by

Die ja maar tango

Augustus 5, 2021 in Uncategorized

O, ek sou wat wou gee om nou Joan Hambidge te wees! Not.

Sondag in Rapport spreek Hein Viljoen die seën uit oor twee bundels, Konfessies, kaarte en konterfeitsels en Nomadiese sterre. Net sy eerste paragraaf alleen moes haar sekerlik laat voel het soos Jamie Lee Curtis in A Fish Called Wanda, daar waar John Cleese Russies met haar praat.

Ek meen, luister net hier: “Tussen rondswerf en belydenis – twee belangrike pole in haar werk – hoor ons in Joan Hambidge se twee nuutste bundels weer haar outentieke stem: belese, berese, woordvaardig, vol intertekstuele eggo’s. Ons sien haar ook in aksie as ’n besonder vaardige digter wat verbluffende beelde in gewone of dalk agter gewone dinge kan vind.”

Outentieke stem, intertekstuele eggo’s – plenty zip-a-dee-doo-dah wat dáár geaktiveer word, fersure.

Ek het weer ’n ander vibe gehad. Ek het gedink aan ’n ou Tom Lehrer-song, daar waar hy sing:

I ache for your lips, dear
But much more for the touch of your whips, dear.

En so wragtag, Maandagoggend maak ek my Beeld oop en daar gee sy vir Jaco Fouché se Simoelégri die works.

Kyk, ons weet Hambidge kan dig. Dis wat sy doen, al sou Hein Viljoen dit nie in presies daardie woorde sê nie. Maar ek het nog altyd die vermoede gehad daar sluimer ’n ware skrywer ook in haar, en hier, nadat sy Jaco Fouché se Simoelégri drie keer gelees het, kom daai skrywer uit vir die Lehreriaanse tango.

Laat ek dit sommer reguit sê: Beter het Joan Hambidge nog nie ’n resensie geskryf nie. Mens hoef nou nie met haar saam te stem nie – maar lees moet jy lees. Dit is soos om die eerste keer pampelmoes te eet. Elke hap laat mens tintel. Ek sing sommer weer:

And I envy the rose
That you held in your teeth, love
With the thorns underneath, love
Sticking into your gums.

Sy begin met so ’n paar intertekstuele steppies, soos ons haar ken, maar make no mistake, daar is nie ’n smile vanuit die Hofmeyr-gestoelte nie. Dis ’n formidabele forsheid op die tronie, en ’n kilheid in die blik wat sy werp op die beoordelaarspaneel van die groot romanwedstryd. Wat!? bulder sy in die subteks, was hierdie 126 bladsye beter as die werk van Ingrid Winterbach, Francois Smith en Kirby van der Merwe? Subteks is per definisie onsigbaar, maar as dit goed geskryf is, sal selfs Nic Berry dit kan raaksien.

Joan Hambidge kán subteks, make no mistake.

Dan raak die resensie nóg meer trippy. Met ’n ouijabord as hulp – toemaar, dis ’n vrek interessante manier om te dink aan die Hambidge-geheue, wat enorme dimensies moet hê – raadpleeg sy Virginia Woolf en Vladimir Nabokof om teoretiese stellings in te neem, en dit dan te gebruik vir die taksering van Simoelégri.

Ek neurie steeds Lehrer:
“You can raise welts
Like nobody else …”

Wonder of die kats haarself nie per abuis ook getref het nie – wanneer sy Flaubert byhaal oor die dictum dat die outeur orals aanwesig én onsigbaar moet wees? Gaan dit oor Jaco Fouché se roman of oor Joan Hambidge se belesenheid?

Parkeer vir eers ’n besluit daaroor. Hambidge het baie teenwigte en fire exits ingebou in haar praating. Ek het mos gesê hierdie is haar beste skryfwerk nog.

Die niceste hiervan is eenvoudig stunning. Sy verwys na Nabokof se bekende lesingsreeks by Cornell, met die vraag oor wat Emma van Flaubert se Madame Bovary gelees het, “name at least four works and their authors”.

