muscat (6)

5. Do you want me too – Four Pennies (8)

6. Constantly – Cliff (2)

7. Have I the right – Honeycombs (nuut)

8. Don’t let the rain come down – 7 Dibbedy Singers (5)

Die nuweling is in my kop maar die woorde moet nog bykom.

Die ‘Hit Parade’ was gebaseer op weeklikse verkope van ‘Seven Singles”. Daar was egter musikante wat hul toegespits het op langspeelplate. Ons het verskeie daarvan by die huis gehad, o.a. van Mario Lanza (tenoor), Johan Strauss (walsmusiek) en Slim Whitman. Laasgenoemde ook ‘n tenoor, maar met ‘n Hawaiise ghitaar vir begelyding. Die naaste vergelyking aan sy stem was Bles Bridges of Roy Orbison. Wanneer ek na musiek geluister het het ek my daarin verdiep, ongeag of die wereld aan’t vergaan was. Daarom ‘hoor’ ek nog sekere liedjies tot in die fynste detail. Van die nommers op Slim Whitman se plaat was ‘Sail along silvery moon’, ‘Ramona’ en ‘The old lamplighter’ waarvan die woorde steeds onthou word. Laasgenoemde volg hieronder:

He made the night a little brighter

Wherever he would go

The old lamplighter of long long ago

His snowy hair seemed so much whiter

Beneath the candle glow

The old lamplighter of long long ago.

You’d hear the patter of his feet

As he came tottering down the street

His smile was hard and kinda lone you see

If there were sweethearts in the park

He’d pass and leave them in the dark

Remembering the days that used to be

When he was young and dreams were new

He loved someone who loved him too

Who walked with him along in memories.

He made the night a little brighter

Wherever he would go

The old lamplighter

Of long long ago.

Padveiligheid: Nuwe spoedperk

23/09/2011 in Sonder kategorie

Woensdagaand het ek vir die eerste keer die huidige Minister van Vervoer se naam en gesig op TV gesien en albei alreeds vergeet. Hy wil die spoedgrens op oop paaie van 120 na 100 kpu verminder om padsterftes te verminder. Een van die gevaarlikste stukkies pad wat aan ons voorgehou word is die sowat 80 km op die N1 tussen Prins Albertweg en Laingsburg. Dis waar die sangeres Leonora Veenemans ook in 1974 noodlottig verongeluk het. Die pad is so oop en reguit dat mens uit pure verveling teen 120 kpu aan die slaap kan raak. Die ongelukke wat plaasvind is juis deur motors wat die pad byster raak. Die probleem sal eerder opgelos word deur die spoedgrens te verhoog na 150 kpu waar die pad dit toelaat. Daarmee sal verveling en vermoeienis verminder word.

Die agbare Minister volg egter in die voetspore van ‘n vorige (kortstondige) Minister van Vervoer in die goeie “ou Suid-Afrika”. Dit was gedurende ‘n brandstof-krisis van die jare toet. Chris Heunis het die briljante ingewing gekry dat petrol bespaar kan word deur die spoedgrens in stedelike gebiede van 60 na 50 kpu af te bring.Die gevolge was vir almal behalwe politici voorspelbaar, naamlik hewige verkeersknope, waartydens miljoene liters petrol weg ge ‘idle’ is. Groot ergernis is ook onder kiesers ontketen, wat die ‘Groot Krokkodil’ genoop het om Heunis haastig na ‘n minder skadelike portefeulje te ‘herontplooi’. Sy opvolger se eerste taak was om die gewraakte verkeersregulasie ongedaan te maak. Die nuwe portefeulje, “Staatkundige Ontwikkeling” is spesiaal vir Heunis geskep. Daar het sy eintlike talent, werkskepping, na vore getree. Van niks af is ‘n departement opgebou met ‘n hierargie wat vir niks geskrik het nie. Volgens koerantberigte het net hyself verstaan waarmee die departement besig was, maar meer waarskynlik hy die minste van almal.

Terug by die hede. Die vermindering van 120 na 100 kpu sal veroorsaak dat elke tog 17 % langer sal duur, moontlik meer weens die toenemende verkeer op die pad, met ‘n proporsionele groter vermoeienis en swakker konsentrasie-vermoe. Die bykomstige 17 % of meer wat elke voertuig op die pad deurbring verhoog ook die verkeersdigtheid ooreenkomstig. Die wrewel wat by motoriste ontstaan weens vertragings sal ook geneig wees om ‘n negatiewe houding teenoor verkeersowerhede  te genereer, wat weer lei tot minagting van ander gewaande ‘onredelike’ verkeersbeperkings. Verwag meer eerder as minder ongelukke!

