by

James – Om depressie te vernietig

November 22, 2010 in Sonder kategorie

Wat doen mens as jou rugbyspan die nasionale trots deur die modder sleep? Niks help om die skouers reguit te trek soos opruiende musiek nie – en dan het ek ‘n paar liedjies deur die Britse groep James in gedagte. Dis wat ek Saterdagaand gedoen het om te vergeet van die aaklige dinge wat in Skotland gebeur het.

James is een van daardie groepe wat ‘n enorme gevolg in Brittanje en Europa gehad het danksy hul hoë-energie konserte. Hulle het die groot geluk gehad om in Manchester die oog te vang van Tony Wilson toe hulle in die Hacienda opgetree het, en het in 1983 hul eerste pogings op Factory Records uitgereik.

Ofskoon hulle self die klem laat val op hul konserte en lewende optredes, moet ‘n mens nie vergeet dat hulle van die intelligentste lirieke in die bedryf skryf nie, en dat hul musiek alles behalwe simplisties is. Die lirieke van “Getting away with it (All messed up)” gee ‘n goeie idee van hul flambojante omgang met woorde.

James het deur die jare talle kortspeel-treffers gehad, maar om een of ander rede nooit ’n groot deurbraak in die VSA kon bewerkstellig nie. Teen die jare negentig kon hulle nietemin met elke album groot jolyt maak op die Britse treffersparades.

Deesdae tree hulle net op wanneer Tim Booth (sanger) nie besig is met film- en TV-projekte nie.

Die videogrepe hieronder tel onder die meeste gekykte video’s op YouTube. “Sometimes” en “Getting Away with It (All messed up)” is albei al kort duskant ‘n miljoen keer besigtig.

Draai oop die klank! Vergeet van Snorman en die 22 kabouters!

 

 

 

 




2 antwoorde op James – Om depressie te vernietig

  1. Jou blog is lekker gefokus – ek lewer selde kommentaar hier, maar kyk gewoonlik.

    Doet so voort!

  2. My viendin Stienie het James verlede jaar live gesien in Brixton Academy. Die kitaarspeler het haar later gekontak en gevra of hy haar foto’s van hom mag gebruik:

    http://www.flickr.com/photos/sisitv/3115582226/in/set-72157611280985687/

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.