by

Die outoppies kom terug

November 17, 2010 in Sonder kategorie

 

 Die afgelope maande was daar uitsonderlike goeie CD-uitreikings deur drie van die rock-sterre van weleer, manne wat as ouballe eerder as swaaiballe beskryf kan word. Hulle is Neil Young (Le Noise), Elton John (The Union, saam met Leon Russell) en Carlos Santana (Guitar Heaven, saam met ‘n magdom groot name).

Ek gee net ‘n bietjie inligting oor elk – die plesier lê in die luister.

Le Noise se titel is tegelyk woordspeling op die naam van die produksieleier, Daniel Lanois, en ‘n eerlike opsomming van sommige van die dinge wat Young op party snitte doen.

In wese was dit aanvanklik ‘n akoestiese solo-album, maar soos altyd is Young totaal onvoorspelbaar. Hy speel meeste van die snitte op ‘n elektriese kitaar, met baie weerklank, baie note wat onbelemmerd bly hang, eggo en uiteindelik verwring raak voordat hy aangaan. Dit is vrek interessant om te luister, want Lanois het, in sy eie woorde, ‘n bietjie ingemeng met sy “sonics”.

Die album is vir my op ‘n gelyke voet met Zuma en Trans, twee albums wat radikale swaaie in Young se loopbaan aangekondig het. Die manier waarop sy stem nog hou, is verstommend.

The Union is ‘n gesamentlike projek van Elton John en Leon Russell. John is ‘n ou bewonderaar van Russell, en dit is duidelik dat die samewerking die twee se kreatiewe vonke laat hoog brand het. Albei dra liedjies tot die album by en ek is seker ons gaan in die maande wat kom nog baie van die twee op VH1 en elders te siene kry. 

Volgens sommige oorsese kritici s dit Elton John se beste album in twintig jaar, en ek glo hulle.

Toevallig is my gunsteling onder die snitte een waarop Neil Young sing, naamlik “Gone to Shiloh”, maar ewe indrukwekkend is “When Love is Dying” (met agtergrondsang en verwerking deur Brian Wilson) en Leon Russel se “If it wasn’t for bad”.

Carlos Santana se Guitar Heaven is, as ek Helgaard Muller mag aanhaal, ‘n Valiant met heeltemal ander hubcaps. Santana is een van die groot kitaarhelde van die laat jare sestig, en het mens ook dikwels verbaas met die manier waarop hy telkens nuwe momentum in sy loopbaan gevind het.

Hierdie album het iets desperaats wat dit omgeef – Santana werk nie met sy eie materiaal nie, en sy stilistiese ingryp op die nommers wat gespeel word, is nie baie groot nie. Jy kan sy styl hoor deurslaan, maar meestal bly hy baie getrou aan die oorspronklike.

Die liedjies wat hy vertolk, is onder meer “Whole lotta love” (van led Zepelin, uitgevoer saam met Chris Cornell), “Sunshine of your love” (Cream, uitgevoer saam met Rob Thomas), “Bang a gong” (T. Rex, uitgevoer saam met Gavin Rossdale), “Fortunate Son” (Creedence Clearwater Revival, uitgevoer saam met Scott Stapp), en vele meer: Hy maak draaie by AC/DC, Jimi Hendrix, die Doors, Dave Edmunds en Howlin’ Wolf.

 
 



7 antwoorde op Die outoppies kom terug

  1. TS het gesê op November 17, 2010

    ek hou van instrumentale musiek…

  2. Ek BEGEER Santana se nuwe cd. Ek gee glad nie om dat hy ander se musiek doen nie en hierdie is vir my ‘n besliste must have. Hoofsanger van Linkin Park wat Doors doen is great. Dit stel die nuwe generasie bekend aan vergange jare se goeie musiek.

  3. Die wonder van musiek lê in die diversiteit daarvan. Dit opsig self veroorsaak egter die polarisasie van musieksmaak en keuses wat eindig in die lovers en die haters van musiekstyle.
    Le Noise was vir my na die lang afwagting terleurstellend.Die snit Love and War het egter die potensiaal om ‘n “hit” te wees. 5/10
    The Union is ‘n meesterstuk. 8/10
    Guitar Heaven…die titel sê alles. 9/10
    Nog ‘n paar ou ballies wat die laaste 2 maande my beursie seergemaak het:
    Robert Plant-Band of Joy
    Ronnie Wood- I Feel Like Playing
    Blackmore’s Night – Autum Sky
    Solomon Burke – Hold on Tight
    Elvis Costello- National Ransom
    Bryab Ferry – Olympia
    Chris De Burg – Moonfleet & Other Stories
    Bruce Springsteen – The Promse
    Neil Diamond – Dreams
    Elkeen van hierdie albums kan jul maar in mekaar se krismiskouse stop.
    Of dan… Aan Pa – Van Pa!

  4. ctb het gesê op November 18, 2010

    @Mtatazela: Dankie! Ek hunker self na The Promise…

  5. Kerneels dankie vir die blog, ek het pas so ‘n 20 tal CD’s gekry, almal op Naklanke bespreek. Dan moet ek ook bieg dat ek na Chris Rea en Mark Knopfler luister as ek alleen in die kar is. Het jy ‘n opinie wat jy wil deel oor Johnny Cash se American Recordings?

  6. ctb het gesê op November 23, 2010

    @Swingball: Ek mik nog daarna om Chris Rea se groot blues-projek van begin tot einde deur te luister. Mal oor hom. Ek sal ‘n bietjie die American recordings kyk, spoedig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.