Die Donker Eeue 14: Die Gety Draai

26/03/2011 in Sonder kategorie

In 618n.C., met net die sowat 1.5 km wye water van die Bosporus-seestraat tussen die Persiers en Konstantinopel, was toestande in die hoofstad van die Romeinse Ryk haglik. Die verlies van driekwart van sy grondgebied het voedsel-voorsiening nadelig geraak. In 622 het Heraklius die Kerk versoek om hulle skatte van silwer en goud te oorhandig om die staatskoffers aan te vul, om die Ryk te help oorleef. Sowat 100 ton goud is so ingesamel. Die Avars se kagan het egter daarvan te hore gekom en die ‘beskermingsgeld’ verdubbel tot 200 000 goudmunte per jaar. (so ‘n skarmunkel!).

In 626 was Konstantinopel omsingel. Die Avars en Slawiers was net buite die stadsmure in die weste en die Persiers agter die Bosporus in die ooste. Die twee groepe het saamgespan teen die Ryk. Die kagan het die stad se inwoners die keuse gegee om met net die skoene en klere aan hul lywe die stad te verlaat, dan sal hul lewens gespaar word.

Die jaar 626n.C. was egter ‘n minstens tydelike keerpunt. Die barbare se aanval het misluk en die Persiers is teruggedryf. Oor die volgende 4 jaar het keiser Heraklius daarin geslaag om alle verlore grondgebied in Noord-Afrika en in Klein Asie te herower. Die massiewe koste en verlies aan mannekrag van die 25 jaar-lange Persiese oorlog het beide kampe ‘n militere en ekonomiese knou toegedien. Die Romeinse Ryk se weermag het oor ‘n tydperk van 100 jaar gekrimp van 100 000 man tot net sowat 30 000-40 000.

Binne 5 jaar sou die Ryk se militere vermoens weer getoets word. ‘n Nuwe militere mag het ontstaan in die Arabiese woestyn, genaamd ‘Islam’.

4 antwoorde op Die Donker Eeue 14: Die Gety Draai

  1. bonty het gesê op 26/03/2011

    Ek kry hierdie intersant inligting hier op jou blog! Waar lees jy rond!

  2. Soos altyd interessant en leersaam

  3. deonleroux het gesê op 26/03/2011

    Ek het gou gaan tel. Daar is tans 45 boeke oor geskiedenis, van prehistoriese tyd tot onlangs, in my boekrakke. Wanneer ek by sulke plekke uitkom snuffel ek graag in boekwinkels, veral die met ou boeke, om by die versameling te voeg. Dit word gelees ook.

  4. deonleroux het gesê op 26/03/2011

    Dankie. Ek is bly dat geskiedenis ook vir ander mense interessant is.