Dit is actually die kern van haar gevoel oor die roman (dat dit nie genoeg maak van die verwysingspektrum wat dit het en wat actually die sleutels vir die leser tot die roman se inhoud is nie) maar is ook die menu van haar template. Sy zap die roman met die dinge wat dit vir haar as teoretikus opwerp. Die ouijabord is ’n nuttige spel, maar sy sou ook à la Nabokof kon verklaar dat dat sy suffel en huffel issues kon identifiseer terwyl sy gelees het.

Dit is anyway wat mens van ’n akademikus verwag, sou mens kon sê. Die crux is dat dit baie duidelik is dat Hambidge groot moeite gedoen het met die fine tuning van hierdie resensie – baie meer as wat al in die verlede uit haar resensies geblyk het.

Binne haar eie mission van gebloggery en krits is hierdie resensie dan totally next level. Mens kan wel haar bluff call, en dan raak dinge interessanter as ’n goeie spelfout onder ’n klomp leksikograwe. Het sy haar ouijabord gegyppo om vir Jacques Derrida en Susan Sontag te ignore? Hoekom het Eudoxia, Eddie, and Eadith uit Patrick White se The Twyborn Affair nie ook ’n namecheck gekry nie?

Ek onthou ’n jonger Joan Hambidge by ’n boek launch in Pretoria, way back when. Daai skatterlag van haar – ’n natuurverskynsel wat nog nêrens behoorlik geprys is nie. As sy maar net iets kon kry uit Derrida, Sontag et al waaraan sy verdere argumente kon hak, sou hierdie resensie baie na aan die ekwivalent van Hambidge op haar stormagtige, uitbundige skaterbeste gewees het.

“Your heart is hard as stone or mahogany
That’s why I’m in such exquisite agony ….”

So. Hambidge kies haar ouijabord-beoordelaars doelbewus. Ná al die jare wat ek omtrent elke resensie en blog wat sy geskryf het gelees het, is hierdie miskien ’n goeie tyd om te vra hoekom sy dit nodig vind om haar insigte te koppel aan die gesag wat die groot dudes en dudettes met hulle saambring. WTAF! Daar is ’n baie fyn skeidslyn tussen sigbare teoretiese belesenheid en name dropping.

Ek stel belang om te weet wat Joan Hambidge actually self tune oor Jaco Fouché se Simoelégri. Hein Viljoen praat van haar outentieke stem as digter. Ek soek haar outentieke stem as resensent. Wat dink sy self van die boek, nè? Hoekom kry sy dit reg om as digter so te shine, maar wanneer sy resenseer, hang sy met meer groot name rond as wat daar tjaainas by die laaste avondmaal was. Waar is die onverdunde, onopgesmukte Hambidge-uitspraak; ’n eg en oorspronklike krit sonder ’n cast list?

Dis lekker funny om te jôl met die idee van ouijabord-beoordelaars, en Jaco Fouché te stel teenoor Ingrid Winterbach, Francois Smith en Kirby van der Merwe. Maar dit is ’n soort Burger Geldenhuys/Andy Dalton-oomblik (my man vouch vir die name), ’n betrekhou noem hulle dit in rugby.

Ek verwag van haar om te sê hoekom sy dink ons gaan jare later wonder hoe op aarde Fouché se werk bo die inskrywings van Ingrid Winterbach, Francois Smith en Kirby van der Merwe verkies is. Titel vir titel. Ek is bevrees Woolf en Nabokof gaan daai vraag nie kan beantwoord nie – sy sal self moet sê. En dit doen sy nie.

Kom, ons sing ten laaste dan saam met haar en Jaco Fouché uit Tom Lehrer se heerlike loflied aan die ironie:

“Take your cigarette from its holder
And burn your initials in my shoulder
Fracture my spine
And swear that you’re mine
As we dance to the Masochism Tango”

2 antwoorde op Die ja maar tango

  1. Die beste Crito-aflewering ooit. Outentiek en sonder ‘n ouijabord, nogal. Ek sal my oogtande gee om te weet wie Crito is. (Joan Hambidge seeker ook).

  2. Dis Sonja Loots.

Los ’n antwoord vir Anne-Marie Mischke. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.