Jy blaai in die argief vir 2017 Junie.

Profile photo of CM

by CM

Nog altyd lewe

Junie 30, 2017 in Uncategorized

Ons onontwikkelde voorgangers het die mensdom verstandelik in ‘n gat van sonde gevestig, ‘n gat wat nooit bestaan het nie. Lewe was eintlik nog altyd buite die gat.

Profile photo of CM

by CM

Corpus delicti

Junie 27, 2017 in Uncategorized

Dit verg meer as woorde om te bewys wat waar is.

Profile photo of CM

by CM

Klug

Junie 25, 2017 in Uncategorized

Die ophef wat van woorde en lees gemaak word, is eintlik maar ‘n liegstorie. Die boeke op die rakke is hoofsaaklik fiksie en versinsels. Onsin is vir die meeste mense belangrik en mooi.

Profile photo of CM

by CM

Goeie versies

Junie 23, 2017 in Uncategorized

Dit verg jare se studie vir iemand om te leer om voor te gee dat hy nie weet wat hy lees nie.

Profile photo of CM

by CM

Eggo van ego

Junie 21, 2017 in Uncategorized

“The Scientific Revolution has not been a revolution of knowledge. It has been above all a revolution of ignorance.” Y N Harari in Sapiens.

Die erkenning van onkunde is steeds in stryd met ‘n grondelose verwaandheid.

Profile photo of CM

by CM

Teleurstellende menswees

Junie 19, 2017 in Uncategorized

Die probleem met kennis is die ontdekking dat diegene wat jy graag glo nie weet wat waar is nie.

Profile photo of CM

by CM

Verkeerde erfenis

Junie 17, 2017 in Uncategorized

Almal wat nie onbevange die wondere van die werklikheid kan beleef nie, kan weet dat daar iets met die opvoeding skort.

Profile photo of CM

by CM

Kruip gerus uit

Junie 14, 2017 in Uncategorized

Die voorsate van sogenaamde verstandige mense het dit bedink dat hulle sondige wesens is. Die voortsetting van die bedenksels is ongetwyfeld onnodig. Geen ander soogdier is so bevange nie.

Profile photo of CM

by CM

Klinkklaar voldonge

Junie 10, 2017 in Uncategorized

Na baie eeue is dit nou bekend dat net onkundiges oor onbetwisbare feite kan twis.

Profile photo of CM

by CM

Redelose minderwaardigheid

Junie 6, 2017 in Uncategorized

In navolging van die leringe van onkundige voorsate, is ‘n menigte oortuig dat hulle minder as onbekende ander is. Daar kan nou geweet word dat die mens ‘n volwaardige maaksel van die natuur is, die mindere of meerdere van niks.