by

Dory Previn

Februarie 16, 2012 in Sonder kategorie

  

My eerste kennismaking met Dory Previn het via Liza Minelli geskied. Dit was in 1970, en ek was iewers tussen die army en die grootmenslewe. Ek het Minelli se fliek The Sterile Cuckoo in ‘n bioskoop in Johannesburg gaan sien, en in die klankbaan daarvan die Sandpipers ‘n liedjie hoor sing wat my baie lank bygebly het, “Come Saturday Morning”, met sy woorde wat so natuurlik in die metrum inskakel:

Come Saturday morning

I’m goin’ away with my friend

We’ll Saturday-spend till the end of the day

Just I and my friend

We’ll travel for miles in our Saturday smiles

And then we’ll move on

But we will remember long after Saturday’s gone

 

Dit was Dory Previn wat daardie lirieke geskryf het.

 

Twee jaar later vra ‘n universiteitsvriendin, Marica van der Westhuizen (vandag Otto), my een Saterdag om op een van my gereelde ekspedisies na Musica se winkel in St. Georgestraat (destyds dié platewinkel in Kaapstad) vir haar Dory Previn se On my Way to Where te koop. So gemaak, maar toe ek tuis eers daarna luister voor ek dit vir haar gee, was dit verby, was Previn onder my vel in. Moes vir Marica ‘n ander eksemplaar gaan koop.

 

On my Way to Where (oorspronklik in 1970 uitgereik) is die plaat waarna ek in 1972 die meeste geluister het naas Bob Dylan se Highway 61 Revisited. Ek het ‘n smagting na goeie lirieke ontwikkel, en Previn het dinge openbaar en gevoelens uitgelok wat ek nooit geweet het dáár is nie.

 

Ek en twee koshuisvriende, Douglas Lawrie en David Naudé, het ure lank die plaat oor en oor gespeel en probeer om vir mekaar te verduidelik watse nuwe betekenisse ons in eenvoudige frases raakgeluister het. Dit was vir my in daardie jaar soos die digkuns van J.H. Leopold of Lucebert ook was: dit het my na binne gedraai, verras deur dít wat ek buite kon ontrafel.

 

Liedjies soos “Scared to be alone”, “With my Daddy in the attic” en “Beware of young girls” word deel van mens se bewussyn, of jy dit wil of nie. Dit was, bygesê, indertyd ‘n taamlike skok om op ouderdom twintig die vrolike, wulpse val van ritme en woorde te hoor, dáár by die kruispad waar ‘n meisietjie-stem sing van bloedskande en die Stockholm-sindroom:

 

With my? Daddy in the attic

With my? Daddy in the attic

That is where

My being wants to bed

With the?mattress ticking showing

And the tattered pillow slip

And the pine?unpainted rafters overhead

With the?door closed on my mama

And my sibling competition

And my Shirley Temple doll

That truly cries

And my essay on religion

With the pasted paper stare

Proving tangibly?I’d won the second prize

 

With my? Daddy in the attic

With my? Daddy in the attic

That is where?my dark attraction lies

With his?madness on the nightstand

Placed beside?his loaded gun

In the terrifying nearness

Of his eyes

 

Net om mens heeltemal te ruk, sluit Previn die album af met “Mr Whisper”, die verhaal van haar waansin en die manier waarop dit behandel is. Een van die mees ontredderende liedjies wat ek nog ooit gehoor het.

 

‘n Paar maande later koop ek toe by die ou Hillbrow Record Library haar ander twee plate van 1971, Mythical Kings and Iguanas en Reflections in a Mud Puddle / Taps Tremors and Time Steps. Om te sê dat hierdie twee plate my vriendekring soos ‘n atoombom getref het, is om dit ligkens te stel.

 

Op Mythical Kings was daar ‘n paar snitte met soveel lewenswysheid dat dit vir ons onmoontlik was om alles te assimileer. Met die verloop van jare het ek gevind dat daardie dinge òf waar geword òf ‘n rol gespeel het in die dinge wat mens self ervaar het op die pad tussen tiener en bejaard.

