Jy blaai in die argief vir 2011 Mei.

by ctb

Motormusiek

Mei 21, 2011 in Sonder kategorie

Dit is ‘n interessante vraag wat die tydskrif WEG aan lesers stel het oor wie hulle eerder tydens ‘n lang rit wil beluister: CCR of Steppenwolf. Te oordeel na die reaksies op Facebook was die meeste mense geneig om na CCR te luister.

Ek kan dit verstaan en sou dieselfde gesê het as ek nie betreklik onlangs deur ‘n vriend onderwerp is aan ‘n klomp Steppenwolf en John Kay-CDs en DVDs nie.

Maar dis nie die punt wat ek wil maak nie. WEG se vraag het my eerder laat dink aan die lys liedjies wat die skrywer John Sandford agter-in Broken Prey geplaas het. Hy sê dis sy hoofkarakter se keuse van die beste liedjies uit die rock-era waarna mens tydens ‘n lang motorrit kan luister – die soort musiek wat jy eenvoudig op jou iPod móét hê.

Hy sê die lys is in geen spesifieke volgorde nie, maar die reis moet net met ZZ Top begin.

“1. Sharp-Dressed Man · ZZ Top

2. Legs · ZZ Top

3. Mustang Sally · Wilson Pickett

4. Superman’s Song · Crash Test Dummies

5. Rock On · David Essex

6. Radar Love · Golden Earring

7. Heart of Glass · Blondie

8. White Rabbit · Jefferson Airplane

9. Somebody to Love · Jefferson Airplane

10. Layla · Derek and the Dominoes

11. Roadhouse Blues · Doors

12. House of the Rising Sun · Animals

13. Sweet Emotion · Aerosmith

14. Dude (Looks Like a Lady) · Aerosmith

15. Dancing in the Dark · Bruce Springsteen

16. Born to Run · Bruce Springsteen

17. Thunder Road · Bruce Springsteen

18. Every Breath You Take · Police

19. Heart of Saturday Night · Tom Waits

20. Hot for Teacher · Van Halen

21. Won’t Get Fooled Again · Who

22. Hotel California (covers the Eagles) · Gipsy Kings

23. Give Me One Reason · Tracy Chapman

24. Down on the Corner · CCR

25. Lyin’ Eyes · Eagles

26. Life in the Fast Lane · Eagles

27. Skateaway (Roller Girl) · Dire Straits

28. Mary Jane’s Last Dance · Tom Petty

29. Me ‘n Bobby McGee · Janis Joplin

30. Black Water · Doobie Brothers

31. I Love Rock ‘n Roll · Joan Jett

32. Jack and Diane · John Mellencamp

33. The Wall (Part 2) · Pink Floyd

34. Money · Pink Floyd

35. Piano Man · Billy Joel

36. After Midnight · Eric Clapton

37. Lay Down Sally · Eric Clapton

38. You Shook Me (All Night Long) · AC/DC

39. Dirty Deeds Done Dirt Cheap · AC/DC

40. Long Cool Woman · Hollies

41. Like a Rolling Stone · Bob Dylan

42. Knockin’ on Heaven’s Door · Bob Dylan

43. Subterranean Homesick Blues · Bob Dylan

44. Satisfaction · Rolling Stones

45. Brown Sugar · Rolling Stones

46. Sympathy for the Devil · Rolling Stones

47. Anarchy in the UK · Sex Pistols

48. Sugar Magnolia · Grateful Dead

49. Slow Hand · Pointer Sisters

50. Sweet Dreams · Eurythmics

51. Jailhouse Rock · Elvis Presley

52. Ziggy Stardust · David Bowie

53. Night Moves · Bob Seger

54. Bye-Bye-Love · Everly Brothers

55. Purple Haze · Jimi Hendrix

56. Lola · Kinks

57. Tender is the Night · Jackson Browne

