by

Apologie aan Willie Burger

Mei 12, 2021 in Uncategorized

Die sondes van die moeders … Crito skuld prof Willie Burger ’n verskoning. Crito se bewering verlede jaar dat Renée Rautenbach Conradie se Met die vierkleur na Parys se manuskrip “in ’n stadium deel van haar werk vir die verwerwing van ’n Magistergraad by die Universiteit van Pretoria” was, en dat “prof. Willie Burger se departement … dit toe goed genoeg gevind [het] vir die toekenning van daardie hoë akademiese onderskeiding” is nie feitlik korrek nie.

Dit is onder my aandag gebring dat Rautenbach Conradie se magistergraad toegeken is deur die Eenheid vir Kreatiewe Skryf, wat deur Henning Pieterse bestuur is as ’n onafhanklike eenheid by UP – tot in 2016, waarna dit as deel van prof. Burger se Afrikaans Departement gefunksioneer het.

Rautenbach Conradie was in die klas van 2011 by die Eenheid vir Kreatiewe Skryf, en het beslis nie in prof Burger se departement studeer nie.

Crito bied haar verskoning aan prof. Burger vir enige ongerief wat haar opmerkings rakende sy resensie van Met die vierkleur na Parys hom besorg het.

2 antwoorde op Apologie aan Willie Burger

  1. Jo Prins het gesê op Mei 13, 2021

    Jy meen feitelik?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.