Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

Klimaatsverandering 17: Motiewe

28/02/2011 in Sonder kategorie

In ‘Climate Change 16″ is ‘n aanduiding verskaf van hoeveel geld deur die klimaats-besigheid gegenereer word. Daar is verskeie groepe wat finansieel daarby baat:

Koolstofbeurse

Soos ek dit verstaan (help my reg as ek die kat aan die stert beet het) word nywerhede wat oormatig koolsuurgas vrystel deur regerings gepenaliseer, terwyl diegene wat CO2-inkortingsteikens haal verhandelbare krediete ontvang. ‘n Maatskappy kan sulke krediete koop om sy eie CO2-inkortings, of gebrek daaraan, aan te vul om sodoende boetes/belasting te vermy. Hierdie verhandeling geskied op beurse, o.a. die Chicago Koolstofbeurs, en het gelei tot spekulasie waardeur beleggings-instansies en individue (na bewering ook Al Gore) miljoene dollars wins gemaak het.

Wetenskaplike Navorsing

Groot bedrae word deur regerings bewillig vir klimaats-navorsing, waardeur loopbaan-geleenthede onstaan het. Dis verstaanbaar dat wetenskaplikes wat so hul daaglikse brood verdien die gans met die goue eiers sal beskerm. Dit geld ook vir wetenskaplikes in diens van regerings wat A.G.W.-gesind is.

Nywerhede

‘Volhoubare’ kragbronne, waaronder sonkrag, windkrag en biobrandstof (hoe laasgenoemde omgewingsvriendelik is is duister) kan nie elektrisiteit opwek wat kostegewys met konvensionele opwekking deur steenkool, olie en kernkrag kan kompeteer nie. Deur die publiek en regerings te oortuig van die ‘katastrofiese’ gevolge van aardverwarming word die ‘volhoubare’ bronne kunsmatig meer kompeterend gemaak deur subsidies, koolstofbelasting en wetgewing daarop gemik om steenkool-kragsentrales uit te faseer. Vervaardigers van windturbines, sonpanele en batterye se toenemende omset word so gewaarborg.

Konsultante/kontrakteurs

‘n Nismark het ontstaan rondom die vermindering van koolstof-emissie, waaronder monitering van nywerhede se CO2-vrystelling, raadgewing om dit te verminder, asook berging/verwerking van kweekhuisgasse.

Regerings

 Die geesdriftige bywoning van klimaatskonferensies, soos in Kopenhagen en Cancun, deur staatshoofde van derdewereld lande beteken nie noodwendig dat hulle A.G.W. sluk nie. Dit word wel as ‘n gulde geleentheid gesien om donasies van ontwikkelde lande te bedel, sogenaamd om koolstof-emissie in hul tuislande te bestry. Koolstofbelasting, soos binnekort ook hier ingestel gaan word, verbreed die belastingbasis.   

Jy kan egter nie iets uit niks skep nie. Iemand sal moet opdok:

Belastingbetalers

Subsidies vir die oprigting van ‘volhoubare’ kragopwekkers en klimaats-navorsing kom uit belastinggeld. Die infasering van ‘volhoubare’ krag gaan noodwendig lei tot duurder elektrisiteit. Dit word verwag dat koolstofbelasting hier te lande brandstofpryse sal laat styg.

Nywerhede

Koolstofwetgewing en duurder krag veroorsaak stygende produksie-koste, waardeur inflasie toeneem. Toenemende loon-eise, o.a. weens inflasie, lei tot ‘n koste-spiraal.

Mynmaatskappye

Stygende produksiekoste weens o.a. duurder elektrisiteit en arbeid verlaag maatskappye se winste en verkort die leeftyd van myne. Werkskepping word nadelig geraak.

Vervoer

Stygende brandstofpryse en vervoerkoste dra ook by tot inflasie.

Landbou

Stygende insette weens duurder implemente, brandstof en arbeid, asook minder beskikbare grond vir voedsel-produksie weens oorskakeling na biobrandstof-gewasse, gaan beide voedselpryse en -voorsiening benadeel.

Climate Change 16: $$$$$$$

27/02/2011 in Sonder kategorie

The following contributions from The Telegraph columnist Christopher Booker illustrates the economic/financial implications of carbon legislation and taxation generated by A.G.W. propaganda:

Carbon Exchange

“Nothing more poignantly reflects the collapse of the great global warming scare than the decision of the Chicago Carbon Exchange, the largest in the world, to stop trading in ‘carbon’ – buying and selling the right of businesses to continue emitting CO2.