58. Louie Louie · The Kingsmen

59. Bad to the Bone · George Thorogood

60. Turn the Page (covers Bob Seger) · Metallica

61. Sweet Home Alabama · Lynyrd Skynyrd

62. We Will Rock You · Queen

63. Ramblin’ Man · Allman Brothers

64. Rock ‘n Roll · Led Zeppelin

65. What’s Love Got to Do With It · Tina Turner

66. Born to Be Wild · Steppenwolf

67. With or Without You · U2

68. Paranoid · Black Sabbath

69. Blue Morning Blue · Foreigner

70. White Wedding · Billy Idol

71. Sweet Child o’ Mine · Guns ‘n Roses

72. Paradise City · Guns ‘n Roses

73. Knockin’ on Heaven’s Door (covers Dylan) · Guns ‘n Roses *

74. Walk on the Wild Side · Lou Reed

75. Feel Like Makin’ Love · Bad Company

76. Rock of Ages · Def Leppard

77. Brown Eyed Girl · Van Morrison

78. Devil With a Blue Dress · Mitch Ryder and the Detroit Wheels

79. Respect · Aretha Franklin

80. I’m in the Mood · John Lee Hooker & Bonnie Raitt

81. I Got You (I Feel Good) · James Brown

82. Unchained Melody · Righteous Brothers

83. Little Red Corvette · Prince

84. Roll Over Beethoven · Chuck Berry

85. Mr. Tamborine Man (covers Dylan) · Byrds

86. Ohio · CSNY

87. Peggy Sue · Buddy Holly

88. Great Balls of Fire · Jerry Lee Lewis

89. Pretty Woman · Roy Orbison

90. Runaway · Del Shannon

91. Walk This Way · Aerosmith / Run-DMC

92. (Sittin’ on the) Dock of the Bay · Otis Redding

93. Smells like Teen Spirit · Nirvana

94. Still Crazy After All These Years · Paul Simon

95. Who Do You Love? · Bo Diddley

96. One Toke Over the Line · Brewer and Shipley

97. I Wanna Be Sedated · Ramones

98. Should I Stay or Should I Go · Clash

99. Burning Down the House · Talking Heads

100. Waltz 2 / Jazz Suite · Dimitri Shostakovich

* Yeah, yeah, I know it’s on the list twice.”

Daar is baie goeie musiek wat dit nie maak op sy lys nie. Hieronder is vyf van hulle!

 

 

 

by ctb

Moondog

Mei 20, 2011 in Sonder kategorie

 

Die dowwe kolle tref mens so eke paar jaar. Skielik is jy nie lus om musiek te hoor nie. Gewoonlik gaan dit na ‘n ruk verby. Soms moet mens dit ‘n bietjie aanhelp.

Soos hierdie keer.

Wat ek gewoonlik doen, is om te gaan soek na iets waarvan ek al lank weet, maar nog nooit gehoor het nie. Hierdie keer het ek gaan soek na die musiek van Moondog, ‘n taamlik legendariese karakter op sy dag in New York.

Só legendaries dat mense soos Frank Zappa en Captain Beefheart sy lof besing het.

Dit is ook hoekom ek verwag het dat sy musiek ‘n element van hulle s’n sou hê. Meer verkeerd kon ek nie gewees het nie.

Moondog se regte naam is Louis Thomas Hardin (gebore 26 Mei 1916). Hy het in Kansas grootgeword en sy sig weens ‘n plaasongeluk op die ouderdom 16 verloor. Hy het musiek in Memphis bestudeer, en in sy laat twintigs het hy na New York verhuis.

Dáár was hy bevriend met groot name soos Leonard Bernstein, Charlie Parker en Benny Goodman. Ná sowat tien jaar in New York het hy besluit om nie meer in sy woonstel te slaap nie, maar maande op ‘n slag op straat geleef.

