Jane Monheit – Surrender (2007)
Desember 16, 2011 in Sonder kategorie
Teen die tyd dat hierdie album opgeneem is, 2007, het Jane Monheit en haar jazz-trio al soveel ure in nagklubs en konsertverhoë deurgebring dat jy amper nie kan glo dis dieselfde sangeres van Come Dream With Me nie – totdat jy by die snit “Moon River” kom, en jy skielik besef hoe dinge nou eintlik vir Monheit werk. Hier val sy met gemak terug in die arms van haar strykorkes, en hoor jy hoe vlymskerp haar sang is, hoe maklik sy net met enkele verstellings aan ‘n oorbekende liedjie skielik sy hart weer sterk laat pomp. Die openingsnit, “If you went away”, tintel danksy die begeleiding van jazz-trio en strykers, maar wanneer sy by ‘n oorbekende “klassieke” liedjie kom, soos “Moon River”, dan vergeet sy van die kontrabas en tromme, en is dit ‘n nugtere klavier en strykers wat vir haar die speelveld vir haar stem skep. Monheit is ‘n New Yorkse kunstenares, maar dit gaan nie meer lank wees nie dan ken die wêreld haar.
Onlangse kommentare