A few years back, when the climate scare was still at its height, and it seemed the world might agree to the Copenhagen Treaty, and the U.S. congress might pass a ‘cap and trade’ bill, it was claimed that the Chicago Exchange would be at the centre of a global market worth $10 trillion a year, and that ‘carbon’ would be among the most valuable commodities on Earth, worth more per ton than most metals. Today, after the collapse of Copenhagen and the ‘cap and trade’ bill, the ‘carbon’ price, at five cents a ton, is as low as it can get without being worthless.” (13/11/2010)

“None of the lobbying has been more telling than a statement issued by 259 investment organizations, controlling assets totalling over $15 trillion – including major banks, insurance companies and pension funds. These are the bodies calling most stridently for ‘government action on climate change’, because they are the ones who hope to make vast sums of money out of it. They are desperate for a treaty of the type they failed to get at Copenhagen – even more so since the collapse of the U.S. ‘cap and trade’ bill – because they see their chance of turning global warming into the most lucrative fruit machine in history dwindling by the month.

Top of their list is a ‘rapid time frame’ for implementing the U.N.’s REDD scheme, which would enable them to make hundreds of billions of dollars by selling the CO2 locked up in the world’s tropical rain forests as ‘carbon offsets’, thus allowing firms from the developed world to continue emitting CO2. Under this scheme, for instance, environmental bodies including the WWF hope to share in the $60 billion which they estimate as the ‘carbon value’of the Brazilian rainforest.” (27/11/2011)

The Climate Change Act (U.K.)

” , by far the most expensive law in history, which commits Britain, uniquely in the world, to reduce its CO2 emissions by 80 % in 40 years. By the Governments own estimates, this will cost up to 18 billion pounds a year. Any hope that we could begin to meet such a target without closing down most of our economy is as fanciful as the idea that we can meet our E.U. commitment to generate 30 % of our electricity by 2020 from ‘renewable ‘ resources, such as wind and solar.

Solar Energy

“It was recently reported that farmers are rushing to cash in on the ludicrous subsidies, which could earn them 50 000 pounds a year for covering 35 acres of their fields with solar panels from China. These yield, on average, only 8 % of their capacity. Last year all the solar panels in Britain generated on average 2.3 megawatts, barely 1/500th of the output of a single medium-sized coal-fired power station. Yet our Government wants us to pour billions of pounds into this scheme, just when Spain, Germany and Australia have drastically reduced their own solar industries, because the billions they lavished on them turned out to be a total waste of money for virtually no return.

Wind Energy

“Our Government also wants us to pay 100 billion pounds through our electricity bills for thousands more wind turbines over the next ten years, with another 40 billion pounds to hook them up to the grid. Yet it’s predicted that by 2013, thanks to soaring costs and technical problems, orders for turbines will have fallen by 93 %.

Biofuels

“The E.U. continues to set targets to power our transport with an increasing percentage of biofuels, when a new report from some of its own advisers find that meeting its 2020 target will mean taking an area of farmland as large as Ireland out of food production, and that producing biofuels requires up to 167 % more energy from fossil fuels than they theoretically save.”  (13/11/2011)

Global insanity!

Mynwater: Seismisiteit

22/02/2011 in Sonder kategorie

Tot sover kon ek nog niks in die literatuur kry wat bevestig dat mynwater suur is nie. Foto’s wat artikels daaroor vergesel wys net die ‘fotogeniese’, ysterhidroksied (roes) in suspensie en aanslae op klippe en gras, afkomstig van die oksidasie van piriet. Me.Liefferink kan daarvan kennis neem dat oksidasie van piriet nie onderwater in mynskagte plaasvind nie, want suurstof word benodig. Ek sal ook graag analitiese data wil sien, wat die konsentrasies van toksiese bestanddele in mynwater aandui.

Die gegewens hieronder is verskaf deur ‘n vorige kollega, ‘n rots-ingenieur, wat betrokke is by die monitering van seismisiteit* by myne:

Enige beweging in rots gaan gepaard met skokgolwe wat deur die aardkors voortgeplant word. Alhoewel daar nie voorbeelde beskikbaar is van aardbewings weens natuurlike sinkgate nie, word insinkings in ou soutmyne in Rusland voorspel deur die seismiese monitering van mikro-skuddings.