 

Die verwysingsveld hier was welsiwaar dié van ‘n vrou van sekere jare wat die plesiere van jonger mans geniet, maar nie met jonger vroue kan meeding nie. Vir my was dit toevallig, soveel meer was op die spel:

 

I have flown

To star-stained heights

On bent and battered wings

In search of

Mythical kings

Mythical kings

Sure that everything of worth

Is in the sky and not the earth

And I never learned

To make my way

Down

Down

Down

Where the iguanas play

 

Dis moeilik om nie elke snit op die plaat te wil aanhaal nie. “Lemon haired ladies”, “Angels and devils the following day”, The game”. “A stone for Bessie Smith”, “Yada yada la scala” en “Lady with the braid”. Reusagtige liedjies, sterk melodië en pragtig gespeel deur ‘n versameling van die musici wat indertyd in Los Angeles doenig was – maar dit was die lirieke wat jou platgemoer het:

 

Lady With The Braid

 

would you care to stay till sunrise

it’s completely your decision

it’s just that going home is such a ride

going home is such a ride

going home is such a ride

going home is such a low and lonely ride

 

would you hang your denim jacket

near the poster by picasso

do you sleep on the left side or the right

would you mind if i leave on the light

would you mind if it isn’t too bright

now i need the window open

so if you happen to get chilly

there’s this coverlet my cousin hand crocheted

do you mind if the edges are frayed

would you like to unfasten my braid

 

shall i make you in the morning

a cup of instant coffee

i will sweeten it with honey and with cream

when you sleep?do you have dreams?

you can read the early paper

and i can watch you while you shave

oh god the mirror’s cracked

when you leave?will you come back?

you don’t have to answer that at all

the bathroom door is just across the hall

you’ll find an extra towel on the rack

on the paisley patterned papered wall

there’s a comb on the shelf

i papered that wall myself

that wall

myself

 

would you care to stay till sunrise

it’s completely your decision

it’s just the night cuts through me like a knife

would you care to stay awhile and save my life?

would you care to stay awhile and save my life?

i don’t know what made me say that

i’ve got this funny sense of humor

you know i could not be downhearted if i tried

it’s just that going home is such a ride

going home is such a ride

going home is such a ride

isn’t going home is such a low and lonely ride?

 

Reflections in a Mud Puddle was die “moeilikste” van haar plate, omdat dit spesifiek kyk na dinge wat slegs in On my Way to Where gesuggereer is, naamlik haar pa se waansin en die uitwerking daarvan deur die jare op haar, veral sielkundig. Op die tweede sy van die plaat vervleg sy die tragiese Hindeburg-ramp met haar eie lewenservarings.

 

Gee my ‘n paar jaar, eendag sal ek daaroor kan skryf.

 

Die res van haar oeuvre is nie heeltemal op dieselfde hoë peil nie. Mary C Brown and the Hollywood Sign (1972) is die musiek vir ‘n musiekspel, met ‘n rampspoedige besluit deur Previn om meeste van haar sang “oud” te laat klink deur dit deur ‘n soort praatbuis te sing.

 

Live at Carnegie Hall (1973) bevat een snit, “Moon rock”, wat nêrens anders te kry is nie en nogal die moeite werd is om te hê.

 

Dory Previn (1974) en We’re Children of Coincidence and Harpo Marx (1976) skaf mens net uit ou lojaliteit aan. Ek vermoed Previn se trobele emosionele lewe het in hierdie stadium uitgestryk geraak – sy had nie meer die tere nerwe wat sy kon ontbloot nie.

 

Haar laaste album was slegs op die internet verkrygbaar, Planet Blue (2002), ‘n versameling liedjies met ‘n sterk ekologiese inslag, maar powere produksie en vergeetbare melodië.

 

Haar enigste ander album is The Leprechauns Are Upon Me (1958), wat onder die naam Dory Langdon (haar nooiensvan) uitgereik is.

 

Dory Previn is op Valentynsdag 2012 oorlede in die ouderdom van 86. Ek vind troos in haar rype ouderdom, asook die wete dat sy my lewe oneindig meer verryk het as Mia Farrow.


 

3 antwoorde op Dory Previn

  1. Beste blog in ‘n laaaang tyd.

    Beware Of young girls
    Too often they crave
    To cry
    At a wedding
    And dance
    On a grave
    Moet sê dat Mary C. Brown And The Hollywood Sign darem nie heeltemal so swak was nie.
    “The Holy Man On Malibu Bus Number Three” het ons pêlle lang wyne gekos om te probeer ontleed.
    Wat egter soos ‘n paal bo water staan is dat Dory ons musiekverwysingsraamwerk ander dimensies gegee het.

  2. monicahaddad het gesê op Mei 10, 2012

    Ek is besig om Piekniek by Hangklip te lees, een hoofstuk elke aand sodat dit nie so gou opraak nie.
    My tone krul om, my ore flap en daar kom heeltyd gepaste bygeluide uit….dankie dit verskaf my ure se plesier

  3. HeavyHenry het gesê op Junie 4, 2012

    Nice, Thanks!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.