by

Jane Monheit – Surrender (2007)

Desember 16, 2011 in Sonder kategorie

Teen die tyd dat hierdie album opgeneem is, 2007, het Jane Monheit en haar jazz-trio al soveel ure in nagklubs en konsertverhoë deurgebring dat jy amper nie kan glo dis dieselfde sangeres van Come Dream With Me nie – totdat jy by die snit “Moon River” kom, en jy skielik besef hoe dinge nou eintlik vir Monheit werk. Hier val sy met gemak terug in die arms van haar strykorkes, en hoor jy hoe vlymskerp haar sang is, hoe maklik sy net met enkele verstellings aan ‘n oorbekende liedjie skielik sy hart weer sterk laat pomp. Die openingsnit, “If you went away”, tintel danksy die begeleiding van jazz-trio en strykers, maar wanneer sy by ‘n oorbekende “klassieke” liedjie kom, soos “Moon River”, dan vergeet sy van die kontrabas en tromme, en is dit ‘n nugtere klavier en strykers wat vir haar die speelveld vir haar stem skep. Monheit is ‘n New Yorkse kunstenares, maar dit gaan nie meer lank wees nie dan ken die wêreld haar.

 

2 antwoorde op Jane Monheit – Surrender (2007)

  1. Hullo Kerneels. Dankie vir Monheit. As nasale Streisand n legende kon word, gaan hierdie ronde,
    soepel stem en haar groot musikaliteit hierdie
    vrou skatryk maak.

  2. frikve het gesê op Desember 16, 2011

    Hi Kerneels, Volgens Frik is hierdie meisie aan die brand – ek het lekker geluister – dit voel of ek in ‘n bak musikale room geval het.
    Dankie vir die share – laat kom nog.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.