Dis al lank bekend dat groot opgaardamme seismisiteit kan veroorsaak deurdat die gewig van water afwaartse druk op die aardkors uitoefen. Daar is by twee myne in Suid-Afrika, nl. Buffelsfontein (Stilfontein) en E.R.P.M. (Boksburg) seismisiteit waargeneem, wat met water-opvulling van ou skagte geassosieer word. Die skuddings vind plaas rondom die vlakke waar mynbou plaasgevind het. Die intensiteit van skuddings is vergelykbaar met dit wat deur daaglikse skietwerk in myne veroorsaak word, meestal van lae intensiteit, alhoewel 3 op die plaaslike skaal (soortgelyk aan die Richter-skaal) soms oorskrei word.

Op die stadium is die observasie dat seismisiteit plaasvind waar die omliggende gesteentes aan water blootgestel word. Die bronne van skudding volg die stygende vloedfront en areas wat reeds onderwater is ervaar min skuddings. Blootstelling aan water verander moontlik die meganiese eienskappe van verskuiwingssones (lubrisering deur water?) en versteur so die spannings-ekwilibrium in die gesteentes. Dis onwaarskynlik dat die suurgehalte van die water, of bewegings in die oorliggende dolomiet ‘n rol speel.

* aardskuddings van mikro- tot makro-skaal wat d.m.v. seismiese instrumente waargeneem word

‘n Mens raak nooit te oud om te leer nie!

Mynwater: Nabetragting

21/02/2011 in Sonder kategorie

Vanoggend vroeg toe ek wakker was het ek gedink dat my antwoorde op kommentaar dalk te omslagtig is.

Die reaksie op “Mynwater” was nogal soos die “brain storming sessions” wat dikwels in bestuurskursusse aangebied word. Onder die kommentaar was aspekte wat afsonderlike poste regverdig, soos die “watertafel” (Gousblom), sinkgate en slikdamme (Henry).

Nie almal neem ‘n “wolf”-skreeuery (Roosdoring) ernstig op nie. Minister Trevor Manuel word in Newsweek 24 (10 Aug.’10) soos volg aangehaal: “The idea that there will be acid mine drainage running through the streets of Johannesburg next week, and that we should all walk around in gumboots, is completely ridiculous.” “It does appear that there is all manner of private sector interest driving particular agendas here”. In Google onder “acid mine water in Johannesburg” is daar verskeie maatskappye wat adverteer/aanbied om die “suur mynwater” te behandel. Dit lyk of hier ‘n aanvraag geskep word, wat aansluit by Minister Manuel se stelling.

Ek het opgediep dat reenwater ‘n gemiddelde pH van 5.6 het en dat die pH van oppervlak-waters (riviere, mere, damme) tussen 5.5 en 8.5 wissel. In literatuur oor “suur mynwater” wereldwyd kry ek bevestiging dat dit inderdaad roes is wat rivierwater bruin kleur en die aanpaksel om klippe in rivierbeddings en om gras langs rivieroewers vorm. Daar word nie genoem of die water regtig suur is nie. Hopelik kry ek inligting oor die suurgehalte van mynwater en beweerde geassosieerde aardbewings by vorige kollegas wat nog by goudmyne betrokke is en sal dan terugrapporteer.

Mynwater

19/02/2011 in Sonder kategorie

Voorlopig is daar nog twee aflewerings in die reeks “Klimaatsverandering” in die pyplyn, naamlik ekonomiese en politieke aspekte. Vir vandag wil ek aandag gee aan wat volgens Mariette Lieffrink, wateraktivis, net sulke “katastrofiese gevolge” kan inhou as “mensgemaakte aardverwarming”, naamlik “suur mynwater”.

Waar kom die water vandaan wat uitgewerkte goudmyne oorstroom? Die Witwatersrand-gesteente, hoofsaaklik kwartsiet (versteende sand) se waterhoudingsvermoe is beperk tot nate, skuifskeursones en kontakte met intrusiewe gange (voorheen gesmelte rots). Hierdie “are” verskaf kanale waardeur water van oorliggende dolomiet ‘n myn kan binnedring. Dolomiet, ‘n karbonaatgesteente, is oplosbaar en grotte ontstaan wat gewoonlik water bevat. Die Oog by Kuruman is ‘n fontein wat gevoed word uit sulke water-gevulde grotte in dolomiet. So ook die fontein by die oorsprong van die Mooirivier noordoos van Potchefstroom. Hierdie water is geskik vir menslike gebruik.