Padsterfte-statistiek is oor die algemeen misleidend.’n Derde van padsterftes bestaan uit voetgangers. ‘n Veldtog om voetgangers oor veiligheid op te voed kan ‘n duik maak in daardie statistiek. Eintlik hoort hierdie sterftes eerder tuis in dieselfde kategorie as sterftes weens slangbyt of weerlig. Nog ‘n derde van padsterftes is waar k*-taxi’s betrokke is en die aantal voorvalle eerder as die geaffekteerde insittendes behoort getel te word (een voorval i.p.v. 10 sterftes). By die oorblywende derde van padsterftes speel onpadwaardige voertuie en onpadwaardige bestuurders ‘n groter rol as spoed. Die daagliks akkumulerende sterftes gedurende die Kersvakansie help om die koerante van nuus te voorsien, maar is op ‘n dag-vir-dag basis nie noemenswaardig meer as gedurende die stiller seisoene nie (werk self uit, sowat 10 000 sterftes oor 365 dae). Die statistiek dien egter as motivering vir die insameling van alstygende verkeersboetes. 

Dis nie billik om Australie se spoedperk van 110 kpu buite stede as voorbeeld te gebruik nie. Daar word meer gebruik gemaak van openbare vervoer en vlugte tussen stede is bekostigbaar. Gaan V.I.P.-kavalkades ook aan die verlaagde spoedperk onderhewig wees ? Ek onthou ene Jeff wat volgens TV- en koerantberigte teen ‘n spoed by ‘n padblokkade weg is om ‘n vergadering by te woon.

*k vir kombi’s natuurlik

Kallie Donner 7: Vermaak en Ontspanning

21/09/2011 in Sonder kategorie

Gedurende my hoerskooljare (vroeg tot middel 60s) was TV nog nie deel van die Suid-Afrikaanse opset nie, nog minder elektroniese speletjies, trouens rekenaars was nog net in ‘Science Fiction’ gebruik. Alhoewel ons as gesin soms by die ‘Ster 700’ gaan fliek het, het die ‘Inry’ net anderkant Kuilsrivier meer aftrek gekry. Ons was teen sononder reeds voor die ingang om ‘n goeie parkeerplek te verseker en ‘n koue aandete is op ‘n kombers langs die kar geniet. Jamie Uys-rolprente is nooit gemis nie. “Satanskoraal” is moontlik deur ‘n ander regisseur vervaardig. Wyle Al Debbo en Frikkie Burger het ons laat rondrol in komediese rolle soos “Fratse in die Vloot”. In “Kimberley Jim” het die gewilde Amerikaanse sanger, Jim Reeves, die hoofrol vertolk. Hy is op sy besoek aan Suid-Afrika vergesel deur die klavierspeler, Floyd Kramer, en ghitaarspeler, Chet Atkins, maar ek kan nie onthou of hulle ook in die fliek opgetree het nie.

Radio-sepies soos “Verbode Liefde” (middae) en “Die Du Plooys van Soetmelksvlei” (saans) het vir jare aangehou en was altoos gewild. “Die Wildtemmer” en sy vervolg “Seun van die Wildtemmer” was ook smiddags op die lug. Was daar nie ook ‘n “Seun van die Seun van die Wildtemmer” nie ? Moenie vir “Staal Burger”, wat in ‘n ‘Luiperd’ gery het, vergeet nie, met die immer teenwoordige, welsprekende verkeersbeampte (“of iets …. in dier voege”). Woensdagaande was daar ‘n tydgleuf vir aksie-verhale. Ek dink aan “Die Basilisk” en “Donker Maan oor Daspoort”. Jongmense was op ‘n bepaalde weeksaand  tot laat wakker gehou deur “Atties” (Ateljee 64 afhangende van die jaartal). In die verskeidenheidsprogram, “Olikheid se Moses” was ‘die kraaie van die nasionale paaie’, Hans en Maans, asook Jan Salie se vrou, “van die Agtertang se Van Helsdingens,” ou bekendes.