Hy was ‘n maklik herkenbare figuur danksy die klere wat hy gedra het – sy eie skeppings van wat hy gemeen het die soort klere sou wees wat die god Thor sou dra as hy klere moes dra. Dit het hom die bynaam “The Viking of 6th Avenue” besorg.

Moondog het homself aan die lewe gehou deur die verkoop van sy gedigte, asook deur sy uitvoerings as straatmusikant. Hy kon ‘n groot verskeidenheid klawerbord-, blaas- en slaginstrumente speel, en was veral bekend vir die nuwe soorte slaginstrumente wat hy ontwerp het.

In 1974 het hy na Duitsland verhuis, waar hy meeste van sy formele komposisies gepubliseer het – ‘n soort minimalistiese musiek wat volgens verskeie bronne ‘n taamlike invloed op die New Yorkse avant garde-komponistegehad het. Wat my die meeste van sy musiek tref, is die orde en sereniteit daarvan.

Moondog is in 1999 oorlede.

Die klankgrepe hierby bevat ongelukkig nie video-opnames nie, maar gee mens tog ‘n idee van Moondog se flambojante anderwêreldsheid.

Talle van sy albums is nog elektronies te kry – meestal uit sy Duitse periode. Maar soek ook na Moondog wat Columbia in 1969 uitgerik het, of H’art Songs (1978).

 

 

by ctb

Phoebe Snow

Mei 6, 2011 in Sonder kategorie

 

Phoebe Snow is onlangs in die ouderdom van 60 oorlede. Sy het die afgelope jaar groot fisieke terugslae gehad nadat ‘n beroerte haar verlede January platgetrek het. Daarmee word een van die werklik besonderse stemme van die jare sewentig permanent stil. ‘n Mens kan net die hoed tip vir een van die groot geeste van ons tyd, ‘n sangeres wat haar loopbaan opgeoffer het vir haar kind.

Vir diegene wat nie haar sang ken nie, wag daar ‘n wonderlike ontdekkingstog. Die New York Times se plateresensent het in 1974, met die uitreiking van haar debuutplaat, Phoebe Snow, geskryf dat Snow se “contralto [is] grounded in a bluesy growl and capable of sweeping over four octaves.”

Dié beskrywing het, ondanks swaksinnige besluite deur haar platemaatskapy om haar as rock-sangeres te probeer bemark, end-uit waar gebly. Sy was nooit tevrede met haar sang nie – sy het tot voor haar beroerte nog sanglesse geneem. Haar albums was effens wisselvallig, met goeie rede, maar die goeie snitte daarop is werklik iets besonders.

Snow se regte naam is Phoebe Ann Laub. Sy is in New York gebore, haar pa ‘n plaagbestryer en haar ma ‘n dans-onderwyseres wat op haar dag in Martha Graham se dansgroep aktief was.

Haar ouers was musiekliefhebbers, en Phoebe Laub het ‘n magdom musiekstyle en –soorte van jongs af ingekry.

Terwyl sy student was het sy gereeld in folk-klubs opgetree, met net haar kitaar as begeleiding. Haar verhoognaam het sy oorgeneem by die fiktiewe karakter Phoebe Snow wat destyds ‘n sekere treindiens help adverteer het (baie soos Charles Glass se rol in advertensies vir Castle-bier).

Haar debuutplaat bly die hoogtepunt van haar loopbaan. Daarop word sy begelei deur illustere geeste soos Teddy Wilson, Zoot Sims, die Persuasions, Ron Carter, Chuck Domanico, Chuck Israels, Steve Gadd en Bob James. Haar tweede album, Second Childhood (1976) is nie heeltemal op dieselfde peil nie, en van daardie punt af moet mens maar tussen die snitte van elke album (nege met nuwe materiaal, asook verskeie versamelings van haar beste nommers) soek na die juwele.