Die mineraal, piriet (ook bekend as “fools gold”), ‘n verbinding van yster en swael, kom in gouddraende riwwe voor, asook in  lagies weg van ertsriwwe. Die piriet wat aan die wande van myntonnels blootgestel word reageer met suurstof en waterdamp om swaelsuur en ysterhidroksied te vorm (“oksidasie van piriet”). Myntonnels het ‘n helling van +1 graad weg van skagte, sodat gebruikte water altyd in voortjies na skagte terugvloei .  Swaelsuur wat ontstaan deur die oksidasie van piriet gedurende die mynleeftyd, beland in die voortjies en word by die skagte saam met gebruikte water uitgepomp. Ysterhidroksied is niks anders as roes nie en kleef aan die wande van myntonnels, totdat dit deur verbyvloeiende water afgespoel word. Die roes is min oplosbaar en word as ‘n suspensie in water vervoer. Die oksidasie van piriet vind net tot ‘n beperkte afstand van tonnelwande plaas. Dus is die hoeveelheid oksidasie-produkte eindig en behoort die proses in uitgewerkte myne afgehandel te wees. Enige toename in die volume van mynwater behoort gepaard te gaan met ‘n verlaging van die konsentrasie van stowwe in oplossing of suspensie.  Wanneer suur verdun word styg die pH. (pH = minus log waterstofkonsentrasie).

Op beeldmateriaal van “mynsuur” wat in riviere beland het,vermoed ek dat dit roes in suspensie is wat die water se bruin kleur veroorsaak, asook die bruin aanslag op klippe. Hoe suur is die mynwater werklik? Ek kon nie in beskikbare literatuur  uitvind wat die orde van pH’s van mynwater is nie. Die verdunning van swaelsuur deur die swaar reenval die afgelope maande word ook nie vermeld nie. Dalk kan ‘n blog-leser ‘n verwysing na sulke inligting verskaf.  

     

Klimaatsverandering 15: Jan van Putsonderwater

18/02/2011 in Sonder kategorie

In Die Burger van 30 Desember is ‘n brief geplaas van biskop G. Davies, met die gewone “sweeping statements” i.v.m. die aarde se verwarming weens koolstof-emissie, o.a. die “katastrofiese gevolge” wat die voorspelde temperatuurstyging vir alle lewe op aarde inhou. Namens ‘n kerklike drukgroep bepleit hy dat Suid-Afrika beperkings op koolstof-emissie instel. In antwoord hierop is twee briewe kort daarna in die menings-kolomme van Die Burger geplaas. Die eerste was deur Deon van Pofadder, waarin hy die biskop se stellings weerle met argumente reeds goed bekend aan lesers van hierdie blog. Die tweede brief deur Jan van Putsonderwater was ‘n ‘tong in die kies’ ondersteuning van die biskop se standpunt, wat hieronder woordeliks geplaas word. Die sinne in kursief is deur die redakteur weggelaat (“brief verkort”):

Klein opofferings vir ‘n goeie saak

 

“Volgens die Tussenregeringspaneel oor Klimaatsverandering (IPCC) is daar nou konsensus onder wetenskaplikes dat daar een verklaring vir stygende globale temperature is, naamlik die toenemende CO2-konsentrasie in die atmosfeer as gevolg van die verbranding van fossielbrandstowwe.

CO2 beslaan 0.04 % van die atmosfeer. Volgens die literatuur word jaarliks 186 biljoen* ton CO2 by die aarde se atmosfeer gevoeg, waarvan 180 biljoen afkomstig is van biologiese aktiwiteit in die oseane, vulkane en verrottende landplante.Die mens lewer dus 6 biljoen ton, deels deur die asemhaling van 7 miljard mense en hul vee, maar die verbranding van fossielbrandstowwe dra ook by. Dis bekend dat aardverhitting ook in historiese, argeologiese en geologiese tye plaasgevind het. ‘n Studie van Antarktiese yskerne wys temperatuurstygings in die ystye was binne ‘n millennium gevolg deur stygende CO2-vlakke in die atmosfeer. Daar moet afgelei word dat die Vikings, Romeine, Homo neanderthalensis, Homo habilis, Australopithecus, mammoete, ensovoorts, verder ontwikkel was as waarvoor hulle krediet kry.