Sportuitsendings is oor die radio gevolg. ‘Spiekeries’het rugby, krieket, tennis, boks en stoei uitgesaai. Daardie tyd was stoei nog ernstig opgeneem en ‘Wildeman van die Kalahari’, ‘Mnr. X’ en ander swaargewigte se loopbane is met groot belangstelling gevolg en bespreek. Die saaiste rugby-wedstryde is opgekikker met ” ‘n los getjommel op die veld” of “die manne groet mekaar”. Hennie van Zyl het altyd “sy ore platgetrek” op pad doellyn toe. Wie kan die uitgerekte “Siddie” vergeet, toe Syd Nomis ‘n toetsdrie gaan druk het.

Vir ‘groot’ rugby (toetse of Curriebeker) het ons skoolkinders die voorstedelike trein tot op Maitland gehaal en vandaar die Nuweland-trein, waar ons nog in die donker voor die hekke tougestaan het, ten einde ‘n staanplek op die gras voor die pawiljoen te verseker. Dit was in die tyd van Tom van Vollenhofen, ‘Piet Spiere’ du Toit en ‘Mannetjies’ Roux. Een aand na ‘n provinsiale wedstryd het die skare gedreunsang “Dawie Dawie” om die nasionale keurders te oorreed om ‘n witkop Matie (Dawie de Villiers) vir die Springbokspan te kies. [Die jaartal het my egter ontgaan].  

Kallie Donner 6: Onderwysers

19/09/2011 in Sonder kategorie

Onderwysers het saam met ouers ‘n groot invloed op die ontwikkeling van jongmense se karakters. Die onderwyser in Afrikaans, Ben Conradie, was ‘n bekende skrywer van jeugverhale. Sy invloed op my taalgebruik is steeds merkbaar. Met hom as toerleier het talle skoliere kennis gemaak met die buiteland (‘maats op ver paaie’), alhoewel ek nie een van die bevoorregtes was nie. Sy skyfie-vertonings het egter my belangstelling in ander werelddele geprikkel. Jare nadat ek reeds die skool verlaat het het ek en honderde ander oud-leerlinge nog gereeld verjaarsdagkaartjies van hom ontvang.

Gedurende standerds 9 en 10 het mnr. Sohnge, ‘n broer van die latere professor in Geologie (U.S.), wiskunde gegee. Hy het soveel respek afgedwing op sy rustige manier dat selfs die tafste skoolseuns, wat andersins min vir akademie omgegee het, wiskunde geniet en daarmee tot matriek deurgedruk het. Almal het beurte gekry om op die swartbord voor die klas probleme op te los. Hy het op so ‘n subtiele manier leidrade verskaf dat elkeen oortuig was hy/sy het self die taak bemeester.

Die Geografie-onderwyser het ‘n klub gestig (die ‘Aardrykskunde vereniging’) waarby senior skoliere op uitnodiging kon aansluit. Ons het soms naweke op veld-ekskursies gegaan, o.a. in die Sederberge. Tafelberg is op Saterdae langs verskeie roetes geklim, waar ons ook geleer ‘abseil’ het (dis ‘n duitse term, uitgespreek “abzail”). By sulke geleenthede het ek my inleiding in Geologie ontvang. Die van ons wat belang gestel het kon ook gedurende pouses die Franse taal geleer het. Alhoewel ek dit nog op ‘n manier kan lees en korrek uitspreek, sal ek egter nie nou meer as “Je parle un tut peu Francaise” (ek kan net ‘n klein bietjie Frans praat) waag nie.

Die Duitse onderwyser, bynaam ‘Visbal’, ‘n verdraaiing van “fussbal” (sokker), het baie klem gele op die korrekte uitspraak van ander tale. Die Engelse is berug daarvoor dat hulle ander tale met hul uitsprake verkrag. Elvis se liedjie ‘Mussiden’ kan nog gaan, maar ‘n ander sanger se treffer “danke schon” (baie dankie, uitgespreek “danke sjeun”) het geklink soos “denke sjyn”. ‘n Spreekwoord, “Gutes Wein braucht kein Aushangeschild” (iets goeds het nie reklame nodig nie) bly steeds by my. ‘n Frase waarop hy gehamer het was “don’t translate, relate” (moenie woord vir woord vertaal nie, vertel in jou eie woorde), wat ek met ‘die Lorelei‘ hieronder probeer illustreer (die Duitse woorde onderhewig aan korreksie).

