Leonard Cohen – Old Ideas (2012)
Februarie 7, 2012 in Sonder kategorie
Hy het broos geword, hier in die wilde jare sedert 2005. Jare waarin hy homself uit sy bankrotskap (weens die diefstal van sy voormalige bestuurder) moes lig met ‘n nimmereindigende reeks konserte. Ons het die plesier daarvan op DVD en CD beleef. En altyddeur het mens bly wonder, het hy nog die gawe om iets nuuts te maak, iets te skep wat jou rou senuwees gaan aanraak, soos daardie heel eerste toe jy “Suzanne” gehoor het?
Dit gee my geweldige plesier om te kan sê Leonard Cohen het dít nog. Sy stem het nog donkerder geword, nog rustiger. Hy sing nie soseer nie, hy praat op ‘n galop. Maar vergete is die elektroniese geplonk van Dear Heather, en terug is die akoestiese bak.
Daar’s ‘n klomp liedjies op Old Ideas wat mens van die eerste oomblik af aangryp. Hy begin weliswaar met ‘n humoristiese liedjie, “Going Home”, waarop hy homself ‘n bietjie opstuur.
Maar teen die tyd dat hy by “Darkness” kom, weet jy die bitter heerlikheid is oorheersend:
I’ve got no future
I know my days are few
The present’s not that pleasant
Just a lot of things to do
I thought the past would last me
But the darkness got there too.
Jy wonder nog of hy regtig alles nog diep binne voel, dan slaan hy jou met “Anyhow”,
Have mercy on me, baby. After all, I did confess,
Even though you have to hate me, could you hate me less?
Jy raak rustig, en dan kom die album se groot snit, “Crazy to love you”:
Sometimes I’d head for the highway
I’m old and the mirrors don’t lie
But crazy has places to hide in
That are deeper than any goodbye
Leonard Cohen is terug, vir nog ‘n rukkie. Old Ideas sal hom baie lank oorleef.
Mtatazela het gesê op Februarie 7, 2012
Leonard gaan ons almal lank oorleef.
“Lullaby” is ‘n meloncholie deurweekte meesterstuk.
This is better than any goodbye!
benvanbruggen het gesê op Februarie 7, 2012
Dankie
frandr het gesê op Februarie 7, 2012
Dankie, Kerneels! Dis soooo mooi…
francoiswilliams het gesê op Februarie 8, 2012
I am a fan!!
Modigliani het gesê op Februarie 9, 2012
Ek het die voorreg gehad om hom in lewende lywe te sien in Ierland.
By verre een van die beste ervarings van my lewe!
johanpienaar het gesê op Februarie 12, 2012
Ek haat jou met n passie.
Modigliani het gesê op Februarie 12, 2012
Omdat ek vir Leonard Cohen Live gesien het, of sommer net?
johanpienaar het gesê op Februarie 12, 2012
Wel sommer net oor jy vir Cohen live gesien het.
Modigliani het gesê op Februarie 12, 2012
In daardie geval is dit heeltemal geregverdig.
Dit was regtig ‘n ongelooflike show. Op sy ouderdom het hy vir amper 3 ure sy gehoor betower. Nie soos ons Suid Afrikaanse “sterre” wat vir 45 minute op die verhoog is en ‘n astronomiese bedrag vra nie.
johanpienaar het gesê op Februarie 12, 2012
OK in fairness. COhen charge baie meer as local ouens. Vir daai vertoning sou hy so ‘n miljoen rand gekry het. Maar ja hy verdien dit. EK het die video gesien. Wat my opgeval het was sy nederigheid. Dit mag alles ‘n act wees, maar ek verkies om te glo dat dit eg is.
Gerda2 het gesê op Februarie 16, 2012
Johan, sy nederigheid is absoluut eg. Dit is hoe hy is. Lees bietjie op die leonardcohenforum wat sê sy assistent, Kezban Özcan, ‘n Turkse meisie. Sy sê die mees uitstaande eienskap van hierdie man is sy “kindness”, elke dag, teenoor almal wat hy teëkom.
Wat die nuwe album betref, ek het myne vandag ontvang. Met die eerste luister besef ek hy is nou regtig ‘n ou man, maar daar is steeds oneindige diepte in sy lirieke, en ook humor te midde van die donkerheid, hoop ten spyte van die “last defeat” wat op ons almal wag, soos hy dit onlangs gestel het.
Wens ek kon hom ook live gesien het.