Vergeet van Milankovitsch se siklusse. Wat kan meer logies wees as dat ystye die gevolg was van globale verhitting weens verhoogde koolstof-emissie in geologiese tye? Tensy die verbranding van fossielbrandstowwe gestaak word, is ‘n nuwe ystyd ons voorland!

Ek wil my skaar by biskop Geoff Davies (DB,30.12.10). Die beoogde koolstofwetgewing en -belasting verdien ons ondersteuning.Ons steenkoolreserwes moet vir altyd in die grond bly. Sasol en Escom moet gesluit word en ons moet ons voertuigsleutels weggooi. Ook braaivleisvure is taboe. Werkloosheid weens myne wat gesluit word en nywerhede wat weens peperduur volhoubare krag en wetgewing ten gronde gaan, is klein opofferings vir ‘n goeie saak. Bring die perd terug in perdekrag!”

 

* vermoedelik die Amerikaanse term vir miljard.

Met sulke ondersteuners het jy nie opponente nodig nie.  

 

Klimaatsverandering 14: Moontlike Oorsake

16/02/2011 in Sonder kategorie

Dit kos 80 kaloriee/kubieke sentimeter om ys te laat smelt, terwyl net soveel vrygestel word wanneer water verys. Anders gestel, daardie hoeveelheid latente warmte kan water se temperatuur met 80 grade Celsius laat styg of daal. Gedurende smelting word die kaloriee verkry van uitstraling van die son, sowel as uit die atmosfeer, met die gevolg dat lugtemperatuur daal. Wanneer water verys word latente warmte vrygestel, wat lugtemperatuur laat styg. Dit verklaar  waarom bo-gemiddelde lugtemperature gedurende 2010 oor die Arktiese gebied gemeet is, terwyl ysbedekking toegeneem het. Ook waarom gemiddelde lug-, see- en landtemperature uit fase kan raak. Terwyl landtemperature reeds na 1998 opgehou styg het en oseane sedert 2004 afgekoel het, het Noordpool-ys tot 2007 weggesmelt. Latente warmte, saam met die albedo effek (hoe meer sneeu-bedekking hoe meer van die son se inkomende strale word in die ruimte teruggekaats) veroorsaak dat gletsers se minimum of maksimum posisie met jare vertraag kan word.

Uit vorige besprekings is dit duidelik dat klimaat gedurig verander en dat daar net gedurende die tydperk, 1978-1998, ‘n positiewe korrelasie tussen globale temperatuurstyging en die toename van koolsuurgas in die atmosfeer was. CO2 kan dus nie die oorsaak van klimaatsverandering wees nie.

Die aanname, dat die son se hitte-uitstraling  konstant is, kan om twee redes in twyfel getrek word. Eerstens is waargeneem dat die frekwensie van sonvlekke wissel. Daar is aangevoer dat sonvlek-aktiwiteit hoog was gedurende die laaste periode van globale verhitting en dat ons nou in ‘n periode van lae sonvlek-aktiwiteit is. Hierdie variasie is op ‘n tydskaal van dekades en mag verband hou met die sowat 60 jaar-siklus van aardverwarming en afkoeling, wat herkenbaar is uit weergegewens ingesamel sedert 1841. Selfs al was die hitte-uitstraling van die son konstant, sou die hoeveelheid hitte wat die aard-oppervlak bereik (insolasie) steeds gewissel het, omdat die afstand tussen die son en die aard-oppervlak periodiek wissel:

Almal is bewus van die verskil tussen seisoene, sowel as die verband tussen breedtegraad en temperatuur, wat ‘n funksie is van die skuinsheid van die aard-as. Indien die hoek 54 grade was sou die jaarlikse insolasie oral op aarde gelyk wees. Die aard-as se huidige hoek met die aarde se wentelbaan om die son is sowat 23.5 grade. Dit wissel egter, oor ‘n periode van 40 000 jaar, tussen 21 grade 39 minute en 24 grade 36 minute. ‘n Tweede faktor wat insolasie beinvloed is die eksentrisiteit van die aarde se wentelbaan om die son. Die baan is nie ‘n sirkel nie, maar ‘n ellips. Die afstand tussen die aarde en die son  op enige stadium hang af van die posisie van die aarde op die ellips. Die eksentrisiteit wissel oor ‘n periode van 92 000 jaar.