Ich weiss nicht was soll es bedeuten das ich so traurich bin               

Ein Marchen aus alzen zeiten das kommt mir nicht aus den Sinn.       

Die Luft ist kuhl und es dunkelt, und ruhig fliest der Rhein                  

Den Gipfel des Berges funkelt in Abend Sonnenschein.                       

Die schonste Jungfrau sitzet dort oben wunderbar                             

Ihr goldnes Geschmeide blitzet, sie kammt ihr goldenes haar.            

Sie kammt es mit goldenem Kamme, und singt ein Lied dabei            

Das hat eine wundersame gewaltige Melodei.                                  

Den Schiffer in kleinen Schiffe ergreift es mit wilden Weh                   

Er schaut nicht die Felsenriffe, er schaut nur hinauf in die Hoh.          

Ich glaube die Wellen verschlungen am ende Schiffer und Kahn        

Und das hat mit ihrem Singen die Lorelei getan.                                

Ek weet nie waarom ek so weemoedig is nie

‘n Sprokie uit die ou tyd wat ek nie uit my gedagtes kan kry nie

Die lug is koel, dit word donker en rustig vloei die Ryn.

Die bergkranse weerkaats die strale van die aandson.

Die mooiste meisie sit daarbo

Haar goue juwele glinster, sy kam haar goudkleurige hare

Sy kam dit met ‘n goue kam en sing ‘n lied

Met ‘n wonderlike treffende wysie.

Die skipper in sy klein bootjie word daardeur aangegryp

Hy merk nie die rotsriwwe nie, maar staar net boontoe

Ek glo die golwe het uiteindelik die skipper met sy bootjie laat onder gaan

En dit het die Lorelei met haar gesing veroorsaak.

Sodom en Gomorra (slot)

18/09/2011 in Sonder kategorie

Vrydagoggend (9 Sept) het ons die N12 van Klerksdorp na Johannesburg aangepak. Oos van Stilfontein tussen Mines Road en die Vermaasdrifpad-kruising, noord van die N12, was vroeer ‘n groot slikdam, wat intussen elders heen verskuif is. Teen die huidige goudprys van $60/gram raak dit lonend om alle ou slikdamme weer te prosesseer. Die 3 myne om Stilfontein het elk gedurende hul leeftyd sowat 50 miljoen ton erts verwerk. Teen ‘n konserwatiewe halfgram goud/ton slik kan daar 75 miljoen gram goud uit hierdie slikdamme herwin word (75 miljoen x $60 = $4500 miljoen). ERGO het dit gedurende die 1980s aan die Oos-Rand gedoen, toe die goudprys ‘n fraksie van die huidige was.

Tussen Potschefstroom en Glen Harvie is daar dele van die N12 met slegs ‘n enkelbaan in elke rigting en die geel strepe op verkrummelde padrante. Daar is seker nie fondse om hierdie besige roete op te gradeer nie, in ‘n land waar R40 miljard op ‘n simpel sokkertoernooi geblaas is.

Waar die N3 (vanaf Durban) by die N12 aansluit is nog klawerbrue in aanbou.Oor die eerste kilometer op die lughawe-pad is daar nie gemerkte bane nie en die twee strome verkeer wat daar bymekaar kom moet hul diskressie gebruik. Weens ons NC-registrasienommer hou die ander motoriste wyd om ons (Jy weet nooit wat ‘n plattelandse japie mag aanvang nie !). Na die afdraai op die Witbank-pad (weer N12) is nog padwerke en oor etlike km is ons op ‘n enkelbaan tussen mure. Die spoedperk van 60 kpu word deur die ander verkeer geignoreer en ek maak maar soos die Romeine. As daar later korrespondensie van die verkeersafdeling opdaag, sal dit behandel word met net soveel agting as wat dit verdien. Net verby die Rondebult Road-afdraai (hoe tweetalig) koes ek onwillekeurig vir ‘n Emirate-vliegtuig wat laag oor die pad skeer, met wiele uit vir die landing. By die Atlas-afdraai swaai ons noordwaarts na die ‘Uncle Tim’s Centre’ in Boksburg Noord om ‘n ou boekwinkel te besoek en kom ‘n uur later daar weg met ‘n boks leesstof. Tydens ons kuier aan die Oos-Rand het ons darem nie ‘gumboots’ nodig gekry nie. Die “suur” mynwater loop nog nie so in die strate dat jy dit sal agterkom nie.

