by

Kalm woorde, groot lof

Maart 19, 2013 in Uncategorized

[vii] deur Gilbert Gibson. Resensie: Marthinus Beukes. (Rapport Boeke)
‘n Digbundel is die enigste Afrikaanse publikasie wat vandeesweek geresenseer word. As mens ‘n oog hou op die “digkuns” wat deesdae Facebook vol lê, dan voel jy oneindig dankbaar dat die verse wat uiteindelik die kritiese oog van ‘n resensent bereik, deur die hande van kundige redakteurs en uitgewers is. En jou dankbaarheidsbeker loop oor wanneer ‘n sterk bundel by ‘n relatief onbekende maar besonder knap resensent uitkom – soos die geval hier is. Ek hou baie van Marthinus Beukes se manier van dinge doen. ‘n Mens voel jy het ‘n taamlik omvattende begrip van Gibson se bundel, en jy sal ten minste met wakker oë begin lees aan die gedigte wanneer jy die bundel voor jou het, danksy Beukes se indringende bespreking. Beukes het ‘n baie kalm toon, en die lof wat hy uiteindelik uitspreek, galm daarom soveel luider.

2 antwoorde op Kalm woorde, groot lof

  1. by uitstek ‘n gunstige ontvangs van duidelik prysenswaardige digkuns.

  2. @crito : In sy resensie , Volksblad Saterdag 23 Maart 2013 , is die geagte Charl-Pierre Naude nog meer opgeklits en analities oor die bundel as Marthinus Beukes . En dit voorspel baie goeie verkope vir die besonderse publikasie en hopelik vir moderne Afrikaanse digkuns oor die algemeen .

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.