‘n Derde faktor is dat die aard-as “wobble” weens die onegalige aantrekking van die son, veroorsaak deurdat die aarde se deursnee by die ewenaar meer is as tussen die pole. Die periode hiervoor is 26 000 jaar. Die aantrekking deur ander planete swaai egter die elliptiese wentelbaan van die aarde  in ‘n rigting teenoorgesteld met die “wobble”, sodat die 26 000 jaar afgebring word tot 21 000 jaar.

Verskeie persone het oor ‘n tydperk van eeue die interaksie tussen al hierdie wisselings probeer uitwerk. Melankovitch (1938) se berekenings is beskou as die mees akkurate, vandaar die term, “Melankovitch-siklusse”. Op ‘n tydskaal van duisende jare is gevind dat Melankovitch se siklusse redelik goed ooreenstem met die geologiese datering van ystye (glasiale) en warmer periodes (interglasiale en interstadiale) tussenin.           

Klimaatsverandering 12: Gletsers

14/02/2011 in Sonder kategorie

Smeltende/krimpende gletsers word aan die publiek opgedis as ‘n bewys van mensgemaakte (CO2-gedrewe) aardverwarming (A.G.W.).

“Those who farmed the foothills of the Alps … could mark how the glaciers were retreating. The climate was changing, with temperatures rising everywhere. To many … the resulting extremes of heat and rainfall appeared simply a further portent of doom; and yet for all that, over the long term the warmer seasons were indisputably boosting crop yields.

Aardverwarming? Beslis. Koolsuurgas-gedrewe? Nie sommer nie! Die aanhaling verwys na die einde van die eerste millennium, gedurende die Middeleeuse Warm Tydperk (p.152, Millennium, Tom Holland, 2008). Let op na die gedeelte wat ek onderstreep het.

Gletsers ontstaan deur die versameling en omskakeling van sneeu-vlokkies na sferiese yskristalle in bergagtige gebiede. Die yskristalle wat die volgende somer oorleef word bedek deur verdere sneeuvalle. Onder druk (gewig) word lugborrels tussen kristalle uitgeforseer en die ys raak digter. Smeltwater van die oppervlak sypel afwaarts en groter, meer kompakte yskristalle ontstaan. Die tydperk vir die ontstaan van gletser-ys wissel van 10 jaar in Ysland, waar sneeuval hoog is en somertemperature hoog genoeg is om genoeg smeltwater te genereer, tot honderde jare in Antarktika (min sneeuval, min smeltwater weens sub-zero temperature).

Die ys word eers ‘n gletser wanneer dit onder eie gewig kan beweeg, met ‘n kritiese dikte van sowat 20 meter. Daar is twee meganismes wat gletsers laat beweeg. Basale gly word veroorsaak deurdat ys op die bodemrots weens wrywing smelt en so lubrisering verskaf. In Antarktika, te koud vir basale smelting, beweeg ys deur interne vervorming (“kruip”). Die spoed waarteen gletsers in hul valleie afbeweeg is positief korreleerbaar met die dikte, helling en temperatuur van die ys. Dit wissel normaalweg van 1 cm tot 1 meter per dag, maar kortstondige versnellings (“surges”) gebeur soms. In 1936 het die Black Rapids-gletser in Alaska 6 km ver oor net 3 maande beweeg.

Gletsers kan beskou word as riviere van ys. Die voorpunt van ‘n gletser word, onder druk van toenemende ys in die opvanggebied,verby die riviermond gestoot. Omdat ys effens ligter is as water, dryf dit met sowat 85 % van die ysvolume onder die see-oppervlak. Bewegings in die water, veral gety-wisseling, veroorsaak interne spanning op die drywende deel van die gletser (vergelyk dit met ‘n blikdeksel wat heen-en-weer gebuig word). Van tyd tot tyd breek stukke van die drywende ysplaat af. Die “afkalwing” van ysberge, met omvang tot etlike vierkant kilometers, aan die voorpunt van gletsers is nie noodwendig ‘n aanduiding dat die gletser smelt nie, maar eerder van volgehoue druk weens sneeuval verder stroom-op.

