by

R.I.P. Paul Alberts

November 23, 2010 in Sonder kategorie

My eerste ondervinding van die plesiere van jazz was op aanstigting van Paul Alberts, die bekende fotograaf van Brandfort wat onlangs oorlede is. Pleks van oor Paul te skryf, plaas ek liewer ‘n klompie videogrepe van sy groot held, Sonny Rollins, in volle swang. Ek bly Paul vir ewig dankbaar vir die bekendstelling. Daar is nie ‘n beter manier om hom te onthou as deur sy fotografie, en deur die musiek waarvoor hy so lief was.




2 antwoorde op R.I.P. Paul Alberts

  1. Sonny was ‘n goeie sax speler.

  2. Oe, ek was so lief vir Paul. Het hom net te laat in my lewe leer ken, want ek dink ek sou ‘n veel ryker siel gehad het as ek hom meer jare geken het. Ek kry Charmaine en die seuns bitter jammer. Ek het Julie nog by hulle op Brandfort gekuier, maar toe was die kanker al ‘n baie sigbare monster. Nogtans het hy gevra om my en my kinders af te neem – asof enige iemand sal nee se as ‘n wereldberoemde fotograaf hulle wil afneem. Daardie foto’s is van my kosbaarste besittings.
    Dankie hiervoor!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.