Lacuna
Julie 10, 2017 in Uncategorized
Die meeste mense leer nooit dat daar bewyse is dat dit wat hulle glo nie waar is nie.
by CM
Julie 10, 2017 in Uncategorized
Die meeste mense leer nooit dat daar bewyse is dat dit wat hulle glo nie waar is nie.
Skep asseblief ’n rekening om te begin.
Mens is nooit te oud om te leer[…]
So met die Covid-19 het ek besluit ek het[…]
Mens is nooit te oud om te leer[…]
sina het gesê op Julie 10, 2017
Oorspronklik oulilk –
(rym nogal met bangbeer koulik)
Celia het gesê op Augustus 20, 2017
Dit is met groot hartseer dat ek moet aankondig dat CM, ‘n briljante liefdevolle mens, oorlede is op 12 Augustus 2017.
Hy het eendag in die hospitaal vir my (sy dogter) gesê dat sy laaste blog op Litnet waarskynlik iets soos die volgende sou wees:
Hier en Nou
Hier is ek waar ek is
Gerhard Venter het gesê op Julie 20, 2018
Celia ek dink dis die moeite werd om hierdie blog op WordPress.com te sit. Ek kan daarmee help as jy wil.
Ek het rede om te dink dat dit mettertyd hier sal verlore gaan, want Naspers en Litnet het al talle kere bewys dat hulle nie die inklinasie (of miskien tegniese vaardigheid) het, om dinge op die Internet behoue te laat bly nie.
Byvoorbeeld die volgende het al alles gesneuwel:
Die Burger blogs by Mweb
Mweb BlogSpace blogs
Naspers se Blogs.24.com
Naspers se Letterdash – Die Letterdash blogs is na Blogs.24.com en blogs.litnet.co.za verskuif, maar ‘n groot hoeveelheid is in die proses uitgevee, byvoorbeeld Nonnie Dedekind se blog.
Litnet se argief is ook al gehack, en Litnet kon dit vir maande lank nie reg kry nie.