Gletser-studies het bevind dat daar sedert die laaste Groot Ystyd (8000 jaar gelede) drie hoofperiodes van gletser-uitbreiding was. Die eerste het gevolg na ‘n periode van globale verwarming, wat die oorblywende ysplate in Europa en Noord-Amerika weggesmelt het. Hierdie uitbreiding het sy maksimum sowat 5000 jaar gelede bereik. Die tweede periode, wat sowat 2500 jaar gelede gepiek het, was koud genoeg om nuwe gletsers te laat ontstaan. Die meeste van vandag se gletsers is oorblyfsels van die tweede periode. Die derde periode van gletser-uitbreiding het skaars 600 jaar gelede begin en vir 450 jaar bykans onafgebroke voortgeduur. Die “Klein Ystyd” was so hewig dat landerye en plaashuise in Switserland, Ysland en Noorwee deur gletsers platgestoot is.  

Na 1850 het gletsers wereldwyd gekrimp tot die middel 1940’s. Dit is gevolg deur ‘n periode van afkoeling, met verskeie gletsers wat weer begin groei het, tot ongeveer 1980. Sedertdien het gletsers meestal gekrimp en dis hierdie laaste krimpfase wat deur A.G.W.-gelowiges as propaganda ingespan word. Onlangse studies van die Karakoram-gebergtes in die noorde van Pakistan en Afghanistan het egter bevind dat nie alle gletsers daar meer krimp nie. Sommige het gestabiliseer, terwyl nog ander weer begin groei het. Die voorspelling van die IPCC , dat gletsers in die Himalayas binne ‘n paar dekades weggesmelt sal wees, was ongegrond en is later teruggetrek.

Volgens Australiese navorsers in Antarktika is daar al vir meer as 30 jaar ‘n netto toename van ys op die vasteland, alhoewel smelting op die Wes-Antarktika skiereiland plaasvind. Laasgenoemde kan egter ook toegeskryf word aan vulkanisme (Mt. Terror en Mt. Erebus). [Hierdie vulkane is al voorgestel as ‘n moontlike verklaring vir die gat in die osoon-laag aldaar].

In “Klimaatsverandering 10: Voorspellings” is genoem dat Noordpool-ys, na ‘n minimum oppervlak in 2007 bereik is, intussen herstel het na ‘n posisie vergelykbaar met 1995. Die stelling, dat alle gletsers weens A.G.W. steeds smelt, is reeds besig om obsoleet te raak.  

 

 

Klimaatsverandering 11: “Groen”

12/02/2011 in Sonder kategorie

Bernard het my aandag gevestig op ‘n vorige debat oor klimaatsverandering (http;//letterdash.com/aquahelix/climate-change-again) gedurende Oktober laasjaar, waarin Aquahelix op bekwame wyse die A.G.W.-hipotese aan flarde geruk het. Dit het die wind uit my seile geneem om te besef dat ek besig was om die wiel weer te ontwerp. Frik, ek sal nog by die beloofde pos oor gletsers uitkom.

Mens verwonder jou telkens oor die “groen” veldtog. Battery-aangedrewe motors is “groen”, want daar word nie dampe vrygestel nie. Batterye moet egter gelaai word met elektrisiteit wat tans meestal by steenkool-kragsentrales opgewek word, gepaard met die vrystelling van allerhande onheilige gasse.

Biobrandstof word ook as “groen” voorgestel. Iemand kan gerus aan my verduidelik hoe die verbranding van brandstowwe uit landbougewasse meer omgewingsvriendelik is as die verbranding van petrol/diesel uit aardolie. Of energie-besparend. Hoeveel water en energie word gebruik om eerstens die landbougewasse te produseer en tweedens die biobrandstowwe uit die landbougewasse te haal. Dat biobrandstowwe nie teen kompeterende koste vervaardig kan word nie, blyk uit die groot subsidies in die V.S.A. op hierdie brandstowwe. Hoeveel landbougrond is nie meer beskikbaar vir voedselproduksie nie, weens voorkeur aan biobrandstofgewasse?

“Groenes” wil vleigebiede, ‘n bron van metaan, bewaar. As hulle konsekwent wil wees in die stryd teen kweekhuisgasse, behoort vleigebiede gedreineer en opgevul te word.