Na die naweek se kuiertjie vertrek ons Sondag terug na Klerksdorp, maar draai eers in Potsch af om vir ‘n oud-kollega te gaan hello se. Die eikebome langs die strate in en om die kampus is nou vol nuwe blaartjies. Dinsdag is ons weer op die N12 suid van Klerksdorp. Ironies dat Klerksdorp ‘n stad is en Wolmaransstad ‘n dorp. Deur Warrenton herinner ek Anna om te glimlag wanneer ons by die twee paal-gemonteerde verkeerskameras verby ry, ingeval ons afgeneem word. By Kimberley se Ultra City geniet ons eers iets ligs, voordat ons ons vriende in die voorstede gaan opsoek.

Woensdag-oggend is ons op die R64 weswaarts na Groblershoop. Tot by Schmidtsdrif is daar knaende Ry/Go-oponthoude. Wes van die Vaalrivier, waar laasjaar nog delwerye was, groei die gras reeds welig op die gerehabiliteerde oppervlak. Regulasies bestaan en word streng toegepas. Diegene wat so sanik oor die ekologiese impak van mynbou kan gerus daar eerstehandse kennis gaan opdoen. Die landskap is oorwegend grasvlaktes, soms heuwelagtig, met verspreide doring- en ander bome. Wes van Griekwastad is daar ysterryke gesteentes sigbaar. Die telefoonlyn langs die pad is grotendeels gestroop van telefoondrade. Tussen Groblershoop en Upington is ons weer herhaaldelik vertraag deur padwerke, met die gevolg dat Kakamas eers na vieruur bereik word. ‘n Beplande koffie-drink daar het uitgerek tot ‘n oorslaap en ons is eers Donderdag-oggend daar weg vir die laaste skof na Pofadder.

Hit Parade: Hierdie week 47 jaar gelede

17/09/2011 in Sonder kategorie

Het die laaste twee weke omgevlieg ! Elf nagte by ses huise oorgebly. Die laaste, te Kakamas, was nie op ons skedule nie. ‘n Koppie koffie oor die laaste skof huis toe het uiteindelik nog ‘n oorslaap geword. Oral lekker gekuier. Te lekker, want nou is daar nog ‘n paar kilogram om voor Desember afgeskud te word. Na die somerdae in die Transvaal is ons Donderdag deur ‘n Sutherland-windjie in Pofadder begroet. Gister was egter meer soos somer en ons kon soos watse Ewings aandete onder die veranda op die agterstoep geniet. In Sondag se pos sal oor die Transvaal-uitstappie uitgewei word.

1. A hard day’s night – Beatles (5)

2. Constantly – Cliff Richard (1)

3. Kissin’ cousins – Elvis Presley (4)

4. Do wah diddy diddy – Manfred Mann (6)

5. Don’t let the rain come down – 7 Dibbedy Singers (2)

6. I don’t care what the people say – June Muscat (7)

7. Chapel of love – Dixicups (3)

8. Do you want me to – Four Pennies

‘Constantly’ is toe onttroon deur die ‘Beatles’, wat net een week in die laer posisies vasgetrap het (soos ‘n kat teen ‘n muur).

Hierdie week se nuweling was die ‘Four Pennies’ se tweede treffer. “Juliet’ het in die begin van hierdie reeks poste ‘n 3de plek behaal. Hierdie week se liedjie is ‘n vorige groot treffer van Cliff, ‘Lucky Lips’:

When I was just a little baby

And I didn’t have many toys

But my mama used to say,”Son

You’ve got more than other boys.

You may not be good lookin’

And you may not be too rich

But you’ll never ever be alone

Cause you’ve got lucky lips.”

Chorus

Lucky lips are always kissing

Lucky lips are never blue

With lucky lips you’ll always find

A pare of lips so true

Don’t need a four-leave-clover

Rabbit’s foot or good-luck-charms

With lucky lips you’ll always have

A babe in your arms.

Well, I never get heart-broken

And I never get the blues

And if I play that game of luck

I know I just can’t lose

When they spin that wheel of fortune

All I’d do is kiss my chips

And I know I’m bound to win, yeah

Cause I’ve got lucky lips.

Chorus