Hoekom is mens nie té krities oor die ontsporing van haar loopbaan nie? Wel, sy was getroud met Phil Kearns (wat nie met die Australiese rugbyspeler verwar moet word nie) en het in Desember 1975 geboorte gegee aan ‘n dogter, Valerie, kort na die opnames vir haar tweede album voltooi is.

Valerie het ernstige breinskade met die geboorte opgedoen, en Snow het besluit om haar self te versorg. Van daardie oomblik af was haar loopbaan die tweede belangrikste ding in haar lewe. Valerie is in 2007 oorlede, te laat vir Snow om weer met erns om die mure van Jerigo te begin hardloop.

Phoebe Snow se musiek, veral dardie eerste twee albums, is nie meer so maklik in die hande te kry nie. Miles het op sy webwerf , Birds with Broken Wings, ‘n besonder goeie keur uit veral die eerste twee plate onder die titel Isn’t It A Shame beskikbaar gemaak vir aflaai deur die breë publiek. Dis gratis. Gaan kyk gerus hier:

http://birdswithbrokenwings2.blogspot.com/2011/05/isnt-it-shame.html

 

by ctb

King Crimson – Beat

Mei 2, 2011 in Sonder kategorie

 

In ‘n loopbaan bestaande uit kuriositeite, is King Crimson se Beat ‘n sonderlinge album. Dit is ‘n album wat geskep is om saam te val met die vyf-en-tintigste herdenking van die publikasie van Jack Kerouac se roman On the road. Die album is in 1982 uitgereik.

Vir diegene wat versot is op die skryfwerk van Kerouac en sy vryheid van gees, is daar onmiddelik ‘n klomp oppervlakkige raakpunte. Die snit “Neal and Jack and Me” verwys na Kerouac en sy vriend Neal Cassady, terwyl “Heartbeat” reageer op die boek met dieselfde titel, geskryf deur Carolyn Cassady, Neal se vrou.

Dan is daar oor “Sartori in Tangier” wat met spelfout en al ‘n reaksie kan wees op Kerouac se roman Satori in Paris, terwyl die snit “Neurotica” heenwys na ‘n literêre tydskrif van die Beat-tydperk.

Daarbenewens het Allen Ginsberg se beroemde gedig “Howl” die lirieke van “The Howler” geïnspireer.

Die vraag is nou, hoe bring mens met musiek hulde aan die groot geeste van die Beat-beweging? Waar is die wilde, ekstatiese woordvloed van Kerouac, sy immer teenwoordige saxofoon wat onbelemmerde, vrye klanke in die lug rondstrooi? Beat bevat nie die geringste sweem van Kerouac se geliefde vryvorm-jazz nie, maar darem iets baie naby daaraan. Die soort musiek wat King Crimson in hierdie stadium van hul loopbaan gemaak het, was musiek met ongelooflike vaste strukture, waarbinne die instrumentaliste hul vryhede uitgeleef het. Hoekom anders sal jy ‘n tromslaner soos Bill Bruford en die baskitaarspeler Tony Levin in jou groep hê as jy nie met baie vaste musikale konstrukte wil werk nie?

Om na Beat te luister skep dan taamlik paradoksale gewaarwordinge by mens. Aan die een kant die grensloosheid wat Robert Fripp en Adrian Belew se kitaarspel kenmerk, die vermoë om vreemde, evokatiewe klanke te gebruik om eksotiese dinge te suggereer. Aan die ander kant is daar die wissellende tydsaanduidings wat Bruford moet baasraak (en hoe!) om die musiek te anker. Luister veral na die kontras tussen die vryvloeiende lirieke van “Neurotica” en die onbuigsame, vaste ritme-bed waarop dit lê.

Ek het ook nog nie vrede gemaak met “The Howler” se skynbare bande met “Howl” nie – maar mens kan wel tog aanvoel dat Fripp en Belew iets probeer doen het met hul kitare wat Ginsberg se kreet gestand doen.

Nietemin, King Crimson sorg altyd vir iets anders. En hierdie is dóér anders.