Woensdagoggend het ons van Ceres af deur die Tulbagh-vallei gery. ‘n Paar weke gelede het Die Burger publisiteit verleen aan ‘n veldtog teen die oprigting van ‘n Escom-kraglyn deur die vallei, wat toerisme sou benadeel. Daar is reeds verskeie krag- en telefoonlyne van die pad af sigbaar, wat mens normaalweg skaars notisie van neem. Sal nog ‘n kraglyn werklik verskil maak?  

Windkrag is “groen”, maar in Denemarke moes woude plek maak vir windplase. Daar is ook berigte van duisende trekvoel-sterftes. As ‘n kraglyn toeriste mag afskrik, hoeveel te meer nie hektare onder wind-turbines nie?  

Klimaatsverandering 10: Voorspellings

11/02/2011 in Sonder kategorie

“Climate Change 9” is afgesluit met “Check and mate”. Dat baie joernaliste niks van skaak weet nie blyk uit die foutiewe gebruik van die term  “skaakmat” wanneer in politiek of elders ‘n dooiepunt ontstaan het. “Skaakmat” beteken die spel is verby en gewen, soos ‘n uitklophou in boks. Die term “pat” (Engels = “stalemate”) is wanneer ‘n spel gelykop eindig, omdat die speler wat moet skuif nie ‘n toelaatbare skuif kan maak nie en ook nie in skaak is nie. Dit was die gebruik om na voltooiing van ‘n spel (in toernooie of liga) nabetragting te hou (Engels = “post mortem”). Hierdie pos kan as die eerste nabetragting beskou word.

Klimatologiese navorsing het ontaard in die opstel van rekenaarmodelle om toekomstige klimaat te voorspel (‘n studie van historiese weerpatrone sou egter meer betroubare ekstrapolasies moontlik kon maak). Die betroubaarheid van modelle word getoets aan die akkuraatheid van voorspellings wat daaruit voortvloei.

In 1986 het James Hansen, NASA-hoof, voorspel, “within 15 years global temperatures will be hotter than during the past 100 000 years!”. Temperature in die V.S.A., waar die grootste digtheid van weerstasies ter wereld voorkom, daal sedert 1998 teen ‘n gemiddelde gradient van 5.2 grade Celsius/eeu. Geen model het dit voorspel nie. Sentraal-Engeland temperature (CET), waar die oudste weerrekords op Aarde aangeteken is, wys ‘n afkoelgradient sedert 1995. Die sogenaamde globale verwarming was nie so globaal nie. Die globale gemiddelde temperatuur het sedert 1998 ook nie meer gestyg nie.

Dr. David Viner (Climate Research Unit, East Anglia Universiteit), Maart 2000: “Within a few years snowfalls will become very rare”. Die dekade met die wydste ys- en sneeubedekking in die Noordelike Halfrond was gedurende 2000 tot 2010.

Op die U.K. Meteorologiese Kantoor se webwerf is voorspel dat dit gedurende Desember 2010 tot Februarie 2011 in Engeland 2 grade Celsius warmer sou wees as normale temperature. Tot sover was dit die koudste winter op rekord.

Na orkaan Katrina in 2005 in die V.S.A. is voorspel dat tropiese sikloon-aktiwiteit weens aardverwarming gaan toeneem. Dit het nie gebeur nie. 2010 was globaal die stilste jaar t.o.v. tropiese siklone in 33 jaar.

“Noordpool-ys gaan binne ‘n paar jaar wegsmelt” is in 2007 voorspel, toe arktiese poolys in die noordelike somer tot ‘n minimum gekrimp het. Sedertdien het noordpool-ys herstel en is tans vergelykbaar met 1995.

“Smelting van gletsers oor Groenland en Wes-Antarktika oor die volgende 100 jaar sal globale seevlakke met 6 meter laat styg” (Al Gore in “the Inconvenient Truth, 1999). Die IPCC se “worst scenario” is ‘n seevlakstyging van 59 cm oor die volgende eeu, onder die aanname dat globale temperature aanhou styg. Seevlakke styg sedert 1850 teen ‘n koers van 18 cm/eeu, met koolstof-emissie slegs sedert ca.1945.

“Laagliggende koraal-eilande word deur seewater oorstroom!” Die werklikheid is dat korale tot 10 keer vinniger kan groei as die tempo van seevlakstygings en dat koraaleilande nie sommer onder die see sal verdwyn nie.